Gesondheid-en-Veiligheidsgids vir die Konstruksie bedryf
Bestuur
Doen jy die volgende wanneer jy jou onderneming bestuur:
●  Stel die Departement van Arbeid in kennis soos vereis ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid?
●  Gun genoeg tyd om jou werk te beplan, organiseer en beheer?
●  Neem waar wat werklik gebeur en tree op om gevaarlike praktyke te voorkom?
●  Het iemand om op te steun vir gesondheid- en veiligheidsadvies?
●  Gun werkers die vryheid om onveilige aktiwiteite of toestande aan te meld en doen die nodige stappe op grond van hierdie verslae?
Meld ongelukke aan
Indien iemand wat in jou diens is of op jou perseel werk in ‘n ongeluk betrokke is, maak seker dat jy:
●  Jou naaste Arbeidsentrum onmiddellik in kennis stel as die ongeluk noodlottig is of ‘n ernstige besering behels, soos ‘n fraktuur, amputasie of sigverlies 
●  Meld enige werkverwante ongeluk aan wat tot gevolg het dat die werknemer langer as 14 dae van die werk af weg is 
●  Meld dit aan as ‘n lid van die publiek sterf of na die hospitaal verwys word as gevolg van ‘n ongeluk op jou perseel, of wat met die aktiwiteite op jou werkperseel verband hou.
Indiensneming
Wanneer jy mense in diens neem of oor hulle beheer uitoefen, maak jy seker dat:
●  Hulle opgelei is om die werk in veilige toestande te verrig en sonder om hul gesondheid op die spel te plaas?
●  Behoorlike toesig oor hulle uitgeoefen word en gee jy duidelike instruksies sodat hulle weet wat van hulle verwag word?
●  Hulle toegang het tot was- en toiletgeriewe?
●  Hulle die regte gereedskap, toerusting, masjinerie en beskermende kleredrag het?
●  Jou gesondheids-en-veiligheidskwessies met hulle of hul verteenwoordigers bespreek?
Subkontrakteer
Wanneer jy werk aan andere subkontrakteer:
●  Kontroleer jy van tyd tot tyd die gesondheids-en-veiligheidsrekord van die mense wat jy beplan om te gebruik?
●  Voorsien jy hulle van die gesondheids-en-veiligheidsinligting wat hulle vir die werk benodig en maak seker dat hulle bekwaam is voordat hulle met die werk begin?
●  Bespreek jy die werk met hulle voordat hulle begin?
●  Maak jy seker dat jy hulle van al die nodige hulpbronne voorsien het         (bv. veilige stellasies, die regte masjinerie, toegang tot maatskaplike geriewe, ens)?
●  Kontroleer jy hul prestasie en korrigeer tekortkomings?
Toegang op die terrein
●  Kan almal veilig by hul werkplek uitkom – en veilig daar werk?
●  Is die toegangsroetes in ‘n goeie toestand en duidelik aangedui?
●  Is die kante waar mense kan afval voorsien van voldoende veiligheidsrelings of ander geskikte beskermingsmaatreëls?
●  Is alle gate bedek, bewaak, afgesper en duidelik gemerk om te voorkom dat mense daarin val?
●  Is die perseel netjies en word materiaal op ‘n veilige manier geberg?
●  Is beligting voldoende?
Geriewe
●  Is toilette algemeen beskikbaar en is dit skoon en behoorlik verlig?
●  Is daar wasbakke, lopende water, seep en weggooibare handdoeke?
●  Is daar ‘n plek waar werkers ander klere kan aantrek, en hul klere kan laat droog word en bêre?
●  Word drinkwater en koppies voorsien?
●  Is daar geriewe waar werkers kan sit en warm drankies, ens. kan voorberei?
●  Kan enigiemand wat die geriewe moet gebruik maklik en veilig toegang daartoe verkry?
Steiers en stellasies
●  Word stellasies deur bekwame mense opgerig, verstel en afgebreek?
●  Word al die stutpale voorsien met die nodige basisplate (en, waar nodig, houtfondamentplate)?
●  Is al die stutpale, steierbalke, koppelings en sparre in posisie?
●  Is die stellasie in genoeg plekke aan die gebou of struktuur geheg om te voorkom dat dit ineenstort?
●  Is daar genoeg veiligheidsrelings en vastrapplanke, of ander geskikte beskerming op elke kant om te voorkom dat mense afval?
●  Word addisionele baksteen-versperrings voorsien om te voorkom dat materiaal van die stellasies afval?
●  Is die werkende platforms ten volle met planke bedek, en is die planke so geplaas dat dit voorkom dat dit omslaan of mense daaroor struikel?
