P E P

Voorkoming nà blootstelling

Nà verkragting

Inligting om u te help met u behandeling



Wat is PEP

Voorkoming nà blootstelling (Engels: Post Exposure Prophylexis) verwys na die pille wat toegedien word aan slagoffers van seksuele aanranding en verkragting om die risiko van MIV-infeksie te verminder. Aangesien dit moeilik is om die MIV-status van die aanvallers te bepaal, word die slagoffer behandel asof die aanvaller MIV-positief is. Op hierdie wyse word daar gesorg dat alle moontlike voorsorg getref word om die kanse te verminder dat die MIV-infeksie oorgedra word.



Waarom is dit belangrik om te toets nà ‘n verkragting?

Dit is belangrik om te toets vir MIV want die PEP is nie nodig wanneer die betrokke persoon alreeds MIV-positief is nie. Indien u MIV-positief is, sal die personeel by die kliniek u voorsien met inligting oor hoe om te leef met MIV. In die meeste gevalle word ‘n MIV-toets gedoen voordat daar met PEP begin word. Indien die MIV-toets nie onmiddellik gedoen kan word nie, word daar in elk geval ‘n begin gemaak met die behandeling en die MIV-toets kan later gedoen word.



Wanneer moet daar met die medikasie begin word?

Medikasie moet 72 uur nà die aanval geneem word, maar verkieslik so gou as moontlik. Die medikasie is nie doelmatig nie indien dit nà hierdie tydperk geneem word.



Vir hoe lank moet die medikasie geneem word? 

Die medikasie moet vir 28 dae geneem word. Dit sal help om die risiko te verminder om MIV-positief te word. Die kursus van 28 dae moet voltooi word ten einde dit te laat werk.



Die pille

Pille word aan u toegedien om Seksueel Oordragbare Infeksies en swangerskap te voorkom. Die PEP pille moet egter aaneenlopend vir 28 dae geneem word. Die PEP pille moet twee keer per dag geneem word. Gewoonlik sal die kliniek nie al die pille vir die 28 dae gee nie en moet u teruggaan om die res van die pille te kry. Dit is werklik belangrik om terug te gaan om die res van die pille af te haal ten einde die kursus te voltooi. Die kliniekpersoneel sal aan u ‘n datum gee wanneer u die PEP pille moet gaan afhaal. Die pille moet liefs met etes geneem word en dit word aanbeveel dat u die pille min of meer dieselfde tyd elke dag neem. U kan dit byvoorbeeld om 7 vm met ontbyt en 7 nm met aandete neem.

Sommige mense gebruik hul sellulêre telefone om hulle daaraan te herinner. Dit kan heelwat bydra om u te help.



Wat van newe-effekte?

Die meeste medisyne het newe-effekte. Die PEP pil is sterk en kan ook newe-effekte hê. Drie van die mees algemene new-effekte is naarheid, diarree en moegheid.  Na die tweede week raak dit egter makliker. Gedurende die eerste week sal u medikasie teen naarheid ontvang.

Dit word aanbeveel dat u die pil met u voedsel inneem. Indien die newe-effekte aanhou, moet u na die kliniek terugkeer en die personeel daaroor inlig.



Waarom is dit belangrik dat u die medikasie presies gebruik soos wat dit voorgeskryf word?

Deur die medisyne op die regte tyd te gebruik en nie die pilinname oor te slaan nie verseker u dat die medisyne doelmatig werk. Dit is belangrik om ‘n roetine vir 28 dae te ontwikkel. Op die teenblad van hierdie pamflet is daar ‘n tydtafel uitgewerk om u te help. Plak dit gerus vas teen u yskas of in u badkamer. Ons is daarvan bewus dat u ‘n moeilike tyd in u lewe deurmaak deurdat u die seksuele aanranding moet verwerk en ook medikasie moet neem om moontlike MIV-infeksie te voorkom. Dit kan help indien u  ‘n familielid of vriend vra om u by te staan gedurende hierdie tydperk.



Wat staan my te doen as ek vergeet om die medisyne te gebruik? 

Dit is belangrik om die pil daagliks vir 28 dae te neem. Ook oor naweke en wanneer u vriende besoek, ens. Wanneer u besef u het ‘n dosis oorgeslaan, moet u dit neem so gou as wat u dit agtergekom het, MAAR wanneer dit gebeur nadat u alreeds die volgende dosis geneem het, moet u nie ‘n dubbele dosis neem nie.  As u vergeet het om die pille vir twee agtereenvolgende dae of langer te neem, moet u met die kliniekpersoneel daaroor praat.



Waarom moet ek teruggaan na die hospitaal/kliniek? 

Dit is belangrik dat u na die hospitaal/kliniek teruggaan om die oorblywende pille af te haal en om u MIV-status na te gaan. Met hierdie besoek sal u die res van u PEP pille kry en sal ook bepaal word hoe u die situasie hanteer.  U moet na 6 weke ‘n tweede MIV-toets ondergaan (2de besoek), en ook herhalingsbesoeke na drie maande en ses maande. Dit is uiters belangrik om u MIV-status te bepaal. Indien die toetse negatief is, beteken dit dat u nie MIV opgedoen het nà die verkragting nie.



Waar kan u hulp kry?

Verkragting is traumaties. Dit is belangrik om met iemand te praat wat kan luister en wat u kan ondersteun nà die verkragting. “n Berader kan u help om u gevoelens te verwerk.

Hieronder verskyn kontaknommers:



Nasionale Telefoonnommers:

Vigshulplyn: 0800 012 4322

Life line: 021 461 111





Plaaslike nommers

;;;;;;;;;;;;

;;;;;;;;;;

;;;;;;;;;;



Die Pildagboek

Hieronder verskyn ‘n pildagboek. Die persoon begin op ‘n Dinsdag 12 November en sy teken hierdie dag aan as Dag 1 en voltooi haar dagboek. Sy neem haar eerste pil in die oggend en haar tweede pil vir die eerste dag om 7 nm. Sy sal voortgaan om die pille min of meer dieselfde tyd elke dag vir 28 dae te neem tot op 9 Desember. Doen dieselfde met u pildagboek.



Dit is belangrik dat u vir ses maande kondome gebruik.



U PEP-dagboek

Gebruik hierdie dagboek om u te help om u pille te neem.

Vul Dag 1 in op die eerste dag wanneer u begin om u pille te neem. Maak ‘n merkie by elke dag soos u die pille neem totdat die 28 dae se medikasie opgebruik is. Hou die dagboek op ‘n veilige plek.



Son
 
Maan
 
Dins
 
Woens
 
Don
 
Vry
 
Sat
 

 
    Dag


 
   Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 

 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 

 
    Dag


 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 

 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 

 
    Dag


 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 

 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 

 
     Dag


 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 

 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 

 
    Dag


 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 
Dag
 

 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 
vm
 
nm
 

 
Datum wanneer na kliniek teruggegaan moet word (1ste datum om oorblywende PEP pille af te haal)



__________________________



Datum om na 6 weke terug te gaan: __________________

Datum om na 3 maande terug te gaan: _________________

Datum om na 6 maande terug te gaan: _________________

