HANDLEIDING VIR DIE STAATSDIENSKOMMISSIE EN DIE KANTOOR VAN DIE STAATSDIENSKOMMISSIE 

Ingevolge artikel 14 van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

FINANSIëLE TYDPERK:  2006/2007



INHOUDSOPGAWE 

1. 	WERKSAAMHEDE VAN DIE STAATSDIENSKOMMISSIE (SDK) 	2 

2. 	STRUKTUUR VAN DIE SDK							4 

3. 	KONTAKBESONDERHEDE VAN INLIGTINGSBEAMPTE

 EN ADJUNK-INLIGTINGSBEAMPTES					5 

4. 	GIDS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE 

	OOR HOE OM DIE WET TE GEBRUIK					6 

5. 	TOEGANG TOT REKORDS							6 

5.1 BESKRYWING VAN DIE ONDERWERPE WAAROOR 

DIE SDK REKORDS HOU EN KATEGORIEë REKORDS 

GEHOU OOR ELKE ONDERWERP						7 

5.2 	VRYWILLIGE OPENBAARMAKING EN REKORDS

	 WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS					7 

5.3 	VERSOEKPROSEDURE							8 

6. 	DIENSTE BESKIKBAAR AAN DIE PUBLIEK EN HOE 

	OM DAARTOE TOEGANG TE VERKRY					10 

6.1	DIENSTE									10





6.2 	HOE OM TOEGANG TOT DIENSTE TE VERKRY			10

7. 	REëLING WAT OPENBARE BETROKKENHEID BY DIE FORMULERING VAN BELEID EN VERRIGTING VAN PLIGTE TOELAAT			10 

7.1	INSPRAAK IN BELEID EN WETGEWING					11

8. 	REGSMIDDELE BESKIKBAAR TEN OPSIGTE VAN HANDELINGE OF VERSUIME OM TE HANDEL							11 

8.1	PROSEDURES VIR RAPPORTERING OF REGSTELLING		12

8.2	ANDER ONDERSTEUNENDE REGSMIDDELE				13

8.3	PLIG OM VERSLAG TE DOEN OM VERSLAG TE DOEN		13

9. 	BYWERKING VAN DIE HANDLEIDING					13

10. 	VERKRYGBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING				13 









1.	WERKSAAMHEDE VAN DIE STAATSDIENSKOMMISSIE (SDK) 



Die Staatsdienskommissie (SDK) is ‘n onafhanklike en onpartydige openbare instelling, tot stand gebring ingevolge artikel 196 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die SDK is die taak opgedra en daartoe gemagtig om, onder andere, die organisasie en administrasie van die Staatsdiens te ondersoek, te moniteer en te evalueer. Hierdie mandaat behels ook die evaluering van prestasies, of gebrek aan prestasies, van Regeringsprogramme.  Gekoppel aan die voormelde bevoegdhede, het die SDK ook ‘n verpligting om maatreëls te bevorder om doeltreffende en doelmatige werkverrigting binne die Staatsdiens te verseker en om die waardes en beginsels van openbare administrasie, soos in die Grondwet uiteengesit is, regdeur die Staatsdiens te bevorder. 



Mandaat van die SDK

Die Kommissie ontleen sy mandaat aan artikel 195 en 196 van die Grondwet, 1996. Artikel 195 gee ‘n uiteensetting van die waardes en beginsels wat openbare administrasie beheers en deur die Kommissie bevorder moet word: Hierdie waardes en beginsels is: 

 ‘n Hoë standaard van beroepsetiket.

Voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne

• 	‘n Ontwikkelingsgerigte openbare administrasie.  



•	Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer word.  

 Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem. 

•	Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees. 



Deursigtigheid moet bevorder word.



	Die kweek van goeie mensehulpbronbestuurs- en loopbaanontwikkelingspraktyke. 



•	‘n Verteenwoordigende openbare administrasie met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel.



