Voorstel vir die Stigting van 'nOpvanggebied Bestuursagentskap
Opgestel in terme van Afdeling 77 van die Nasionale Waterwet, 1998(Wet Nr. 36 van 1998)vir voorlegging aan die Minister van Waterwese en Bosbou
Erkennings
Hierdie Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede Waterbestuursgebied is die eindproduk van die samesprekings wat deur die Verwysingsgroep vir die Breede Waterbestuursgebied onder leiding van die Departement van Waterwese en Bosbou: Wes-Kaap gehou is. Individue, organisasies en groepe wat aan die proses deelgeneem het, het heelwat van hul tyd afgestaan om inligting uit te ruil, om meer kennis oor geïntegreerde waterhulpbronbestuur op te doen, om 'n beter begrip te kry van die uitdagings waarvoor ander streke in die gebied te staan kom en om konsensus oor moeilike kwessies te bereik.
Net soos in elke ander waterbestuursgebied in Suid-Afrika, vereis die oorgang na die vestiging van nuwe waterbestuursinstellings - en veral die stigting van 'n opvanggebied bestuursagentskap - 'n radikale verandering in die wyse waarop watergebruikers en belangegroepe na waterhulpbronne kyk. Dit is nie net die rol van die Departement Waterwese en Bosbou wat verander nie. Watergebruikers en belangegroepe kom nou ook te staan voor nuwe uitdagings wat tyd, energie en kennis vereis. Lede van die Verwysingsgroep vir die samestelling van die Breede-Overberg Opvanggebied1 Bestuursagentskap het hierdie vraagstukke aangedurf en is verbind tot voortgesette groei en betrokkenheid, ook ná die stigting van die Opvanggebied Bestuursagentskap.
Taakspan n Taakspan wat deur die Departement van Waterwese en Bosbou aangestel is, het die Verwysingsgroepvan die Breede-Overberg Opvanggebied Bestuursagentskap gedurende die proses wat gevolg is om dievoorlegging te ontwikkel, bygestaan. Hierdie span het namens die Verwysingsgroep dokumentasiesaamgestel, vergaderings gefasiliteer en die deelname deur belanghebbendes ondersteun. Die taakspanhet onder leiding van die Departement van Waterwese en Bosbou: Wes-Kaap gefunksioneer.
Die Waterbestuursgebied staan amptelik as die "Breede" Waterbestuursgebied bekend, soos bepaal tydens die oorspronklike omskrywings van die negentien waterbestuursgebiede in Suid-Afrika. Lede van die OBA Verwysingsgroep het egter saamgestem dat "Breede-Overberg" meer beskrywend sou wees en dat dit die belangrikheid van die Overberg (wat 'n beduidende gedeelte van die gebied uitmaak) in aanmerking geneem moet word. Vir hierdie rede is daar besluit dat die Bestuuragenstkap bekend moet staan as die "Breede-Overberg" Opvanggebied Bestuursagentskap. Hierdie naam word ook deurgaans in hierdie Voorstel gebruik wanneer daar na die Bestuursagentskap, OBA Verwysingsgroep of die Belangekomitee verwys word.
Inhoudsopgawe
ERKENNINGS...2
TAAKSPAN...2
INHOUDSOPGAWE...3
LYS VAN FIGURE...4
LYS VAN FIGURE...4
INLEIDING...5
OPSOMMING VAN DIE PROSES VAN DEELNAME...8
Identifisering en mobilisering van belanghebbendes... 8
Belanghebbendes in die Breede Waterbestuursgebied ... 12
Benadering tot betrokkenheid, kapasiteitsbou en bemagtiging ... 13
Verteenwoordiging ... 17
Kommentaar van belanghebbendes op die proses en voorlegging... 21
LEWENSVATBAARHEIDSTUDIE ...23
Bestaande waterhulpbronne ... 23
Invloed van indringerplante op watervoorraad... 25
Huidige en verwagte toekomstige gebruik ... 26
Vergelyking van huidige wateraanvraag en beskikbare hulpbronne ... 28
Sleutelkwessies rondom waterhulpbronne ... 28
Sleutelkwessies ten opsigte van bestuur en finansies... 31
Voorgestelde delegering van funksies ... 33
Voorgestelde institusionele ontwikkeling... 34
Verteenwoordigende of bestuurstrukture ... 35
Maatreëls vir operasionele en tegniese ondersteuning... 37
Institusionele en tegniese lewensvatbaarheid ... 47
Potensiële gevare verbonde aan die voorgestelde institusionele ontwikkeling... 49
Koste van die voorgestelde OBA ... 51
Voorgestelde bronne van befondsing ... 55
Maatskaplike lewensvatbaarheid... 58
Mandaat en ondersteuning deur belanghebbendes... 58
Risiko's verbonde aan die voorgestelde institusionele en organisatoriese ontwikkeling ... 58
Opsomming van die vereistes vir 'n lewensvatbare OBA ... 60
Institusionele en tegniese lewensvatbaarheid ... 60
Maatskaplike lewensvatbaarheid ... 61
IMPLEMENTERINGSPLAN VIR DIE STIGTING VAN DIE OBA ...61
Lys van Figure
TABEL 1 Waterverbruik in die Breede WBG ...26TABEL 2 Potensiële toekomstige waterbehoefte ...27TABEL 3 Waterverbruiksyfers gebruik vir die finansiële model ...27TABEL 4 Vergelyking van huidige watervereistes en beskikbare hulpbronne...28TABEL 5 Moontlike OBA Funksies en Bestuursaktiwiteite volgens Bedryfsgebied ...33TABEL 6 Beraamde groei in watergebruik ...51TABEL 7 Aantal personeel vir die verskillende struktuur-opsies ...52TABEL 8 Vergoedingspakkette van Personeel ...53TABEL 9 Totale personeelkoste vir 'n ten volle funksionele OBA ...53TABEL 10 Koste van Waterhulpbron bestuursaktiwiteite in die Breede WBG - Funksionele OBA in jaar
Lys van Figure
Figuur 1 Breede Waterbestuursgebied ... 7Figuur 2 Bestaande struktuure wat die OBA voorstel ondersteum... 20Figuur 3 Voorgestelde proses vir die Breede-Overberg OBA OPvanggebiedsbestuur ... 36Figuur 4 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 1 ... 38Figuur 5 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 1)... 39Figuur 6 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 2)... 39Figuur 7 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 3)... 40Figuur 8 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 5 (Opsie 1)... 41Figuur 9 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 5 (Opsie 2)... 42Figuur 10 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 5 (Opsie 3) ... 43Figuur 11 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 10 (Opsie 1) ... 44Figuur 12 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 10 (Opsie 2) ... 45Figuur 13 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 10 (Opsie 3) ... 46
Inleiding
Die uitvaardiging van die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet Nr. 36 van 1998) het 'n proses van fundamentele verandering in die wyse waarop waterhulpbronne in Suid-Afrika bestuur word, begin. Een van die belangrikste elemente van hierdie proses is die stigting van nuwe waterbestuurs-instellings wat watergebruikers en belangegroepe die geleentheid bied om deel te neem aan die bestuur van hulle waterhulpbronne. Die Opvanggebied Bestuursagentskap (OBA) is die vernaamste van hierdie instellings.
Die Nasionale Waterwet maak voorsiening vir die stigting van OBAs om die waterhulpbronne binne spesifieke waterbestuursgebiede te bestuur. Die Minister van Waterwese en Bosbou het in sy hoedanigheid as beskermheer van die land se waterhulpbronne en deur middel van die Departement van Waterwese en Bosbou (DWW&B), die land in 19 waterbestuursgebiede (WBGs) verdeel. Die Breede WBG is een van hierdie gebiede en watergebruikers en belangegroepe in die WBG het die uitdaging aanvaar om 'n Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede Waterbestuurgesbied te ontwikkel. (Hierna "die Voorstel" genoem.)
Die Voorstel is in terme van Artikel 77 van die Nasionale Waterwet saamgestel. Dié wet vereis dat die Voorstel die volgende inligting bevat:
n Voorgestelde naam vir die agentskap en 'n beskrywing van die waterbestuursgebied;
n Beskrywing van die belangrike waterhulpbronne in die waterbestuursgebied en inligting oor die huidige stand van die bewaring, benutting, ontwikkeling, beskerming, bestuur en beheer van hierdie hulpbronne;
Die voorgestelde funksies van die OBA, wat die funksies wat daaraan gedelegeer en toegewys sal word, insluit;
Hoe die voorgestelde OBA befonds sal word;
Die lewensvatbaarheid van die voorgestelde OBA wat die tegniese, finansiële en administratiewe take betref; en n Aanduiding of konsultasie gedurende die ontwikkeling van die Voorstel plaasgevind het en die uitkoms van sodanige konsultasie.
Die Voorstel is geskoei op die formaat wat deur die Hoofdirektoraat: Watergebruik en Bewaring voorgestel is. Hierdie formaat is gefinaliseer tydens 'n werkwinkel wat op 14 Mei 2001 in Pretoria gehou is. Die inhoud van die Voorstel is die resultaat van 'n reeks samesprekings wat deur die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep gehou is. Die OBA Verwysingsgroep is deur 'n taakspan, wat onder leiding van die DWW&B: Wes-Kaap gestaan het, ondersteun.
In Afdeling 2 van die Voorstel word 'n opsomming van die proses van deelname gegee. Hierdie afdeling dui aan hoe watergebruikers en belangegroepe by die ontwikkelingsproses betrek is, hoe die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep saamgestel is, hoe die proses plaasgevind het, watter kapasiteitsbou-en bemagtigingsaktiwiteite in die WBG onderneem is, watter groepe verteenwoordiging geniet en het en wat hul sienings is. Die afdeling sluit af met die kommentaar van rolspelers oor die proses van openbare deelname.
In Afdeling 3 word daar ondersoek ingestel na die lewensvatbaarheid van die voorgestelde OBA. In hierdie afdeling word die Breede Waterbestuursgebied, die voorgestelde delegering van funksies en die voorgestelde institusionele ontwikkeling beskryf. Afdeling 3 sluit ook 'n ondersoek na die organisatoriese, finansiële en maatskaplike lewensvatbaarheid en 'n opsomming van die vereistes vir 'n werkbare OBA, in.
Afdeling 4 bevat 'n implementeringsplan wat van toepassing sal wees op die stigting van die voorgestelde OBA. Dit sluit 'n beskrywing van die aktiwiteite, verantwoordelikhede, tydskedules en hulpbronne vir die eerste bestaansjaar van die OBA in.
n Aantal bylaes word in 'n afsonderlike volume as deel van hierdie Voorstel aangebied:
Bylae A bevat nuusbriewe wat nuttige inligting verskaf het oor bestuurskwessies wat betrekking het op waterhulpbronne.
Bylae B bevat 'n verslag oor die proses van openbare deelname wat in die Overberg onderneem is.
Bylae C bevat 'n verslag oor proses van openbare deelname in die Breederiviervallei as deel van die Breede Rivierkom Studie.
Bylae E bevat al die besprekingsdokumente en voorbereidende aantekeninge wat deur die taakspan vir die vergaderings van die OBA Verwysingsgroep voorberei is.
Bylae F bevat 'n tabel waarin die bestaande waterhulpbronne volgens munisipale gebiede en dorpe aangedui word.
Bylae G bevat 'n voorbeeld van die finansiële model waarop die finansiële lewensvatbaarheid van die OBA aanvanklik gebaseer is.
Opsomming van die proses van deelname
Die deelname deur watergebruikers en belangegroepe was 'n sleutel-element in diesamestelling van hierdie Voorstel. Die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep wasdie vernaamste groep wat direkte deelname betref. Hierdie deelname is ondersteundeur die aktiwiteite rondom openbare deelname wat in die twee definitiewegeografiese gebiede in die Breede WBG, naamlik die Breederiviervallei (wat dieRiviersonderend opvanggebied insluit) en die Overberg (wat die hele gebied suid vandie Breederiviervallei insluit) plaasgevind het. Die kaart hierbo illustreer die verdelingvan die WBG in hierdie twee geografiese gebiede.
Die volgende onderwerpe word in hierdie afdeling bespreek:$ Identifisering en mobilisering van belanghebbendes.$ Benadering wat gevolg is ten opsigte van die deelname deur belanghebbendes, kapasiteitsbou en bemagtiging. $ Verteenwoordiging. $ Opmerkings deur belanghebbendes wat die proses en hierdie Voorstel betref.
Identifisering en mobilisering van belanghebbendes
Diewyse waarop belanghebbendes in die Overberg en die Breederiviervallei geidentifiseer en gemobiliseer is, word afsonderlik beskryf. Dit word gevolg deur 'n beskrywing van die proses in die Breede WBG as geheel.
Deelname aan waterhulpbronbestuur het 'n relatiewe lang geskiedenis in dieOverberg. Dit het begin met die totstandkoming van die Palmiet Loodskomitee in1996. Hierdie komitee het baanbrekerswerk in die beplanning vanopvanggebiedsbestuur in Suid-Afrika gedoen en versprei sy eie nuusbrief, diePalmiet Bulletin. (Sien voorbeelde ingesluit in Bylae A.)
Die proses om inligting oor OBAs en die breë proses wat gevolg is met diesamestelling van hierdie Voorstel om 'n OBA te stig, het gedurende Oktober 1999 'naanvang geneem. Die resultaat hiervan was 'n reeks van ses openbare vergaderingswat vanaf 10 tot 25 November 1999 gehou is. (Verwys na Bylae B vir 'n meerbreedvoerige verslag oor die proses van openbare deelname in die Overberg.)
proses geraak word.
n Tweede rondte van ses openbare vergaderings is vanaf 9 Februarie tot 1 Maart 2000 gehou. Hierdie vergaderings was op die volgende gemik: $ Identifisering van organisasies en/of individue wat bereid sou wees om op
Opvanggebied Loodskomitees te dien. (Een komitee in elk van die ses geografiese gebiede.) $ Verdere inligting oor die konsep van 'n OBA en die breër proses wat noodsaaklik is vir die stigting van 'n OBA.
Hierdie vergaderings het die volgende doelwitte gehad:
Finalisering van die verteenwoordiging deur verskillende organisasies op elke Loodskomitee.
Uiteensetting van hoe belangrik dit vir elke tersiêre opvanggebied is om 'n formele liggaam, soos 'n Watergebruikervereniging, te stig.
Aanmoediging om watergebruike te registreer.
Voorsiening van inligting oor vorige en huidige studies oor waterhulpbronne in hule opvanggebied.
Ontwikkeling van 'n struktuur vir die loodskomitees, verkiesing van voorsitters en verkiesing van afgevaardiges om elke loodskomitee op die Overberg Belangekomitee te verteenwoordig. (Verwys na afdeling 2.3 hieronder).
Die lede van die loodskomitees en alle ander belangstellendes is uitgenooi om 'n vergadering van belanghebbendes in die hele Overberg by te woon. By hierdie vergadering is die lede waaruit die Overberg Belangekomitee sou bestaan, gefinaliseer. (Sien afdeling 2.3 hieronder vir verdere inligting aangaande lede van die Overberg Belangekomitee.) Daar is ook 'n openbare vergadering in die Onrus/Klein Rivier opvanggebied gehou.
Die volgende vergaderings is deur die loodskomitees gehou tot op die datum waarop die eerste weergawe van hierdie voorstel in April 2002 aan die DWW&B se hoofkantoor in Pretroia voorgelê is. Vergaderings word nog steeds in elke opvanggebied buiten die Botrivier gehou, en sal voortgaan totdat die OBA gestig is.
Die volgende doelwitte is as deel van bogenoemde vergaderings gestel:
Om ontwikkelings in elke opvanggebied te monitor.
Om vraagstukke soos besoedeling, riviermondings, die uitroei van indringerplante en ander omgewingskwessies aan te spreek.
Om 'n Verslag oor die Huidige Stand van die Opvanggebied vir elke opvanggebied saam te stel. ('n Generiese inhoudsopgawe hiervan word in Bylae B aangebied.)
Om voortgesette betrokkenheid deur belanghebbendes te verseker en spesifiek die kapasiteit van opkomende boere uit te bou. $ Om terugvoering en inligting oor die samestelling van die OBA Voorstel te verskaf.
Om die kapasiteit van belanghebbendes uit te bou deur inligting oor kwessies soos waterbesparing, water-aanvraagbestuur en die beplanning van waterdienste-ontwikkelings te verskaf. $ Om bydraes te lewer ter ondersteuning van die DWW&B se Waterweek.
Die eerste twee vergaderings van die Overberg Belangekomitee is voor die samestelling van die Verwysingsgroep vir die Breede-Overberg OBA gehou (verwys na afdeling 2.1.3 hieronder) en het ten doel gehad om verteenwoordiging op die Overberg Belangekomitee te finaliseer, om die verkiesing van lede tot die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep te bespreek en om lede voor te berei op die proses wat gevolg word met die samesteling van die Voorstel vir die stigting van die OBA. Verdere vergaderings is aangewend om terugvoer oor die proses te gee en om insette te bespreek.
n Verdere ses openbare vergaderings, wat die finalisering van die Voorstel vooraf gegaan het, is in November 2001 gehou.
Die Overberg Belangekomitee is na die eerste voorlegging van die Voorstel in April 2002 ontbind. Die meeste van die Loodskomitees het egter voortgegaan met hulle vergaderings, wat ten minste drie keer per jaar gehou word. Die name van die komitees is intussen van Loodskomitee na Opvanggebied Forum verander, om sodoende die terminologie wat in die Nasionale Waterwet gebruik word, te weerspieël.
Die Palmietrivier Opvanggebied Forum konsentreer hoofsaaklik op kontroversiële ontwikkelings in die opvanggebied en verkry inligting oor die hoeveelheid water wat jaarliks vanaf die Palmietrivier na Kaapstad oorgeplaas word. Daar bestaan reeds 'n bestuurstrategie vir hierdie opvanggebied, wat geïmplementeer sal word na die stigting van die OBA.
Die Botrivier Opvanggebied Forum het opgehou funksioneer, hoofsaaklik omdat 'n aantal meestersgraadstudente van Kaapstad besig is met studies oor die Botrivier en daar nie veel knelpunte met ontwikkeling in die gebied is nie.
Die Onrusrivier opvanggebied is dié opvanggebied in die Overberg wat die meeste waterstres ondervind. Hierdie opvanggebied forum se hoofdoel is om te verseker dat wateraanvraagbestuur deur beide die dorp, Hermanus, en boere wat water uit hierdie opvanggebied ontvang, as 'n prioriteit beskou word. Die forum oorweeg tans om 'n Watergebruikervereniging te stig om die voorsiening van water vanuit die Onrusrivier en die verskillende grondwaterbronne in die die gebied op 'n formele grondslag te bestuur.
