NOMINASIES



WES-KAAP TOEKENNINGS 2006 VIR KUNS-, KULTUUR-, ERFENIS-, BIBLIOTEEK- EN ARGIEFDIENSTE



Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport wil graag erkenning gee aan bogemiddelde prestasies en bydraes op die gebiede van Kuns, Kultuur, Erfenis, Biblioteekwese en Argiefdienste in die Wes-Kaap. Hierdie toekennings word gemaak aan enige individu, organisasie of groep wie se pogings ‘n verskil gemaak het aan die gemeenskappe binne die Wes-Kaap.



Nominasies word ingewag in die volgende kategorieë:



Kuns en Kultuur

Erfenis

1.

Bydrae tot Visuele Kunste

18. Geboude  omgewing  en  kulturele  landskap  van  die

2.

Bydrae tot Uitvoerende Kunste: Dans



Wes-Kaap

3.

Bydrae tot Uitvoerende Kunste: Drama

19.

Restourasie   of   bewaring   van   ‘n   argeologiese   of

4.

Bydrae tot Uitvoerende Kunste: Musiek



palaentologiese terrein of meteoriet in die Wes-Kaap

5.

Bydrae tot Literêre Kunste

20.

Bydrae  tot  openbare  bewustheid/dokumentasie  van

6.

Mees Innoverende Gemeenskapskuns- en Kultuurprojek



ons erfenishulpbronne

7.

Gestremdheid in Kunste

21.

Lewenslange  bydrae  tot  die  bewaring,  dokumentasie

8.

Mees Innoverende Gemeenskapskunssentrum



en/of interpretasie van erfenishulpbronne in die Wes-Kaap

9.

Leeftydprestasie

22.

Erfenispraktisyn van die jaar



Museums



Beste Museum van die jaar 



Beste nuwe museumprojek 



Museumvrywilliger van die jaar 



Taal



Bevordering van Veeltaligheid 



Bevordering van die drie amptelike tale 



Bevordering van agtergeblewe inheemse tale, insluitende Suid-Afrikaanse Gebaretaal 



Bydrae tot Taalontwikkeling. 



Vrouens en Jeug



Bogemiddelde prestasie van Vrouens op die gebied van Kunste, Kultuur, Erfenis, Tale, Biblioteke of Argiewe 

Bogemiddelde prestasie van Jeug op die gebied van Kunste, Kultuur, Erfenis, Tale, Biblioteke of Argiewe. 



Biblioteke



Openbare biblioteek wat die meeste by die gemeenskap betrokke is 



Oorhoofse Kriteria vir Nominasies:



Verbintenis tot die ontwikkeling van die behoeftes van die gemeenskap. 



Moet bewys kan lewer van ten minste twee jaar ervaring in die kultuuromgewing. 



Projekte moet gefokus en gerig wees op nasiebou, jeugontwikkeling en vroulike bemagtiging op die gebied van Kuns, Kultuur, Erfenis, Biblioteke en Argiewe. 



Genomineerdes moet oor uitgebreide kennis en kundigheid van Kunste, Kultuur, Erfenis, Biblioteek- wese of Argiewe beskik. 



Nominasievorms is beskikbaar van en moet gestuur word aan: Lizahn Claasen, Departement van Kultuursake en Sport, Privaatsak X9067, Kaapstad 8000. Telefoon: (021) 483-9688; Faks (021) 483-9711; E-pos lclaasen@pgwc.gov.za



www.westerncape.gov.za/culture_sport/



SLUITINGSDATUM VIR VOORLEGGINGS: MAANDAG, 16 OKTOBER 2006.



A Harmonious Home for All



Department of Cultural Affairs and Sport Departement van Kultuursake en Sport Isebe Lemicimbi yeNkcubeko NeMidlalo



JobVest  6383