Ingevolge artikel 196(4) van die Grondwet, 1996, is die werksaamhede en bevoegdhede  van die SDK die volgende: 

om die waardes en beginsels, soos uiteengesit in artikel 195, regdeur die Staatsdiens te bevorder;

om die organisasie, administrasie en personeelpraktyke van die Staatsdien te ondersoek, te moniteer en te evalueer, en veral te let op die mate waartoe gehou word by die waardes en beginsels soos uiteengesit in artikel 195 en die staatsdiensprosedures;

om maatreëls voor te stel om doeltreffende en bekwame werkverrigting binne die Staatsdiens te verseker;

om leiding te gee wat gemik is daarop om te verseker dat personeelprosedures betreffende werwing, oorplasings, bevorderings en ontslag voldoen aan die waardes en beginsels soos uiteengesit in artikel 195;

om te rapporteer oor sy aktiwiteite en die verrigting van sy werksaamhede, insluitende enige bevindings wat gemaak word en leiding en advies wat hy mag geee; en om ‘n evaluering te gee ten opsigte van die mate waartoe die waardes en en beginsels uiteengesit in artikel 195 voldoen word; en

uit sy eie, of na ontvangs van ‘n klagte,

die toepassing van personeel- en staatsadministrasiepraktyke te ondersoek en te evalueer en daaroor verslag te doen by die tersaaklike uitvoerende gesag en wetgewer;

griewe van werknemers in die Staatsdiens betreffende amptelike handeling of versuime te ondersoek en om gepaste remedies aan te beveel;

om te moniteer of toepaslike prosedures in die Staatsdiens gevolg word en ondersoek daarna te doen.

Om nasionale en provinsiale staatsorgane te adviseer rakende personeelpraktyke in die Staatsdiens, insluitende dié wat betrekking het op werwing, aanstelling, oorplasing, ontslag en ander aspekte van die loopbane van werknemers in die Staatsdiens.

Sleutelprestasie-areas 



Die werk van die Kommissie is gestruktureer om die volgende ses sleutelprestasie-areas: 



•	verbetering in arbeidsverhoudinge 

•	openbare administrasie-ondersoeke 

•	beroepsetiek- en mensehulpbronoorsigte 

•	monitering van staatsbestuur 

•	leierskaps- en prestasiebevordering 

•	dienslewering en gehalteversekering 

Hierdie areas is georganiseer in twee programme, naamlik: Ondersoeke en Mensehulpbronoorsigte; en Monitering en Evaluering. 

 



Sommige van die vlagskipverslae wat deur die SDK gelewer is, sluit onder andere in die “State of the Public Service”, “Citizens Satisfactions Surveys”, “Measuring the Effectiveness of the National Anti-Corruption Hotline’, en ‘Evaluation of the Policy Framework on Managing HIV and AIDS in the Public Service”.  ‘n Omvattende lys verslae gelewer deur die SDK word vervat in die SDK/KSDK se artikel 15-kennisgewing en is ook beskikbaar op die SDK se webwerf, www.psc.gov.za



2. STRUKTUUR VAN DIE SDK 



Agtergrond 



Die Kommissie is ingestel ingevolge artikel 196 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die Grondwet vereis ‘n enkele Staatsdienskommissie vir die Republiek van Suid-Afrika, bestaande uit veertien lede, waarvan vyf op aanbeveling van die Nasionale Vergadering deur die President aangestel word, terwyl een lid vir elk van die nege provinsies aangestel word na benoeming deur die Premier. Die Kommissie is verantwoordingspligtig teenoor die Nasionale Vergadering aan wie minstens een keer per jaar verslag gedoen moet word. Die Kommissie moet ook aan Provinsiale Wetgewers verslag doen oor sy werksaamhede in provinsies. 



In lyn met die Grondwet soos hierbo genoem, bestaan die SDK uit 14 Kommissarisse, d.w.s. vyf Pretoriia-gebaseerde Kommissarisse en een Kommissaris in elke provinsie woonagtig.  Die SDK word gesteun deur die Kantoor van die Staatsdienkommissie met aan hoof die Direkteur-generaal, wat die Rekenpligtige Amptenaar is.  



Lede 



Soos vereis word, het die President veertien Lede van die Kommissie aangestel. Vyf van hierdie Lede is in die Hoofkantoor in Pretoria gesetel, en nege, een vir elke provinsie, in die provinsies. 