Die Kleinrivier is geïdentifiseer as 'n moontlike bron van water vir oorplasing na die opvanggebied van die Onrusrivier. Die plaaslike owerheid het om hierdie rede 'n "Verslag oor die Huidige Stand van die Kleinrivier Opvanggebied" aangevra. Hierdie verslag is deur konsultante met die entoesiastiese samewerking van die forumlede saamgestel. Die invloed wat 'n moontlike vermindering in vloei op die ekologies-sensitiewe monding van die Kleinrivier kan hê, het 'n hewige debat laat ontstaan. Hoewel die verslag aandui dat 'n dam in die bolope van die Kleinrivier, as gevolg van die topografie stroomaf, min verskil sal maak aan die hoeveelheid water wat die riviermond bereik, bly hierdie steeds 'n netelige kwessie.
Die Uilkraalsrivier Opvanggebied Forum het daadwerklik bygedra tot die voorsiening van water-en sanitasiedienste aan Baardskeerdersbos, 'n klein nedersetting wat op 'n plaas in die omgewing ontstaan het. Na voltooiing van hierdie taak, was die forum se fokus hoofsaaklik daarop gerig om die gebrek aan ondersteuning vanaf die DWW&B en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad met die uitroei van indringerplante, aan te spreek.
Die Overberg-Oos Opvanggebied Forum het 'n Verslag oor die Huidige Stand van die Overberg-Oos Opvanggebied saamgestel. Hierdie verslag sal terselftertyd as die Voorstel gefinaliseer word.
Die proses van openbare deelname in die Breederiviervallei het deel gevorm van die Studie van die Breede Rivierkom, wat in 1999 'n aanvang geneem het en teen Junie 2002 voltooi is. (Verwys na Bylae C vir 'n meer volledige verslag oor die aktiwiteite wat in die Breederiviervallei as deel van die Studie oor die Breede Rivierkom onderneem is.) Vervolgens sal die afkorting BRBS (afgelei van die Engelse benaming Breede River Basin Study) deurgaans gebruik word wanneer daar na hierdie studie verwys word.
Die BRBS is 'n multi-dissiplinêre studie wat onder die vaandel van die DWW&B uitgevoer is. Dit sluit die volgende elemente in: grondgebruik, waterbehoefte, wateraanvraagbestuur, oppervlakbronne, grondtipes, binnestroom vloeivereistes, vloeivereistes vir riviermondings, die ekonomie van die streek, maatskaplike elemente, grondwater, landbou-ekonomie, watergehalte, sediment, bepalings van opbrengste, ontwikkeling van waterskemas en omgewingsimpakstudies. Die BRBS is ontwerp om in twee fases plaas te vind, waar die eerste fase (Voorloperfase) die fondasie vir die tweede fase (Finale fase) sou lê. 'n Formele program van openbare deelname is ontwikkel om met die verloop van die BRBS saam te val. Dit het aan die verskillende taakspanne die geleentheid gebied om insette van die publiek te verkry en om hulle bevindings met belangstellende en betrokke partye te deel.
Hierdie geleentheid om kennis oor verskeie elemente van waterhulpbronbestuur op te doen en terselfdertyd kapasiteit deur middel van deelname aan 'n studie soos die BRBS uit te bou, het verseker dat 'n nou skakeling tussen die BRBS gedurende die formuleringsprosesvan die OBA-Voorstel plaasgevind het. Hierdie skakeling het dit moontlik gemaak om die BRBS Belangekomitee as die verteenwoordigende liggaam vanuit die Breederiviervallei te benut. Lede van hierdie forum is gekies om op die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep te dien, tesame met lede van die Overberg Belangekomitee (sien Figuur 1 hieronder). Dieselfde taakspan wat verantwoordelik was vir die deelnemende aktiwiteite van die BRBS, is aangestel om die OBA-Voorstel te ontwikkel.
Die eerste openbare vergadering vir die BRBS is op 8 November 1999 in Robertson gehou. Meer as 500 mense, wat gelys was op bestaande databasisse van die DWW&B, distriksmunisipaleite en konsultante, is uitgenooi om die vergadering by te woon. Die vergadering is wyd geadverteer en 1 000 eksemplare van 'n inligtingsdokument, getiteld Uitnodiging om deel te neem aan die Breede Rivierkom Studie, is voorberei en versprei. Die dokument is in Afrikaans, Engels en Xhosa beskikbaar gestel. Die doel van die eerste openbare vergadering was om die BRBS aan die publiek bekend te stel en om bykomende rolspelers te identifiseer.
Die tweede openbare vergadering is op 4 Maart 2000 in Robertson gehou. Uitnodigings is aan 'n uitgebreide, opgedateerde databasis van belanghebbendes gestuur en die vergadering is weer wyd geadverteer. 'n Besprekingsdokument is ook versprei. Dié dokument het die rol van 'n BRBS Belangekomitee in die BRBS en in die samestelling van die OBA-Voorstel verduidelik. Die BRBS Belangekomitee is by hierdie openbare vergadering saamgestel. (Meer inligting oor die lede van die BRBS Belangekomitee word in afdeling 2.3 hieronder gegee.)
Die BRBS Belangekomitee het vir die eerste keer op 13 April 2000 vergader. Die doel was om insette te lewer met betrekking tot die verkiesing van lede vir die onderskeie Tegniese Werkgroepe van die BRBS. Hierdie vergadering is ook gebruik om die verteenwoordiging op die BRBS Belangekomitee te ondersoek. Spesiale aandag is aan die verteenwoordiging van histories-benadeelde persone gegee om te verseker dat hulle perspektiewe ook aangeteken word.
Die BRBS Belangekomitee het weer op 5 September 2000 vergader om die resultate van die BRBS se eerste fase te bespreek. Tydens hierdie vergadering is insette verkry oor die proses wat gevolg moet word met die samestelling van die OBA-Voorstel en is lidmaatskap van die Breede-Overberg OBA-Verwysingsgroep bespreek.
Hierdie vergadering is opgevolg deur ses openbare streekvergaderings binne die Breederiviervallei. Die streekvergaderings was daarop gemik om die resultate van die eerste fase van die BRBS aan die breë publiek oor te dra en om die geografiese verteenwoordiging op die BRBS Belangekomitee te verbeter.
Op 21 Augustus 2001 is 'n ad hoc-vergadering van die BRBS Belangekomitee in Robertson gehou. Hierdie vergadering het plaasgevind na 'n vergadering van die Breede-Overberg OBA-Verwysingsgroep wat dieselfde oggend gehou is. Die sake wat aandag geniet het, was terugvoering oor die vordering met die OBA-Voorstel en 'n bespreking van wyses waarop die betrokkenheid en verteenwoordiging van histories-benadeelde groepe (en hul perspektiewe) by die BRBS Belangekomitee en die Breede-Overberg OBA-Verwysingsgroep verbeter kan word.
Die laaste twee vergaderings van die BRBS Belangekomitee het op 16 Oktober en 21 November 2001 plaasgevind - kort voor die indiening van hierdie Voorstel en die bekendstelling van die eerste konsep van die finale BRBS-verslag. Die vergadering in Oktober het gehandel oor die binnestroom vloeivereistes van die rivier en vloeivereistes by die riviermond. Die vergadering in November het gekyk na die ontwikkelingspotensiaal van waterhulpbronne en die invloed wat dit op die omgewing sal hê.
Hierna is 'n reeks van ses openbare streekvergaderings en individuele ontmoetings met geselekteerde belanghebbendes gehou om hulle voor te berei vir die finale vergadering van die Breede WBG Belangekomitee (sien hieronder) waartydens die tweede konsep van die OBA-Voorstel bespreek sou word. Die individuele vergaderings het in Oktober en November 2001 plaasgevind. Tydens hierdie vergaderings het die volgende sake aandag geniet: verteenwoordiging van opkomende boere, die toerisme-sektor, plaaswerkers, besproeiingsrade, kommersiële boere, plaaslike regering, die Swellendam-/ Witsandstreek, die Robertson-/ Bonnievale-/ Ashtonstreek, die Worcester-/ De Doornsstreek en die Ceres-/ Rawsonvillestreek.
Daar is beplan om die individuele ontmoetings gedurende 2002 voort te sit en sodoende te verseker dat histories-benadeelde groepe ten volle bemagtig en ingelig word en dat hul insette in aanmerking geneem word.
Die ses openbare streekvergaderings is in November 2001 gehou. Die individuele en streekvergaderings is gebruik om inligting oor die BRBS en die vordering met die samestelling van die OBA-Voorstel aan die publiek oor te dra. Gedurende hierdie vergaderings is 'n brosjure oor die Voorstel uitgedeel. 1 000 van hierdie brosjures, beskikbaar in Afrikaans en Engels, is tydens die streekvergaderings versprei.
Belanghebbendes in die Breede Waterbestuursgebied
Die BRBS en Overberg Belangekomitees het op 15 November 2000 vir die eerste keer as die Breede WBG Belangekomitee vergader. By hierdie vergadering, wat in Worcester gehou is, is finaliteit bereik oor die proses vir die samestelling van die OBA-Voorstel. Voorlopige insette oor die waterhulpbronne in die Breede WBG en die huidige bestuursbestel, is gelewer. Hierdie komitee het 'n kleiner komitee, wat die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep genoem is, afgevaardig om die OBA-Voorstel in samewerking met die DWW&B en sy taakspan saam te stel.
Die OBA Verwysingsgroep het die volgende vergaderings gehou:
Hierdie vergadering het gefokus op die sleutelvraagstukke rondom waterhulpbronne wat die voorgestelde OBA die hoof sal moet bied.
Hierdie vergadering het gehandel oor die huidige finansiële en logistieke bestuurskwessies wat in ag geneem moet word wanneer die institusionele en organisatoriese moontlikhede van die voorgestelde OBA bespreek word.
Gedurende hierdie vergadering is algemene funksionele, institusionele en organisatoriese opsies vir 'n OBA ondersoek.
Tydens hierdie vergadering is daar meer spesifiek gekyk na die operasionele en tegniese ondersteuningsraamwerk wat 'n OBA sou nodig hê om sy werksaamhede uit te voer.
Tydens hierdie vergadering is die finansiële implikasies van 'n aantal organisatoriese opsies vergelyk en is die raamwerk vir die eerste konsep van die Voorstel vir die Stigting van 'n OBA vir die Breede WBG voltooi.
Tydens hierdie vergadering is die eerste konsep van die Voorstel bespreek. Ooreenstemming is bereik ten opsigte van die veranderings wat nodig sou wees om die tweede konsep te voltooi. 'n Voorlopige bespreking oor die samestelling van die voorgestelde OBA Bestuursraad het ook plaasgevind.
Die volledige Breede WBG Belangekomitee se tweede vergadering het op 20 November 2001 in Worcester plaasgevind. Tydens hierdie vergadering is die tweede konsep van die Voorstel bespreek, asook die samestelling van die voorgestelde OBA Bestuursraad. Die bestuursraad se samestelling kon egter as gevolg van tydbeperkings nie in detail bespreek word nie en hierdie aangeleentheid sou by verdere vergaderings opgeneem word.
Die konsepvoorstel is gedurende 2003 aan die DWW&B hoofkantoor voorgelê, wat na bestudering versoek het dat sekere veranderings aangebring word. Die OBA Verwysingsgroep het vervolgens op 3 Desember 2003 in Robertson vergader. Gedurende hierdie vergadering is die voorgestelde veranderings bespreek. Spesifieke aandag is aan die metode waardeur die finansiële lewensvatbaarheid voorheen bereken is gegee. Die rol van die Advieskomitee is bespreek en drie lede van die Verwysingsgroep is verkies om op die Advieskomitee te dien.
Benadering tot betrokkenheid, kapasiteitsbou en bemagtiging
Twee verskillende benaderings is in die Breederiviervallei en die Overberg gevolg om betrokkenheid, kapasiteitsbou en bemagtiging te verseker. Die twee benaderings het egter tot die oorhoofse voordeel van die proses vir die samestelling van die OBA-Voorstel gestrek.
In die Breederiviervallei het betrokkenheid, kapasiteitsbou en bemagtiging nou saamgeval met die vereistes van die BRBS, wat 'n omvattende ondersoek na die waterhulpbronne in die Breederiviervallei behels het. 'n Formele proses van openbare deelname, wat uit die volgende elemente bestaan het, is gevolg:
Openbare vergaderings is gebruik om die vordering met beide die BRBS en die samestelling van die OBA-Voorstel, asook 'n verskeidenheid sake wat verband hou met die implementering van die Nasionale Waterwet, te bespreek. Die vergaderings van die Belangekomitee was hoofsaaklik daarop gemik om insette ten opsigte van die volgende aspekte van die BRBS te verkry: die stigting van tegniese werkgroepe; die bevindings van die eerste fase van die BRBS; binnestroom vloeivereistes; die vloeivereiste by die riiviermond; en die ontwikkeling van waterhulpbronne en die potensiële impak daarvan op die omgewing. Notules is van alle vergaderings gehou.
n Kantoor vir Openbare Deelname waar opmerkings, knelpunte en vraagstukke aangemeld kon word. Hierdie sake is na die spanleiers van die BRBS verwys aangesien hulle in die beste posisie was om daarop te reageer en terugvoering te gee. Beleidskwessies is na die DWW&B verwys. Alle interaksie met die Kantoor vir Openbare Deelname is in die BRBS se databasis aangeteken.
Kontak met die algemene publiek is deur middel van persvrystellings, advertensies en aankondigings oor die radio gehandhaaf. Plaaslike media is veral benut.
Voorbereiding van inligtingsdokumente.$ Verspreiding van dokumentasie oor die BRBS.$ Bespreking van inligting oor die BRBS en die vordering met die samestelling van die OBA-Voorstel by vergaderings van besproeiingsrade, watergebruiker-verenigings en plaaslike owerhede.
Opvolging met belanghebbende groepe voor vergaderings. Spesifieke aandag is aan verteenwoordigers van plaaswerkers en opkomende boere gewy.
Bykomende aktiwiteite is gedurende November 2002 onderneem om kapasiteitsbou en institusionele ontwikkeling te verseker. Dit is weer eens deur middel van individuele en streekvergaderings gedoen. Hierdie aktiwiteite was daarop gemik om watergebruiker-en belangegroepe voor te berei op die funksies wat die OBA sal verrig. Daar is ook gekyk na die formalisering van geografiese komitees, soos die Opvanggebied Loodskomitees wat in die Overberg gevorm is, en die lidmaatskap van sektorale komitees.
Aktiwiteite wat kapasiteitsbou bevorder, soos vergaderings met individue en kleiner groepe; en die ontwikkeling en verspreiding van 'n inligtingspakket oor waterhulpbronbestuur, is gedurende 2002 voortgesit.
Die proses van openbare deelname, kapasiteitsbou en bemagtiging vir die proses om hierdie Voorstel saam te stel, het voortgebou op die bestaande prosesse wat reeds gevestig was as gevolg van vorige studies deur die DWW&B in die Overberg, asook die bestuursbeplanning-inisiatief in die opvanggebied van die Palmietrivier. Vergaderings van die Opvanggebied Loodskomitees het hoofsaaklik gehandel oor die uitruil van inligting oor waterhulpbronstudies, biostreek beplanningsinisiatiewe, waterdienste ontwikkelingsbeplanning, die aktwiteite van omgewingsorganisasies en owerhede, die funksies van provinsiale staatsdepartemente en die funksies van besproeiingsrade.
Verteenwoordigers van plaaslike owerhede, die provinsiale regering, DWW&B: Wes-Kaap, besproeiingsrade, omgewingsowerhede, omgewingsorganisasies en diensverskaffers wat direk by studies en sodanige aktwiteite betrokke was, het voorleggings by hierdie vergaderings gelewer.
Inligtingsdokumentasie soos brosjures en verslae oor die huidige stand van die watersituasie in sub-opvanggebiede, is voorberei en versprei. Die Palmiet Bulletin, wat elke 6 maande uitgegee is, het as 'n belangrike bron van inligting vir belanghebbendes in die groter Overberg gedien. Artikels is ook in publikasies soos die Municipal Engineer geplaas.
Openbare vergaderings is deur middel van advertensies in die plaaslike pers en radio aangekondig. Persvrystellings is voor en na openbare vergaderings versprei. Daar is noue kontak met die media behou om te verseker dat akkurate terugvoering oor vergaderings die breë publiek bereik. Openbare vergaderings het ook die geleentheid gebied om inligting wat op die Nasionale Waterwet betrekking het, soos die registrasie van watergebruik, te versprei.
Kontak is met geïdentifiseerde belangegroepe behou en daar is gereeld met hulle geskakel om deelname aan vergaderings te verseker.
n Hele aantal individuele vergaderings is met boereverenigings, wat beide opkomende en gevestigde kommersiële boere verteenwoordig, gehou, sowel as met arbeidsorganisasies en kleiner groepe histories-benadeelde persone wat lede van Opvanggebied Loodskomitees was. Laasgenoemde vergaderings is in die vorm van vraag-en-antwoordsessies aangebied en was daarop gemik om behoeftes te identifiseer en terminologie, wetsvereistes en prosedures duidelik te maak.
Kapasiteitsbou-aktiwiteite, soos individuele en groepsvergaderings en die ontwikkeling en verspreiding van 'n inligtingspakket oor waterhulpbronbestuur, is gedurende 2002 voortgesit.
Die sukses met openbare deelname in die Overberg kan toegeskryf word aan die feit dat die DWW&B: Wes-Kaap tot Maart 2003 die sekretariële dienste verskaf het en deurlopend finansiële steun aan die deelnemingsproses gebied het.
Die aktiwiteite wat onderneem is om betrokkenheid, bemagtiging en kapasiteitsbou in die Breederiviervallei en die Overberg te verseker, het die vergaderings van die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep onderbou. Laasgenoemde vergaderings was hoofsaaklik daarop gerig om die samestelling van die Voorstel op 'n sistematiese en deelnemende wyse te bewerkstellig.
Die eerste stap in die samestelling van die OBA Voorstel, was die identifisering van bestaande waterhulpbronne in die Breede WBG. Vir hierdie doeleindes is 'n besprekingsdokument as agtergrondinligting vir die eerste vergadering voorberei. (Alle besprekingsdokumente en voorbereidende aantekeninge is vervat in Bylae E.) Die eerste twee vergaderings van die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep is dus aan die identifisering van sleutelkwessies ten opsigte van waterhulpbronbestuur in die Breede WBG gewy.
Die tweede stap was die bespreking van die bestaande bestuurs-en finansiële bestel in die Breede WBG. 'n Besprekingsdokument is weer eens vir die OBA Verwysingsgroep voorberei. Gedurende die tweede en derde vergaderings van die OBA Verwysingsgroep is die vernaamste bestuurs-en finansiële vraagstukke geïdentifiseer.
Die derde en vierde stap in die proses wat die samestelling van die Voorstel voorafgegaan het, was daarop gerig om konsensus te verkry ten opsigte van die struktuur en die finansiering van die voorgestelde Breede-Overberg OBA. Twee besprekingsdokumente is voorgelê, waarvan die laaste op die model vir die finansiële bestuur van 'n opvanggebied (soos vir die Waternavorsingskommissie ontwikkel), gebaseer was.
