Gesondheid en veiligheid in die voedsel-en-drankbedryf
Werkers in hierdie bedryf word aan ’n wye verskeidenheid gevare
blootgestel, onder andere:
_ Wanneer iemand op dieselfde vlak val, dikwels as gevolg van gladde toestande,
kan tot verstuiting en verrekking lei.
_ Blootstelling aan skerp instrumente, soos messe
_ Botsings met interne vervoer soos vurkhysers en houers
_ Beserings veroorsaak deur voorwerpe op te tel, herhalende werk
te verrig en werkpostuur. Werkers in hierdie bedryf word soms
blootgestel aan swaar optelwerk wat hulle self moet verrig en
herhalende werk, sowel as swak werkpostuur wat dikwels die
gevolg is van onvoldoende ruimte om in te werk en swak ontwerp
van die prosesvloei
_ Blootstelling aan geraas
_ Blootstelling aan biologiese gevare – blootstelling aan biologiese
en mikrobiologiese middels kan gepaard gaan met inaseming en 
inname van stof sowel as werk in hoë humiditeitsvlakke. Hierdie stof 
kan afkomstig wees van bestanddele wat tydens verwerking gebruik
word en hoë humiditeitsvlakke kan velirritasies veroorsaak.
_ Blootstelling aan chemiese gevare – blootstelling kan plaasvind as 
gevolg van die hantering van chemikalieë tydens skoonmaakwerk
en ontsmetting van verwerkingsoppervlakke
_ Blootstelling aan hitte en koue. Die bedryf kan veranderende
temperatuurstoestande skep deur bedrywighede soos
hittebehandeling, verkoeling en bevriesing. Werkers kan tydens
pasteurisasie en inmaakprosesse aan hitte blootgestel word en in
verkoelde areas aan koue toestande blootgestel word.
_ Werk in beknopte ruimtes. Voorbeelde in hierdie bedryf is:
opgaartenks en -houers, opvangputte, brandstoftenks, druiweparse
en -malers en gistingtenks en -houers.
Gevare veroorsaak deur valle op dieselfde vlak, gebruik van messe, botsings, 
optel- en herhalende werk
_ Hou loopgange en werkoppervlakke skoon en droog deur storting tydens
werk te voorkom en voorsien werkers van glywerende skoene 
_ Voorsien werkers van handskoene om hulle teen meswonde te beskerm
_ Verminder geleenthede vir botsings by die uitleg van prosesvloeibedrywighede
_ Bedek vervoergange en werkareas met Dermacate. Maak ook seker dat 
platforms en trappe van handrelings voorsien is
_ Voorkom storting van water/vloeistowwe
_ Werkers moet opgelei word in behoorlike opteltegnieke en werkstasies
moet so ontwerp word dat die werker genoeg werkruimte het.
Blootstelling aan geraas
_ Sommige bedrywighede
soos inmaak in blikkies en bottels
en die gebruik van vervoerbande,
veroorsaak dat werkers aan 
oormatige geraasvlakke
blootgestel word. Ingenieurs-
beheermaatreëls moet toegepas
word om die geraasvlakke te
verlaag en persoonlike 
beskerming moet beklemtoon word.
Biologiese gevare
Die volgende kan blootstelling
aan biologiese gevare in 
hierdie bedryf beheer:
_ Installeer uitlaatventilasie
by die bron om stof te 
verminder
_ Voorsien werkers van geskikte
persoonlike <Kommentaar van vertaler: hierdie punt is nie volledig nie>
3
Werkers in hierdie bedryf word aan ’n wye
verskeidenheid gevare blootgestel, 
byvoorbeeld botsings met interne vervoer
soos vurkhysers en houers.
Bevorder persoonlike higiëne en verseker fisiese skeiding van 
werk- en welsynfasiliteite.
Chemiese gevare
Werkers moet opgelei word in veilige werkprosedures vir elke aktiwiteit, asook noodhulpmaatreëls.
Hitte en koue
’n Geregistreerde mediese praktisyn of geregistreerde verpleegkundige moet
sertifiseer dat werkers medies geskik is.
Beknopte ruimtes
Die werkgewer is daarvoor verantwoordelik om te bepaal of daar 
beknopte ruimtes in die werkplek is. As daar is, moet alle toegangspunte
ongemagtigde toegang verhoed en daar moet tekens opgesit word om beknopte 
ruimtes te identifiseer.