Die volgende persone is Lede van die Kommissie: 



Benoem deur die Nasionale Vergadering: 



Prof SS Sangweni, Voorsitter 
Mnr JH Ernstzen, Ondervoorsitter 
Dr EG Bain 
Me MRV Mashigo
Dr N Mxakato-Diseko 




Genomineer deur die Provinsiale Wetgewers

Dr R Mgijima, (Gauteng) 

Me PM Tengeni, (KwaZulu-Natal) 

Mnr KE Mahoai, (Limpopo) 

Mnr DW Mashego, (Mpumalanga) 

Mnr KL Mathews, (Noord-Kaap) 

Mnr JDS Mahlangu (Noordwes)

Mnr M Msoki, (Oos-Kaap)

Mnr P Helepi, (Vrystaat) 





Dr NV Maharaj, (Wes-Kaap) 





Bestuurstelsels 



Die organisatoriese struktuur van die SDK is ontwerp na aanleiding van sy strategiese doelwitte en gevolglik sy prestasie-areas. 



Die werk van die Kommissie is gestruktureer volgens ses prestasie-areas soos weergegee in item 1 hierbo. Hierdie areas word verdeel in twee lynfunksietakke, elk met drie sleutelfokusgebiede. Die twee lynfunksietakke word ondersteun deur die Tak: Korporatiewe Dienste en Streekskakeling, wat administratiewe en algehele ondersteuningsdienste aan die twee lynfunksietakke bied.

 



Tak: Korporatiewe Dienste en Streekskakeling bied dienste soos algemene en finaanansiële bestuur, peroneel- en voorsieningsadministrasie, kommunikasie en inligtingstegnologie aan die KSDK



Tak: Ondersoeke en Mensehulpbronoorsigte stel die SDK in staat om by te dra tot die verbetering van die bestuur van arbeidsverhoudinge, staatsadministrasieoudits en –ondersoeke en die bevordering van teenkorrupsiepraktyke; en die hersiening van die implementering van mensehulpbronbeleide in die Staatsdiens. 



Tak: Monitering en Evaluering vestig ‘n hoë standaard van Staatsdiensleierskap, goeie bestuur en verbeterde dienslewering deur openbare deelname. 





3. KONTAKBESONDERHEDE VAN INLIGTINGSBEAMPTE EN ADJUNK-INLIGTINGSBEAMPTES



Die Direkteur-generaal van die KSDK, Me. Odette Ramsingh, is die Inligtingsbeampte ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting. Me. Ramsingh se kontakbesonderhede is soos volg: odetter@opsc.gov.za, Tel. (012) 352-1005. Die volgende persone is as Adjunk-inligtingsbeamptes aangestel: 



Mnr Mashwahle Diphofa, Adjunk-direkteur-generaal: Monitering en Evaluering,  e-pos: Mashwahled@opsc.gov.za, Tel: (012) 352 1011

Mnr Admill Simpson, Adjunk-direkteur-generaal: Ondersoeke en Mensehulpbronoorsigte, e-pos: Admills@opsc.gov.za, Tel: (012) 352 1206

Mnr Dumisani Maphumulo, Adjunk-direkteur-generaal: Korporatiewe Dienste en Streekskakeling, e-pos: Dumisanim@opsc.gov.za , Tel (012) 352-1194,

Mnr Humphrey Ramafoko, Direkteur: Kommunikasie- en Inligtingsdienste, 

e-pos: Humphreyr@opsc.gov.za, Tel (012) 352-1196.



Adres

Posadres: 

Privaat Sak X121, PRETORIA, 0001 

Straatadres: Commission House 

H/v Hamilton- en Ziervogelstraat, PRETORIA



Webwerf: www.psc.gov.za

Telefoon:2) 352-1000 

Faks(012) 325-8382 





4. 	GIDS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE OOR HOE OM DIE WET TE GEBRUIK 



Die gids oor hoe om die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000, te gebruik, is verkrygbaar by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie.  Rig navrae aan: 



Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie: 

WBTI-eenheid 

Die Departement Navorsing en Dokumentasie



Posadres: 

Privaat Sak X2700

Houghton 2041



Telefoon: (011) 484-8300 

Faks: (011) 484-1360 

Webtuiste: www.sahrc.org.za 

E-pos: PAIA@sahrc.org.za 





TOEGANG TOT REKORDS



BESKRYWING VAN DIE ONDERWERPE WAAROOR DIE SDK REKORDS HOU EN KATEGORIEë REKORDS GEHOU OOR ELKE ONDERWERP



Vir doeleindes van die fasilitering van ‘n versoek ingevolge die Wet is ‘n beskrywing van die onderwerpe waaroor die SDK rekords hou en die kategorieë rekords oor elke onderwerp gehou, soos volg:: 



