My lewe, my werk, my veilige werk
Die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) omskryf welvoeglike werk as produktiewe werk onderworpe aan voorwaardes van vryheid, gelykheid, sekuriteit en waardigheid, waarbinne die regte van werkers beskerm word en voldoende besoldiging en maatskaplike beskerming voorsien word.
Welvoeglike werk reflekteer die aspirasies van mans en vrouens oral, om produktiewe werk te bekom in omstandighede van vryheid,gelykheid,veiligheid en menswaardigheid. Dit behels respek vir basiese regte, toegang tot indiensneming, veilige en gesonde werksomstandighede, en maatskaplike veiligheid.
In elk van hierdie areas  ondervind mense regdeur die wêreld tekortkominge, gapings en uitsluiting in die vorm van werkloosheid en onder indiensneming, swak gehalte en onproduktiewe werk, onveilige werk en wankelrige inkomste, regte wat ontken word,geslagsongelykheid, trekarbeiders wat uitgebuit word, gebrek aan verteenwoordiging en seggenskap, en onvoldoende beskerming en eensgesindheid in die lig van siektes, ongbevoegdhede en ouderdom.
Welvoeglike werk word gekenmerk deur die volgende komponente:
Produktiewe werk
Beskerming van regte
Voldoende salaris
Sosiale dekking
Drieledige benadering en sosiale dialoog.
Welvoeglike werk word bevorder deur indiensneming, sosiale beskerming, standaarde en fundamentele beginsels en regte in die werkplek, en sosiale dialoog.
Welvoeglike werk lewer nie net `n belangrike bydrae tot volhoubare ontwikkleing nie, maar is `n fundamentele dimensie van gehalte van lewe. 
Beskerming van Regte
Dit kan bereik word deur op die volgende te let:
Vryheid van assosiasie en die doeltreffende erkenning van die reg tot kollektiewe onderhandeling
Uitskakeling van alle vorme van gedwonge en verpligte arbeid
Doeltreffende opheffing van kinderarbeid 
Uitskakeling van diskriminasie  met betrekking tot indiensneming en bewoning
Deur die bekragtiging van die IAO Konvensie Nr.182, het Suid Afrika homself verbind om daadwerkilke stappe en optrede te neem in die bekamping en vermindering van die ergste vorme van kinderarbeid.
Sosiale beskerming
Suid-Afrika staar snel veranderende bewegings van arbeid migrasie in die gesig. Trekarbeiders is steeds onderworpe aan strawwe vorme van uitbuiting in die werwing en indiensnemingsproses, gedwonge arbeid, sub-standaard behuising, uitsluiting van sosiale beskerming en die ontneming van talle basiese menseregte.
Ons moet beleide formuleer, wetgewing opstel of versterk, administratiewe maatstawwe, strukture en praktyke vir doeltreffende beheer van arbeidstoestroming.
Sosiale dialoog
Dit sluit alle soorte onderhandelings in, konsultasie of eenvoudig die uitruil van inligting tussen of onder regeringsverteenwoordigers, werkgewers en werkers oor sake van gemeenskaplike belang wat verband hou met ekonomiese en sosiale beleid. Dit kan bestaan as `n drieledige proses met die regering as `n amptelike party tydens die dialoog of dit mag bestaan uit slegs tweeledige verhoudings tussen arbeid en bestuur ( of vakverbonde en werkgewersverenigings) met of sonder direkte betrokkenheid van die Staat. Konsultasie kan informeel of geïnstitusionaliseerd wees  en dit is dikwels `n kombinasie van beide. Dit kan geskied op nasionale, streeks of op ondernemingsvlak. Dit kan inter-professioneel, sektoraal of `n kombinasie daarvan wees.
Die hoofdoel van sosiale dialoog opsigself is om die bou van verhoudings,ooreenkomste  en demokratiese betrokkenheid onder die hoofaandeelhouers in die omgewing van die werkplek te bevorder.
Suksesvolle sosiale dialoog strukture en prosesse het die potensiaal om belangrike ekonomiese en sosiale aangeleenthede op te los, goeie bestuur aan te moedig, sosiale en industriële vrede  en stabiliteit te bevorder en die versterking van ekonomiese groei.   