_ Werkpermitte moet uitgereik word vir werk wat in ’n beknopte ruimte
verrig moet word
_ Werkers moet van behoorlike asemhalingsapparaat voorsien word
voor hulle ’n beknopte ruimte betree en moet opgelei word in
die gebruik daarvan.
Vallende voorwerpe
_ Maak seker dat items wat bo grondvlak gebêre word (bv. op rakke),
stabiel is en nie sommer sal val indien dit versteur word nie. Bêre swaarder
items op of naby die grond en ligter items hoër op
_ Skenk behoorlike oorweging aan opstapel-, hanterings- en verskuiwings-
metodes van goedere om te voorkom dat artikels val
_ Maak seker dat hoë voorwerpe wat op hulle eie staan (bv. gassilinders) of
voorwerpe wat teen mure leun, stabiel is indien daarteen gestamp word en
dat hulle beveilig word.
Handgereedskap 
_ Handmesse veroorsaak die meeste beserings en moet veilig of in
omhulsels gebêre word wanneer dit nie gebruik word nie
_ As handmesse gereeld gebruik word, moet mesbestande beskermende
klere gedra word soos bepaal deur die risiko-evaluering (bv. vir slagwerk
’n voorskoot en voorarmskut/handskoen vir die hand wat nie die mes
vashou nie)
_ Handgereedskap moet in ’n goeie toestand gehou word sodat dit 
nie onnodig baie krag verg om te gebruik nie.
Bewegende voorwerpe
_ Paletvurkhysers, rakke, trollies ensovoorts wat deur voetgangers beheer
word moet, waar moontlik, aangewese roetes weg van ander werkers,
gebruik. Die persoon wat dit stoot/trek, moet ’n goeie uitsig hê.
_ Risiko-evaluerings moet in ag neem watter ander werkareaspesifieke
gevare teenwoordig mag wees (bv. rollende balies of vaatjies, hyshake, 
items wat deur masjiene uitgeskiet word).
Voedsel- en drankvervaardiging
Die voedsel- en drankvervaardigingsbedryf behels in der waarheid meer as
30 verskillende bedrywe.  Dit wissel van slagplase, suikerraffinaderye
en graanmeulens tot moutvervaardiging en distillering van whisky.
Die gekombineerde beseringskoers vir die voedsel-en-drankbedryf
is van die hoogste. Beseringskoerse wissel egter aansienlik tussen 
die verskillende voedsel-en-drankbedrywe.
Die hoofoorsake van beserings is steeds:
_ beserings veroorsaak deur handhantering en beserings van die
spier- en skeletstelsel
_ gly-ongelukke op nat of voedselgekontamineerde vloere 
_ valle van hoogtes
_ werkplekvervoer (ook vurkhyservervoer)
_ om deur iets getref te word (bv. skerp messe of vallende voorwerpe)
_ masjinerie.
Van bogenoemde word noodlottige beserings steeds veroorsaak deur
werkplekvervoer, met inbegrip van valle van hoogtes en masjinerie af.
_ beserings van die spier- en skeletstelsel
_ dermatitis
_ geraas
_ beroepsasma
_ rinitis
_ werkverwante stres.
Bedrywe 
_ Vleis- en visverwerking
_ Meulbedryf, dierevoer
_ Bakkeryprodukte
_ Melkprodukte
6
Werkers moet opgelei word in veilige werkprosedures vir elke aktiwiteit,
asook noodhulpmaatreëls.
_ Vrugte en groente
_ Fyngebak
_ Alkoholiese drank en koeldrank.
Verkoelde en bevrore produkte
Die voedselproduksieketting het drie stadiums – boerdery, vervaardiging
en kleinhandelverkope/spyseniering.  Voedsel en drank word vervaardig
in fabrieke van verskillende groottes, van fabrieke met slegs 
’n paar werkers tot fabrieke wat honderde mense in diens neem. Baie 
medium of groter voedsel- en drankfabrieke is trouens self deel 
van nasionale, of selfs internasionale organisasies met verskillende
persele en duisende werknemers. Die Departement van Arbeid 
is hoofsaaklik vir die eerste twee stadiums in hierdie ketting – boerdery
en vervaardiging – verantwoordelik.  Kleinhandelverkope en spyseniering 
is die verantwoordelikheid van die omgewingsgesondheiddepartemente van
plaaslike owerhede, alhoewel die Departement van Arbeid met
hierdie departemente saamwerk om ’n mate van konsekwentheid in die benadering
tot gesondheids- en veiligheidsaangeleenthede te verseker.
Die groter prentjie
Beroepsgesondheid is in die algemeen moeiliker om te bestuur as -veiligheid.