Referate gelewer

Rekords van werkwinkersl en konferensies

Interne nuusbriewe en tydskrif

Jaarverslag van die SDK 

Plakkate

Verslae gepubliseer deur die SDK

Personeelbeleide

Personeellêers

Inligting betreffende die opleiding van personeel

Begrotings

Strategiese planne

Mediumtermynbegrotingsraamwerk-voorleggings

Finansiële state

Verkrygingsbeleide

Deparetmentele bateregister

Tenderdokumente ontvang van die verskaffers, nadat die tender toegeken is.

Contrakte met verskaffers

Regter White se dokumente

Oudits en ondersoeke na administrasiepraktyke

Verslae oor Nasionale Teenkorrupsieblitslyngevalle 

Finansiële Openbaarmakings van Senior Bestuurders

Notules van vergaderings van die Nasionale Teenkorrupsieforum

Grieweverslae 

Moniterings- en Evalueringsverslae



	VRYWILLIGE OPENBAARMAKING EN REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS	



Die Kennisgewing oor Vrywillige Openbaarmaking (artikel 15) van die SDK/KSDK word op ‘n jaarlikse grondslag bygewerk en is geskikbaar op die SDK-webtuiste  www.psc.gov.za. Hierdie bywerking is ter voldoening aan artikel 15 (2) van due Wet io die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die SDK/KSDK se artikel 15-kennisgewing gee toegang tot onder andere, alle SDK-verslae wat gepubliseer en in die Parlement. ter tafel gelê is, sowel as tot al die ander rekords op die webtuiste van die SDK, sonder dat iemand ‘n versoek hoef te rig ingevolge genoemde Wet.. 



Let daarop dat sekere provinsie- en departement-speifieke verslae wat deur die SDK opgestel is, verkrygbaar is van die onderskeie provinsies en departemente en nie van die SDK/KSDK nie. Daarbenewens is die Jaarverslag van die SDK, nuusbriewe/tydskrifte, plakkate, en pamflette, outomaties beskikbaar van die Kommunikasie- en Inligtingsdienste deur mnr. Ben De Villiers, by Bend@opsc.gov.za, of Tel. (012) 352-1059.  ‘n Lys met besonderhede van dokumente waartoe daar maklike toegang is, word vervat in die artikel 15-kennisgewing hierbo bedoel. 



5.3	VERSOEKPROSEDURE



5.3.1	Wanneer ‘n versoek toegestaan of geweier word 



Prosedure gevolg betreffende die toestaan of weiering van ‘n versoek om inligting, word vervat in die KSDK-beleid oor die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting[1]. Die Beleid is verkrygbaar op die SDK se webtuiste by www.psc.gov.za



5.3.2	Hoe toegang tot ‘n rekord versoek word 



• ‘n Versoeker moet die vorm (Vorm A) gebruik wat in die Staatskoerant (Goewermentskennnisgewing R.187 van 15 Februarie 2002) gepubliseer is. 



• Die versoeker moet ook aandui of hy/sy ‘n afskrif van die rekord verlang en of die hy/sy  wil inkom en self na die rekord by die kantore van die openbare liggaam (SDK/KSDK) wil kyk. Alternatiewelik, indien die rekord nie ‘n papierdokument is nie, kan dit besigtig word in die verlangde vorm, waar moontlik. 



• Indien ‘n persoon toegang versoek in ‘n spesifieke vorm (bv. ‘n papierafskrif, elektroniese afskrif, ensovoorts), moet die versoeker toegang kry in daardie vorm, tensy die toestaan van die versoek onredelikerwys met die werkverrigting van die betrokke openbare liggaam (SDK/KSDK) sal inmeng, die rekord sal beskadig, of ‘n outeursreg sal skend wat nie aan die staat behoort nie. Indien, om praktiese redes, toegang nie in die verlangde vorm, maar in ‘n ander vorm toegestaan kan word, moet die gelde bereken word ooreenkomstig die wyse waarop die versoeker in die eerste plek toegang versoek het. 



• Indien die versoeker, benewens ‘n skriftelike antwoord op die versoek om ‘n rekord, op enige ander wyse (bv. telefonies) ingelig wil word oor die besluit, moet dit aangedui word. 



