

KENNISGEWING	VAN 2009



DEPARTEMENT VAN LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE 



KENNISGEWING VAN VOORNEME OM 'N GEBIED GELEË BINNE 'N 5 KM-RADIUS BUITE DIE SITRUSGRONDVESBLOK IN DIE LANDDROSDISTRIK UITENHAGE IN DIE PROVINSIE OOS-KAAP AS 'N NIESITRUSSONE TE VERKLAAR



Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye vaardig hiermee ingevolge artikel 6 van die Wet op Landbouplae, 1983 (Wet No. 36 van 1983), en ooreenkomstig die Internasionale Standaarde vir Fitosanitêre Maatreëls (ISPM), veral ISPM No. 10 van die Internasionale Plantbeskermingskonvensie (IPPC), 'n kennisgewing uit dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye voornemens is om 'n gebied geleë binne 'n 5 km-radius buite die sitrusgrondvesblok in die landdrosdistrik Uitenhage tot 'n niesitrussone te verklaar.



Dit word internasionaal erken dat die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf 'n uitstekende tussentydse Sitrusverbeteringskema (SVS) het. Die oogmerk van hierdie skema is om te verseker dat die sitrusbedryf voorsien word van plaagvrye sitrusvoortplantingsmateriaal. 'n Kernkomponent van hierdie skema is die voorsiening van sitrusvoortplantingsmateriaal vanuit die sitrusgrondvesblok aan sitruskwekerye. Die boomsertifiseringskomponent van die SVS bepaal dat alleenlik bome wat gekweek is in SVS-gesertifiseerde kwekerye met sitrusvoortplantingsmateriaal uit die sitrusgrondvesblok, gesertifiseer mag word. 'n Permit word vereis om sitrusvoortplantingsmateriaal en spesies van die gelyste genera of enige kruising daarvan na die sitrusgrondvesblok te verskuif.  



Die sitrusgrondvesblok is, vir die doeleindes van beskerming van sy fitosanitêre status, in 'n gebied opgerig wat verwyderd is van kommersiële sitrusproduksie. Daar is egter baie aangrensende of nabygeleë kleinhoewes waarop sitrusbome vir huishoudelike gebruik geplant is. Hierdie bome hou 'n gevaar in en kan as bron van besmetting dien van ernstige plae soos sitrusswartvlek en sitrusvergroening. Alle bestaande sitrusbome binne die verklaarde 5 km-radiusgebied sal vernietig moet word. Die gebied buite die sitrusgrondvesblok maar binne die 5 km-radiusgebied moet vry wees van sitrusplante om die plaagvrystatus van die sitrusgrondvesblok te beskerm.       





Die 5 km-radiusgebied sluit die volgende plase in:



Die plaas Bosch Hoogte No. 327 – Gedeeltes 7, 8 en 9;

Die plaas Mimosadale No. 328 – Gedeeltes 1 - 47;

Die plaas Mimosadale West No. 329 – Gedeeltes 3, 4 en 5;

Die plaas Rhode Court No. 330 – Gedeeltes 2 en die restant;

Die plaas Rhode Court Heights No. 331 – Die restant;

Die plaas Wincanton No. 333 – Die restant;

Die plaas Longhill No. 334 – Die restant; 

Die plaas Kokoteyskloof No. 335 – Die restant;

Die plaas Kokoteysrant No. 336 – Gedeeltes 1, 3, 4 en die restant;

Die plaas Kruisrivier No. 337 – Gedeeltes 1 - 40, 42 - 51, 53 - 58, 61 - 126 en die restant;

Die plaas Springfontein No. 338 – Gedeelte 1;

Die plaas Springfield No. 339 – Gedeelte 1 en die restant;

Plaas No. 349 – Die restant;

Plaas No. 389 – Die restant;

Die plaas Anneks Ruigtevlei No. 391 – Die restant;

Die plaas Ruigtevlei No. 392 – Gedeeltes 1, 2 en die restant;

Die plaas Burghley Hills No. 395 – Gedeelte 6; en 

Plaas No. 618 – Die restant.







T. Joemat-Pettersson





Minister van Landbou, Bosbou en Visserye

