ADVERTENSIE VIR VOLTYDSE STUDIEBEURSE AAN LEERDERS MET GRAAD 12, WERKLOSE PERSONE EN AAN STUDENTE WAT TANS STUDEER VIR DIE AKADEMIESE JAAR 2008 
 

 


AANHEF



Die Vrystaatse Onderwysdepartement is ‘n gelyke indiensnemingswerknemer, wat voldoen aan die vereistes vir regstellende optrede en sal by die toekenning van beurse dus voorkeur gee aan persone, waaronder gestremdes, wat die departement meer verteenwordigend sal laat uitsien.



AANSOEKVORMS IS BESKIKBAAR BY Distrikkantore asook by die Studiebeurskantore, St Andrewstraat, Bloemfontein



Die sluitingsdatum vir die indiening van aansoekvorms is 31 Augustus 2007 om 16h00.



AANSOEKVORMS WAT NA HIERDIE DATUM ONTVANG WORD SAL NIE OORWEEG WORD NIE



Slegs aansoeke op die voorgeskrewe vorm vir 2008 sal oorweeg word. Geen uitwisser (tippex) moet op die aansoekvorm gebruik word nie en aansoekvorms moet ook nie gefaks of per e-pos gestuur word nie.



Let assblief daarop dat die die Vrystaatse Onderwysdepartement hoogstens R40 000 per studiejaar sal betaal. Enige gelde wat hierdie bedrag oorskry sal self deur die student aan die studie-inrigting betaal moet word.



Suksesvolle applikante sal teen 31 Oktober 2007 in kennis gestel word om by ge-akkrediteerde inrigtings van hul keuse te registreer vir studierigtings wat hulle met die geïdentifiseerde vaardighede waarvoor die beurse toegeken is, sal toerus . Gevolglik mag daar nie afgewyk word van die kursus waarvoor die beurs toegeken word nie.



BEURSE VIR VOORNEMENDE OPVOEDERS

Nr.
 
Gebied waarin gespesialiseer word
 
Resultaat
 

 
Om as ‘n beroepsleerkrag te kwalifiseer, kan een van twee roetes gevolg word: 1. B.Ed-graad (vier jaar voltyds) spesialisering in Graad R & Fondasiefase, Intermediêre-fase of Verdere Onderwys- en Opleidingsfase. 2. Volg enige 3-jaar graadkursus met twee skoolvakke as hoofvakke en registreer dan vir die PGCE (?PASO) in die 4de jaar  (1 jaar voltyds)
 

 
1.
 
Ekonomiese Wetenskap en Bestuurswese
 
Kies vakke wat die student sal kwalifiseer om onderrig te gee in rekeningkunde/Ekonomie/Bedryfstudies/Tale

Twee hoofvakke in derde jaar, nl. Ekonomie, Bedryfsbestuur en Rekeningkunde
 

 
2. Rekenaarstudie
 

 
Kies vakke wat student sal kwalifiseer as Inligtingstegnologie-opvoeder met twee vakke in die derde jaar, nl. Wiskunde, Chemie en Fisika
 

 
3. Natuurwetenskappe
 

 
Kies vakke wat student sal kwalifiseer as opvoeder in Biologie/Wiskunde/Natuur- en Skeikunde/Natuurwetenskap/Lewenswetenskap

Twee hoofvakke in derde jaar, nl. Wiskunde, Chemie en Fisika
 

 
4.Kliniese Sielkunde
 

 
In staat wees om sielkundige evaluerings te doen, en ook beroepsvoorligting en ondersteuning te gee aan leerders met leerprobleme
 

 
5. Beradingsielkunde
 

 
Berading aan studente wat dit benodig , wat getraumatiseer is of wat leerprobleme ondervind
 

 
6. Ondersteunende Onderwys
 

 
Kies vakke wat student sal kwalifiseer as ‘n Opvoeder vir leerders met spesiale behoeftes/ Remediërende opvoeder of Beroeps- en Spraakterapis
 

 
7. Beeldende Kunste 
 

 
Kies vakke wat student as Kunsonderwyser sal laat kwalifiseer
 

 
8. Multimedia
 

 
In staat wees om multimediaprodukte by die leerplan in te voer
 

 
9. Skoolbibliotekaris
 

 
Kies vakke wat student as Biblioteekkundige sal laat kwalifiseer
 

 
10. Oorbruggings-/voorbereidende kursus
 

 
Om applikante sonder bekragtiging (M-telling) in staat te stel om vir ‘n onderwyskwalifikasie te registreer
 

 












BEURSE VIR VOORNEMENDE STAATSDIENSWERKERS









Nr.
 
Gebied waarin gespesialiseer word
 
Resultaat
 

 

 

 

 

 
Om as ‘n administreerder te kwalifiseer moet enige 3-jaar graad of diploma gevolg word en moet hoofvakke soos hieronder gekies word.
 

 
1. Rekeningkunde
 

 
Kies vakke wat student as Rekenmeester sal laat kwalifiseer
 

 
2. Ouditering
 

 
Kies vakke wat student as Ouditeur/Interne Ouditeur sal laat kwalifiseer
 

 
3. Ekonomie
 

 
Kies vakke wat student as Ekonoom sal laat kwalifiseer
 

 
4. Inligtingstegnologie
 

 
Kies vakke wat student sal laat kwalifiseer as Inligtingstegnoloog/Rekenaarprogrammeur/Inligtings- en kennisbestuurspesialis/Inligtingsprosesseerder
 

 
5. Finansiële Inligtingstelsels
 

 
Kies vakke wat student sal laat kwalifiseer as ‘n Finansiële IT-beampte
 

 
6. Risikobestuur
 

 
Kies vakke wat student sal laat kwalifiseer om die departement te adviseer oor risikobestuur
 

 
7. Publieke Administrasie
 

 
Kies vakke wat student sal laat kwalifiseer as ‘n administrateur
 

 
8. Regsdienste/Arbeidsverhoudinge
 

 
Kies vakke wat student sal laat kwalifiseer as regsdienste adviseur/regsbeampte
 

 
9. Oorbruggings/voorbereidende kursus
 

 
Om applikante sonder bekragtiging (M-telling) in staat te stel om vir ‘n onderwyskwalifikasie te registreer
 

 