• Indien die versoeker namens ‘n ander persoon inligting versoek, moet die hoedanigheid waarin die versoeker die versoek rig, aangedui word. 



• Indien ‘n versoeker nie in staat is om te lees of skryf nie, of ‘n gebrek het, kan die versoek om die rekord mondeling gerig word. Die inligtingsbeampte moet die vorm namens sodanige versoeker invul en hom/haar ‘n afskrif van die ingevulde vorm gee. 







5.3.3	Gelde betaalbaar 



Daar is twee tipes gelde wat ingevolge die Wet betaal moet word, naamlik die versoekgelde en die toegangsgelde (by kennisgewing van die besluit betreffende die verlening van toegang). 



• ‘n Versoeker wat toegang verlang tot ‘n rekord wat persoonlike inligting bevat oor daardie versoeker, hoef nie die versoekgelde te betaal nie. Elke ander versoeker moet die versoekgelde van R35,00 (betaalbaar aan openbare liggame) betaal. 



•	Die inligtingsbeampte moet by kennisgewing van die versoeker (behalwe ‘n persoonlike versoeker) vereis om die voorgeskrewe versoekgelde (indien enige) en deposito (indien enige) te betaal voordat die versoek verder geprosesseer word. 



•	Die versoeker kan ‘n interne appèl aanteken, waar toepaslik, of ‘n aansoek indien by die hof teen die aanbied of betaling van die versoekgelde. 



• Nadat die inligtingsbeampte ‘n besluit geneem het oor die versoek, moet die versoeker in kennis gestel word van sodanige besluit op die wyse waarop die versoeker ingelig wil word. 



• Indien die versoek toegestaan word, moet verdere toegangsgelde betaal word vir reproduksie, en vir soek en voorbereiding vir enige tyd wat meer as die voorgeskrewe ure vereis word om die rekord vir openbaarbaking te soek en voor te berei. 



• Toegang tot ‘n rekord sal weerhou word totdat die versoeker al die toepaslike gelde betaal het. 



6. 	DIENSTE BESKIKBAAR AAN DIE PUBLIEK EN HOE OM DAARTOE TOEGANG TE VERKRY 



  Dienste



Die werksaamhede van die SDK/KSDK, soos uiteengesit in item 1, is sodanig dat sy kliënte bestaan uit die Nasionale Vergadering, Provinsiale Wetgewers, ander regeringsdepartemente en openbare instellings/organisasies en hy nie direk dienste lewer aan die publiek nie. Sekere inligting oor die Staatsdiens, byvoorbeeld die status van die Staatsdiens en die opname oor die burgers se tevredenheid met regeringsdienste, kan egter verkry word van Kommunikasie- en Inligtingsdienste: Bend@opsc.gov.za. Die publiek het ook direkte toegang tot die Nasionale Teenkorrupsietolvrynommer vir die Staatsdiens  (0800 701 701), wat deur die SDK gehuisves en bestuur word.





6.2	Hoe om toegang tot dienste te verkry 



Kliënte van die SDK/KSDK kan toegang verkry tot sy dienste deur versoeke te rig aan: 



Die Direkteur-generaal

Kantoor van die Staatsdienskommissie 



Posadres:  



Privaat Sak X121 

PRETORIA 

0001 



Straatadres: 

Commission House 

H/v Hamilton- en Ziervogelstraat 

PRETORIA 



Kontakpersoon/persone:

Mmathari Mashao, Tel: (012) 352-1043 of Thato Moeeng, Te: (012) 352-1076

Faks: (012) 325-8379

E-posadres: Mmatharim@opsc.gov.za

of

Thatom@opsc.gov.za

Webtuiste: 		www.psc.gov.za 

7. 		REËLING WAT OPENBARE BETROKKENHEID BY DIE FORMULERING VAN BELEID EN VERRIGTING VAN PLIGTE TOELAAT



7.1	Inspraak in beleid en wetgewing  



Die SDK moniteer en evalueer Staatsdiensprogramme met die doel om advies te verskaf en, waar nodig, ondersoek te doen om maniere te vind waarop dienslewering in die Staatsdiens verbeter kan word. Hoewel nie direk betrokke by beleidmaking nie, gee die SDK, ooreenkomstig sy mandaat om die kwaliteit van bestuur en dienslewering te moniteer en te evalueer, die gemeenskap direkte seggenskap in hoe hulle beleide gestruktureer wil hê, deur middel van gemeenskapsoorlegpleging en prestasie-evalueringsprogramme hieronder gelys - 



