J PEKANE
COSATU
MMS MDLADLANA
MINISTER VAN ARBEID
M MALETE
FEDUSA
J MGEKENI
NACTU
A TSHALATA
NAFCOC
DR L LOTTER
BSA
Regering Georganiseerde Arbeid Georganiseerde Sakesektor
Ons, die Regering, Georganiseerde Arbeid en die Georganiseerde
Sakesektor, as maatskaplike vennote, verklaar dat:
ons saam, in vennootskap, sal streef na die verwesenliking van die volgende ideale:
'n Gesonde en veilige werkomgewing
Die ontwikkeling van goeie praktyke in beroepsgesondheid en veiligheid
Die uitskakeling van ongelukke/voorvalle en noodlottige ongelukke in die werkplek.
Ons verwelkom die maatrels vervat in die IAO-konvensies 155 en 176.
Ons verbind ons daartoe om:
die maatrels oor beroepsgesondheid en veiligheid soos vervat in die Handves van Regte
na te kom
beroepsgesondheid en veiligheid deel te maak van alle sakeprosesse en -strategie
beroepsgesondheid en veiligheid 'n leefwyse te maak
bewustheid van beroepsgesondheid en veiligheid te bevorder
magtigingswetgewing, -regulasies en -direktiewe oor beroepsgesondheid en veiligheid te
ontwikkel
die driepartybetrekkinge te bevorder tot voordeel van almal in die land
te voldoen aan die vereistes van wetgewing oor beroepsgesondheid en veiligheid
werkers en bestuurders oor veilige werkpraktyke te onderrig
'n doeltreffende en doelmatige institusionele raamwerk vir beroepsgesondheid en
veiligheid te skep.
Ons verbind ons verder daartoe om ten opsigte van beroepsgesondheid en
veiligheid opbouend saam te werk.
Verklaring oor
Beroepsgesondheid en Veiligheid