Gesondheid en Veiligheid vir die Konstruksiebedryf
Bestuur gesondheid en veiligheid
Doen jy die volgende wanneer jy jou onderneming bestuur:
●   Stel die Departement van Arbeid in kennis van jou konstruksiewerk soos vereis ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid?
●   Gun genoeg tyd om jou werk te beplan, organiseer en beheer?
●   Neem waar wat werklik gebeur en tree op om gevaarlike praktyke te voorkom?
●   Het ‘n Gesondheid-en-veiligheidsbestuurstelsel wat gesondheid-en-veiligheidsverteenwoordigers en ‘n gesondheid-en-veiligheidskomitee insluit? 
●   Het iemand om op te steun vir gesondheid- en veiligheidsadvies?
Meld ongelukke aan
Indien iemand wat in jou diens is of op jou perseel werk in ‘n ongeluk betrokke is, maak seker dat jy:
●   jou naaste Arbeidsenstrum onmiddellik in kennis stel as die ongeluk noodlottig is of ‘n ernstige besering behels, soos ‘n fraktuur, amputasie of sigverlies 
●   enige werkverwante ongeluk aanmeld wat tot gevolg het dat die werknemer langer as 14 dae van die werk weg is 
●   dit aanmeld as ‘n lid van die publiek sterf of na die hospitaal verwys word as gevolg van ‘n ongeluk op jou perseel, of wat met die aktiwiteite op jou werkperseel verband hou.
Indiensneming
Wanneer jy mense in diens neem of oor hulle beheer uitoefen, maak jy seker dat:
●   hulle opgelei is om die werk in veilige toestande te verrig en sonder om hul gesondheid op die spel te plaas?
●   behoorlike toesig oor hulle uitgeoefen word en gee jy duidelike instruksies sodat hulle weet wat van hulle verwag word?
●   hulle die regte gereedskap, toerusting, masjinerie en beskermende kleredrag het?
●   jou gesondheids-en-veiligheidskwessies met hulle of hul verteenwoordigers bespreek?
Subkontrakteer
Wanneer jy werk aan andere subkontrakteer:
●   Kontroleer jy van tyd tot tyd die gesondheids-en-veiligheidsrekords van die mense wat jy beplan om te gebruik?
●   Gee jy aan hulle die gesondheids-en-veiligheidsinligting wat hulle vir die werk benodig en maak seker dat hulle bekwaam is voordat hulle met die werk begin?
●   Bespreek jy die werk met hulle voordat hulle begin?
●   Maak jy seker dat jy hulle van al die nodige hulpbronne voorsien het (bv. veilige stellasies, die regte masjinerie, toegang tot higiënegeriewe, ens)?
●   Kontroleer jy hul prestasie en korrigeer tekortkomings?
Toegang op die terrain
●   Kan almal veilig by hul werkplek uitkom – en veilig daar werk?
●   Is die toegangsroetes in ‘n goeie toestand en duidelik aangedui?
●   Is die kante waar mense kan afval voorsien van voldoende veiligheidsrelings of ander geskikte beskermingsmaatreëls?
●   Is enige gate bedek, bewaak, afgesper en duidelik gemerk om te voorkom dat mense daarin val?
●   Is die perseel netjies en word materiaal op ‘n veilige manier geberg?
●   Is beligting voldoende?
Geriewe
●   Is toilette algemeen beskikbaar en is dit skoon en behoorlik verlig?
●   Is daar wasbakke, lopende water, seep en weggooibare handdoeke?
●   Is daar ‘n plek waar werkers ander klere kan aantrek, en hul klere kan laat droog word en bêre?
●   Word drinkwater voorsien?
Steiers en stellasies
●   Word stellasies deur bekwame mense opgerig, verstel en afgebreek?
●   Is daar effektiewe versperrings of waarskuwingstekens om te voorkom dat mense nie ‘n onvoltooide stellasie gebruik nie, bv. waar die werkplatforms nie ten volle met planke bedek is nie?
●   Word stellasies behoorlik in stand gehou?
●   Inspekteer ‘n bekwame persoon die stellasie gereeld, bv. minstens eenmaal per week, en altyd nadat dit verstel of beskadig is of na uiterste weerstoestande soos erge reën of wind?