•	burgertevredenheidsopnames om die doeltreffendheid van dienslewering te evalueer vanuit die perspektief van burgers wat die gebruikers van ‘n spesifieke diens is; 



•	burgerforums wat deelnemende metodologieë gebruik om voorstelle van mense te versoek oor hoe om die uitkomste van regeringsprogramme te verbeter; 



•	evaluerings van organisatoriese prestasie en strukturering om advies te verskaf aan hoofde van departemente en politieke leierskap oor hoe hierdie twee areas verbeter kan word; en 



•	program- en stelselevaluerings wat diepte-evaluerings van die tersaaklikheid van programme en stelsels, die doeltreffendheid en doelmatigheid van programme en stelsels, sowel as program-/stelselvoorbereiding en -ontwerp insluit. 



Die SDK doen verskeie ondersoeke wat kulmineer in verslae wat aan die Nasionale Vergadering, Provinsiale Wetgewers en individuele departemente aangebied word. Hierdie verslae gee inspraak in prosesse van beleidmaking en die maak van wetgewing. 



Wanneer ook al nodig, bring die SDK reëls of riglyne na vore wat kan help om bestuur en/of dienslewering binne die Staatsdiens te verbeter. By tye word bestaande reëls en riglyne/beleide hersien om in te pas by die operasionele of strukturele veranderinge binne die Staatsdiens. 



7. 		REËLING WAT OPENBARE BETROKKENHEID BY DIE FORMULERING VAN BELEID EN VERRIGTING VAN PLIGTE TOELAAT



7.1	Inspraak in beleid en wetgewing  



Die SDK moniteer en evalueer Staatsdiensprogramme met die doel om advies te verskaf en, waar nodig, ondersoek te doen om maniere te vind waarop dienslewering in die Staatsdiens verbeter kan word. Hoewel nie direk betrokke by beleidmaking nie, gee die SDK, ooreenkomstig sy mandaat om die kwaliteit van bestuur en dienslewering te moniteer en te evalueer, die gemeenskap direkte seggenskap in hoe hulle beleide gestruktureer wil hê, deur middel van gemeenskapsoorlegpleging en prestasie-evalueringsprogramme hieronder gelys - 



•	burgertevredenheidsopnames om die doeltreffendheid van dienslewering te evalueer vanuit die perspektief van burgers wat die gebruikers van ‘n spesifieke diens is; 



•	burgerforums wat deelnemende metodologieë gebruik om voorstelle van mense te versoek oor hoe om die uitkomste van regeringsprogramme te verbeter; 



•	evaluerings van organisatoriese prestasie en strukturering om advies te verskaf aan hoofde van departemente en politieke leierskap oor hoe hierdie twee areas verbeter kan word; en 



•	program- en stelselevaluerings wat diepte-evaluerings van die tersaaklikheid van programme en stelsels, die doeltreffendheid en doelmatigheid van programme en stelsels, sowel as program-/stelselvoorbereiding en -ontwerp insluit. 



Die SDK doen verskeie ondersoeke wat kulmineer in verslae wat aan die Nasionale Vergadering, Provinsiale Wetgewers en individuele departemente aangebied word. Hierdie verslae gee inspraak in prosesse van beleidmaking en die maak van wetgewing. 



Wanneer ook al nodig, bring die SDK reëls of riglyne na vore wat kan help om bestuur en/of dienslewering binne die Staatsdiens te verbeter. By tye word bestaande reëls en riglyne/beleide hersien om in te pas by die operasionele of strukturele veranderinge binne die Staatsdiens. 



8. 	REGSMIDDELE BESKIKBAAR TEN OPSIGTE VAN HANDELINGE OF VERSUIME OM TE HANDEL 



Die volgende prosedures bestaan vir persone om beweerde onreëlmatige, onbehoorlike of onwettige amptelike handelinge of versuime deur die SDK/KSDK of enige van sy werknemers te rapporteer of reg te stel. 