Die oorsake en gevolge van swak veiligheid by die werk is onmiddellik
en dikwels betreklik maklik om te hanteer. Werkverwante oorsake van
swak gesondheid kan moeiliker wees om raak te sien. Dit duur dikwels 
’n hele ruk voor simptome ontwikkel, sodat die verband tussen oorsaak
en gevolg minder ooglopend is. Sodra daar egter besef word dat daar
’n probleem is en die probleem erken word, word oplossings gedokumenteer.
Die algemeenste beroepsgesondheidsprobleme, soos rugbeserings,
het soms ander oorsake wat niks met werk te doen het nie. Werkers kan
onwillig wees om teenoor hulleself te erken dat hulle werkverwante
gesondheidsprobleme het weens vrese oor hulle werk of die stigma
wat aan sekere soorte siektes kleef.  Daarom is dit so baie belangrik
om verergerende faktore wat deur werk veroorsaak word, te identifiseer en
te verminder.
Ten spyte van die beskikbaarheid van inligting oor oplossings vir 
werkverwante gesondheidsprobleme, is plaaslike kennis oor die 
doeltreffendste oplossings soms beperk. Sommige groter ondernemings
in die bedryf neem beroepsgesondheidspesialiste in diens wat gewoonlik
’n mediese agtergrond het. Vir die meeste ondernemings, veral klein 
ondernemings, is toegang tot betroubare mediese advies oor beroepsgesondheid
egter uiters beperk. Die meeste mense besoek hulle huisdokter wanneer hulle
’n gesondheidsprobleem het, maar die meeste huisdokters is nie
gekwalifiseer om beroepsgesondheidskwessies te hanteer nie.
Die meeste ondernemings hoef nie spesialisafdelings te stig of mediese 
adviseurs te betaal om beroepsgesondheid van dag tot dag 
te hanteer nie.  Die meeste gevalle van swak beroepsgesondheid spruit
voort uit ’n klein aantal basiese oorsake, wat almal bestuur kan word indien bestuur en 
werkers saamwerk om praktiese beheermaatreëls te identifiseer wat vir 
hulle werkplek geskik is. Die gebruik van beroepsgeneeshere en ander kundiges
kan egter in gepaste omstandighede kostedoeltreffend wees.
Hierdie gedeelte verduidelik die algemene oorsake van swak beroepsgesondheid
in die voedsel-en-drankbedryf en gee raad oor hoe om dit te bestuur.
Hoofoorsake
Die hoofoorsake van swak beroepsgesondheid in die voedsel-en-drankbedryf
is:
_ aandoenings van die spier- en skeletstelsel (ASSS’e): behels hoofsaaklik
werkverwante aandoenings van die boonste ledemate (WVABL’e) en rugbeserings
_ werkverwante stres: wat deur swak werkorganisasie veroorsaak kan word
_ beroepsasma: veroorsaak deur inaseming van bakkery- en graanstof
_ beroepsdermatitis: van handewas, aanraking met voedselprodukte, ens.
_ rinitis: veroorsaak deur stof wat irritasie veroorsaak, soos bakkery- en graanstof, 
speserye en smaakmiddels
_ gehoorverlies deur geraas veroorsaak:  waar geraasvlakke 85 dB(A) oorskry.
(WVABL’e en rugbeserings
is verreweg die algemeenste.<Kommentaar deur vertaler: dit lyk nie asof hierdie punt volledig is nie)
Daar is egter ander beduidende
risiko’s wat in sekere omstandighede
van toepassing is.
Hoofoorsake van beserings
van die spier- en skeletstelsel
In die voedsel-en-drankbedryf
word die meeste spier- 
en skeletstelselbeserings
deur net vyf dinge veroorsaak:
_ opstapeling/afpak van
houers (soos kartondose,
kratte en sakke)
_ stoot van wieletjies-
rakke (soos oondrakke en
trollies vars produkte)
_ sny, ontbening, 
opsny, opbinding en 
ingewandverwydering (soos by vleis
en pluimvee)
_ verpakking van produkte 
(soos kaas, fyngebak en 
koekies)
_ hantering van drankhouers (soos die aflewering van kuipe,
vaatjies en kratte)
_ Dit is sleuteltake waaraan aandag geskenk moet word by die uitvoer van
risiko-evaluerings.
Hoe weet ons daar is ’n probleem?
