











IX / 1 (2009)



____________________________________________________________________________





Hier is ons alreeds aan die begin van die tweede maand van die jaar. Ons hoop dit sal ’n gelukkige, gesonde en voorspoedige jaar vir alle lede wees. Saam kan ons ons beywer om meer vir ons professie te bereik – laat gerus van jou hoor as jy enige idees het oor dienste wat die Instituut behoort te lewer.



Ledegeld 2009



Onthou dat ledegeld vir vanjaar teen die einde van Maart betaal moet wees. Fakture is in Desember uitgestuur. Kontak asseblief die SAVI-kantoor as jy nie jou faktuur gekry het nie. Let daarop dat korporatiewe lidmaatskap beskikbaar is vir agentskappe en kantore. Dankie aan al die lede wat reeds betaal het. Maak asseblief seker dat jy die registrateur in kennis stel van jou betaling.



Tariefopname



Die resultate van die nuutste tariefopname is nou op die SAVI-webwerf beskikbaar. Lede word daaraan herinner dat hierdie tariewe nie “amptelike” of “aanbevole” tariewe is nie. Ons mag volgens wet nie tariewe voorskryf nie. Al wat ons doen, is om inligting in te samel oor wat in die praktyk gevra word en om dan hierdie inligting bekend te maak. Gevolglik vra ons dat lede nie moet sê “SAVI beveel hierdie tariewe aan nie”. Lede en andere kan die inligting gebruik om hul eie tariewe mee te vergelyk, maar moet bewus wees daarvan dat daar altyd taalpraktisyns sal wees wat meer of minder as hierdie tariewe vra.



Lidmaatskap



Dit is onlangs onder ons aandag gebring dat mnr PF (Flippie) du Toit in Februarie 2007 oorlede is. Mnr du Toit



was SAVI se laaste oorlewende stigterslid. Ons het nog kontak met hom gehad ten tye van ons 50ste herdenking in

2006, maar sy gesondheid het hom nie toegelaat om aktief deel te neem aan ons vieringe nie.



Ná die einde van verlede jaar het ons registrateur ’n ontleding van SAVI- lede aan die hand van huistaal gedoen. Die resultate is baie interessant. Van die 707 lede wat in daardie stadium geregistreer was, het bykans die helfte (311 of 44%) Afrikaans as huistaal gehad. Die tweede grootste groep – met Engels as huistaal – is minder as die helfte van die hoeveelheid: 139 lede of 19,7%. 16% van die ledetal het ’n Suid-Afrikaanse Afrikataal as moedertaal (isiNdebele: 4; isiXhosa: 38; isiZulu: 28; Sepedi:6; Sesotho: 11; Setswana: 21; SiSwati 1; Tshivenda: 2; Xitsonga: 2), en die ander 20,3% is as volg versprei: Arabies: 6 lede; Chinees: 2 lede; Nederlands: 3 lede; Frans: 41 lede; Duits: 39 lede; Italiaans: 8 lede; Portugees: 22 lede; Roemeens: 4 lede; Russies: 4 lede; Spaans: 9 lede, en een elk vir Kantonees, Grieks, Hebreeus, Kiswahili, Pools en Shona.




Nuwe lede: Azza Abdelmutti, Zahid Afzal, Andrea Bongiorni, Rudolph Botha, Birgit Böttner, Bashir Castineira Gamo, Susana Cavaleiro, Bridget Claasen, Wilson Cotiyana, Tanja Deyzel, Johan Duvenhage, Joan Fairhurst, Véronique Féau, Paulo Ferreira, Yolandie Fick, Hanelle Fourie, Morgan Funde, Abebe Gebremariam, Gert Griessel, Marinette Grimbeek, Marieta Harley, Mboma Ingila, Patrick Kabini, Giasuma Kamuangu, Melanie King, Geraldine Kruger, Karen Krüger, Rina Leitao Freitas, Thabang Letsoso, Regina Malan, Makhosana Malinga, Monika Matika, Mahlubi Mayongo, Julius Mazibuko, Novel Moroe, Choice Mpanza, Werner Muller, Kamelia Nashed, Zahn Nel, Marie Josephine Ngoua, Mathieu Ngounou, Linda Nienaber, Colin Paterson, Win Phillips, Tim Pretorius, Gertrude Rammala, Monique Rosenberg, Tlhoriso Sakachane, Amanda Sekati, Karin Sivertsen, Lele Skhosana, Ilse Smalberger, Philip Smit, Annamie Stander, Klaus Staudt, Marie Steyn, Amanda Swanepoel, Cillié Swart, Yolani van der Westhuizen, Jutta van Rooyen, Alex Vassev, Gina Wang, Jani Zandberg