Hoe om welvoeglike werk te bekom
Onderwys en opleiding is die reg van almal. Beroepsopleiding is `n ekonomiese instrument wat deel is van indiensnemingsbeleid en van die produktiwiteit en mededingende strategieë van ondernemings. In sodanige opsig is opleiding `n belangrike aspek vir die regering en werkgewers. Die reg op beroepsopleiding dra nie slegs by tot die vorming van welvoeglike werk nie, maar dit is opvoedkundig, `n formatiewe element vir die verryking, selfverwesenliking en ontwikkeling van die  individu en vervolgens die samelewing as geheel. 
Dit is nie meer  moontlik om hoë vlakke van produktiwiteit , mededinging en kwaliteit te behaal met `n benadering van beperkte en ingeperkte opleiding nie. Die mededingende voordeel van `n gekwalifiseerde werksmag hang ook  af van die land se bevoegdheid om die mense wat opgelei is te behou en aan hulle voldoende indiensneming in produktiewe aktiwiteite te gee anders sal die poging wat geneem was nutteloos en frustrerend wees.  
Opleiding is noodsaaklik, maar vir sodanige belegging om ekonomies winsgewend te wees moet welvoeglike werk verskaf word. Beroepsopleiding  bevorder ook  die bereiking van die doelwitte van welvoeglike werk. Bevordering van geslagsgelykheid by die werk kan gelykgestel word met opleidingsaksies wat fokus op indiensneming van vrouens, sodat hulle ook toegang het tot welvoeglike werk.  
Ter opsomming  word die doelwit van welvoeglike werk die beste uitgedruk deur die oë van  mense. Dit handel oor ons werk en toekomstige vooruitsigte; ons werksomstandighede; balansering van werk en gesinslewe; kinders deur die skool te kry of uit kinderarbeid. Dit handel oor geslagsgelykheid, gelyke erkenning en die geleentheid  aan vrouens om keuses uit te oefen en beheer oor hul lewens te neem. Dit handel oor ons persoonlike vermoëns om mededingend in die markplek te bly, volhouding met nuwe tegnologiese vaardighede en om gesond te bly.  
Dit handel oor die ontwikkeling van ondernemingsvaardighede, om `n regverdige deel te ontvang van die welvaart wat jy gehelp skep het en nie teen gediskrimineer  word nie; om  seggenskap in ons werkplek en gemeenskappe te hê. In die mees uitsonderlike gevalle is dit om te beweeg vanaf bestaan tot lewensbestaan.Vir baie is dit die primêre weg vanuit armoede.Vir baie meer is dit die realisering van persoonlike aspirasies in hul daaglikse bestaan en eensgesindheid met ander. Vir almal en orais welvoeglike werk gemik op die versekering van menswaardigheid. 
Veilige werk
Wet Nr. 85 van 1993 op Beroepsgesondheid en Veiligheid verseker dat veilige werk deur verskillende bepalings  voorsien word.
Tydens die duur van die werker se indiensneming moet hy/sy nie blootgestel word aan enige risiko`s nie. Die Wet strek sover deur te stipuleer dat: Elke werkgewer moet verskaf en handhaaf so ver as wat dit redelik uitvoerbaar is `n werksomgewing wat veilig is en sonder risiko`s van die gesondheid vir hom/haar werkers.’Die werkgewer is dus wettig verbind om hom/haar werkers van veilige werksomstandighede te voorsien. Die Wet het nie dit oorgelaat aan die verbeelding van die werkgewer nie, maar dit het aan hom/haar riglyne verskaf wat hom/haar te doen staan ingevolge artikel 8 (2) wat as volg lees:
Sonder inkorting van die algemene pligte van `n werker ingevolge subartikel (1) sluit aspekte waarna sodanige pligte verwys spesifiek die volgende verpligtinge in.  
Voorsien en handhaaf werksisteme, plant en masjinerie wat  redelik uitvoerbaar is, veilig en sonder gesondheidsrisiko`s. 