Hoewel beide Afrikaans en Engels tydens die vergaderings gebruik is, is daar 'n kompromie bereik dat Engels hoofsaaklik as voertaal gebruik sal word om sodoende te verhoed dat die hoofsaaklike gebruik van Afrikaans sommige deelnemers sou uitsluit. Deelnemers is egter aangemoedig om die taal van hulle keuse te gebruik, Xhosa ingesluit, en all insette is in Engels vertaal.
Voor elke vergadering is uitnodigings, konsep-agendas en voorbereidende aantekeninge aan al die lede van die OBA Verwysingsgroep gestuur. Uitnodigings is telefonies opgevolg om bywoning te bevestig. Notules van vergaderings is gewoonlik as voorbereidende materiaal vir die volgende vergadering aan die lede gestuur.
Die taakspanne wat vir die proses van openbare deelname in onderskeidelik die Breederiviervallei en die Overberg verantwoordelik was, het 'n bydrae tot die eerste WBG nuusbrief, die "Breede WBA", gelewer. Hierdie nuusbrief is in Afrikaans en Engels onder die vaandel van die DWW&B gepubliseer en is in Oktober 2000 vrygestel. Die volgende onderwerpe is hierin bespreek: die grense van die WBG; die definisie van 'n opvanggebied; die belangrikheid van riviermondings; aktiwiteite rondom openbare deelname in die Breederiviervallei en die Overberg; terugvoer oor die BRBS; waterhulpbronbestuur; bestuursbeplanning; en die registrasie van watergebruik. 'n Voorbeeld van die nuusbrief is in Bylae A opgeneem.
Die taakspanne verantwoordelik vir openbare deelname het in Oktober 2001 'n brosjure voltooi wat 'n vereenvoudigde verduideliking van die Voorstel bevat het. Die brosjure het in Afrikaans en Engels verskyn en. afskrifte daarvan is tydens individuele en groepvergaderings wat in November 2001 met belanghebbendes gehou is, versprei. 'n Voorbeeld van hierdie brosjure is in Bylae E vervat.
Die taakspanne verantwoordelik vir openbare deelname sal voortgaan om op 'n ad hoc-basis met belanghebbendes te vergader en sodoende te verseker dat knelpunte aangeteken en deelname aan waterhulpbronbestuur aangemoedig word. Die taakspanne moet ook verseker dat alle rolspelers in 'n posisie is om die finale Voorstel, ná die publikasie daarvan in die Staatskoerant, ten volle te begryp.
Die DWW&B: Wes-Kaap het ook die rolspelers in die Breede WBG versoek om kommentaar te lewer op die Nasionale Waterhulpbronstrategie wat in Oktober 2002 aan die publiek bekend gestel is. Belanghebbendes sal, na die stigting van die OBA, by die ontwikkeling van die eerste formele opvanggebied bestuurstrategie vir die Breede WBG betrek word. Hierdie vlak van betrokkenheid sal belanghebbendes in staat stel om by te dra tot meer tasbare oplossings ten opsigte van probleme met waterhulpbronbestuur in hulle WBG, asook hulle kennis van die veranderende bestuursbestel vir waterhulpbronne verbeter. Spesiale pogings sal aangewend word om rolspelers vanuit histories-benadeelde gemeenskappe by die proses te betrek.
Opvanggebied forums, soos wat opvanggebied loodskomitees deesdae bekend staan, is nodig om die voortgesette deelname van rolspelers te verseker, selfs nadat Opvanggebied Bestuurskomitees (OBKs) gestig is. Forumlede sal egter moet voel dat daar 'n rede is vir die voortbestaan van forums en sal dus werklike resultate wil sien.
Opvanggebied forums moet dus nie net as die "oë en ore" van die OBA in die gemeenskap beskou word nie, maar behoort deurgaans oor water-verwante sake geraadpleeg, ingelig en bemagtig te word. Dit beteken dat gereelde werkwinkels oor watersake gehou moet word en dat meer aandag geskenk sal moet word om forums aktief by besluitneming te betrek. Sulke inisiatiewe sal slegs moontlik wees indien dit deur die OBA of die DWW&B geïnisieer en/of ondersteun word, soos wat in Hoofstuk 4 van die Nasionale Waterhulpbronstrategie beskryf word. Sonder bogenoemde inisiatiewe bestaan die gevaar dat forums tot niet sal gaan of slegs sal funksioneer wanneer hulle waterhulpbronne bedreig word deur bv oordragskemas, ontwikkelings, droogte ens.
Verteenwoordiging
Doeltreffende verteenwoordiging deur rolspelers word gewoonlik deur middel van 'n proses eerder as 'n eenmalige aktiwiteit verseker. Dit is veral van toepassing in 'n land soos Suid-Afrika met sy geskiedenis van onteiening, politieke onderdrukking en ongelyke ekonomiese ontwikkeling en opleiding. Die enorme uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar om alle aspekte van die samelewing te transformeer, soos beoog met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet Nr. 108 van 1996), vereis dat die sienings van alle landsburgers ten opsigte van die vele elemente wat hulle lewens raak, doeltreffend aangewend word. Dit is veral 'n uitdaging om doeltreffende verteenwoordiging in nuwe instellings te verseker, aangesien dit ons geskiedenis in sy geheel in ag moet neem en heelwat eise aan mense stel wat tyd, persoonlike ontwikkeling en die ontwikkeling van instellings betref.
Die proses waardeur verteenwoordiging op Opvanggebied Loodskomitees en Belangekomitees in die Breede WBG ontwikkel is, is voortgesit tot en met die beëindiging van die DWW&B se finansiële ondersteuning aan die Loodskomitees (forums) in Maart 2003. Hierdie proses was ten nouste verbind met die deurlopende bou van kapasiteit en die verspreiding van inligting. Dit het ook gesteun op die groeiende bewustheid van individuele watergebruikers en rolspelers dat hulle deel moet word van die instellings wat waterhulpbronne sal bestuur, soos wat dit deur die Nasionale Waterwet omskryf word.
Die Opvanggebied Loodskomitees het oor die algemeen uit die volgende kategorieë van lede bestaan: (Verwys na Bylae B vir 'n volledige beskrywing van individuele komitees.) $ Bewarings-en omgewingsorganisasies $ Gemeenskaps-aksiekomitees $ Belastingbetalerverenigings $ Heropbou-en ontwikkelingforums $ Arbeidsorganisasies $ Boereverenigings $ Plaaslike owerhede $ Distriksrade (later distriksmunisipaliteite) $ Nywerhede en besighede $ Bosbou $ Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad $ Werk-vir-Waterprogram $ Departement van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising: Wes-Kaapse
Provinsiale Administrasie
Departement van Landbou: Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie
Voorligtingsbeamptes
Departement van Waterwese en Bosbou
Diensverskaffers werksaam in die opvanggebied
Die volgende belangegroepe is in die groter Overberg genader om verteenwoordig tegeniet:$ Bewarings-en omgewingsorganisasies Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad,
Ekotoerisme Forum). $ Gemeenskap-aksiekomitees (Sukkel om verteenwoordigers te kry) $ Belastingbetalerverenigings (Geen verdere verteenwoordiging nodig aangesien verteenwoordiging deur middel van lede op Opvanggebied Loodskomitees verseker is.
Heropbou-en ontwikkelingsforum (daar bestaan geen oorkoepelende forum vir die Overberg nie en 'n verteenwoordiger van die Groter Hermanus HOP-forum is uitgenooi.)
Boereverenigings
Kleinboere en opkomende boere (verteenwoordig deur die Overbergkantoor van die Departement van Landbou: Wes-Kaap en ook deur verteenwoordigers van die gemeenskappe in Elim en Tesselaarsdal.)
Arbeidsorganisasies $ Plaaswerkersverenigings Hierdie verenigings is nie goed gevestig in die
Overberg nie. $ Werk-vir-Waterprogram $ Departement van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising: Wes-Kaapse
Provinsiale Administrasie $ Departement van Landbou: Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie $ Departement van Waterwese en Bosbou
Deurlopende kontak, bystand met vervoer (deel van vervoer en vergoeding van vervoerkoste), skakeling met gemeenskaps-en nie-regeringsorganisasies en bykomende kapasiteitsbou-aktiwiteite is ingespan om deelname van lede uit histories-benadeelde gemeenskappe aan te moedig.
Die lede van die opvanggebied forums weerspieël die huidige demografiese en sosio-ekonomiese aard van die gemeenskap in die Overberg, wat hoofsaaklik 'n landelike gebied is en waar 'n lae vlak van opleiding onder veral die histories-benadeelde gemeenskappe voorkom. Daar is slegs 'n paar opkomende boere en swart entrepreneurs in die gebied wat ekonomies aktief is en wat in waterhulpbronbestuurs-kwessies belangstel. Die meeste van die histories-benadeelde persone is van mening dat waterhulpbronbestuur nie tans van groot belang vir hulle is nie. Hulle is bekommerd oor sake soos watervoorsiening en sanitasie wat direk op hul lewenskwaliteit betrekking het. Hulle het ook aangedui dat hulle gefrustreer is met die feit dat die OBA-proses meer te make het met die tegniese sy van waterhulpbronbestuur as wat dit hulle basiese behoeftes aanspreek.
Die volgende geografiese gebiede het op die BRBS Belangekomitee verteenwoordiging geniet: (Hierdie verdeling was op die logiese beplanningsgrense vir waterhulpbronne gebaseer en is by die tweede openbare vergadering van die BRBS aanvaar) $ Ceres / Rawsonville $ Worcester / De Doorns
Die verteenwoordiging is tydens die openbare vergaderings wat in September 2000 in elkeen van hierdie gebiede gehou is, bevestig. 'n Klein ondersteuningskomitee wat informeel vergader het, is vir elk van die gebiede saamgestel om die verteenwoordigers op die BRBS Belangekomitee te ondersteun.
Buiten die 6 geografiese gebiede, het die volgende watergebruiker-en belangegroepe direkte verteenwoordiging geniet: $ Plaaslike owerhede $ Besigheidsorganisasies $ Toerisme $ Omgewingsbelangegroepe $ Bosbou $ Gemeenskapsorganisasies $ Arbeid $ Die provinsiale regering $ Landbou een kommersiële en een opkomende verteenwoordiger is vir elke geografiese gebied gekies.
Die lys van die BRBS Belangekomitee se lede word in Bylae C gegee.
Deurlopende kontak, bystand met vervoer (deel van vervoer en vergoeding van vervoerkoste), akekling met gemeenskaps-en nie-regeringsorganisasies, asook bykomende kapasiteitsbou-aktiwiteite is ingespan om die deelname van lede uit histories-benadeelde groepe aan te moedig.
Verskeie variasies van hierdie opsies is bespreek en daar is uiteindelik ooreengekomdat elke Belangekomitee agt verteenwoordigers sal verkies in ooreenstemming metdie spesifieke belange van daardie komitee:$ BRBS Belangekomitee:
Maatskaplik en ekonomies
Daar is verder ooreengekom dat verteenwoordigers van die volgende oorkoepelende liggame, hoofsaaklik staatsdepartemente, uitgenooi sou word om op die OBA Verwysingsgroep te dien: $ Departement van Grondsake $ Departement van Landbou: Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie. $ Departement van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising: Wes-Kaapse
Provinsiale Administrasie. $ Overberg Water (die enigste waterraad in die WBG).
Daar is ook besluit om die volgende liggame na die eerste vergadering van die OBAVerwysingsgroep uit te nooi, aangesien hulle insette van groot hulp kon wees om 'nholistiese beeld te vorm van die uitdagings wat die WBG ten opsigte vanwaterhulpbronbestuur in die gesig staar:$ Departement van Gesondheid: Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie.$ Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika.
Die vergadering het saamgestem dat die OBA Verwysingsgroep moontlik mettertydsal moet uitbrei, veral om te verseker dat die belange van histories-benadeeldegroepe voldoende verteenwoordiging geniet.
Die lidmaatskap van die groep het met verloop van tyd as gevolg van verskeieomstandighede uitgebrei. Een so 'n voorbeeld is die herorganisasie van plaaslikeowerhede na afloop van die plaaslike verkiesings in November 2000. Hierdieveranderings is ook in die bywoningsregisters van die OBA Verwysingsgroep severgaderings te sien. (Aangeheg aan die notules wat in Bylae D vervat is.)
Watergebruikers & Watergebruikers & belangegroepe (volgens belangegroepe (volgens sektor en geografiese gebied sektor en geografiese georganiseer) gebied georganiseer)
Kommentaar van belanghebbendes op die proses en voorlegging
Hierdiekommentaar is op 'n sistematiese wyse, volgens 'n proses waaroor daar op 15
November 2000 by die eerste vergadering van die Breede WBG Belangeforum besluit is, ontwikkel. Die Voorstel is saamgestel na aanleiding van die besluite wat tydens die vyf vergaderings van die OBA Verwysingsgroep gedurende 2001 geneem is. Die voorstel, met al die nodige aanpassings, is op 20 November 2001 by 'n vergadering van die Breede WBG
Belangeforum formeel goedgekeur. Die finale veranderings aan die Voorstel met inagneming van die DWW&B se opmerkings is gedurende 'n vergadering van die OBA
Verwysingsgroep op 5 Desember 2003 gemaak. Die proses wat gevolg is om die OBA Voorstel saam te stel, asook die kwessie van verteenwoordiging, het spesiale aandag by die derde vergadering van die OBA Verwysingsgroep geniet. (Notule vorm deel van Bylae D.) Die volgende sleutelkwesssies is geopper: $ Aandag moet aan die verteenwoordiging deur plaaslike owerhede geskenk word, veral na afloop van die plaaslike verkiesing in November 2000. Daar is aangedui dat raadslede en munisipale beamptes uitgenooi moet word om deel te neem, wat dan ook gedoen is. $ Verteenwoordiging van histories-benadeelde gemeenskappe en hul standpunte moes deur die BRBS en die Overberg Belangekomitees hersien word. Hierdie hersiening het plaasgevind, maar was as gevolg van die landelike sosio-ekonomiese omstandighede nie heeltemal suksesvol nie. $ Plaaswerkers en munisipale werkers het deur middel van formele strukture voldoende verteenwoordig geniet. $ Logistieke probleme wat deur die verteenwoordigers van opkomende boere ondervind is, is met die DWW&B bespreek en oplossings is gevind. $ Die taakspanne verantwoordelik vir die proses van openbare deelname is gevra om lede van die OBA Verwysingsgroep behulpsaam te wees om toestemming vir afwesigheid van werk te kry indien daar probleme sou wees. Geen sulke versoeke is egter gemaak nie. $ Aangesien dit duur sou wees om al die dokumentasie wat gedurende die ontwikkeling van die Voorstel beskikbaar gestel is, behoort ten minste vertaalde opsommings beskikbaar gemaak word. $ Probleme is op verskillende vlakke van waterhulpbronbestuur geïdentifiseer, bv plaaslik, per opvanggebied en vir die hele WBG. Die OBA Verwysingsgroep kon nie al hierdie knelpunte oplos nie, aangesien sommige meer suksesvol binne Opvanggebied Forums of Belangekomitees opgelos kon word. Probleme is na die mees relevante instellings verwys.
Bykomende punte wat gedurende samesprekings genoem is:
Deelnemers het die proses wat gevolg is om die OBA Voorstel te ontwikkel gekomplimenteer en saamgestem dat hulle kennis en kapasiteit ten opsigte van waterhulpbronkwessies en openbare deelname heelwat toegeneem het.
Opkomende boere en verteenwoordigers van arbeidsorganisasies is aan inligting oor beskikbare hulpbronne blootgestel en kon 'n groter bydrae lewer tot bykomende prosesse, soos die stigting en bedryf van watergebruiker-verenigings.
Ses-en-sestig besproeiingsrade in die Breede WBG word tans na watergebruikerverenigings (met meer uitgebreide bedryfsgebiede en insluiting van alle watergebruikers) omgeskakel. Opkomende boere, plaaswerkers en plaaslike owerhede sal op die bestuurskomitees van alle watergebruiker-verenigings verteenwoordiging geniet. Die omvattende aard van die proses wat gevolg is met die samestellling van die OBA Voorstel het klem gelê op die beginsel dat alle watergebruikers, sonder aansien van die hoeveelheid water wat hulle gebruik en met spesiale verwysing na histories-benadeelde groepe, aan die bestuur van en besluitneming deur waterhulpbronbestuurs-instellings behoort deel te neem.
Lede van histories-benadeelde gemeenskappe het soms gevoel dat waterhulpbronbestuur op opvanggebiedvlak - en veral op WBG-vlak - nie vir hulle van groot belang is nie. Hierdie was veral die geval waar onmiddellike behoeftes soos watervoorsiening, sanitasie en toegang tot water watertoedeling die botoon gevoer het. Sommige belanghebbendes het hulle frustrasie uitgespreek oor hul deelname aan 'n prosess wat nie tasbare resultate lewer nie, maar eerder met tegniese kwessies soos omgewingsknelpunte, instutisionele ontwikkelling en finansiële lewensvatbaarheid te make het.
Dit is duidelik dat die twyfel by histories-benadeelde groepe oor hul aandeel in die proses slegs aangespreek kan word indien meer tyd aan die bespreking en oplossing van hulle probleme, die ontwikkeling van vaardighede en beskikbaarstelling van inligting gewy word. Dit vereis egter dat gereelde, doelgerigte vergaderings gehou word en dat die inligting wat beskikbaar gestel word, noukeurig saamgestel word. Die taakspanne vir openbare deelname het begin om sulke inligtingspakkette saam te stel wat by verdere interaksie met belanghebbendes gebruik kan word. Kapasiteitsbou is 'n deurlopende proses wat slegs suksesvol kan wees indien gereelde werkwinkels, vergaderings en ander programme aangebied word.
Sommige belanghebbendes se bywoning was ongereeld ten spyte van voorbereidende dokumentasie, persoonlike kontak kort voor die vergadering, die aanbod van hulp met vervoerkostes en werksverlof en selfs nadat hulle beloof het om vergaderings by te woon. Hierdie individue moet persoonlik verantwoordelikheid vir die nie-bywoning van vergaderings neem.
Gereelde vergaderings met belanghebbendes oor die meer onmiddellike kwessies op streek-of opvanggebiedvlak is noodsaaklik om probleme op te los en om lede voor te berei op vergaderings waar die klem op groter geografiese gebiede en stelsels rus. Meer hulpbronne behoort aan sulke vergaderings toegeken word.
Werkende deelnemers ondervind dikwels tyds-en werksdruk en kan dan nie die vergaderings bywoon nie.
Sommige deelnemers is by verskeie prosesse betrokke, insluitend plaaslike owerheid, provinsiale regering en die DWW&B, en vind dit dus moeilik om al die vergaderings waartoe hulle verbind is, by te woon. Sulke belanghebbendes verleen dikwels belangrike insigte aan elk van die prosesse en verskeie van hulle probeer om geskrewe kommentaar voor te lê indien hulle nie 'n vergadering kan bywoon nie.