●  Is daar effektiewe versperrings of waarskuwingstekens om te voorkom dat mense nie ‘n onvoltooide stellasie gebruik nie, bv. waar die werkplatforms nie ten volle met planke bedek  is nie?
●  Is die stellasie sterk genoeg om die gewig te dra van die materiaal wat daarop geberg word en is dit eweredig versprei?
●  Word die stellasies behoorlik in stand gehou?
●  Inspekteer ‘n bekwame persoon die stellasie gereeld, bv. minstens eenmaal per week, en altyd nadat dit verstel of beskadig is of na uiterste weerstoestande?
●  Word die resultate van die inspeksies opgeteken?
●  Is handelsmerktoringstellasies opgerig en word hulle ooreenkomstig verskaffers se instruksies gebruik?
●  Is die wiele van toringstellasies gesluit wanneer dit gebruik word en is die platforms leeg wanneer dit verskuif word?
Lere
●  Word lere korrek gebruik om die werk te doen?
●  Is hulle in ‘n goeie toestand?
●  Leun lere op en teen ‘n soliede oppervlak en nie op of teen breekbare of onstabiele voorwerpe nie?
●  Is die lere beveilig om te voorkom dat hulle sywaarts of uitwaarts gly?
●  Is lere hoog genoeg vanaf die basis waarop hulle staan? Indien nie, is daar ander plekke om aan vas te hou?
●  Is die lere so geplaas dat die gebruikers nie te ver hoef te strek nie?
Dakwerk
●  Is daar randbeskerming om te voorkom dat mense of materiaal afval?
●  In die geval van nywerheidsdakwerk, is nette verskaf om te voorkom dat mense van die voorrand van die dak en van plate wat nog nie heeltemal vasgesit is nie, afval?
●  Waar nette gebruik is, is dit op ‘n veilige manier gehang?
●  Het jy breekbare materiaal soos sementblaaie en dakligte geïdentifiseer?
●  Het jy voorsorgmaatreëls getref om te voorkom dat werkers deur breekbare materiaal val wanneer hulle op die dak werk?
●  Is daar afgebakende areas en word werkers weggehou van die area onder die dakwerk? 
Uitgrawings
●  Is daar voldoende ondersteuning vir die uitgrawings, of loop dit met ‘n helling, trapsgewys of hel dit terug teen ‘n veilige hoek? 
●  Word ‘n veilige metode gebruik om die steunstrukture te installeer, sonder dat mense in ‘n onondersteunde uitgrawings hoef te werk?
●  Is daar veilige toegang tot die uitgrawings, bv. ‘n leer wat veilig en lank genoeg is?
●  Is daar met gereelde tussenposes lere?
●  Is daar versperrings of ander beskermingsmaatreëls om te voorkom dat mense en voertuie inval?
●  Word behoorlik beveiligde stopblokke voorsien om te voorkom dat wipbakvoertuie inval?
●  Word voertuie toegelaat om binne ‘n bepaalde afstand vanaf ‘n sloot te beweeg waar dit moontlik ‘n ineenstorting kan veroorsaak?
●  Kan die uitgrawing die stabiliteit van aanliggende strukture of dienste affekteer?
●  Word materiaal, afval en masjinerie weg van die rand van die uitgrawing geberg om die kanse van ‘n ineenstorting te voorkom?
●  Word die uitgrawing gereeld deur ‘n bekwame persoon geïnspekteer?
Hantering per hand
●  Is daar swaar materiaal, soos dakkappe, betonlateie, randstene of produkte in sakke wat probleme kan veroorsaak as hulle per hand verskuif moet word?
●  Indien wel, kan jy:
     1. Ligter materiale kies?
     2. Kruiwaens, hystoestelle,                
         telehanteerders, en                   
         ander masjinerie kies 
         sodat die optel van swaar          
         voorwerpe met die hand 
         tot ‘n minimum beperk 
         word?
     3. Materiaal soos sement en 
         betonmengsels in                     
         25 kg-sakke bestel?
     4. Dit vermy om  
         herhaaldelik swaar                            
         boublokke te lê wat meer 
         as 20 kg weeg?
●  Is mense aangesê en opgelei oor hoe om swaar voorwerpe veilig op te lig?
Verkeer, voertuie en masjinerie
●  Word voertuie en voetgangers deur versperrings van mekaar geskei?
●  Indien nie:
     1. Gebruik jy versperrings om werkareas af te baken?
     2. Verhoog jy bewustheid van die risiko-areas en wat om daaromtrent te                          
         doen?
     3. Vertoon jy waarskuwingstekens?
●  Is daar genoeg ruimte rondom voertuie met swaaiarms?