Stappe te neem wat redelik uitvoerbaar is om enige risiko of potensiële risiko uit te skakel of verminder in die veiligheid en gesondheid van werkers voordat daar op persoonlike beskermingstoerusting besluit word.
Voorsorgmaatreëls in sover redelik uitvoerbaar is tref  wat die veiligheid en afwesigheid van risiko`s aan gesondheid verseker met betrekking tot die produksie , prossessering, gebruik, hantering, opberging of vervoer van artikels of stowwe.
Bepaal sover as wat redelik uitvoerbaar is watter risiko`s bestaan vir die gesondheid en veiligheid van mense verbind aan enige werk wat verrig word, enige voorwerp of stowwe wat vervaardig, geprosesseer,gebruik,hanteer, geberg of vervoer  word en enige plant of masjinerie wat in die besigheid gebruik word en hy/sy  sal sover redelik uitvoerbaar bepaal watter voorsorgmaatreëls getref moet word met betrekking tot sodanige werk, artikels, stowwe, plant of masjinerie ten einde die gesondheid en veiligheid van mense te beskerm en hy/sy sal die nodige maatstawwe instel om sodanige voorsorgmaatreëls toe te pas.
Om sover as wat moontlik uitvoerbaar is die nodige inligting, instruksies,opleiding en toesighouding te verskaf wat nodig is vir die gesondheid en veiligheid van werkers in die werkplek.
Sover as moontlik nie enige werkers toe te laat om enige werk te doen of om enige artikel of stowwe te vervaardig, prossesseer, gebruik,hanteer,berg of vervoer of om enige plant om masjinerie te laat hanteer, tensy die voorsorgmaatreëls ingevolge paragrawwe (b) en (d), of enige ander voorsorgmaatreëls wat voorgeskryf mag word geneem is nie.
Neem alle nodige maatreëls om te verseker dat die vereistes van hierdie Wet nagekom word deur elke persoon in hom/haar diens of op die perseël onder hom/haar beheer waar plante of masjinerie gebruik word.
Verseker dat sodanige maatreëls afgedwing word in die bevordering van gesondheid en veiligheid.
Verseker dat werk gelewer word en dat plant en masjinerie gebruik word onder die algemene toesighouding van `n opgeleide persoon ten einde die risiko`s daaraan verbonde te verstaan en wat die magtiging het om te verseker dat voorsorgmaatreëls wat geneem word deur die werkgewer toegepas word.
Toesien dat alle werkers ingelig is rakende die omvang van hulle gesag ingevolge artikel 37(1)(b) van hierdie Wet. 
Die Wet voorsien verder dat veilige werk `n samewerkingspoging is tussen die werkgewer en die werker; terwyl dit ook die pligte van die werkers as volg stipuleer:
Elke werker sal by die werk:
Redelike sorg neem vir hom/haar gesondheid en veiligheid en die van ander persone wat geaffekteer mag word deur hom/haar optrede van nalatigheid
Met betrekking tot enige plig of vereiste toegesê aan hom/haar werkgewer of enige ander persoon ingevolge hierdie Wet  saamwerk met sodanige werkgewer of persoon om te verseker dat daar voldoen word aan die plig of vereiste
Enige wetmatige opdrag toevertrou aan hom/haar uitvoer en die gesondheid- en veiligheidsreëls en prosedure gehoorsaam soos neergelê deur hom/haar werkgewer of deur enige gemagtigde  in die belang van gesondheid of veiligheid. 
Indien enige situasie wat onveilig of ongesond is onder hom/haar aandag kom moet sodanige situasie sover moontlik  aan hom/haar werkgewer gerapporteer word of aan die gesondheids en veiligheidsverteenwoordiger van hom/haar werkplek of afdeling daarvan in welke geval ookal wat dit dan aan die werkgewer moet rapporteer.