Deelname aan die BRBS en aan die samestelling van die OBA Voorstel was nie altyd toereikend in die Villiersdorp-/ Riviersonderendgebied nie.
Verwarring het onder andere bestaan omdat afsonderlike funksies in die gebied geografies verskillend tussen die Overberg en die Breederiviervallei verdeel word. So bv is die gebied geografies en op grond van bestaande besproeiingsrade vir die doel van waterhulpbronbestuur by die BRBS
ingesluit, terwyl hulle vir alle ander beplanningsaktwiteite en munisipale funksies onder die Overberg resorteer. Daar was ook kommer oor die beperkte aktwiteite wat deur die betrokke taakspan vir openbare deelname in die gebied onderneem is. Beamptes van die DWW&B het egter die vergaderings van die plaaslike besproeiingsraad en die munisipaliteit bygewoon om belanghebbendes in die gebied op hoogte van sake te hou.
Die voorgestelde Breede-Overberg OBA kan baat vind daarby om meer van elektroniese media soos video's gebruik maak om inligting te versprei, kapasiteit te bou en deelname te verbeter.
Sommige deelnemers het gevoel dat die oorheersende gebruik van Engels en die vlak van die besprekings hulle uitgesluit het. Dit het voorgekom ten spyte van die feit dat daar aan die begin van elke vergadering ooreengekom is dat beide Afrikaans en Engels gebruik sou word, met Engels as hoofvoertaal en dat deelnemers die taal van hul keuse, bv isiXhosa kon gebruik.
Die grootste probleem was waarskynlik die tegniese terminologie en konsepte wat betrekking het op waterhulpbronbestuur, eerder as die taal waarin die samesprekings gevoer is. Dit sou meer doeltreffend wees om hierdie konsepte te verduidelik (en/of te heraal) in die taal waarmee die deelnemer die gemaklikste is. Hierdie probleem beklemtoon weer eens die behoefte aan genoeg fondse om programme wat kapasiteitsbou ten doel het, bykomend tot die samestelling van die OBA Voorstel, te ontwikkel en aan te bied.
Ten spyte van 'n aantal spesifieke probleme, waarvan baie nie uniek tot die Breede WBG is nie, was deelnemers oor die algemeen tevrede met die manier waarop die samestelling van die OBA Voorstel gefasiliteer is en het hulle die finale weergawe van die Voorstel goedgekeur.
Lewensvatbaarheidstudie
Die Breede WBG word hierna op grond van die volgende beskryf:
Bestaande waterhulpbronne
Huidige en beraamde toekomstige gebruik
Vergelyking tussen huidige watervereistes en beskikbare hulpbronne
Sleutel bestuurs-en finansiële kwessies.
n Meer volledige beskrywing van die waterhulpbronne in die Breede WBG word in Besprekingsdokument 1 (Bylae E) gegee. 'n Beskrywing van die bestaande bestuurs-en finansiële bestel word in Besprekingsdokument 2 (Bylae E) gegee.
Hierdie naam gee gelyke erkenning aan al die gebiede binne die WBG en is deurgaans gebruik met die samestelling van die OBA Voorstel.
Bestaande waterhulpbronne2
Die Groter Brandvleidam en die Theewaterskloofdam is die twee vernaamste opgaarfasiliteite in die Breederiviervallei. Die Brandvleidam is 'n buitebedding-dam wat sy water ontvang deur middel van afkeerwalle vanaf die Smalblaar-en Holslootriviere tot by 'n vlak van 207m bo seespieël gevoer word. Die dam beskik oor 'n kapasiteit van 342 miljoen m³. 'n Verdere opgaarkapasiteit van 133 miljoen m³ tot 'n maksimum van 210,5 m3 bo seespieël is beskikbaar, maar word nie tans benut nie.
Die Theewaterskloofdam het 'n kapasiteit van 480 miljoen m3 en is die hoofbron wat water aan die Riviersonderend Opvanggebied en die Riviersonderend-Berg-Eersterivier Staatswaterskema voorsien. Laasgenoemde skema is 'n tussen-opvanggebied oordragskema wat water vir huishoudelike doeleindes aan die Kaapstad Groter Metropool, wat Stellenbosch insluit, voorsien. Dit voorsien ook water vir dorps-en landbougebruik aan die Bergrivier Opvanggebied en die
Bylae F bevat 'n tabel waarin waterhulpbronne volgens munisipale gebied en dorp aangedui word.
waterstelsels wat die Weskus bedien. Die dam word deur die Elands-, Du Toits-en Waterkloofriviere gevoed.
n Hele aantal plaasdamme kom in die Ceresvallei en die boonste gedeelte van die Breede Opvanggebied voor. In die nou valleie wat in die opvanggebiede van die Hexrivier en Riviersonderend voorkom, word plaasdamme gebruik om winterafloop uit bergstrome deur middel van buitebedding stuwalle op te dam. In die breë, plat, middelste gedeelte van die Breederiviervallei word plaasdamme gebruik om water op te gaar. Water word deur 'n uitgebreide stelsel van kanale en pompskemas uit die Brandvleidam geneem.
Die enigste noemenswaardige dam wat sedert 1995 opgerig is, is die nuwe Ceresdam in die Koekedouwrvier, nét stroomop van Ceres. Hierdie dam voorsien bykomende water aan die dorp en bestaande en nuwe besproeiingsboere. Die Ceresdam het 'n kapasiteit van 17 miljoen m3, in teenstelling met die vorige dam wat 'n kapasiteit van slegs 0,35 miljoen m3 gehad het. Heelwat opkomende boere kon deur middel van hierdie skema water ontvang. Hulle kapitale bydrae tot die bou van die dam is deur die DWW&B gesubsidieer.
Al die dorpe in die gebied kry hul water uit oppervlakbronne in sytakke van die Breederivier. Ceres (Ceresdam), Worcester (Stettynskloof-en Fairy Glendam), De Doorns (Roode-Elsbergdam) en Swellendam (Grootkloofdam) is die groter dorpe wat met water vanuit damme voorsien word. Die meeste van hierdie damme verskaf ook water vir besproeiingslandbou aan die omliggende gebiede. Dorpe in die Laer-Breederivier Opvanggebied, soos Ashton en Bonnievale, kry ook hul water uit oppervlakbronne.
In teenstelling met die Breederiviervallei en die Westelike Overberg, is dorpe en plase in die Oostelike Overberg hoofsaaklik afhanklik van grondwater om in hul waterbehoeftes te voorsien.
Die vernaamste voorsieningskemas van oppervlakwater is die Rûensveld-Wes en Rûensveld-Oos skemas. Hierdie skemas voorsien water uit die Riviersonderend aan die landelike gebiede vanaf Caledon in die weste (die dorpsgebied ingesluit) tot plase en gemeenskappe in die omgewing van Napier en Bredasdorp in die suide en so ver wes as gemeenskappe woonagtig in die laer lope van die Breederivier. Die plaaslike waterraad, Overberg Water, bedryf hierdie skemas. Die water word by die bron behandel en word deur middel van 'n hoofpyplyn (een vir elke skema) voorsien, waarna dit in kleiner verspreidingsnetwerke vertak. Die Rûensveld-Oos en Rûensveld-Wes netwerke is nie met mekaar verbind nie, hoewel die hooflyne na mekaar toe loop. Albei hierdie skemas funksioneer tans teen (of naby aan) hulle volle ontwerpkapasiteit. Daar word tans oorweeg om die skemas op te gradeer om aan die toenemende landelike behoeftes te voldoen en om bykomende water aan kusdorpe soos Waenhuiskrans te voorsien.
Dorpe in die oostelike Overberg verkry hul water hoofsaaklik vanaf grondwaterbronne met die uitsondering van Waenhuiskrans (Arniston) wat 65% van sy voorraad uit die Rûensveld-Oos skema ontvang en Bredasdorp, in 'n mindere mate, wat nagenoeg 27% van sy voorraad uit die nuwe Klein Sanddriftdam ontvang.
Waenhuiskrans ondervind tans watertekorte en daar is aanduidings dat Bredasdorp, Napier en Elim in die nabye toekoms bykomende water nodig sal hê. Waenhuiskrans ontvang kry ook water van Denel gedurende piekseisoen. Hoewel daar heelwat water van plaaslike boorgate beskikbaar is, is die water besonder brak.
Nagenoeg 85% van die totale watervoorraad wat aan dorpe en gemeenskappe in die westelike Overberg voorsien word, is van konvensionele oppervlakbronne afkomstig. Die meeste hiervan kom in Grabouw (Palmietrivier), Hermanus (De Bosdam in die Onrusrivier) en in die Hangklip-Kleinmondgebied (Palmiet-en Buffelsriviere) voor. Die Stanford dorpsgebied is geheel en al van 'n fontein vir hulle watervoorraad afhanklik. Gansbaai maak hoofsaaklik op grondwater en 'n toedeling uit die Kraaiboschdam (Uilkraalsrivier) staat.
Ten spyte van die aansienlike waterbesparings wat deur die implementering van wateraanvraag bestuurstrategieë in Hermanus bereik is, asook die onlangse aanvulling van grondwater uit die Hermanus akwifeer, word daar steeds verwag dat die wateraanvraag in dié omgewing die beskikbare watervoorraad mettertyd sal oorskrei. Watervoorsiening aan Pearly Beach (Gansbaai) en Stanford sal ook binne die volgende tien jaar aangevul moet word.
Die volgende ontwikkeling van waterhulpbronne is gedurende die laaste vyf jaar voltooi: $ Die Kraaiboschdam is in die Uilkraalsrivier gebou. Dit bedien tans plaaslike besproeiingsboere en die dorpsgebiede van Gansbaai, Franskraal en Kleinbaai. Die moontlikheid bestaan dat Pearly Beach se watervoorsiening ook hiervandaan aangevul kan word.
Hermanus se watervoorraad is deur twee boorgate aangevul. $ Die Eikenhofdam in die Palmietrivier se wal is deur middel van sluise verhoog om die kapasiteit met ongeveer 5 miljoen m3 na 30 miljoen m3 te verhoog.
Die Palmiet pomp-opgaarskema, wat water vanaf die Kogelbergdam via die Rockviewdam na die Steenbrasdam oordra, is in 1998 geïmplementeer. Die oordrag is beperk tot 'n gemiddeld van 22 miljoen m3 water per jaar, soos deur die binnestroom vloeivereistes bepaal word.
n Aantal kleiner plaasdamme is ook in die opvanggebied van die Palmietrivier gebou.
n Paar plaasdamme is in die opvanggebied van die Botrivier gebou.
Enkele plaasdamme is in die opvanggebied van die Kleinrivier gebou.
Invloed van indringerplante op watervoorraad
Indringerplante het 'n beduidende invloed op die watervoorraad in die Breede WBG. Volgens Tabel 1 hieronder, was indringerplante in 1995 verantwoordelik vir 14% van die totale volume water wat in die Breede-Overberg gebruik is, oordragte na die Berg WBG ingesluit. Indringerplante was die tweede grootste waterverbruiker in die Breede WBG en het meer water as die stedelike en landelike gebiede en bosbou saam gebruik. Die impak van indringerplante is veral ernstig in die Overberg. In die oostelike Overberg word 'n groot persentasie van die beskikbare water deur indringerplante verbruik, tewyl ongeveer 35% van die water in die westelike Overberg deur indringerplante opgeneem word - byna net soveel as wat die besproeiingsektor gebruik.
Bykomend tot die invloed wat indringerplante op die watervoorraad het, en die gevolglike ekonomiese en maatskaplike nadele, word indringerplante ook met 'n verlies aan bio-diversiteit, landbou-potensiaal a.g.v. 'n beperkte beskikbaarheid van water, verhoogde brandgevaar en meegaande gronderosie vereenselwig. Die verlies aan natuurlike plantegroei soos fynbos, die agteruitgang van die natuurlike landskap, en die nadele wat dit vir die toerismebedryf inhou, moet ook in ag geneem word. Die Agulhasvlakte in die oostelike Overberg word as een van die wêreld se ses blomkoninkryke beskou. Die behoud daarvan word egter ernstig deur die groeiende infestering deur indringerplante bedreig. In 1999 is die Agulhas Nasionale Park geproklameer om die ekologies sensitiewe dele van hierdie gebied te beskerm. Die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika speel 'n leidende rol in die uitroei van indringerplante op grond wat aan die nasionale park behoort of daaraan gekontrakteer is.
Die Werk-vir-Waterprojekte, befonds deur die DWW&B, wat in die Breede WBG onderneem word, is daarop gemik om die voorkoms van indringerplante te verminder en terselftertyd tot werkskepping en die ontwikkeling van vaardighede by te dra. Die meeste indringerplante word op openbare grond uitgeroei, maar privaat grondeienaars in gebiede wat waterstres ondervind (soos in die Onrusrivier opvanggebied) trek ook voordeel uit die Werk-vir-Waterprojekte. Die feit dat sommige opvanggebiede in die Overberg nie hierdie tipe befondsing en bystand ontvang nie, veroorsaak heelwat ontevredenheid by die opvanggebied forums. Die Uilkraalsrivier Opvanggebied is 'n tipiese voorbeeld hiervan.
Die herprioritisering van Werk-vir-Waterprojekte wat aan die begin van 2003 plaasgevind het, het verdere misnoeë veroorsaak. Die besluit om slegs nuwe projekte in die opvanggebied van die Onrusrivier (waar privaat grondeienaars geen finansiële bydrae tot die projek maak nie) te befonds, het baie teenstand gekry - veral in die Kleinrivier opvanggebied waar grondeienaars in die verlede tot 50% van die koste vir die uitroei van indringerplante gedra het.
Huidige en verwagte toekomstige gebruik
Landbou is die belangrikste waterverbruiker in die opvanggebiede van die Breede-, Riviersonderend-en Palmietrivier. Al hierdie opvanggebiede het in die afgelope jare 'n afname in die hoeveelheid beskikbare water ondervind. Daar kom 'n beperkte hoeveelheid besproeiing in die kusgebied van die Overberg voor - hoofsaaklik in die opvanggebiede van die Bot-, Onrus-, Klein-en Uilkraalsriviere.
Water in die meeste kusdorpe is besig om al skaarser te word. Die bestaande statestieke oor huidige waterverbruik is nie volledig nie, maar die inligting wat wel beskikbaar is word in Tabel 1 hieronder aangedui: (DWW&B 1995, tensy anders aangedui.)
STREEK WATERVERBRUIK (miljoen m3/j)
Dorpe Besproei- Bosbou Indringer- Landelik Oorgedra Totaal ing plante uit WBG
Beraamde waarde: BRBS Fase Een
Gebaseer op die oordragte in 1999: Wes-Kaapse Beplanningsmodel
Die potensiële behoefte aan water vir 2030, nadat verskeie faktore in aanmerking geneem is, word in Besprekingsdokument 1 weergegee en in Tabel 2 gelys. Hierdie wateraanvraag is op die bevindings van die BRBS gebaseer. Die inligting in tabel 2 is meer resent as die getalle wat tans in die Nasionale Waterhulpbron Strategie (NWHS) vervat is en sal inderdaad gebruik word om die inligting in die NWHS mee op te dateer.
STREEK WATERVEREISTES TEEN 2030 (miljoen m3/j)
Dorpe Besproeiing Bosbou Indringer plante Landelik Omgewing Oorgedra uit WBG Totaal
Moontlike toekomstige toename in oordragte uit die Breede WBG is nie in aanmerking geneem nie.
Die meer onlangse (BRBS) beraming van die hoeveelheid water wat in die Breede WBG verbruik word, is gebruik om die finansiële lewensvatbaarheid (verwys na afdeling 3.5) van die OBA te ondersoek. Hierdie syfers word in Tabel 3 weergegee en hierdie syfers (en nie dié van Tabel 1 nie) word gebruik en is verdeel in geregistreerde verbruik, ongeregistreerde verbruik en onregistreerbare verbruik (geskatte syfers).
TABEL 3 Waterverbruiksyfers gebruik vir die finansiële model
Kategorie Verbruik (miljoen m3/j)
Geregistreerde verbruik 704
Munisipaal 45
Nywerheid, Mynbou en Kragopwekking 0
Besproeiing 599
Bosbou 20
Opgaring en ander ekonomiese gebruikers 40
Ander Ongeregistreerde verbruik 0 292
Munisipaal 12
Nywerheid, Mynbou en Kragopwekking 0
Besproeiing 256
Bosbou 10
Opgaring en ander ekonomiese gebruikers 14
Nie verreken nie Onregistreerbare verbruik 0 94
Munisipaal 4
Nywerheid, Mynbou en Kragopwekking 0
Besproeiing 90
Bosbou 0
Opgaring en ander ekonomiese gebruikers 0
Nie verreken nie Totale Verbruik 0 1 090
Huidige oordragte uit die Breede WBG is vir die doel van die finansiële analise op 224 miljoen m3/jaar geskat.
Vergelyking van huidige wateraanvraag en beskikbare hulpbronne
Tabel 4 hieronder dui 'n eerste-orde vergelyking tussen huidige waterverbruik en ekologiese vloeivereistes aan die een kant en die waterhulpbronne in die Breede WBG aan die ander kant (soos in Besprekingsdokument 1 opgeneem) aan. Daar moet kennis geneem word dat die vergelyking nie 'n ware waterbalans aandui nie, aangesien 'n groot gedeelte van die onontwikkelde waterhulpbronne wat in die laaste kolom aangedui word, nie ekonomies ontwikkel kan word nie.
TABEL 4 Vergelyking van huidige watervereistes en beskikbare hulpbronne
STREEK WATERVEREISTE (miljoen m3/j) WATERHULPBRONNE (miljoen m3/j) (1:50 jaar opbrengs)
Huidige water verbruik Binne-stroom vloei-vereistes Totale Aanvraag Grond-water Opbrengs-potensiaal Oppervlak afloop Totale Hulpbron Oorbly-wende Hulpbron
Daar is baie potensiaal vir die verdere ontwikkeling van oppervlakbronne in die Bo-Breederivier en tot 'n mindere mate in die Riviersonderend.
Die oppervlakbronne in die oostelike Overberg vergelyk oor die algemeen swak met dié van die Breede WBG. Dit word weerspieël in die mate waartoe dorpe en plaasgemeenskappe in die Overberg-Oos afhanklik is van die oordrag van water vanaf die Riviersonderend as aanvulling tot bestaande grondwaterbronne.
Buiten die Palmietrivier, word die waterhulpbronne in die westelike Overberg hoofsaaklik ten volle aangewend. 'n Aantal akwifere wat ontwikkel kan word, is in die gebied geïdentifiseer.