●  Kan dit verhoed word dat voertuie agteruit hoef te ry, bv. deur ‘n eenrigtingstelsel te gebruik, of, indien nie, word behoorlik opgeleide bankwagters gebruik?
●  Word voertuie en masjinerie behoorlik in stand gehou, bv. werk die stuurmeganisme, ligte, handrem en voetrem?
●  Het bestuurders voldoende opleiding ontvang en word sertifikate vereis om bepaalde tipes hysvoertuie of masjinerie te bedryf?
●  Is vragte stewig vasgemaak?
●  Het jy seker gemaak dat passasiers net vervoer word op voertuie wat spesifiek daarvoor ontwerp is?
●  Het jy seker gemaak dat masjinerie en voertuie nie op gevaarlike hellings gebruik word nie
Gereedskap en masjinerie
●  Word die regte gereedskap en masjinerie vir die taak gebruik?
●  Word al die gevaarlike onderdele met skermstukke beveilig, soos ratte, kettingaandrywers, uitstaande enjin-asse?
●  Is skermstukke stewig vas en in ‘n goeie toestand?
●  Word gereedskap en masjinerie goed in stand gehou en werk alle veiligheidstoestelle korrek?
●  Is al die operateurs opgelei en bekwaam?
Hystoestelle
●  Is al die toerusting deur ‘n bekwame persoon geïnstalleer?
●  Is die operateurs opgelei en bekwaam?
●  Word die aangeslane vermoë duidelik aangedui?
●  Het die hystoestel ‘n geldige verslag van deeglike ondersoek en ‘n inspeksierekord?
●  Is daar ‘n geskikte basisomhulling wat voorkom dat mense deur enige bewegende deel van die hystoestel getref word?
●  Word die uitklimhek toegehou behalwe wanneer die platform by die uitklimplek is?
Noodgevalle
●  Is daar noodprosedures, bv. om die terrein in die geval van brand te ontruim?
●  Weet die mense op die terrein wat die prosedures is?
●  Is daar ‘n manier om alarm te maak, en hoe dikwels word dit getoets?
●  Is daar ‘n manier om die nooddienste vanaf die terrein te kontak?
●  Is daar toereikende ontsnappingsroetes en word dit vry van obstruksies gehou?
●  Is daar voldoende noodhulpgeriewe?
Brand
●  Word die hoeveelheid vlambare materiaal, vloeistowwe en gasse tot die minimum beperk?
●  Word dit behoorlik geberg?
●  Word vlambare gassilinders aan die einde van die skof weer in ‘n stoorkamer met behoorlike ventilasie geberg?
●  Word vol en leë gassilinders apart geberg en duidelik as sulks aangedui?
●  Word rook en ander ontvlammingsbronne verbied in areas waar gasse of vlambare vloeistowwe geberg of gebruik word?
●  Word gassilinders, hul pype en toerusting behoorlik in ‘n goeie toestand gehou?
●  Word die kleppe behoorlik toegemaak wanneer die gassilinders nie gebruik word nie?
●  Word vlambare en plofbare afval gereeld verwyder en in geskikte dromme geberg?
●  Word geskikte brandblussers voorsien?
Gevaarlike stowwe
●  Het jy alle skadelike stowwe en materiale, soos asbes, lood, oplosmiddels, verf, sement en stof geïdentifiseer?
●  Het jy gekontroleer of jy ‘n gelisensieerde kontrakteur benodig om met asbes op die terrein te werk? (‘n Lisensie word vereis vir die meeste werk met asbes, alhoewel ‘n mens sonder ‘n lisensie baie beperkte werk kan doen met materiale wat asbes bevat.)
●  Het jy voorsorgmaatreëls geïdentifiseer en geïmplementeer om blootstelling aan gevaarlike stowwe te voorkom of beheer, deur:
		-  die werk op ‘n ander manier te doen om sodoende die risiko 			   heeltemal te verwyder?
		-  ‘n minder gevaarlike materiaal te gebruik?
		-  gereedskap met stofuitsuigmeganismes te gebruik?
●  Het werkers inligting en opleiding ontvang sodat hulle weet wat die risiko’s is verbonde aan die gevaarlike stowwe wat op die terrein gebruik en geproduseer word, en wat hulle moet doen om hierdie risiko’s te vermy?
●  Bestaan daar prosedures om kontak met nat sement te voorkom (aangesien dit dermatitis en sementbrandwonde kan veroorsaak)?
●  Het jy gesondheidswaarneming gereël vir mense wat bepaalde stowwe gebruik (bv. lood)?
Geraas
●  Het die werkers die nodige inligting en opleiding ontvang sodat hulle weet watter risiko’s geraas op die terrein inhou en wat hulle moet doen om daardie risiko’s te vermy?