Indien hy/sy betrokke is by enige insident wat hom/haar gesondheid mag affekteer of wat `n besering aan hom/haar mag veroorsaak moet sodanige insident so gou as moontlik aan  hom/haar werkgewer gerapporteer word of aan enige  persoon deur die werkgewer gemagtig of aan hom/haar gesondheids en veiligheidsverteenwoordiger, maar nie later as die einde van sodanige skof waartydens die insident plaasgevind het nie, tensy die omstandighede van so `n aard was dat die aanmelding van die insident nie moontlik was nie, waarvolgens hy/sy die insident so gou as moontlik daarna moet aanmeld..
MIV en VIGS
MIV en VIGS is een van die ernstigste uitdagings wat Suid- Afrika as `n land in die gesig staar. Dit bedreig die lewe van individuele werkers en werkgewers met noemenswaardige gevolge vir werkplekke en affekteer die ekonomie geleidelik.  
Die gevolge van MIV en VIGS sluit onder andere in, verlies van produktiwiteit, verhoogde koste van werkersvoordele, hoê produksiekoste en `n lae moraal in die werkplek as gevolg van verlengde siekte van personeel, verhoogde afwesigheid en die tempo van sterftes. Dit het inteendeel `n negatiewe impak op die land se ekonomie, omdat dit ekonomiese groei vertraag omdat daar minder ekonomiese aktiewe mense is om tot die ekonomie by te dra. 
Stigma
Die stigma wat kleef aan mense wat met MIV en VIGS lewe het gelei tot ongewone stresvlakke, mense wat selfmoord pleeg, kranksinnigheid en sterftesyfers as gevolg van depressie en die vrees om met die virus gekonfronteer te word. Die stigma en diskriminasie gemik teen die werkers met  ware en veronderstelde MIV en VIGS statusse, het dikwels gelei tot die onwettige ontslag van werkers. 
Die Wet soos gestipuleer in die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) verbied die ontslag van werkers op grond van `n werkers se MIV en HIV status. Die Wet verbied ook die toetsing van werkers sonder vooraf bemagtiging deur die Arbeidshof. 
Die regering het gevolglik sy omvattende program in die bekamping van MIV en VIGS in samewerking met vennootskappe in alle sektore van die samelewing versterk, deur `n Praktyk Kode in te stel om strategieë te voorsien om die impak van die epidemie te verminder en deur die ontwikkeling van beleide en prosedure om MIV en VIGS in die werkplek te beheer.
Die Tegniese Bystand Riglyne (TBR) was ontwikkel oor sleutelaspekte van MIV en Vigs en indiensneming en het ten doel om te help met die uitvoerbare implementering van die WGI en die Kode.
Die grondwetlike en beleidsaspekte van die Kode is die volgende:
Uitskakeling van onregverdige diskriminasie en bevordering van `n nie-diskriminerende werkplek
Vertroulikheid en openbaarmaking van toetsing 
Bevordering van `n veilige werksomgewing 
Vergoeding vir beroepsinfeksie met MIV en VIGS
Voordele van werkers
Ontslag en griewe.
Raamwerk vir die beheer van MIV en VIGS in die werkplek
Die TBR verskaf `n omvattende raamwerk vir die beheer van MIV en VIGS in die werkplek en dit behels die volgende:
Beginsels onderliggend aan `n omvattende reaksie op MIV en VIGS
Beheer van MIV en VIGS in die werkplek
Implementering van die riglyne
Die elemente van `n omvattende voorkomingsprogram in die werkplek bevat:
Verhoogde bewusmakingsaktiwiteite
Vrywillige berading en Toetsing (VBT) programme
Portuurgroep opvoeding
Opleiding van sleutelpersoneel
Gebruik en verspreiding van kondome
Optimale beheer van Seksueel Oordragbare Siektes (SOS) 
Programme vir infeksie beheer.
Die uitdaging van die epidemie is groot en vereis toegewydheid van alle geïnfekteerdes en geaffekteerdes. Elke persoon is of geïnfekteer of geaffekteer in die sin dat die uitwerking van die plaag alle burgers van ons land en die wêreld affekteer. Goeie talente en eindelose ervaring gaan verlore as gevolg van sterftes wat die gevolg is van MIV en VIGS. Die stryd kan gewen word indien elke persoon die oorlog hul eie uitdaging maak.  
Word count: - 2, 180