Bedankings: Paul Beezhold, Ute Ben Yosef, Annatjie Bouwer, Elizabeth du Preez, Susan Roux, Margot Schultz, Mètzi van der Merwe, Estelle Williams, Wordworx Oorlede: Marian Brink

Nuut geakkrediteer: Mariènne Botha: Vertaling – Engels-Afrikaans; Enver de Wet: Vertaling – Engels-Afrikaans; Sponono Mahlangu: Simultane Tolking – Engels-isiNdebele; Thivhulawi Sishonga: Simultane Tolking – Engels-Tshivenda; Thana Street: Afrikaans Redigering



Interessantheidshalwe



Common Sense Advisory, Inc., ’n navorsings- en konsultfirma in die VS, het sy voorspellings bekendgemaak oor taalpraktyk, -diens en -tegnologie in 2009. Die firma se vyf bedryfsvoorspellings is: Spraak trek die aandag as die veeltaligheidskwessie; Vertaling word makliker, maar almal sukkel om geld te kry; Masjienvertaling is aantreklik in die korporatiewe konteks weens hulle hoëwaardetoepassings; Google kom met nog vertaalverrassings vorendag; Taalbeleid en internasionale selfbehoud wakker regerings se belangstelling in taal aan. Nog inligting: www.commonsenseadvisory.com.



Sagteware en Webwerwe



Die Nasionale Taaldiens se terminologielyste is nou beskikbaar by die webwerf van die Departement van Kuns en Kultuur, www.dac.gov.za. Volg die skakels by die DKK-tuisblad na die blad met “National Language Service completed terminology”. Die beskikbare lyste is: IKT (veeltalig), Wiskunde (veeltalig), Natuurwetenskappe (Nguni, Sotho en Afrikaans, Tshivenda en Xitsonga) en Parlementêr (veeltalig).







SAVI Oorbrug Taalgrense



Lingua et Machina het Similis Weergawe 2.14.0 bekendgestel, ’n sagteware-vertaalinstrument vir beroepsvertalers gebaseer op vertaalgeheuetegnologie en bemark vir losstaande rekenaars of bedieners (Windows), met Engelse, Franse, Duitse en Spaanse gebruikerskoppelvlakke. Besoek www.lingua-et-machina. com.



SDL, ’n verskaffer van wêreldwye inligtingsbestuurs-oplossings, het die SDL Trados 2007 Suite bekendgestel. Dit integreer geoutomatiseerde vertaling met sy vertaal-geheue-oplossing, en bied ’n visuele vertaalomgewing vir sagtewaregebruikerskoppelvlakke deur ’n nuwe komponent wat SDL Passolo Essential genoem word. Nog inligting: www.sdl.com.



Language Line Services, Inc., ’n verskaffer van tolkdienste, het die beskikbaarheid van Language Line BiMedical.net bekendgestel, ’n aanlyntoepassing wat tweetalige mediese vorms en veeltalige vraelyste genereer waarmee daar onmiddellik met pasiënte wat Engels nie goed magtig is nie, gekommunikeer kan word. Dit word in beide die pasiënt en die sorgverskaffer se tale uitgedruk, en die vorms is ontwerp om die pasiënt se veiligheid te beskerm. Nadere inligting: info@languageline.com of www.languageline.com.



Wordfast LLC, ’n verskaffer van sagteware vir vertaalgeheue (VG), het Wordfast 6.0 bekendgestel – ontwerp vir korporasies, vertaalagentskappe en vryskut-vertalers. Die nuwe weergawe behels ’n losstaande, platform-onafhanklike vertaalomgewing; verbeterde bon-del-ontleding, vertaling en skoonmaak; verbeterde lêer-formaatondersteuning; en versterkte VG-administrasie. Nog inligting: www.wordfast.com.



Translate.org.za, ’n organisasie sonder winsoogmerk, het Virtaal bekendgestel, ’n grafiese vertaalprogram wat ontwikkel is as deel van die Vertaalprojek. Eienskappe behels steun vir talle lokaliseringsformate; die uitlig van sintaksis en die vertoon van kommentaar en konteks; en ’n speltoetser vir die vertaling en die bronteks. Translate. org.za is deel van die ontluikende Afrikanetwerk vir Lokalisering (ANLoc), wat onderneem om lokaliteite vir meer as 100 Afrikatale te bou. Nog inligting: http://o2.it46.se/afrigen of www.translate.org.za.