Sleutelkwessies rondom waterhulpbronne
Die volgende lys van sleutelkwessies is gedurende die loop van die eerste twee vergaderings van die OBA Verwysingsgroep saamgestel. Enkele byvoegings is gedurende die derde vergadering gedoen. Die eerste weergawe van dié lys is saamgestel na bespreking van die inligting in Besprekingsdokument 1. Bykomende kwessies wat tydens die openbare vergadering oor die voorgestelde Nasionale Waterhulpbronstrategie op 3 Oktober 2002 en die vergadering van die OBA Verwysingsgroep gedurende Desember 2003 geopper is, is ook in hierdie Voorstel opgeneem.
Kwessies van toepassing op alle gebiede
Meer omvattende Reserwebepalings moet vir elke rivierloop, asook die vleilande in die WBG gemaak word, maar veral in die Overberg. Die invloed wat hierdie Reserwes op die hoeveelheid water wat vir ekonomiese gebruik beskikbaar is sal hê, behoort in ag geneem te word. Die behoeftes van die omgewing moet dus nie as bykomend beskou word nie.
Verdere aandag moet aan die stigting van biosfeer-reservate geskenk word, aangesien die omgewing 'n bate is wat onderhou moet word. $ Geen nuwe landbou-aktiwiteite wat met vleilande of riviere sal inmeng behoort toegelaat te word nie. $ Die beskikbaarheid en gehalte van inligting oor grondgebruik verskil van gebied tot gebied in die Breede WBG. Nuwe behuisingskemas en dorpsuitbreidings, sowel as leë erwe wat nog ontwikkel moet word, moet in ag geneem word by die beplanning van waterhulpbronne.
Die riglyne waarvolgens die beplanning van grondgebruik in die Overberg en
Boland Distriksmunisipaliteite se gebiede gedoen word, moet ooreenstem.
Impact Assessments vir voorgestelde ontwikkkelings langs die kus moet ook ondersoek instel na die invloed wat hierdie ontwikkelings op bestaande waterhulpbronne sal hê. Veranderings in grondgebruikspraktyke moet by waterhulpbronbeplanning in ag geneem word en moet ook aan EIAs onderwerp word..
Daar is 'n behoefte aan inligting oor die totale beskikbaarheid van grondwaterbronne in die Breede WBG, asook aan die deurlopende monitering van hierdie hulpbronne. Aandag moet aan die ontsouting van grondwater geskenk word.
In verskeie dele van die Breede WBG, veral die laer rivierlope, kan die byvoeging van fluoried tot oormatige fluoriedladings in die water lei.
Daar is 'n ernstige behoefte aan wateraanvraagbestuur in die landelike en dorpsgebiede. Die gebruik van brakwater vir riool en die hergebruik van grys en swartwater behoort ondersoek te word.
Industriële groei word in die streek benodig en sal ook 'n invloed op waterhulpbronne in die Breede WBG hê. Die invloed wat ekonomiese diversifisering op toerisme en eko-toerisme sal hê, moet aandag geniet.
Die implementering van vorderings vir waterhulpbronbestuur en die afskaffing van subsidies vir infrastruktuur, sal lei tot 'n verhoging in die koste van water vir die landbousektor.
Die huidige en toekomstige ontwikkeling van kleinboere moet in ag geneem word wanneer waterhulpbronbeplanning gedoen word.
Verteenwoordiging moet op die Werk-vir-Water Bestuurskomitee in die
Breede WBG uitgebrei word. Inligting oor die implementering van en vordering met Werk-vir-Water projekte, sowel as oor die soort indringerplante wat 'n probleem in die gebied is, moet meer doeltreffend gekommunikeer word. Vir hierdie doel is daar gereël dat die opvanggebied forums op die
Werk-vir-Water Bestuurskomitee verteenwoordiging geniet.
Aanvullende bronne van befondsing moet vir die Werk-vir-Water projekte gevind word bv deur potensiële finansiële ondersteuning van plaaslike owerhede - soos wat inderwaarheid deur die Overstrand Munisipaliteit gedoen word - te ondersoek.
Meer duidelikheid moet verkry word oor die huidige en moontlike toekomstige wateroordragte uit die opvanggebied.
Vier van die land se mees belangrikste riviermondings kom in hierdie WBG
voor. Teoretiese studies is nie voldoende om die Ekologiese Reserwe van hierdie riviermondings te bepaal nie. Aanvanklike Reserwebepalings moet ten minste uitgevoer word.
Die prosessering van aansoeke vir watergebruikslisensies moet vinniger geskied.
Water wat vir landboudoeleindes beskikbaar gestel word, word op 'n 98%
versekering van lewering bereken, terwyl die landboubedryf self slegs 'n 70%
versekering van lewering vereis. Meer water kan dus aan die landbousektor beskikbaar gestel word.
Daar bestaan kommer oor die indruk wat die Nasionale
Waterhulpbronstrategie geskep het, naamlik dat water maklik van die landbousektor weggeneem kan word.
Die water in die middel en laer lope van die Breederivier is besig om al hoe meer te verbrak. Meer inligting en oplossings is nodig.
Daar sal waarskynlik meer water in die medium tot langtermyn na die Groter Kaapstad Metropool oorgedra moet word.
Dit is noodsaaklik dat die uitroei van indringerplante in die Rviersonderend-en die Laer Breederivier deurlopend voortgesit word. Die gebied rondom
Montagu het ook aandag nodig. Die Keisies-en Kingnariviere droog gedurende sekere dele van die jaar feitlik heeltemal op. $ Die watervereistes van riviermondings sal die potensiële opbrengs van nuwe waterhulpbronne in die Riviersonderend en Laer Breederivier beperk.
Die ekologiese funksionering van verskeie riviere in die vallei sal gerehabiliteer moet word om aan die minimum aanvaarbare vereistes te voldoen.
Grondwaterbronne in die Hexrivier word nie doeltreffend bestuur nie. $ Meer inligting moet oor die Koo-, Montagu-en Barrydalegebiede ingesamel word.
Die wyse waarop natuurlike vloede plaasvind, is deur die konstruksie van die Theewaterskloofdam en verskeie keerwalle in die stelsel beïnvloed. Daar moet stappe geneem word om te verseker dat gereelde vloede op 'n seisoenale basis plaasvind.
Oppervlakbronne is beperk.
Watertekorte word in vinnig-ontwikkelende kusdorpe ondervind. Die waterhulpbronne in die omgewing van sekere dorpe word onder geweldige druk geplaas.
Die landelike watervoorsieningskemas in die Rûensveld word teen of na aan hulle ontwerpkapasiteit benut. $ Ernstige infestering deur indringerplante kom in die die opvanggebiede van die Nuwejaars-, Heuningnes-, Sout-en Karsrivier voor.
Die Zoetendalsvlei en die Heuningnes riviermonding word aan toenemende druk blootgestel as gevolg van swak bestuurspraktyke hoër op in die opvanggebied, veral as gevolg van die gebrek aan fondse vir die uitroei van indringerplante.
Daar is ruimte vir die verdere ontwikkeling van grondwaterbronne, wat metwetenskaplike bestuurs-en moniteringsprogramme sal moet saamval.$ Die moontlikheid om water vir veesuiping en besproeiing vanuit die Kleinrivier na die oostelike Overberg oor te dra, moet ondersoek te word. $ Reserwe bepalings is dringend nodig om die ekologies sensitiewe riviermondings en vleie te bewaar. $ Sommige van bogenoemde en ander kwassies word in 'n verslag met die titel:
Die oppervlakbronne in die gebied is met uitsondering van die Palmietrivier reeds grootliks ontwikkel. Wateroordragte uit die opvanggebied van die Palmietrivier vereis aandag. Wateroordragte van die Kleinrivier vir veesuiping en besproeiing in die Tesselaarsdalvallei moet ondersoek word. 'n Verslag oor die Tesselaarsdalvallei, getiteld Beskrywing van die Tesselaarsdalvallei in die Suid-Wes Kaap, Republiek van Suid-Afrika; met spesiale verwysing na landbou en watervoorsiening, is by die notule van die Breede WBG Belangekomitee se tweede vergadering aangeheg.
Wateraanvraag in kusdorpe is besig om vinnig te styg. Ontwikkeling van onkonvensionele waterhulpbronne, soos die ontsouting van seewater, kan moontlik werkbare oplossings vir hierdie dorpe bied.
Daar is ruimte vir die verdere ontwikkeling van grondwaterbronne. $ Dit is dringend noodsaaklik om die akwafeer wat water aan Stanford en omgewing voorsien te moniteer. $ Reserwe bepalings is dringend nodig om die ekologies sensitiewe riviermondings te bewaar, veral dié van die Bot-en Kleinriviere.
Die Palmiet -en Uilkraalsriviere se riviermondings het ook aandag nodig.
Die uitroei van indringerplante moet voortgesit word.
Aandag moet gegee word aan die moontlikheid om die hoeveelheid water wat uit die Palmiet opvanggebied na die Berg WBG oorgedra word, te beperk. Hierdie water kan eerder plaaslik aangewend word. Die Palmietrivier lewer byvoorbeeld alreeds 'n belangrike bydrae tot landbou-aktiwiteite in die Elgin-en Grabouwgebiede.
Ontwikkeling vind steeds in sekere gebiede soos Hermanus plaas, ten spyte van beperkte hulpbronne.
Sleutelkwessies ten opsigte van bestuur en finansies
Die volgende lys van sleutel bestuurs-en finansiële kwessies is gedurende die tweede en derde vergaderings van die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep, en na aanleiding van Besprekingsdokument 2, geïdentifiseer. Verdere kwessies is by die openbare vergadering oor die voorgestelde Nasionale Waterhulpbronstrategie op 3 Oktober 2002 en die OBA Verwysingsgroep se vergadering op 3 Desember 2003 geïdentifiseer en by hierdie Voorstel ingesluit: $ Die totale volume water wat toegewys kan word moet vasgestel word, m.a.w.
die Reserwe en die vlakke waarop watervoorsiening verseker moet word moet in ag geneem word.
Daar moet 'n duidelike beeld van die huidige en moontlike toekomstige gebruik gevorm word. Dit is byvoorbeeld nodig dat 'n analise gedoen word van die wyse waarop water aangewend word ; deur te kyk na die huidige en beplande ekonomiese ontwikkeling per sektor. Uitsluitsel moet verkry word oor die behoeftes van al die gebruiker-sektore aan wie die OBA water sal moet toedeel.
Sleutel hulpbronkwessies moet tydens die beplanning vir die bestuur van die opvanggebied in ag geneem word. Die verband tussen die ontwikkeling van 'n opvanggebied bestuurstrategie en die ontwikkeling van waterdienste moet uitgewys word.
Die voorgestelde OBA behoort 'n rol te speel in die besluitneming oor die oordrag van water, in terme van die Nasionale Waterhulpbronstrategie, vanuit sy WBG. Die WBG waarheen water oorgedra word, moet 'n bydrae lewer tot die bestuurskoste van die OBA wat die water oordra, asook die nodige infrastruktuur vir die oordrag finansier. Die ekologiese gevolge van sulke oordragte moet in ag geneem word aangesien die oprigting van tussen-opvanggebied oordragskemas 'n aktiwiteit is wat in die Wet op Omgewingsbewaring gelys word.
Strategieë vir waterbewaring en -aanvraagbestuur moet geformuleer en geïmplementeer word. Meganismes wat waterbesparing aanmoedig behoort hierby ingesluit te word.
Die provinsiale regering, plaaslike owerhede en WGVs se insette is noodsaaklik vir die doeltreffende bestuur van hulpbronne.
Die voorgestelde OBA sal daadwerklik moet poog om doeltreffende samewerkende bestuur ten op sigte van water-en grondgebruiksbeplanning te ontwikkel.
Dit is noodsaaklik dat 'n analise van al die voorgestelde funksies, met hul verwante koste beskikbaar is. $ Die funksies van die nuwe OBA moet geleidelik in gefaseer word. $ Die voorgestelde OBA sal tegniese bestuur op 'n gevorderde vlak vereis. $ Algemene bestuursvaardighede wat tegniese, finansiële en verhoudings-
vaardighede insluit, sal besonder belangrik wees in die operasionele struktuur van die OBA.
Die kantore en sekretariaat van die OBA moet binne die WBG gesetel wees. Dit sal werksgeleenthede in hierdie gebied skep, waar mense dikwels in posisies staan waar hulle vermoë nie benut is nie.
Die OBA Verwysingsgroep moet die aanvanklike funksies en personeelvereistes vir dié doel as deel van die ontwikkeling van hierdie Voorstel, identifiseer. Na die stigting van die OBA, sal die funksies en personeelvereistes in konsultasie met die DWW&B verder ondersoek word.
Daar bestaan 'n vraag rondom wie van die OBA, WGVs, waterrade, plaaslike owerhede of waterdienste-instellings in die toekoms vir die ontwikkeling van waterskemas verantwoordelik sal wees. Daar is beduidende meriete in om, waar moontlik, bestaande instansies en kapasiteit te benut. Die OBA behoort op die bestuur van water eerder as die ontwikkeling van infrastruktuur te konsentreer.
Die rol van die OBA ten opsigte van operasionele kwessies moet uitgeklaar word, byvoorbeeld die mate waartoe die OBA by die daaglikse bestuur van infrastruktuur soos die bestuur van damme betrokke sal wees. Dit is onwaarskynlik dat die OBA direk by die bestuur van damme betrokke sal wees, maar dit sal wel oor die nodige operasionele kapasiteit moet beskik om daardie bestuursfunksies wat aan die OBA gedelegeer of toegewys word, te kan uitvoer.
Meer inligting is nodig oor die omvang van waterhulpbron bestuursvorderings in die besproeiingsektor. (Hierdie inligting is by die Voorstel ingesluit.)
Omstandighede waaronder water gratis verskaf moet word, moet uitgestippel word.
n Kommunikasiestrategie moet ontwikkel word om inligting oor waterhulpbron bestuursvorderings, asook wanneer vorderings uiteindelik geïmplementeer sal word, oor te dra. Die datum waarop betalings vir die eerste keer gemaak moet word, sowel as die redes daarvoor en die voordele verbonde aan die betaling van hierdie vorderings, moet deur middel van 'n doelgerigte kommunikasieveldtog bekend gemaak word. So 'n kommunikasie veldtog is uitgevoer.
Vorderings ten opsigte van waterhulpbron-ontwikkeling sal slegs gebruikers wat direk by die spesifieke ontwikkeling baat, affekteer. Ontwikkelaars van nuwe infrastruktuur sal die aanvangskapitaal moet vind en toepaslike strategieë moet ontwikkel om die koste te verhaal. Die totale koste vir die ontwikkeling van water-infrastruktuur, bestuurskoste ingesluit, sal van watergebruikers verhaal moet word.
Boere het in die verlede self vir hulle infrastruktuur betaal. Die vraag het dus onstaan waarom boere watergebruiksvorderings moet betaal, as die DWW&B
aandui dat watergebruiksvorderings nie vir die betaling van water is nie, maar wel vir die oprigting van infrastruktuur.
Die DWW&B behoort 'n sosio-ekonomiese ondersoek na die potensiële invloed van verhoogde watergebruiksvorderings te loods.
Meer inligting is nodig oor die voorgestelde ekonomiese vordering en tot wie se voordeel hierdie vordering aangewend sal word.
Overberg OBA oorgeneem word, moet die implikasies vir die befondsing van die uitroei van indringerplante, sowel as die monitering daarvan, in ag geneem word. Bykomende bronne van befondsing moet vir die Werk-vir-
Waterprojekte gevind word. Die potensiaal van finansiële ondersteuning deur die plaaslike owerheid moet byvoorbeeld ondersoek word. 'n Verdere beskrywing van finansiële kwessies word later gegee.
Die Werk-vir-Waterprojekte in die Breede WBG behoort dieselfde befondsing uit die nasionale regering se Armoedeverligtingsfonds te kry as die ander
Die DWW&B en/of die voorstelde OBA behoort met munisipaliteite saam te werk om te verseker dat die gevolge van groot infrastruktuur-ontwikkelings in waterskaars gebiede, veral langs die kus, begryp word en dat alternatiewe waterbronne ondersoek word. Watergebruikslisensies wat deur munisipaliteite uitgereik word, behoort aan waterdienste ontwikkelingsplanne gekoppel te word en laasgenoemde moet die nodige aandag aan waterbewaring-en wateraanvraag bestuurskwessies wy.
Daar word aangeneem dat droogte-en vloedverligting altyd deur die Sentrale
Regering gestel sal word en nie die OBA nie.
Die manier waarop rekeninge tans uiteengesit en gehanteer word is geweldig gebruiker-onvriendelik" en veroorsaak baie negatiewe gevoelens. Hierdie situasie moet reggestel word voordat die verrekeningsfunksie aan die OBA
oorhandig word.
Voorgestelde delegering van funksies
Die OBA Verwysingsgroep het die volgende funksionele kategorieë in ag geneem (verwys na Besprekingsdokument 3):
TABEL 5 Moontlike OBA Funksies en Bestuursaktiwiteite volgens Bedryfsgebied
Bedryfsgebied Funksies en Bestuursaktiwiteite
Ontwikkel Beleid en Strategie
Langtermyn strategiese beplanning van die OBA
Bepaal hulpbron-spesifieke maatstawwe (waar van toepassing)
Ondersteun Waterbestuurs-instellings en organisasies
Skep en ondersteun deelnemende liggame soos forums (en verseker deelname)
Identifiseer belanghebbendes ten opsigte van waterhulpbronbestuur
Ontwikkel samewerkende bestuur en vestig vennootskappe met die gemeenskap en die privaatsektor
Bou kapasiteit binne waterbestuursinstellings en opvanggebied forums
Ondersteun / adviseer aangaande waterhulpbronbeplanning en bestuursaktiwiteite
Onderneem noodingryping en ondersteun organisasies
Verseker deurlopende kommunikasie met die breër publiek.
Reguleer watergebruik
Registreer watergebruik
Stel watergebruiksvorderings vas, stuur rekeninge uit en vorder betalings in
Moniteer vereistes vir magtiging
Verseker voldoening aan vereistes (insluitend wetstoepassing)
Fisiese implementering
Implementeer waterbewaringsprogramme
Implementeer intervensies by die bestuur van wateraanvraag
Rehabiliteer waterhulpbronne (soos rivieroewers en vleilande)
Bedryf en onderhou waterhulpbron-stelsels
Ontwikkel waterhulpbron-infrastruktuur in enkele gevalle (ontwerp en konstruksie)
Noodintervensie optredes (insluitend rampbestuur)
Bestuur inligting
Ontwikkel en onderhou databasisse (kwaliteitsbeheer ingesluit)
Handhaaf inligtingbestuur-en evalueringstelsels
Onderneem behoeftebepalings en identifiseer waterhulpbronprobleme
Kommunikeer met belanghebbendes en samel algemene inligting in
Ouditeer bestuur van waterhulpbronne
Onderneem waterhulpbronbestuur-oudits, volgens spesifieke doelwitte
Onderneem finansiële en organisatoriese oudits van waterbestuursinstellings
Onderneem oudits van funksionele prestasie
Formuleer en fasiliteer korrektiewe aksies
Voorsien
Voorsien sekretariële ondersteuning aan die Bestuursraad korporatiewe
Voorsien administratiewe ondersteuning aan alle funksionele afdelings dienste
Bestuur menslike hulpbronne
Verseker finansiële bestuur van die organisasie
Voorsien regsondersteuning aan al die funksionele afdelings
Die OBA Verwysingsgroep het voorsien dat die delegering van funksies volgens die volgende generiese fases sou plaasvind (sommige hiervan kan oorvleuel):
Aanvangsfase:
Hierdie fase is op die aanvanklike funksies van die OBA gerig, wat waterhulpbronstrategie, institusionele koördinering, samewerkende bestuur, kommunikasie met belanghebbendes en administratiewe aktiwiteite behels.