●  Het jy werkers se blootstelling aan geraas geïdentifiseer en geëvalueer?
●  Kan die geraas verminder word deur ander werksmetodes te gebruik of stil masjinerie te gebruik, bv. deur brekers en ander masjinerie met klankdempers toe te rus?
●  Word mense wat nie self by die werk betrokke is nie weggehou van die bron van die geraas af?
●  Word geskikte gehoorbeskerming voorsien en in lawaaierige areas gedra?
●  Word gehoorbeskermingsareas duidelik as sodanig aangedui?
●  Het jy gesondheidswaarneming gereël vir mense wat aan hoë geraasvlakke blootgestel is?
Hand-armvibrasie
●  Beskik die werkers oor die nodige inligting en opleiding om te weet wat die risiko’s voortspruitend uit hand-armvibrasie (HAV) op die terrein is, en wat hulle moet doen om hierdie risiko’s te vermy?
●  Het jy risiko’s vir werkers voortspruitend uit die langdurige gebruik van vibrerende gereedskap soos betonbrekers, hoekslypers of hamerbore geïdentifiseer en geëvalueer?
●  Is blootstelling aan HAV sover doenlik beperk deur geskikte werksmetodes en masjiene te kies?
●  Word verminderde-vibrasiegereedskap sover moontlik gebruik?
●  Word die vibrerende gereedskap behoorlik in stand gehou?
●  Het jy gesondheidswaarneming gereël vir mense wat aan hoë vlakke van hand-armvibrasie blootgestel word, veral vir lang tydperke?
Elektrisiteit en ander dienste
●  Is alle nodige dienste op die terrein voorsien voordat die werk begin en het jy ook bepaal watter dienste tans wel op die terrein beskikbaar is (bv. elektriese kabels of gashoofleiding) en effektiewe stappe gedoen, indien nodig, om enige gevaar wat daaraan verbonde is te voorkom?
●  Gebruik jy lae stroomspanning vir gereedskap en toerusting, soos          battery-aangedrewe gereedskap of laespanningstelsels? 
●  Word kabels en verlengkoorde teen skade beskerm?
●  Is al die verbindings aan die stelsel behoorlik gedoen en word geskikte elektriese proppe gebruik?
●  Word gereedskap en toerusting deur die gebruikers nagegaan, visueel op die terrein geïnspekteer en gereeld deur ‘n bekwame persoon geïnspekteer en getoets?
●  Is die posisie van verborge elektrisiteitskabels en ander dienste geïdentifiseer (bv. met ‘n bepaler en planne) en gemerk, en het jy voorsorgmaatreëls getref om seker te maak dat dit veilig hanteer word?
●  Waar daar oorhoofse kraglyne is, is die elektrisiteitstoevoer afgesluit, of is ander voorsorgmaatreëls getref, soos om doelpale of ombinde merkers te verskaf?
Beskerm die publiek
●  Is die werk weg van die publiek afgekamp?
●  Is padwerke afgesper en goed verlig?
●  Word die publiek teen vallende materiaal beskerm?
●  Wanneer werk vir die dag afgehandel is:
	1. Word die perimeter van die terrein genoegsaam beskerm?
	2. Word al die lere verwyder of hulle sporte bedek sodat hulle nie 		    gebruik kan word nie?
	3. Word uitgrawings en openings veilig bedek of afgekamp?
	4. Word alle masjinerie geïmmobiliseer om ongemagtigde gebruik te 	    	    voorkom?
	5. Word bakstene en materiale veilig opmekaargestapel?
	6. Word vlambare of gevaarlike stowwe in veilige stoorplekke toegesluit?
CAPTIONS
Behandeling vir ‘n beseerde knie.
Probleem: Hierdie stellasie was nie aan die muur vasgeheg nie en, omdat dit ‘n losstaande platform was, het dit werkers se lewens in gevaar gestel.
‘n Steier moet nooit as ‘n leer gebruik word nie.
Gebruik kruiwaens, hystoestelle, telehanteerders, en ander installasies of masjinerie of toerusting sodat die oplig van swaar voorwerpe met die hand, tot ‘n minimum beperk word.
Beskermende klere moet altyd gedra word wanneer toerusting met die hand hanteer word. Let op die een werker sonder handskoene en twee sonder harde hoede.
Word geskikte brandblussers verskaf?
Word geskikte gehoorbeskerming verskaf en in raserige areas gedra?
Word vibrerende gereedskap behoorlik in stand gehou?
Elektrisiteitsbeheerkaste moet altyd bedek en behoorlik gesluit word.