Die Nederlandse agentskap TST-Centrale (sentrum vir taal- en spraaktegnologie) is ’n Nederlands-Vlaamse agentskap vir die bestuur, instandhouding en verspreiding van digitale Nederlandse taalhulpbronne. Die meeste hulpbronne is staatsgefinansier en word deur die TST-Centrale beskikbaar gestel vir onderwys-, navorsings- en ontwikkelingsdoeleindes. Besoek http://www.inl.nl/index.php?option=com_content&task=vie w&id=448&Itemid=552&lang=en vir meer inligting. ’n Produk wat die TST-Centrale onlangs uitgereik het, is Sofeer, ’n speltoetser en woordeboek vir vertaling tussen Hebreeus/Jiddisj en Nederlands. Lees meer daaroor op hul webwerf.



’n Interessante reeks woordeboeke is by www.lai.com/ glossaries.html te vinde.



Die vyftiende uitgawe van die Compendium of Translation Software (Januarie 2009) is nou beskikbaar. Die




kompendium, wat John Hutchins namens die Europese vereniging vir masjienvertaling (European Association for Machine Translation) saamgestel het, is ’n omvattende naslaangids oor kommersiële masjienvertalingstelsels, rekenaargesteunde vertaalhulpmiddels en verkoops-agentskappe. Meer inligting: http://www.eamt.org.



Tranflex AB, ’n vertaalagentskap, het InDesign for Translators uitgereik — ’n e-boek wat stap vir stap wys hoe om die InDesign-lêers vir vertaling voor te berei. Die outeur is die agentskapsbestuurder Chris Phillips, wat die e-boek vir vertalers, vertaalagentskappe en uitgewers van lessenaarsetwerk (DTP) geskep het. Meer inligting: http://www.tranflex.com.



Publikasies



Interpreting: International Journal of Research and Practice in Interpreting, onder redaksie van Miriam Shlesinger en Franz Pöchhacker. Die joernaal dien as ’n hulpmiddel vir navorsing en debatvoering oor alles aspekte van tolking en die verskillende modusse, modaliteite en omgewings. Meer inligting: www.benjamins.com of subscriptions@benjamins.nl.



Telephone Interpreting: A Comprehensive Guide to the Profession deur Nataly Kelly: die eerste omvattende publikasie oor die onderwerp. Die boek bied ’n magdom inligting aan tolke, opvoeders, professionele opleiers en die gebruikers van tolkdienste in enige bedryf waarin telefoniese tolkdienste gebruik word. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting: www.trafford.com/08-1015.



Routledge Encyclopedia of Translation Studies Second Edition, onder redaksie van Mona Baker en Gabriela Saldanha. Sedert die ensiklopedie vir die eerste keer in 1998 verskyn het, het dit die standaardnaslaanwerk vir die betrokke studiegebied geword. Die tweede uitgawe is omvattend hersien en uitgebrei om hierdie hulpbron op datum te bring. Dis in twee dele verdeel: ’n algemene deel (oor vertaalteorie, benaderings in vertaling en tolking en soorte vertaling en tolking) en ’n deel oor die geskiedenis en tradisies daarvan. Meer inligting: http://www.routledgelinguistics.com/books/Routledge-Encyclopedia-of-Translation-Studies-isbn9780415369305



Theatre Translation Theory and Performance in Contemporary Japan: Native Voices, Foreign Bodies deur Beverley Curran (ISBN 978-1-1905763-11-5). Hierdie publikasie brei verder uit op die bespreking van teatervertaling deur ’n selektiewe ondersoek te doen na ses Westerse toneelstukke wat sedert die 1960’s in Japan vertaal en opgevoer is. Dit laat die leser opnuut nadink oor Westerse opvattings oor die komplekse wisselwerking tussen tale en liggame in vertalings en teaterstukke wat toer en dan opnuut herskep word onder ander kultuuromstandighede. Meer inligting: http://www.stjerome.co.uk/page.php?id=522&doctype=StJ Books&section=3



Multilingualism and Educational Interpreting: Innovation and Delivery deur proff Marlene Verhoef en Theo du Plessis. Die publikasie verteenwoordig baanbrekerswerk op die relatief nuwe gebied van opvoedkundige tolking in soverre dit tolking in mondelinge tale betref. Hierdie sesde volume van die Van Schaik-reeks Studies in Language Policy in South Africa neem die taalpolitieke omgewing in





SAVI Oorbrug Taalgrense





Suid-Afrika in aanmerking en hou opvoedkundige tolking voor as ’n praktiese wyse waarop ’n veeltalige onderrig-leer-omgewing in die onderwyssektor verwesenlik kan word. Tree in verbinding met Van Schaik Uitgewers by 012 342 2765 of wsenekal@vanschaiknet.com vir meer inligting.