Hierdie fase is daarop gerig om verantwoordelikheid vir die verrekening en invordering van watergebruiksvorderings te neem en vereis finansiële vaardigheid, die registrasie van watergebruikers en 'n gevorderde gebruikerregister.
Inligtingfase:
Hierdie fase is daarop gefokus om verantwoordelikheid vir monitering-en inligtingstelsels te neem, sowel as om waterhulpbronne en die bestuur van waterhulpbronne te ouditeer. Tegniese kapasiteit ten opsigte van waterhulpbronne en inligtingstegnologie, asook organisatoriese en finansiële vaardighede om waterbestuurs-instellings te kan ouditeer, word hier vereis.
Implementeringsfase:
Hierdie fase is daarop gefokus om verantwoordelikheid te neem vir die fisiese bestuursaktwiteite ten opsigte van waterhulpbronne, soos uiteengesit in Skedule 3 van die Nasionale Waterwet, en vereis multi-dissiplinêre tegniese vaardigheid in alle aspekte van waterhulpbronbestuur.
Verantwoordelike owerheid fase:
Gedurende hierdie fase word verantwoordelikheid geneem vir die magtiging (lisensiëring, ens) en beheer van watergebruik en word spesifieke wetlik-tegniese vaardighede vereis wat ondersteun word deur die tegniese, finansiële en organisatoriese ontwikkeling en die administratiewe vordering van die ander fases.
Die OBA Verwysingsgroep is van mening dat die OBA hierdie fases oor 'n tydperk van 10 jaar kan infaseer. Die eerste drie fases sal gedurende die eerste vyf jaar van die OBA se bestaan onderneem word; waar die aanvangsfase in jaar een sal begin en in jaar twee voortgesit sal word. Die finansiële fase sal waarskynlik nie voor die helfte van jaar twee bereik word nie.
Daar word verwag dat die implementeringsfase teen jaar vyf 'n aanvang sal neem, maar gedurende jare ses en sewe sal voortduur. Die "verantwoordelike owerheid" fase kan in realiteit nie voor jaar ses aangepak word nie. Die OBA Verwysingsgroep verwag dat hierdie fase teen jaar tien voltooiing sal bereik. Die voorgestelde OBA behoort teen daardie tyd al sy gedelegeerde en toegewysde waterhulpbron bestuursmagte en -funksies te kan verrig.
Die voorgestelde institusionele ontwikkeling word meer breedvoerig in afdeling 3.3 hieronder beskryf.
Voorgestelde institusionele ontwikkeling
Daar word voorgestel dat die Breede-Overberg OBA die aanvanklike funksies, soos omskryf in Artikel 80 van die Nasionale Waterwet, reeds by die stigting daarvan begin uitvoer. Om hierdie doel te bereik, moet die verteenwoordigings (oftewel bestuurs-) strukture van die OBA in plek wees sodra die Minister die OBA formeel tot stand bring. 'n Koördinerende operasionele struktuur, wat direk met die DWW&B: Wes-Kaap skakel en aanvanklik die meeste operasionele ondersteuning sal lewer, moet in plek gestel word.
Die delegering en toewysing van funksies soos aangedui in hoofstuk 2 en Artikels 72 en 73 van die Nasionale Waterwet, sal waarskynlik oor 'n tydperk van tien jaar plaasvind. Die operasionele kapasiteit van die OBA sal ter voorbereiding van die voorgenome delegering of toewysing van funksies ontwikkel moet word en gebaseer word op implementeringsprogramme wat deur die voorgestelde bestuursraad van die OBA goedgekeur word.
Verteenwoordigings-of bestuurstrukture
Daar word voorgestel dat die Breede-Overberg OBA ten minste twee Opvanggebied Bestuurskomitees (OBKs) stig, naamlik een vir die Breederiviervallei en een vir die Overberg. Dié komitees sal as beheerliggame optree vir die doel van opvanggebied bestuursbeplanning en die implementering en monitering van hierdie bestuursplanne. Al die geïdentifiseerde watergebruiker-en belangegroepe, asook die geografiese sub-streke, behoort op hierdie OBKs verteenwoordiging te geniet. Sodoende word daar verseker dat al die relevante perspektiewe in ag geneem word wanneer eerste-orde beplanning vir elke hoof sub-streek in die Breede WBG gedoen word. Die toekomstige bestuursraad van die Breede-Overberg OBA mag versoek dat genoeg bestuursraadslede op die OBKs dien om die komitees in staat te stel om gedelegeerde magte en funksies waar te neem. Hierdie faktor kan dalk die aantal OBKs wat gestig sal word, beperk.
n Afsonderlike voorlegging waarin die lidmaatskap van die toekomstige Breede-Overberg OBA Bestuursraad bespreek word, sal deur die Adviserende Komitee vir die Bestuursraad ingedien word. Hierdie Adviserende Komitee moet nog in ooreenstemming met artikel 81 en hoofstuk 9 van die Nasionale Waterwet saamgestel word.
en 81 van die Nasionale Waterwet). $ Twee of meer OBKs (saamgestel soos voorgeskryf in artikel 82 van die Nasionale Waterwet). $ Spesialis bestuurskomitees (saamgestel soos voorgeskryf in artikel 82 van die Nasionale Waterwet. $ Breede-Overberg Belangekomitee 'n nie-statutêre, adviserende forum. $ Watergebruiker-en belangegroepe in die Breederiviervallei en die Overberg volgens sektore en geografiese streke georganiseer: (Geografiese streke en sommige sektore kan moontlik met verloop van tyd in die vorm van watergebruikerverenigings georganiseer word, soos in hoofstuk 8 van die Nasionale Waterwet beskryf).
Die OBA Bestuursraad sal verantwoordelik wees vir al die aktiwiteite van die Breede-Overberg OBA, maardat al die liggame wat hierbo genoem is aktief aan die beplanning en monitering van die beplande OBA se aktiwiteite deelneem. Die voorgestelde verband tussen die onderskeie liggame wat 'n aandeel aan die bestuursbeplanningsproses in die opvanggebied sal hê, word in figuur 3 grafies voorgestel (operasionele en tegniese ondersteuning ingesluit):
Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede WBGAugustus 2004Bladsy 36
Maatreëls vir operasionele en tegniese ondersteuning
Vir die doel van kosteberekening is drie moontlike benaderings tot operasionele en tegniese ondersteuning ontwikkel. Hierdie opsies is op 'n hipotetiese ontwikkelingsproses wat oor 'n tydperk van tien jaar sou plaasvind, getoets. Ander opsies, permutasies en ontwikkelingstempo's, wat nie noodwendig hier oorweeg is nie, kan op die drie opsies toegepas word. ('n Verandering in omstandighede kan die OBA motiveer om tussen opsies te skuif.)
Geen oorplasing van funksies sal plaasvind sonder die moontlikheid dat personeel wat spesifiek by die funksie betrokke is, oorgeplaas kan word nie."
Die Konsep Nasionale Beleid vir Implementering van Opvanggebiedbestuur in Suid-Afrika bevat 'n soortgelyke beginsel:
Personeel van die DWW&B wat reeds daardie funksies vervul wat oorgeplaas gaan word, moet voorkeur geniet vir oorplasing na die OBA. Eksterne werwing mag slegs plaasvind nadat bestaande personeel ten volle aangewend is."
Daar is heelwat praktiese probleme aan die implementering van sulke beleidsbeginsels verbonde. Die moontlike indiensneming van die DWW&B se personeel sal dus per geval deur die DWW&B en die voorgestelde OBA Bestuursraad bespreek moet word.
Die OBA kan sekere magte en gepaardgaande funksies aan ander waterbestuurs-instellings met bewese tegniese en administratiewe kapasiteit, soos bv WGVs, herdelegeer.
Sekere nie-kern funksies kan deur middel van die inkontraktering van diensteverskaffers en tegniese spesialiste of die uitkontraktering van dienste aan bestaande organisasies sonder winsbejag uitgevoer word. In sulke gevalle doen die OBA nie van sy magte of pligte afstand nie, maar wend die OBA eksterne vaardighede en hulpbronne aan soos wat dit nodig is. Die volgende funksies kan byvoorbeeld uitgekontrakteer word:
Die samestelling van spesifieke gedeeltes van die opvanggebied bestuurstrategie.
Spesifieke take verbonde aan die implementering van die opvanggebied bestuurstrategie.
Die samestelling en onderhoud van 'n GIS databasis vir die WBG, gebaseer op inligting oor die status van die opvanggebied wat in gewin is ter voorbereiding van die strategiese ontwikkelsproses.
Die samestelling en onderhoud van toepaslike hidrologiese modelle vir die opvanggebied en vir rivierstelsels in die WBG.
Die neem van roetine stroomvloeimetings en watermonsters. (Die evaluering van monsters behoort intern deur die OBA of die DWW&B gedoen te word.)
Sekere nie-kern funksies, soos openbare deelname en deurlopende opvoeding van die publiek oor waterhulpbronbestuur, kan ook uitgekontrakteer word.
Potensiële uitkontraktering moet aan 'n koste-voordeel analise, wat finansiële, maatskaplike en organisatoriese kriteria in ag neem, onderwerp word om te verseker dat dit meer waarde tot die WBG toevoeg as om interne personeel aan te stel. $ 'n Aangrensende OBA, soos die Berg OBA, kan sekere funksies namens die voorgestelde Breede-Overberg OBA, sonder herdelegering van magte tussen die twee OBAs, waarneem.
Verskeie kombinasies vir die aanwending van bogenoemde hulpbronne is moontlik.
Die DWW&B: Wes-Kaap sal as die de facto OBA optree totdat die Breede-Overberg OBA gestig is en sal voortgaan om funksies te vervul en magte uit te oefen totdat hierdie magte en pligte amptelik aan die voorgestelde OBA gedelegeer of toegewys is. Gedurende die eerste paar bestaansjare sal die OBA die operasionele ondersteuning van die DWW&B: Wes-Kaap vir selfs sy aanvanklike funksies nodig hê. 'n Voorstel vir die sekondering van daardie personeel wat tans by die Breede WBG betrokke is vanaf die DWW&B: Wes-Kaap na die OBA, is reeds voorgelê. Gesêkondeerde personeel kan heel waarskynlik hulle bestaande aktiwiteite ten opsigte van daardie magte en funksies wat nog nie aan die OBA gedelegeer of toegewys is nie, met hul ondersteuning aan die nuwe OBA kombineer. Hoewel so 'n reëling voordelig kan lyk, sal die struktuur waarbinne verantwoording gedoen word sorgvuldig saamgestel moet word, aangesien sulke personeel streng gesproke steeds direk aan die DWW&B moet verslag doen oor magte en funksies wat nog nie oorgedra is nie.
Daar kan ook oorweeg word om eerder dadelik personeel oor te plaas en bykomende personeel slegs aan te stel wanneer die bestaande personeel nie meer die kapasiteit het om die toenemende delegering van funksies te hanteer nie.
Drie verskillende benaderings tot operasionele en tegniese ondersteuning vir jare 2, 5 en 10 word hieronder uiteengesit. Twee potensiële scenarios wat as wegspringblok vir enige van die drie benaderings gebruik kan word, word op een diagram aangedui. Hierdie benaderings tot operasionele en tegniese ondersteuning is ontwikkel om die finansiële lewensvatbaarheid van die voorgestelde Breede-Overberg OBA te bepaal.
Figuur 4 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 1
Figuur 5 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 1)
Figuur 6 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 2) Figuur 7 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 3)
Figuur 8 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 5 (Opsie 1)
Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede WBGAugustus 2004Bladsy 41
Figuur 9 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 5 (Opsie 2)
Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede WBGAugustus 2004Bladsy 42
Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede WBGAugustus 2004Bladsy 43
Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede WBGAugustus 2004Bladsy 44
Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede WBGAugustus 2004Bladsy 45
Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede WBGAugustus 2004Bladsy 46
Institusionele en tegniese lewensvatbaarheid
Daar is 'n verskeidenheid van organisasies en instellings, insluitende regeringsliggame, wat reeds aktief by verskillende aspekte van waterhulpbronbestuur betrokke is. Die gekompliseerde wyse waarop die funksies van hierdie instellings en organisasies met mekaar verweef is, word deur 'n tabel in Bylae 4 van Besprekingsdokument 2 geillustreer. (Verwys na Bylae E van hierdie Voorstel.)
Die nuwe bestel vir plaaslike owerhede maak dit moontlik dat waterdienste meer rasioneel bestuur kan word, maar daar is nog onsekerheid oor die verdeling van plaaslike regeringsfunksies en toegang tot die inkomste wat deur spesifieke funksies gegenereer word. Distriks-en plaaslike munisipaliteite is nog besig om te transformeer en daar bestaan 'n mate van onsekerheid by personeel oor hul toekomstige rolle en verantwoordelikhede - en selfs oor werksversekering. Die voorgangers van die Boland, Overberg en Tuinroete/Klein Karoo Distriks-munisipaliteite was sterk instellings wat heelwat aandag aan beplanning gegee het. Daar is huidiglik nie enige aanduiding dat die nuwe distriksmunisipaliteite swakker organisasies as hulle voorgangers sal wees nie.
Ontwikkelingsplan (GOP), word volgens 'n aantal beplanningsinisiatiewe van die Wes-Kaapse
Provinsie gedoen. Die sluit die Wes-Kaapse Bio-streek Beplanningstudie, die Provinsiale
Ruimte-ontwikkelingsraamwerk, die Konsepbeleid vir die Vestiging van Plaaswerkers en die
Konsepbeleid vir die Stigting van Landbouhoewes aan die Buitewyke van Dorpe in.
Ruimtelike ontwikkelingsplanne word ook tans vir die meeste van die plaaslike munisipaliteite saamgestel. As gevolg van die GOP-prosedures wat in elke plaaslike en distriksmunisipaliteit gevolg word, is daar besig om 'n groeiende sinergie ten opsigte van beplanningsaktiwiteite tussen die plaaslike en provinsiale regerings in die Breede WBG te ontstaan.
Besprekingsdokument 2 in Bylae E bevat meer inligting oor die spesifiekebesproeiingsrade wat by elk van hierdie WGVs ingesluit is. Die groter WGVs is besigom kapasiteit te bou wat van groot nut vir waterhulpbronbestuur in die Breede WBGkan wees. Die Sentraal-Breede WGV kan byvoorbeeld data-insameling eninvorderingsdienste lewer, asook potensieel die verantwoordelikheid vir 'nverskeidenheid bestuursaktiwiteite namens die voorgestelde OBA dra. Daar is 'naantal geografiese gebiede wat in nuttige waterhulpbron-bestuursvennote kanontwikkel, afhangende van hoe hulle oorskakeling na WGVs verloop. Voorbeeldehiervan is die Hexrivier Opvanggebied (die Hexrivier Besproeiingsraad bestaanreeds) en die Palmietrivier Opvanggebied.
Overberg Water is die enigste waterraad wat in die Breede WBG werksaam is. Die aanduiding is dat hierdie waterraad die volgende dienste kan lewer: waterhulpbronbestuur, grondwaterbestuur, watersuiwering, waterverspreiding (groot-en kleinmaat), vordering van gelde (rekeninge), netwerkbestuur, netwerk-optimisering en bestuursdienste ten opsigte van waternetwerke, finansiële bestuur, menslike hulpbronne, kommunikasie en openbare betrekkinge, waterverwante konsultasie-dienste, telemetrie-dienste en aanvraagbestuursdienste.
Verskeie ervare ingenieurs, landboukundiges, geohidroloë, ekoloë en omgewingskundiges is in die Breede WBG en die aangrensende Berg WBG werksaam. Heelwat van hierdie diensteverskaffers was reeds betrokke by studies wat deur die DWW&B onderneem is en waarvan die inligting as basis gedien het vir die beplanning in verskeie opvanggebiede en wat in hierdie Voorstel opgeneem is.
Die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad (WKNBR) is die owerheid verantwoordelik vir die bewaring van die natuur-erfenis in die Wes-Kaap. Die doelwitte van die WKNBR is om ekologiese stelsels en prosesse te behou, genetiese diversiteit te bewaar en die potensiële invloed van ontwikkeling op die omgewing te bestuur. In die Breede WBG is die WKNBR verantwoordelik vir die bestuur van nagenoeg 252 470 hektaar staatsgrond in bergagtige opvanggebiede en ander bewaringsgebiede, asook 254 760 ha verklaarde bewaringsgebiede op privaatgrond in bergagtige opvanggebiede. Dit sluit bergagtige streke soos die Kogelberg en Riviersonderend bergreekse, sowel as dele van die Hottentots-Holland, Groot Winterhoek, Matroosberg, Witzenberg en Langeberg bergreekse in. Die primêre bestuursdoelwit in hierdie opvanggebiede is om dit as geïntegreerde stelses te bestuur wat die handhawing van biodiversiteit en ekologiese prosesse betref. Dit impliseer die handhawing van 'n dinamiese stelsel deur 'n beperking te plaas op onomkeerbare mensgemaakte veranderinge en sodoende te verseker dat soveel moontlik volhoubare, skoon en slikvrye water beskikbaar is.
Die WKNBR is die vernaamste implementeringsagent van die Werk-vir-Waterprogram in die Breede WBG en bestuur sestien projekte ter waarde van nagenoeg R20 miljoen per jaar. Hierdie gebiede val beide binne en buite verklaarde bewaringsgebiede. Die WKNBR speel verder 'n belangrike rol om die algemene publiek, grondeienaars en plaaslike owerhede oor indringerplante en die beheer daarvan in te lig.
Buiten die formele WKNBR-bewaringsgebiede, is daar ook ander bewaringsgebiede wat deur rolspelers in die WBG bestuur word. Dit sluit die Kogelberg Biosfeer-reservaat en die talle bewareas wat besig is om in die Overberggebied te ontstaan in.
Daar is drie universiteite in die nabye omgewing van die Breede WBG, naamlik die Universiteit van die Wes-Kaap, Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad. Hierdie universiteite beskik oor heelwat kennis wat vir verskillende beplannings-en ondersteuningsaktiwiteite aangewend kan word. Hierdie spesialiskennis is reeds tydens waterhulpbronstudies in die Breede WBG aangewend. Nasionale wetenskaplike organisasies soos die Wetenskaplike en Nywerheid Navorsingsraad (WNNR), die Landbou Navorsingsraad (LNR) en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het ook kantore in die omgewing van die Breede WBG en kan moontlik ondersteuning bied. Sommige van hierdie instansies het reeds aan waterhulpbronstudies in die Breede WBG deelgeneem.