Beserings en gesondheidsprobleme is op verskillende maniere 
sigbaar, soos:
_ voorvalle van rug- en ledemaatbeserings
_ vae gesondheidsklagtes
_ swak produkkwaliteit
_ hoë vermorsing van materiaal
_ lae uitset
_ gereelde klagtes van werkers en rusposes
_ selfdoenverbeteringe aan werkstasies en -gereedskap
(bv. opgestopte sitplekke)
_ werkers met verbande, spalke, salwe, koperarmbande of magnete.
Probleme kos geld as gevolg van afwesigheid weens siekte,
hoë personeelomset, heropleiding, produksieverliese, ens. 
Vergoedingsake vermeerder en probleme kan u versekeringspremies
beïnvloed.
Beroepsasma
Databronne toon ’n beduidende vlak van asma in voedsel- en drank-
vervaardiging.  Die hoofoorsake van asma is inaseming van stof 
afkomstig van graan en meel, terwyl bakkers die tweede hoogste 
voorkomssyfer van alle beroepe in die bedryf het.
Oorsake van beroepsasma
Werkverwante asma tas werkers aan wat stof inasem wat respiratoriese 
sensitiseerders is – soos stof afkomstig van graan, meel, ensiembymiddels,
eierproteïen, visproteïen, speserye en hout – dus is werkers in die meul-, 
mout-, bak-, visverwerkings- en soortgelyke bedrywe, veral blootgestel.
Asma is ’n uiters angswekkende en potensieel lewensbedreigende siekte.
Beroepsdermatitis
Databronne dui ’n beduidende vlak van dermatitis aan.
Oorsake van beroepsdermatitis
Beroepsdermatitis tas werkers aan wat vleis, vis, pluimvee, vrugte en
groente hanteer, asook bakkers, banketbakkers, kokke, skoonmakers 
en baie ander werkers.
_ By voedselvoorbereiding tas dit gewoonlik die hande en voorarms aan.
_ Dit veroorsaak rooiheid, afskilfering en blaasvorming van die vel wat
dikwels ernstig genoeg is om mense by die huis te hou en hulle te noop
om van werk te verander.
_ Beroepsdermatitis word veroorsaak deur aanraking met water, 
seep en skoonmaakmiddels (55% van gevalle) en aanraking met ’n wye 
verskeidenheid voedselsoorte soos suiker, meel/deeg, sitrusvrugte,
groente, speserye en kruie, vis en seekos, vleis en pluimvee (40%
van gevalle).
Rinitis
Rinitis (loop- of toe neus) veroorsaak inflammasie van die neusslymvlies
en word veroorsaak deur stof wat irritasie veroorsaak
Oorsake van rinitis
Stof afkomstig van graan, meel, speserye, smaakmiddels en hout kan rinitis, 
konjunktivitis (tranerige of krapperige oë) en ander irritasies veroorsaak.
Gehoorverlies deur geraas veroorsaak
Oorsake van gehoorverlies weens geraas
Blootstelling aan hoë vlakke van geraas by die werk kan onomkeerbare
gehoorskade veroorsaak, wat moeilik kan wees om op te spoor aangesien die
uitwerking geleidelik en oor tyd heen opbou. Geraasvlakke kan hoog wees
in groot areas (bv. inmaaklokale) of plaaslik wees vanweë ’n raserige aanleg
en masjinerie (bv. produkimpak op storttregters).  Indien u risiko-evaluering van
die perseel aandui dat geraas ’n prioriteit is, moet dit verkieslik by die bron daarvan
beheer word.
Ontwikkeling van ’n beroepsgesondheidbeleid
Daar is drie algemene kwessies wat by die ontwikkeling van doeltreffende
beroepsgesondheidbestuur in aanmerking geneem moet word.
1. Voorkoming
Die werkgewer het ’n regs- en morele verantwoordelik om te doen wat ook
al redelikerwys uitvoerbaar is om te voorkom dat werkers werkverwante
gesondheidsprobleme opdoen.
Om werkers se gesondheid te beskerm, moet ’n mens eers weet wat die oorsake
van beroepsgesondheidrisiko’s is. In die meeste gevalle is dit ooglopend.
Sodra die primêre risiko’s (ASSS’e, stof, geraas, ens.) geïdentifiseer is, kan stappe gedoen word om die risiko’s wat deur elkeen hiervan veroorsaak word, afsonderlik
te bepaal, op dieselfde manier as veiligheidskwessies. Dit is belangrik
om nie net te bepaal watter individue (of groepe individue) aan hierdie 
risiko’s blootgestel word nie, maar ook die mate van blootstelling en die
waarskynlike gevolge. Hierdie kennis is ook nuttig by die werwing van 
12
Sommige bedrywighede soos inmaak in blikkies en bottels en die gebruik van
vervoerbande, veroorsaak dat werkers aan oormatige geraasvlakke blootgestel
word.
personeel, of tydens rehabilitasie om te verseker dat die werkomgewing
nie enige vooraf bestaande mediese toestand vererger nie.