8.1	Prosedures vir rapportering of regstelling 



8.1.1 	Regsmiddele ten opsigte van handelinge of versuime om te handel ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting: Die interne appèlgesag is, vir die doeleindes van hierdie Wet, die Voorsitter van die Staatsdienskommissie (artikels 74 – 77). Na die uitputting van die interne appèlregsmiddel, kan ‘n aansoek by ‘n hof ingedien word (artikels 78 – 82 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting). 



8.1.2 ‘n Staatswerknemer kan ‘n grief of klagte indien vir ondersoek deur die Staatsdienskommissie rakende ‘n amptelike handeling of versuim (artikel 35 van die Staatsdienswet, 1994). Reëls oor hoe om sodanige klagte/grief in te dien, is in die Staatskoerant, 23635 van 19 Julie 2002, gepubliseer en is verkrygbaar op die SDK se webtuiste, www.psc.gov.za . 



8.1.3 	‘n Persoon kan arbeidsregsmiddele gebruik betreffende amptelike handelinge of versuime van ‘n arbeidsaard, naamlik betwisting van regte (die Staatsdienswet, 1994, en die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995); 



8.1.4 	‘n Persoon kan ‘n klagte indien by ‘n arbeidsinspekteur rakende enige beweerde oortreding van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet No. 75 van 1997 – artikel 78(1)(a)), of die Employment Equity Act (wet op billike indiensneming), 1998 (Wet No. 55 van 1998 - artikel 34(e)). 



8.1.5 	‘n Persoon kan ‘n klagte indien by die Openbare Beskermer rakende ‘n vermoedelik onwettige of onbehoorlike amptelike handeling of versuim (die Grondwet en die Wet op die Openbare Beskermer, 1994 (Wet No. 23 van 1994)). 



8.1.6 	‘n Persoon kan ‘n klagte indien by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie rakende ‘n amptelike handeling of versuim wat vermoedelik bestaan uit ‘n skending van of bedreiging van enige fundamentele reg (Wet op die Menseregtekommissie, 1994 (Wet No. 54 van 1994)). 



8.1.7 	Ten einde beskerm te word teen weerwraak as gevolg van ‘n bekendmaking betreffende onwettige of onreëlmatige gedrag deur ‘n werkgewer of ‘n medewerknemer, kan die betrokke persoon die bekendmakingsprosedures in die Wet op Beskermde Bekendmakings, 2000 (Wet No. 26 van 2000), volg. 



8.1.8 	Die gebruik van ander regsmiddele soos die instelling van verrigtinge vir die regterlike hersiening van ‘n administratiewe optrede ingevolge die Promotion of Administrative Justice Act (wet op bevordering van administratiewe regspleging), 2000 (Wet No. 3 van 2000). 





8.2 	Ander ondersteunende regsmiddele 



8.2.1	‘n Persoon kan redes versoek vir ‘n administratiewe optrede ingevolge die Promotion of Administrative Justice Act, 2000 (artikel 5). 



8.2.2 	‘n Persoon kan toegang versoek tot rekords van ‘n regeringsdepartement or ander openbare liggaam ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (artikel 11). 









8.3	Plig om verslag te doen 



8.3.1	‘n Staatswerknemer, in die verloop van sy of haar amptelike werksaamhede, is ingevolge die Gedragskode vir Staatswerknemers verplig om oor bedrog, korrupsie, nepotisme, wanadministrasie en enige ander handeling wat ‘n oortreding uitmaak of wat nadelig vir die openbare belang is, aan die toepaslike owerhede verslag te doen. ‘n Werknemer wat in gebreke bly om hieraan te voldoen, is skuldig aan wangedrag (Regulasie B.3 en C.4.10 van Hoofstuk 2 van die Staatsdiensregulasies, 2001). 



8.3.2	Die verantwoordelikheid van elke werkgewer en werknemer om kriminele en enige ander onreëlmatige gedrag in die werkplek bekend te maak,lê ook die Wet op Beskermde Bekendmakings, 2000 (Aanhef) ten grondslag. 





9. 	BYWERKING VAN DIE HANDLEIDING 



Die SDK/KSDK sal, indien nodig, sy handleiding genoem in subartikel (1) van artikel 14 met tussenposes van nie minder nie as een jaar bywerk en publiseer. 