●   Word die resultate van inspeksies opgeteken?
Noodgevalle
●   Is daar noodprosedures, bv. om die terrein in die geval van brand te ontruim?
●   Weet die mense op die terrein wat die prosedures is?
●   Is daar ‘n manier om alarm te maak, en hoe dikwels word dit getoets?
●   Is daar ‘n manier om die nooddienste vanaf die terrein te kontak?
●   Is daar toereikende ontsnappingsroetes en word dit vry van obstruksies gehou?
●   Is daar voldoende noodhulpgeriewe?
Gevaarlike stowwe
●   Het jy alle skadelike stowwe en materiale, soos asbes, lood, oplosmiddels, verf, sement en stof geïdentifiseer?
●   Het werkers inligting en opleiding ontvang sodat hulle weet wat die risiko’s is verbonde aan die gevaarlike stowwe wat op die terrein gebruik en geproduseer word, en wat hulle moet doen om hierdie risiko’s te vermy?
●   Het jy voorsorgmaatreëls geïdentifiseer en geïmplementeer om blootstelling aan gevaarlike stowwe te voorkom of beheer, deur:
		- die werk op ‘n ander manier te doen om sodoende die risiko 			  heeltemal te verwyder?
		- ‘n minder gevaarlike materiaal te gebruik?
		- gereedskap met stofuitsuigmeganismes te gebruik?
Geraas
●   Het die werkers die nodige inligting en opleiding ontvang sodat hulle weet watter risiko’s geraas op die terrein inhou en wat hulle moet doen om daardie risiko’s te vermy?
●   Het jy die werkers se blootstelling aan geraas geïdentifiseer en geëvalueer?
●   Kan die geraas verminder word deur ander werksmetodes te gebruik of stil masjinerie te gebruik, bv. deur brekers en ander masjinerie met klankdempers toe te rus?
●   Word mense wat nie self by die werk betrokke is nie, weggehou van die bron van die geraas af?
●   Word geskikte gehoorbeskerming voorsien en in lawaaierige areas gedra?
Elektrisiteit en ander dienste
●   Word alle nodige dienste op die terrein voorsien voordat daar met die werk begin word en het jy ook bepaal watter dienste tans wel op die terrein beskikbaar is (bv. elektriese kabels of gashoofleiding) en effektiewe stappe gedoen, indien nodig, om enige gevaar wat daaraan verbonde is te voorkom?
●   Word gereedskap en toerusting deur die gebruikers nagegaan, visueel op die terrein geïnspekteer en gereeld deur ‘n bekwame persoon geïnspekteer en getoets?
●   Waar daar oorhoofse kraglyne is, is die elektrisiteitstoevoer afgesluit, of is ander voorsorgmaatreëls getref, soos om doelpale of ombinde merkers te verskaf?
●   Is daar ‘n Nakomingsertifikaat op die perseel vir nuwe installasies?
Beskerm die publiek
●   Is die werk weg van die publiek afgekamp?
●   Is padwerke afgesper en goed verlig?
●   Is die publiek teen vallende materiaal beskerm?
●   Wanneer werk vir die dag afgehandel is:
      - Is uitgrawings en openings veilig bedek of afgekamp?
      - Is alle masjinerie geïmmobiliseer om ongemagtigde gebruik te voorkom?
      - Is vlambare of gevaarlike stowwe in veilige stoorplekke toegesluit?
Kontakpersoon
Departement van Arbeid
Hoofkantoor
Hoofdirektoraat van Beroepsgesondheid en Veiligheid
Rhoda Mbeki 			(012) 309 4388
Phumudzo Maphaha 		(012) 309 4316
Tibor Szana 			(012) 309 4389
CAPTIONS
Behandeling van ‘n beseerde knie.
Probleem: Hierdie stellasie was nie aan die muur vasgeheg nie en, omdat dit ‘n losstaande platform was, het dit werkers se lewens in gevaar gestel.
Word geskikte gehoorbeskerming voorsien en in lawaaierige areas gedra?
Elektrisiteits-beheerpanele moet te alle tye bedek wees en behoorlik gesluit word.