Moniteer afwesigheid weens siekte
Bywoningsbestuur het ’n belangrike kwessie vir baie groot
werkgewers begin word. Inligting verkry deur bywoning strenger
te bestuur kan baie nuttig wees om moontlike werkverwante gesondheids-
probleme raak te sien. Indien daar sekere poste of dele van die werkplek
is waar afwesigheid hoër is, kan dit op ’n probleem dui. Hoë vlakke van
rugpyn of WVABL-simptome kan met sekere soorte werk gepaard gaan.
Luister na die werkers
Heelwat inligting kan by die werkers self verkry word. Werkers mag
huiwerig wees om teenoor bestuur te erken dat hulle gesondheids-
probleme het as hulle dink dit kan hulle werksvooruitsigte belemmer
of indien die inligting sensitief is. Daar is egter ’n aantal maniere om
vas te stel wat hulle ervaring is of hulle menings in te samel wat 
vertroulikheid beskerm en eerliker antwoorde verseker.
Bestuur die risiko
Net soos met enige ander gesondheids- en veiligheidsprobleem moet die
hiërargie van beheermaatreëls gevolg word. Waar moontlik, is dit die 
beste om die gevaar te verwyder. Individuele beskerming met persoonlike
beskermende toerusting (PBT) moet gewoonlik die laaste uitweg 
wees. Dikwels verg die bestuur van beroepsgesondheid en 
-veiligheid niks meer as goeie kommunikasie tussen bestuurders en
werkers nie. Dit is gewoonlik onnodig om die hulp van spesialiste of 
deskundiges in te roep; die betrokkenheid van beroepsgeneeshere en
-spesialiste kan egter in gepaste omstandighede kostedoeltreffend wees.
Wanneer deskundige advies wel nodig is, hoef dit ook nie noodwendig
van ’n mediese aard te wees nie, bv. vir baie ASSS-probleme kan ’n
ergonoom meer geskik wees, of vir asma ’n beroepshigiënis.
2. Rehabilitasie
Selfs al word alles moontlik gedoen om te voorkom dat mense gesondheidsprobleme
as gevolg van hulle werk opdoen, sal daar steeds gevalle wees waar iemand wel
siek word. Al is die aanvanklike oorsaak van hulle gesondheidsprobleem dalk nie werkverwant nie, moet die gevolge steeds bestuur word. Iemand kan heel moontlik
rugpyn of ’n stresverwante siekte opdoen weens faktore
wat niks met die werk te doen het nie, maar as hulle ’n werk doen waar
hulle swaar voorwerpe moet optel of wat baie intensief is, is daar ’n goeie 
kans dat hulle werk die toestand kan vererger en dit in
iets ernstigers laat ontaard. Versuim om ’n voorval van swak gesondheid 
te bestuur, kan tot ’n meer permanente siekte en die verlies van ’n
waardevolle werker lei.
Het u u beroepsgesondheidsbehoeftes geëvalueer
en daaraan voldoen?
’n Risiko-evaluering kan bepaal watter hoofaktiwiteite en -situasies 
waarskynlik werkers se gesondheid kan benadeel sodat u kan besluit hoe
om aan hierdie beroepsgesondheidsbehoeftes in u maatskappy te voldoen.
Gesondheidswaaktoesig is veral nodig vir gevare waarvoor daar 
geen beroepsblootstellingstandaarde is om te bepaal of die
beheermaatreëls voldoende is nie. Voorbeelde van gevalle waar
gesondheidswaaktoesig waarskynlik nodig sal wees, is by
’n risiko van beroepsasma (bv. blootstelling aan sensitiseerders
soos graanstof, meelstof, bakkerystof, vis- of eierproteïen of speserye),
ASSS’e (met inbegrip van WVABL’e), blootstelling aan mikrobiologiese
infeksies (bv. by slagplase), risiko van dermatitis en waar werkers in warm of
koue omgewings werk. Onthou, voedselmateriale kan selfs teen baie 
lae blootstellings ’n sensitiserende uitwerking hê.
’n Professionele benadering tot beroepsgesondheid is noodsaaklik.