Die DWW&B: Wes-Kaap is herstruktureer om die toedeling van personeel aan die verskillende WBGs moontlik te maak. So is daar nou 'n personeelspan by die DWW&B: Wes-Kaap wat spesifiek aan die Breede WBG toegewys is vir die implementering van die Nasionale Waterwet en die Wet op Waterdienste.
As gevolg van die groot hoeveelheid kundigheid wat reeds binne of naby die Breede WBG bestaan, behoort dit nie moeilik te wees om personeel met die geskikte kwalifikasies te werf nie.
Die Breede en Berg WBGs bevat ook sommige van die mees gesogte woongebiede in die land, wat 'n belangrike trekpleister kan wees wanneer die voorgestelde OBA poog om werknemers van buite die Wes-Kaap te werf.
Laastens kan die Breede WBG staat maak op die kennis oor waterhulpbronbestuur wat deur 'n wye verskeidenheid van rolspelers opgedoen is na aanleiding van hul deelname aan die verskillende waterhulpbronstudies en die proses waarvolgens hierdie Voorstel ontwikkel is.
Daar word voorgestel dat 'n buigsame proses vir die institusionele ontwikkeling van die OBA gevolg word. Dit beteken dat daar onderhandeling tussen deelnemende partye moet plaasvind en dat kapasiteit bepaal moet word voor die delegering of toewysing van magte en funksies na die OBA en ander waterbestuurs-instellings. Alle uitkontraktering sal aan 'n tenderproses onderwerp word sodat vermoëns bepaal kan word en deursigtige en regverdige aanstellingspraktyke gevolg word.
Die aanstelling van personeel is onderworpe aan die nasionale arbeidswetgewing en toekomstige wysigings daarvan. Dit sluit die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Arbeidsverhoudinge, die Wet op Vaardigheidsontwikkeling en die Wet op Gelyke Werksgeleenthede in. Hierdie wette het nie net die grondslag vir regverdige arbeidspraktyke gelê nie, maar spreek ook die ongelykhede van die verlede aan. Dit bied ook 'n raamwerk vir die ontwikkeling van die vaardighede en kapasiteit vir die personeel van die voorgestelde OBA.
Dit is noodsaaklik dat die Bestuursraad van die Breede-Overberg OBA 'n grondwet aanvaar wat gebou is op die beginsels wat in die Handves vir Menseregte (Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet Nr. 108 van 1996) en in die Nasionale Waterwet (Wet Nr. 36 van 1998) vervat is. Hierdie grondwet sal as raamwerk dien vir deelname deur alle watergebruikers en belangegroepe om sodoende gelyke ontwikkeling te bevorder terwyl voorsorg getref word dat die omgewing en maatskaplike stelsels behoue bly.
Daar sal baie noue samewerking tussen die OBA en die DWW&B: Wes-Kaap moet wees. Hierdie samewerking sal gereelde vergaderings tussen die OBA se Bestuursraadslede, personeel van die OBA en personeel van die DWW&B behels. Vergaderings kan geformaliseer word deur 'n Uitvoerende Komitee saam te stel wat uit beamptes van die DWW&B, die hoof uitvoerende beampte van die OBA en senior OBA-personeel bestaan. Een of twee lede van die OBA Bestuursraad behoort op grond van die strategiese rol wat die raad speel, ook op die Uitvoerende Komitee te dien. 'n Uitvoerende Komitee sal 'n handige forum skep vir die ontwikkeling van programme vir kapasiteitsbou en die beplanning vir die verdere uitbouing van die OBA se operasionele kapasiteit. Dit sal die OBA in staat stel om sy aanvanklike funksies beter te verrig en die OBA voorberei op die delegering of toewysing van verdere magte en funksies.
Die sekondering van daardie personeel by die DWW&B: Wes-Kaap wat tans aan die Breede WBG toegewys is na die voorgestelde OBA, sal help om beter samewerking te verseker, maar daar moet sorgvuldig na die lynfunksie van hierdie personeel gekyk word, veral ten opsigte van funksies wat nog nie aan die OBA gedelegeer of toegewys is nie.
Wanneer aanwending van eksterne diensteverskaffers oorweeg word, sal die voorgestelde OBA moet verseker dat al die koördinerende funksies by die OBA bly.
Finansiële lewensvatbaarheid n Finansiële model wat in opdrag van die Waternavorsingskommissie deur die Palmer Ontwikkelingsgroep ontwikkel is, is gebruik om die finansiële implikasies van die drie finansiële opsies, wat by die vierde vergadering van die OBA Verwysingsgroep geformuleer is, te bereken. Hierdie model is spesifiek vir die berekening van waterhulpbron bestuursvorderings ontwerp en kan na gelang van enige kombinasie van aannames en prysbeleid aangepas word. ('n Voorbeeld van die finansiële model is in Bylaag G opgeneem.)
Sedert die aanvanklike voorlegging van die Voorstel is die waterhulpbron bestuursvorderings, wat in 2002/03 van krag geword het, deur die DWW&B ingestel. Hierdie vorderings is by vergaderings van opvanggebied forums en watergebruikerverenigings, sowel as by die openbare vergadering oor die NWHS wat gedurende Oktober 2002 in Goudini gehou is, bespreek. Die metode waarop hierdie vorderings vasgestel is, het heelwat verskil van die wyse waarop die Palmer Ontwikkelsgroep die vorderings bereken het. Dit het tot gevolg gehad dat die wyse waarop die vorderings aanvanklik in hierdie Voorstel bereken is, aangepas moes word en dat die finansiële implikasies en finansiële lewensvatbaarheid van die OBA herbereken moes word.
Artikel 5 van die Nasionale Waterwet, asook die Prysstrategie vir Vorderings op Rouwater (Staatskennisgewing nr. 1353 van 12 November 1990) voorsien riglyne ten opsigte van die prysbenaderings wat gevolg moet word en beïnvloed dus sommige van die aannames wat gemaak is.
Die beoordeling van die finansiële lewensvatbaarheid is op die volgende algemene aannames gebaseer:
Die onkoste van hidrologiese studies en monitering is nie by die model ingesluit nie. Daar word aanvaar dat die hidrologiese funksie nie na die OBA oorgedra sal word nie. Daardie gedeelte van die hidrologiese aktiwiteite se koste wat direk verband hou met die operasionele bestuur van skemas in die opvanggebiede van die Breede WBG, is tans ingesluit by die water-ontwikkelingsvorderings wat op hierdie skemas van toepassings is.
Die amptelike hoeveelheid toedeelbare water wat beskikbaar is moet nog vasgestel word, met in agneming van die toepaslike vlakke vir versekering van lewering. Hierdie sal die hoeveelheid water wees wat in die berekening van die waterhulpbron bestuursvorderings gebruik word. Die mees onlangse inligting wat deur die Breederivierkomstudie (BRBS) beskikbaar gestel is, is gebruik om 'n beraming te maak van die hoeveelheid water wat beskikbaar is. Hoewel hierdie hoeveelhede aansienlik verskil van die hoeveelhede wat in die NWHS aangedui word, word dit deur die DWW&B as die mees betroubare getalle beskou. Daar is intussen 'n versoek gerig dat die NWHS se hoeveelhede aangepas moet word om die inligting wat deur die BRBS bereken is, te weerspieël. Aangesien die hoeveelheid geregistreerde watergebruik nog steeds die volume beskikbare water oorskrei, word daar aanvaar dat geen subsidie vir ontoegedeelde water deur die DWW&B aan die OBA betaalbaar sal wees nie.
Daar word aanvaar dat 90% van die bydrae deur die besproeiingsektor tot die Werk-vir-Waterprogram nog steeds gedurende die eerste 10 jaar van die OBA se bestaan deur die DWW&B gesubsidieer sal word.
Daar word aangeneem dat die huidige vlak van uitgawes aan die Werk-vir-Waterprogram in die Breede WBG dieselfde sal bly gedurende die eerste 10 jaar van die OBA se bestaan.
DWW&B se beleid bepaal dat 'n WBG wat water van 'n ander WBG ontvang, die volle koste van die water wat deur daardie WBG beskikbaar gestel word, sal betaal. Die volume water wat vir die doel van besproeiïng en munisipale gebruik oorgedra word, sal as gevolg van die verskil in vorderings vir hierdie twee gebruikskategorieë, afsonderlik verreken word.
Nywerhede word as munisipale waterverbruikers beskou, aangesien hierdie gebruikers meestal hulle water vanaf munisipale verspreidingsnetwerke ontvang.
Die finansiële model het aanvanklik afsonderlike vorderings vir onttrekking en terugvloei toegelaat. Hierdie differensiasie in vorderings sal van nut wees sodra 'n prysstrategie vir die storting van afvalwater bepaal is, asook vir die berekening van watergebruik wat nie terugvloei insluit nie (bv tussen-bekken oordragskemas).
Daar word aangeneem dat die implementering van die OBA oor 'n periode van tien jaar sal strek.
Wanneer projeksies vir die toekoms gemaak word, moet daar noodwendig aannames gemaak word ten opsigte van die koers waarteen registrasie plaas sal vind, asook die koers waarteen goedgekeurde nuwe verbruik sal groei. In hierdie gevalle is die aannames genaseer op die bevindings van die BRBS. Laasgenoemde maak voorsiening vir 'n aansienlike potensiaal vir uitbreiding van watergebruik in die Breederiviervallei, selfs nadat voorsiening vir die Reserwe gemaak is. Desnieteenstaande word 'n laer groeikoers as gevolg van ekonomiese en markstoestande voorsien, asook as gevolg van die gebiede waar water beskikbaar is. Die jaarlikse groei in wateraanvraag, soos aangedui in tabel 6 hieronder, is dus op 'n konserwatiewe groei van 2% in die bespoeiïngsektor gebaseer. Die DWW&B het om hierdie rede geen beperkings op die ontwikkeling van watergebruik geplaas nie.
Droogte-en vloedverligting sal deur die sentrale regering beskikbaar gestel word en nie deur die OBA nie.
Laastens is daar, vir die doel van hierdie finansiële ondersoek, aangeneem dat die huidige koers van wateroordrag na die Berg WBG sal voortduur. Die aanname word gemaak met inbegrip van die wete dat daar heelwat onsekerheid oor die langtermyn tendense van sulke oordragooreenkomste bestaan.
TABEL 6 Beraamde groei in watergebruik
Gebruikergroep % Groei per jaar
Munisipaal 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0%
Opgaring en ander ekonomiese gebruikers 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5%
Koste van die voorgestelde OBA
Die hoof aandrywers (m.a.w. faktore wat kostes grootliks sal bepaal) van die OBA se kostes sal die volgende insluit:
Funksies wat onderneem word.
Omvang van interne personeelkorps.
Omvang van in-kontraktering.
Reëlings met die DWW&B wat die oordrag van funksies betref.
Kostes verbonde aan Werk-vir-Water.
Soos hierbo aangedui is, word daar voorsien dat die OBA al die funksies van toepassing op 'n OBA binne 'n tydperk van 10 jaar sal oorneem. Hoewel dit nog nie duidelik is of die OBA die bestuur van die Werk-vir-Waterprogram sal oorneem nie, maak die prysstrategie, deur middel van waterhulpbron bestuursvorderings, voorsiening vir die verhaling van Werk-vir-Waterkostes wat in die Breede WBG aangegaan word
Wat personeel betref, word die getalle vir die drie organisatoriese opsies wat in figure 4 tot 13 verduidelik is, teen die tiende bedryfsjaar soos volg voorsien:
TABEL 7 Aantal personeel vir die verskillende struktuur-opsies
Opsie 1 Opsie 2 Opsie 3
Bestuurder 6 2 5
Senior personeel 4 6 5
Junior personeel 11 8 9
Administratiewe personeel 9 8 7
TOTAAL 31 25 27
Die koste-implikasies van opsie 1, die duurste opsie, is gebruik by die beoordeling van die voorgestelde Breede-Overberg OBA se finansiële lewensvatbaarheid. Indien die OBA finansiëel kan oorleef met opsie 1, sal dit ook werkbaar wees met die goedkoper opsies.
Die presiese personeelkorps wat benodig sal word, asook hul vergoedingspakkette, sal deur die OBA Bestuursraad bepaal word sodra meer gedetailleerde ondersoeke gedoen is en posbeskrywings, prestasie-ooreenkomste, ens geformuleer is. Dit sal verder beïnvloed word deur die omvang van die gedelegeerde funksies en die OBA se vermoë om met ander instellings en implementeringsagente te skakel.
Die in-kontraktering van aktiwiteite sal binne die volgende drie kategorieë oorweeg moet word:
In-kontraktering van spesialiste (items soos drukwerk en gespesialiseerde regsadvies) wat nie deur die OBA gelewer sal kan word nie.
Doelgerigte in-kontraktering van nie-kern funksies na private firmas (bv die gebruik van kontrakteurs / konsultante om van die werk te doen wanneer hulle dit meer koste-doeltreffend as die OBA self kan doen).
Kontraktering van ander waterbestuurs-instellings (WBI's) eendersyds omdat hulle nader aan die gebruikers geleë is, of omdat hulle die aktiwiteite meer koste-doeltreffend kan uitvoer.
Bogenoemde drie items is vir die doel van hierdie analise saam gegroepeer. Die rol van die DWW&B word afsonderlik behandel.
n Paar breë aannames word gemaak ten opsigte van aktiwiteite wat vir die onderskeie funksies in-gekontrakteer kan word. Na verwagting sal die begroting vir in-kontraktering teen jaar 10 ongeveer die helfte van die interne begroting, personeelkoste en bedryfskoste ingesluit, beloop.
Daar word aangeneem dat die funksies van die DWW&B, buiten die Werk-vir-Waterprogram, gedurende die eerste 10 jaar progressief na die OBA oorgedra sal word. Die DWW&B sal die koste vir waterhulpbron bestuursaktiwiteite wat deur die departement onderneem word, vanaf die OBA verhaal. (Die volle inkomste vanaf waterhulpbron bestuursvorderings sal aan die OBA beskikbaar wees sodra alle funksies en magte daaraan gedelegeer of oorgedra is.) Die koste verbonde aan die bestuur van terugvloei, sal uiteindelik verhaal word wanneer die Vorderingstelsel vir die Storting van Uitvloeisel (oftewel Waste Disposal Charge System, WDCS) in werking tree. Hierdie kostes sal intussen deur die DWW&B gedra word.
Die koste van die Werk-vir-Waterprogram (WvW) word afsonderlik behandel. Dit word gedoen om te verseker dat die aanwending van die DWW&B se subsidiëringsbeleid en uitgawes gekontroleer kan word. Dit bied verder die geleentheid om vas te stel watter invloed die uitsluiting van die Werk-vir-Waterkostes op die berekening van waterhulpbron bestuursvorderings sal hê.
Operasionele uitgawes
Die koste (of voorgestelde uitgawes) van 'n OBA bestaan uit die volgende:
Kapitaal en bedryfskoste:
Kapitaalkoste verteenwoordig geleentheidsuitgawes wat deur die OBA vir geboue, toerusting en masjienerie aangegaan word, terwyl bedryfskoste die lopende uitgawes, wat deur die OBA aangegaan word om sy funksionering te onderhou, verteenwoordig.
Stigtings-en lopende koste: Daar kan eenmalige uitgawes wees met die stigting van die OBA, terwyl herhaalde kapitale en bedryfskoste verbonde aan die uitvoer van funksies as lopende koste beskou word.
Vaste en veranderlike koste:
Vaste koste is daardie koste wat elke jaar konstant bly, ongeag hoeveel water gebruik is, terwyl veranderlike koste verwant is aan die hoeveelheid water wat gebruik is. Uiteraard is die veranderlike komponent van die OBA se koste nie noemenswaardig nie, hoewel kostes oor die algemeen gedurende droogtes toeneem.
Die bogenoemde kostes kan in die volgende kategorieë verdeel word:
Personeelkoste: Verteenwoordig die OBA se totale personeeluitgawes In-kontraktering: Aan ander organisasies of ingekontrakteerde dienste Bedryfskoste: Deur die OBA aangegaan vir bedryf van die organisasie Kapitaal: Direkte uitgawes of terugbetaling van lenings, ens.
Personeelkoste word bereken deur die aantal personeellede in elk van 5 kategorieë (HUB, bestuurder, senior, junior en administratiewe personeel) te vermenigvuldig met die totale vergoedingspakket van elke kategorie. Die volgende pakkette is gebruik:
TABEL 8 Vergoedingspakkette van Personeel
Personeel Bedrag (Rand p.j.)
Bestuurder 330 000
Administrasie 60 000
Bogenoemde beraming (wat salaris, pensioen en mediese fonds insluit) vergelyk goed met die Riglyne vir Finansiering van OBAs in Suid-Afrika wat op die Suid -Afrikaanse Personeelopname gebaseer is.
TABEL 9 Totale personeelkoste vir 'n ten volle funksionele OBA (Jaar 10, Opsie 1)
Koste-sentrum Pakket TOTAAL (Volle funksionering)
x Bestuurder R 330 000 R 1 980 000
x Administrasie R 60 000 R 540 000
Personeellede R 5 200 000
Vir die doel van hierdie Voorstel, is die aanname gemaak dat daar 'n reglynige toename in personeel en begroting sal wees totdat volle funksionering bereik word. Die werklike aantal personeellede en die werklike toename in begroting sal afhang van die funksies wat deur die OBS uitgevoer moet word, die tydvak waarbinne funksies gedelegeer word en die ontwikkeling van die organisasie.
Die totale beraamde koste van waterhulpbronbestuur (uitgesluit die koste verbonde aan hidrologiese dienste) en die verwante vorderings vir jaar 10 ( m.a.w. wanneer die OBA volle funksionaliteit behoort te bereik) word in tabel 10 beskryf. Huidige waardes word vir die doel van vergelykbaarheid gebruik.
TABEL 10 Koste van Waterhulpbron bestuursaktiwiteite in die Breede WBG - Funksionele OBA in jaar 10 (hidrologiese koste uitgesluit)
WHB-aktiwiteit Begroting Verhaalbare Verhaalbare Plaaslik/ Landbou c/m3 Bosbou c/m3
Veiligheidsbeheer van damme 46 46 35 0.01 0.01 0.00
Besoedelingsbeheer 1 654 1 241 1 329 0.214 0.21 0.21
Watergebruiksbestuur 1 292 1 292 986 0.15 0.15 0.15
Werk-vir-Water 19 000 15 500 11 797 1.83 1.83 0.00
Totale koste 23 043 18 829 14 720
oordragte
Inkomste 4 663 Sektorale vordering 2.29 0.64 0.45
Die uitgawes van die Werk-vir-Waterprogram in die Breede WBG beloop tans R19 miljoen, waarvan R15,5 miljoen uit die DWW&B se bedryfsrekening verhaal word. Sommige van hierdie uitgawes word egter vanaf ander opvanggebiede, wat 'n gedeelte van hul kostes deur middel van tussen-bekken oordragskemas vanaf die Breede WBG ontvang, verhaal. Die direkte koste van die Werk-vir-Waterkomponent vir die Breede WBG word dus op R11,8 miljoen gereken.