10. 	BESKIKBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING 



Hierdie handleiding sal op die volgende wyse in minstens drie van die amptelike tale beskikbaar gestel word: 



• 	Ingedien by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie 



• 	Geplaas by elke kantoor van die SDK/KSDK; en



• 	Bygewerk op die SDK se webtuiste, www.psc.gov.za. 





11. 	VERSOEK AAN DIE MINISTER VIR DIE SAMESTELLING VAN EEN HANDLEIDING 



Die werksaamhede van die Staatsdienskommissie (polities) en die Kantoor van die Staatsdienskommissie (administratief) is so ineengevleg dat, vir die doeleindes van hierdie Wet, die SDK en die KSDK nie as aparte instellings  beskou kan word nie. In wese is die KSDK die steundiensarm van die SDK en as sodanig kan hulle nie beskou word as aparte openbare liggame wat afsonderlik aan die voorwaardes van artikel 14(4) (a) van die Wet moet voldoen nie.  







8.1	PROCEDURES FOR REPORTING OR REMEDYING 



8.1.1 	Remedies in respect of acts or failures to act in terms of the Promotion of Access to Information Act: The internal appeal authority for purposes of this Act is the Chairperson for the Public Service Commission (sections 74 – 77). After exhausting the internal appeal remedy, an application may be lodged with a court (sections 78 – 82 of the Promotion of Access to Information Act). 





8.1.2 	A public service employee may lodge a grievance or complaint for investigation by the PSC concerning an official act or omission (section 35 of the Public Service Act, 1994). Rules on how to lodge such a complaint / grievances were published in Government Gazette 23635 of 19 July 2002 and are accessible on the PSC website, www.psc.gov.za.



8.1.3 	A person may use labour remedies regarding official acts or omissions of a labour nature, namely disputes of rights (the Public Service Act, 1994, and Labour Relations Act, 1995).



8.1.4 	A person may lodge a complaint with a labour inspector concerning any alleged contravention of the Basic Conditions of Employment Act, 1997 (Act No. 75 of 1997 - section 78(1)(a), or the Employment Equity Act, 1998 (Act No. 55 of 1998 - section 34(e). 



8.1.5 	A person may lodge a complaint with the Public Protector concerning a suspected unlawful or improper official act or omission (the Constitution and the Public Protector Act, 1994 (Act No. 23 of 1994). 



8.1.6 	A person may lodge a complaint with the South African Human Rights Commission concerning an official act or omission that is suspected to constitute a violation of or threat to any fundamental right (Human Rights Commission Act, 1994 (Act No. 54 of 1994). 



8.1.7	In order to be protected from reprisals because of a disclosure regarding unlawful or irregular conduct by an employer or a fellow employee, the person in question may follow the disclosure procedures in the Protected Disclosures Act, 2000 (Act No. 26 of 2000). 



8.1.8 	The use of other legal remedies such as the institution of proceedings for the judicial review of an administrative action in terms of the Promotion of Administrative Justice Act, 2000 (Act No. 3 of 2000). 



8.2	OTHER SUPPORTIVE REMEDIES 



8.2.1	A person may request reasons for an administrative action in terms of the Promotion of Administrative Justice Act, 2000 (section 5). 



8.2.2 	A person may request access to records of a government department or other public body in terms of the Promotion of Access to Information Act, 2000 (section 11). 





8.3	DUTY REPORT 



8.3.1	A public service employee, in the course of his or her official duties, is obliged in terms of the Code of Conduct for public service employees to report to the appropriate authorities, fraud, corruption, nepotism, maladministration and any other act which constitutes an offence or which is prejudicial to the public interest. An employee, who fails to comply with this, is guilty of misconduct. (Regulation B.3 and C.4.10 of Chapter 2 of the Public Service Regulations, 2001). 



8.3.2 	The responsibility of every employer and employee to disclose criminal and any other irregular conduct in the workplace also underpins the Protected Disclosures Act, 2000 (Preamble). 



9.	UPDATING OF THE MANUAL 



The PSC/OPSC will, if necessary, update and publish its manual referred to in subsection (1) of Section 14, at intervals of not more than a year. 



10.  	AVAILABILITY OF THE MANUAL 



This manual will be made available in at least three of the official languages in the following manner: 



• 	submitted to the South African Human Rights Commission 

• 	placed at every office of the PSC/OPSC; and 

• 	posted onto the PSC website, www.psc.gov.za 

***********************************