Geleenthede en versoeke om referate



Universiteit van Stellenbosch Taalsentrum: ’n Skedule vir die hele jaar se beplande werkswinkels is beskikbaar by www.sun.ac.za/taalsentrum/EVD.



Wisselwerking tussen teks en grafika: Halfdag lange seminaar by die Universiteit van Stellenbosch se taalsentrum op 20 Februarie 2009, aangebied deur prof. Leon de Stadler, ’n dokumentontwerpspesialis. Die seminaar dek hoe om betekenis aan tekstuele en visuele elemente te heg, die interaksie tussen teks en grafika, die gebruik van grafika, en die rol van spasie en tipografie. Vir meer inligting en registrasievorms: www.sun.ac.za/taalsentrum/EVD. Vir meer inligting: Audrey Poole by taalsentrum@sun.ac.za of 021 808 2167. Die sluitingsdatum vir registrasie is 13 Februarie 2009. Sitplekke is beperk.



Skryf vir die Media 1: Algemeen: ’n Slypskool van 2 dae by die Universiteit van Stellenbosch se taalsentrum op 5-6 Maart 2009, en gerig op diegene wat gereeld mediaverklarings moet skryf en skakelfunksies moet verrig. Vir inligting en registrasievorms: www.sun.ac.za/taalsentrum/EVD. Vir meer inligting: Audrey Poole by taalsentrum@sun.ac.za of 021 808 2167. Die sluitingsdatum vir registrasie is 23 Februarie 2009. Sitplekke is beperk.



GALA Lokalisasiesertifikaatprogram: Die vierde jaarlikse Localisation Certification Programme and Local-isation Project Management Certification word aangebied in San Francisco, VSA (23- 27 Maart 2009) en in Keulen, Duitsland (11-15 Mei 2009). Vir meer inligting: http://rce.csushico.edu/localise of http://www.gala-global. org.


Internasionale kollokwium: Théorie, pratique et didactique de la traduction spécialisée, Craova, Roemenië, 28-29 Mei 2009. Aanbiedings moet in Frans of Roemeens gelewer word. Vir meer inligting: http://dtil.unilat.org/colocviu_craiova_2009/.



Derde Konferensie van die International Association for Translation and Intercultural Studies (IATIS), Monash Universiteit, Melbourne, Australië, 8-10 Julie 2009. Vir meer inligting: http://www.foxevents.com.au/Current-Events/2009-Events/IATIS-Conference/Default.asp[4].



Konferensie van die Society for Editors and Proofreaders, Redigering in die 21ste eeu: Universiteit van York, Engeland, 14-15 September 2009. Vir meer inligting: www.sfep.org.uk/pub/confs/conf09/conf2009_advance.asp.



Globalization and Localization Association, GALA 2009: Die besigheid van taal. Die taal van besigheid: Cancum, Mexico, 14-16 September 2009. Vir meer inligting: www.gala-global.org.



Internasionale konferensie van die Korean Association of Translation Studies (KATS), Translation and Globalisation: Sookmyung Vroue-universiteit, Seoul, Korea, 30-31 Oktober 2009. Die konferensie se doelwit is om die gevolge van die uitsonderlike vooruitgang in kommunikasietegnologie en die skuiwe wat dit in die organisasie van ekonomieë en gemeenskappe teweeg-gebring het te ondersoek, aangesien hierdie faktore ’n invloed op vertalers en vertalings het. Vroeë registrasie 1 Januarie tot 31 Maart 2009. Vir meer inligting: http://www.kats.or.kr.







Afrikaanse vertaling: Ria Crafford, Irene Dippenaar, Fred Pheiffer, Maureen van Helden, Robert Young Sesotho vertaling: Abel Mphanya Setswana vertaling: Peter Mekgwe Xhosa vertaling: Angelinah Dazela



Zulu translation: Manzo Khulu, Yvonne Malindi











__________________________________________________________________________________________________________________



Skakelpersone by die Instituut: Marion Boers. Tel: 011 803-2681. Faks: 0866 199 133. E-pos: publications@translators.org.za Irene Dippenaar. Tel: 079 492 9359. Faks: 086 511 4971. E-pos: registrar@translators.org.za











































SAVI Oorbrug Taalgrense