Dit kan nuttig wees om dit aan voedselveiligheids-/-higiënebehoeftes
te koppel.
Aandoenings van die spier- en skeletstelsel
Het u ’n bestuurspakket met maatreëls vir die voorkoming, 
ondersoek en beheer van beserings van die spier- en skeletstelsel, 
soos verrekkings as gevolg van die gereelde optel van swaar artikels
of WVABL’e weens herhalende werk? Voorkomende maatreëls is
kostedoeltreffend. Dit is onmoontlik om alle gevalle van ASSS’e te
voorkom, dus is vroeë aanmelding van simptome, behoorlike
behandeling en rehabilitasie noodsaaklik.
’n Suksesvolle benadering tot die bestuur van WVABL’e
Werkontwerp 
Sorg dat gereedskap, masjiene, werkplekke en werkmetodes
ergonomies ontwerp is. Skenk aandag aan die vermindering van
vibrasies, die krag wat nodig is en postuurveranderinge.
Duur van blootstelling
Kyk na posrotasie, werkspoed, pouses en hulpverlening. 
Wees veral versigtig waar die blootstelling verleng
15
Skenk noukeurig aandag aan opstapel-, hanterings- en verskuiwingsmetodes van
goedere om vallende artikels te voorkom.
word wanneer werkers oortyd werk of tydens werkspitstye.
Omgewing
Maak seker dat dit warm is en dat daar voldoende ruimte, sitplek en
daglig is.
Risiko-evaluering
In u risiko-evaluering, identifiseer take wat beserings veroorsaak wat
een of meer van die volgende vereis:
_ krag
_ herhaling
_ ongemaklike postuur.
Verminder die beseringspotensiaal van hierdie take waar moontlik deur aandag aan 
hierdie drie oorsake te skenk.
Voorindiensnemingsifting
Dit sal help om te verseker dat mense nie in poste geplaas word wat
bestaande of vorige aandoenings van die spier- en skeletstelsel of ander 
toestande sal vererger nie.
Werksplasing 
Verseker dat take wat waarskynlik beserings sal veroorsaak, nie aan persone
gegee word wat reeds daaraan ly nie en dat take wat beserings vererger, nie aan persone gegee word wat voorheen aan sulke kwale gely het nie.
Opleiding van werkers
Werkers moet opleiding ondergaan en inligting ontvang oor die aard
van waarskynlike beserings en faktore wat dit veroorsaak, veilige
optelmetodes (veral postuur en drametodes) en die noodsaaklikheid
om beserings aan te meld.
Moniteer werkers
Kontroleer werkers wat take verrig wat beserings kan veroorsaak of 
vererger, vroeg in hulle nuwe werk, bv. na vier weke, om te verseker
dat daar geen teenaanduidings vir die plasing is nie.
Voorsiening vir beroepsgesondheid
Verskeie take word hierbo geïdentifiseer, maar u kan ook lyers rehabiliteer
en moniteer.
Hersien siekteafwesigheidrekords
Oorweeg mediese inspeksie van werkers, bv. vier weke na afwesigheid; oorweeg
ook toegang tot fisioterapeutiese behandeling, ens., soos nodig.
Moniteer die doeltreffendheid van die strategie
Om te verseker dat die benadering tot die bestuur van WVABL’e 
doeltreffend is, moet dit gereeld gemoniteer word.
Bestuur die risiko
_ Bepaal watter take ’n ernstige risiko inhou van akute besering (bv.
as gevolg van optel) of chroniese besering (bv. weens herhalende bolyfwerk).
_ Evalueer hierdie take in detail om te besluit watter faktore die
risiko veroorsaak.
_ Stel meganisasie in waar dit redelikerwys uitvoerbaar is, bv.
kragtrokke, vervoerbande, vakuumhysers, grootmaathantering
of outomatisering.
_ Waar meganisasie nie moontlik is nie, stel maatreëls in om besering
te voorkom, bv. verminder gewig van sakke/houers tot 25 kg of minder,
verbeter ergonomiese ontwerp van werkstasies en werkareas, 
posrotasie, opleiding, mediese waaktoesig en posoorplasing.
_ Konsulteer volledig met veiligheidsverteenwoordigers van vakbonde of 
ander werkerverteenwoordigers en werkers om doeltreffende en 
werkbare oplossings vir probleme te vind.
Blootstelling aan hitte
en koue. Die bedryf
kan veranderende
temperatuurstoestande
veroorsaak deur 
aktiwiteite soos hitte-
behandeling, verkoeling
en bevriesing.
Word count: 3,182