Daar moet kennis geneem word dat hierdie uitgawes 'n groot las op die toekomstige vorderings wat op watergebruik gehef gaan word plaas, aangesien WvW koste vir die Breede WBG uit die DWW&B se bedryfsrekening verhaal word, in teenstelling met die res van die land (buiten die drie ander Wes-Kaapse WBGs). Dit is dus inderwaarheid die Werk-vir-Waterbydrae - en nie die koste van opvanggebiedbestuur nie - wat die eenheidskoste vir huishoudelike en nywerheidswater in die vier WBGs in die Wes-Kaap die duurste in die land maak.
Die volgende berekenings is gemaak op die aanname dat 50% van die koste verbonde aan die Werk-vir-Waterprogram in die Breede-Overberg WBG in die toekoms deur die Armoede Verligtingsfonds gedra sal word.
Bedryfsuitgawes van jaar 1, 5 en 10 word hieronder aangedui: Daar word aangeneem dat die ongedelegeerde funksies meestal verband sal hou met die terugvloei van water. Hierdie koste sal verhaal word deur die instelling van die Vorderingstelsel vir die Storting van Uitvloeisel (WDCS). Hierdie koste sal deur die DWW&B gedra word totdat die WDCS ingestel is.
Uitgawes in R'000s
Jaar 1 Jaar 5 Jaar 10
Interne bedryfsuitgawes 2 350 9% 3 780 13% 6 650 21%
Begroting vir kontraktering 2 050 7% 3 150 11% 4 150 13%
Werk-vir-water gekontrakteer 19 000 69% 19 000 65% 19 000 61%
Totale bedryfsuitgawes 27 600 29 400 30 400
Beplanning & strategie 1 500 1 035 0,14 0,14
Watergebruiksbestuur 4 400 3 036 0,41 0,41
Institusionele ondersteuning 1 900 1 311 0,18 0,18
Inligtingbestuur 1 100 759 0,10 0,10
Korporatiewe dienste 1 900 1 311 0,18 0,18
% van die water word na die Berg WBG oorgedra en sal deur die Berg WBG betaalbaar wees.
Aanname dat Werk-vir-Water met 50% uit Armoede Verligtingsfonds befonds word.
Die vorderings op water word as redelik en bekostigbaar beskou. The voorgestelde koste van die OBA sal lei tot vorderings in die omgewing van 1 sent per kubieke meter water vir die landbousektor sonder die Werk vir Water bydrae en 1, 09 sent per kubieke meter water, ingesluit die Werk vir Water bydrae. Hierdie riglyn was as algemeen anvaarbaar beskou. Indien die bydrae tot Werk vir Water befondsing uit die Armoedeverligtingsfonds verhoog kan word relatief tot die totale koste, kan die vordering verder verminder word, of die OBA kan meer verpligtings daarmee dek.
Daar moet onderskeid getref word tussen die koste verbonde aan onttrekking en dié verbonde aan terugvloei. Die DWW&B verrig tans al die funksies verbonde aan terugvloei sonder enige koste aan die OBA en sal so voortgaan totdat die WDCS in plek is, wat waarskynlik in 2005 sal gebeur.
Soos hierbo aangedui, is die Breede WBG geregtig op die verhaling van waterhulpbron bestuurskoste vanaf ander WBGs waarna water oorgedra word. Projeksies op huidige watergebruik dui daarop dat 31% van die water in die Breede WBG na die Berg WBG oorgedra sal word.
Voorgestelde bronne van befondsing
Bedryfskoste word vandie volgende verhaal:$ Waterhulpbron bestuursvorderings.
Subsidies van die DWW&B vir funksies verrig (Werk-vir-Water uitgesluit). Dit sluit die volgende in:
o 'n Dalende subsidiëring, oor 'n tydperk van 5 jaar, van die waterhulpbron bestuursvorderings aan opkomende boere. Dit begin sodra hierdie vorderings in werking tree, ongeag dit voor of na die stigting van die OBA is. Hierdie subsidie sal nie by huidige berekenings in ag geneem word nie, maar sal slegs die waterhulpbron bestuursvorderings van opkomende boere wat hul water vanaf staatswaterskemas ontvang, beïnvloed.
Befondsing van die "nie-toegedeelde toedeelbare water" met in agnemenig van die betrokke vlak waarop watervoorsiening gewaarborg moet word, soos aangedui in die Prysstrategie.
Subsidiëring van die Werk-vir-Waterkoste aan die besproeiïngsektor deur die DWW&B. Daar word weer eens aangeneem dat die huidige subsidies vir die eerste tien jaar van die OBA se bestaan van toepassing sal wees.
Waterhulpbron bestuursvorderings word afsonderlik vir elke gebruikergroep bereken.
Daaris 'n aantal belangrike faktore wat in gedagte gehou moet word wanneer waterhulpbron bestuursvorderings oorweeg word. Dit sluit die volgende in:
Waterhulpbron bestuursvorderings van toepassing op die volgende kategorieë van watergebruikers wat deurgaans in die model gebruik is:
oMunisipaal wat die gebruik van water deur nywerhede in die Breede WBG insluit, aangesien water vanaf munisipaliteite verkry word.
oOpgaring en ander ekonomiese gebruikers; wat vorderings op die verdamping uit damme en die ekonomiese benutting van die wateroppervlakte vir ontspanningsdoeleindeindes insluit. Hierdie tipe inkomste is nog nie in ag geneem nie, maar sal wel deur die voorgestelde OBA in bereking gebring moet word.
Hierdie analise neem nie waterhulpbron ontwikkelingsvorderings in ag nie, aangesien dit nie vir die verhaling van waterhulpbron bestuurskostes aangewend kan word nie. Waterhulpbron ontwikkelingsvorderings sal nie aan die OBA oorbetaal word nie, aangesien geen staatswatervoorsieningskemas na die OBA oorgeplaas word nie. Dit sal dus 'n bykoemde koste vir watergebruikers wees.
Vorderings wat van watergebruikers verhaal word, sal deur subsidies vanaf die DWW&B beïnvloed word (befondsing van "ontoegedeelde toedeelbare" water). Op hierdie stadium is geen subsidie in aanmerking geneem nie, wat die vorderings konserwatief-hoog maak. Die moontlike instelling van 'n subsidie op ontoegedeelde toedeelbare water sal die finansiële lewensvatbaarheid verhoog.
Waterhulpbron bestuursvorderings word op die volume van water wat gebruik word (uitgedruk in kubieke meter) gebaseer en nie op die aantal hektaar grond wat gemagtig is om water te ontvang nie. Die gemiddelde kwotas vir besproeiers sal bepaal hoeveel hulle per hektaar betaal.
Werk-vir-Waterkostes word oor die hele WBG versprei. Die aanname hier is dat Werk-vir-Waterprojekte mettertyd in al die sub-opvanggebiede onderneem sal word.
Dieselfde vorderings is op gebruik van oppervlak-en grondwater van toepassing.
Vorderings word nie in terme van die versekering van lewering gedifferensiëer nie. Die versekering van lewering moet reeds in ag geneem word by die registrasie van watergebruik.
Betalings wat een of twee keer per jaar gedoen word, kan 'n las op die kontantvloei van sommige gebruikers plaas. Die moontlikheid van meer gereelde betalings vir waterhulpbron bestuursvorderings (bv maandeliks) behoort ondersoek te word.
Die berekening van waterhulpbron bestuursvorderings ten opsigte van oordragte na ander WBGs, tref geen onderskeid tussen die oordrag van water vir besproeiïngsdoeleindes of munisipale gebruik (wat nywerheidsgebruik insluit) nie. Die aanname is gemaak dat die Breede-Overberg OBA daardie OBA waarheen water oorgedra word met 'n enkele vordering sal aanslaan, sonder in agneming van hoe die water aangewend gaan word. Die ontvanger OBA sal dan vorderings op elke sektor binne sy WBG vorder volgens sy eie vorderingskedule vir daardie gebruike.
In tabel 13 word die verwagte ondersteuning aangedui, wat deur die DWW&B gedurende stigting en aanvangsaktiwiteite aan die OBA sal verleen . Die bedrae is volgens bestaande generiese riglyne bereken.
OBA stigtingskoste (R duisende) Konsultasie Jaar 0 900 Jaar 1 750 Jaar 2 Jaar 3
Bestuursraad 400
Besigheidstelsels 400 500
Aanvangskapitaal 500 500 500
Opvanggebiedstrategie 300 1 750 1 000
Aanvanklike bedryfsaktiwiteite 2 000
TOTAAL 4 500 3 500 1 500 0
Ander projekte met bykomende hulpbronne en befondsing kan ook bydra tot die stigting en organisatoriese samestelling van die Breede-Overberg OBA. Dit sluit die volgende in:
n Projek met die Frisian Water Alliance onderneem, in samewerking met die Fryslan Water Boards, wat ingestem het om met die volgende aspekte hulp te verleen:
Water-verwante sake van tegniese aard, soos watergehalte en wateronttrekking, en die verhouding tussen waterbestuur en ruimtelike ontwikkelingsbeplanning.
Finansiële en bestuursake, soos die ontwikkeling van instellings, opvanggebied bestuurstrategieë en opvanggebied bestuursplanne.
Institusionele versterking (ondersteuning van inter-agentskap samewerking en strategiese beplanning wat bewaringsbestuur betref).
Integrasie van aangeleenthede wat van belang is vir biodiversiteit met die beginsels van opvanggebiedsbestuur.
Dit is belangrik dat die Breede-Overberg OBA binne dieselfde tydvak gestig word as wat hierdie projekte plaasvind, aangesien die proses dan die maksimum voordeel uit hierdie eksterne bronne kan trek.
Die finansiële lewensvatbaarheid van die voorgestelde OBA is afhanklik van twee faktore wat die vermoë daarvan om inkomste te genereer, beïnvloed: $ Die bereidwilligheid van gebruikers om die waterhulpbron bestuursvorderings te betaal.
Die mate waartoe die DWW&B susidies aan die OBA toeken. Die enigste subsidie wat in die Nasionale Prysstrategie uitgespel word, is die befondsing van "ontoegedeelde toedeelbare" water.
Indien Werk-vir-Water uitgesluit word, dui die analise aan dat waterhulpbron bestuursvorderings ongeveer een sent per kubieke meter vir landbougebruikers, wat die grootste gebruikersgroep is, sal beloop. Daar word verwag dat hierdie vordering vir die meeste gebruikers bekostigbaar sal wees.
Indien Werk-vir-Water ingesluit word (soos wat die prysstrategie vereis), sal die waterhulpbron bestuursvordering vir landbougebruikers moet styg na 1,09 sent per kubieke meter (a.g.v. die DWW&B subsidie) en na 1,89 sent per kubieke meter vir huishoudelike gebruik. Hierdie berekening is gebaseer op die aanname dat die uitgawes vir Werk-vir-Water waarvoor die OBA aanspreeklik is, op nagenoeg R19 miljoen gehou word en dat 50% daarvan deur die Armoede Verligtingsfonds gedra sal word. Die vorderings behoort dus oor die algemeen steeds bekostigbaar te wees.
Opvanggebied bestuursvorderings word reeds betaal deur gebruikers wat hul water uit staatswaterskemas ontvang. Hierdie konsep word oor die algemeen positief ervaar. Toe die vorderings gedurende 2002/03 vir alle watergebruikers ingestel is, is spesiale werkwinkels en vergaderings met belanghebbende forums gehou. Die konsep van betaling vir opvanggebied bestuursvorderings behoort dus goed gevestig te wees teen die tyd wat die OBA begin funksioneer. Dringende aandag moet egter daaraan gegee word om die rekeninge meer gebruiker-vriendelik te maak. Verskeie klagtes is ontvang oor die manier waarop die eerste rekeninge uitgemaak is en die feit dat geen verduideliking die rekening vergesel het nie.
Laastens behoort die registrasieproses van watergebruik klaar te wees wanneer die OBA gestig word. Dit sal beteken dat die meeste navrae oor die hoeveelheid waterverbruik wat gebruik is om die waterhulpbron bestuursvorderings vas te stel, opgeklaar sal wees wanneer die OBA formeel gestig word.
Maatskaplike lewensvatbaarheid
Mandaat en ondersteuning deur belanghebbendes
Afdeling 2 hierbo verduidelik hoe hierdie Voorstel deur middel van konsensus gedurende 'n reeks vergaderings van die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep saamgestel is. Die tweede konsepweergawe van die Voorstel is op 20 November 2000 tydens 'n vergadering van die Breede-Overberg Belangekomitee bespreek. Gedurende hierdie vergadering is daar ooreenstemming bereik oor die inhoud van die finale weergawe wat aan die DWW&B se Direktoraat vir Opvanggebiedbestuur voorgelê sou word, waarna die ministeriële goedkeuringsproses sal begin.
Die tweede konsepweergawe van die Voorstel is ook tydens die vergaderings wat in die sub-streke van die Breederiviervallei en die Overberg gehou is, bespreek. 'n Brosjure oor die Voorstel is in Engels, Afrikaans en Xhosa voorberei en in die WBG versprei. Laastens is spesiale besprekingsessies met geselekteerde belangegroepe gereël om vrae en probleme te bespreek en om sleutelkonsepte en terminologie te verduidelik.
Die veranderings aan die berekening van die OBA se finansiële lewensvatbaarheid wat versoek is nadat die Voorstel aan die DWW&B voorgelê is, is by 'n vergadering van die OBA Verwysingsgroep op 3 Desember 2003 bespreek en aanvaar.
Risiko's verbonde aan die voorgestelde institusionele en organisatoriese ontwikkeling
Die momentum van deelname deur belanghebbendes moet gedurende die goedkeuringsproses van die Voorstel volgehou word. Dit kan gedoen word deur elke opvanggebied forum te versoek om 'n verslag oor die huidige stand van sake in die opvanggebied saam te stel, of om deel te neem aan die samestelling van die opvanggebied bestuurstrategie vir die OBA. Verdere deelname sal ook dié voordeel hê dat dit deelnemers se kapasiteit ten opsigte van waterhulpbronbestuur uitbrei. Die geografiese en streekopvanggebied forums is ook by die bekendstelling van die konsepweergawes van die Nasionale Waterhulpbronstrategie betrek. Indien rolspelers nie aktief betrokke bly by sake wat op waterhulpbronbestuur betrekking het nie, sal deelname neig om slegs plaas te vind wanneer waterhulpbronne op die een of ander wyse bedreig word.
Openbare deelname moet voortgaan selfs nadat die OBA gestig is. Daar word nie net 'n nuwe instelling gestig nie, maar rolspelers betree ook 'n arena waarin hulle ondersteuning moet verkry wat ontwikkelende beleidsraamwerke betref. Hierdie feit is veral van toepassing op groepe wat voorheen beperkte blootstelling aan die bestuursaktiwiteite rondom waterhulpbronne gehad het. Die OBA sal daaraan aandag moet skenk om alle komitees en forums, sowel as spesifieke watergebruikers en belangegroepe by openbare deelnemingsprosesse te betrek. Die OBA moet vanuit die staanspoor hiervoor verantwoordelikheid aanvaar en plaaslike kundiges gebruik om hulle hiermee by te staan. Die belangrikheid van openbare deelname behoort voortdurend beklemtoon te word sodat hierdie aktiwiteit nie die eerste slagoffer word wanneer die OBA kostes wil bespaar nie. Doeltreffende openbare deelname is die ruggraat van geïntegreerde waterhulpbronbestuur soos deur die Nasionale Waterwet beoog. Met ander woorde, die ingeligte verwoording van die behoeftes en begeertes van watergebruikers en belangegroepe binne 'n ontvanklike omgewing, behoort die lewensbloed van die OBA se werksaamhede te wees.
Een van die grootste uitdagings wat volgehoue belanghebbende deelname betref, is voldoende ondersteuning aan die geografiese en opvanggebied forums sodat hierdie forums 'n rasionaal en momentum van hul eie kan ontwikkel. Die uiteindelike, hoewel moeilike doel, sou wees om die forums op so 'n wyse by te staan dat hulle aktief belangstel in alle aspekte van waterhulpbronbestuur in hulle gebied en sodoende kan bydra tot die beplannings-en bestuursaktiwiteite van die voorgestelde OBA. Die deelname by sommige forums, soos dié in die Palmiet-, Onrus-en Kleinrivier, het reeds 'n momentum van hul eie ontwikkel en is 'n voorbeeld dat hierdie oogmerk wel bereikbaar is.
Die feit dat water van strategiese belang is vir alle nuwe ontwikkelings wat in die Breede WBG en omliggende WBGs beplan word, beteken dat die OBA altyd op hoogte van beplanningsinisiatiewe sal moet bly. Die leidende rol wat plaaslike owerhede in ontwikkelingsbeplanning en -implementering speel, beteken dat daar 'n noue verbintenis moet wees tussen die werksaamhede van die OBA en die geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning wat op plaaslike regeringsvlak (munisipaliteite en distriksmunisipaliteite) uitgevoer word. Die OBA se doel is om die beplanningsaktiwiteite van staatsliggame te ondersteun en daarby in te skakel en nie om dit te dupliseer of daarmee te kompeteer nie. Geïntegreerde waterhulpbronbestuur verwys na die deurlopende proses waardeur 'n balans tussen maatskaplike, ekonomiese en omgewingsprosesse gehandhaaf word. Dit beteken nie dat geïntegreerde waterhulpbronbestuur bo ander beplanningsaktiwiteite voorkeur moet geniet nie, maar eerder dat waterbestuursinstellings moet fokus op die doeltreffende bestuur van daardie hulpbronne waarvoor hulle verantwoordelik is, terwyl hulle ook saamwerk met alle groepe en regeringstrukture wie se aktiwiteite beïnvloed word deur die manier waarop waterhulpbronne bestuur word.
Dit is die verantwoordelikheid van die DWW&B om die deelname deur rolspelers te verseker totdat die OBA in plek is. Tensy daar egter fondse beskikbaar gestel word om hierdie deelname te bevorder, werkwinkels te hou en die deelname aan water-verwante aktiwiteite soos Waterweek aan te wakker, sal openbare deelname waarsakynlik doodloop.
Opsomming van die vereistes vir 'n lewensvatbare OBA
Die vereistes vir 'n lewensvatbare OBA word in afdelings 3.3 tot 3.6 hierbo beskryf. Hier volg 'n kort opsomming van sommige van die sleutelpunte wat in afdeling 3 aangeteken is.
Institusionele en tegniese lewensvatbaarheid
Hierdie Voorstel neem in ag dat die ontwikkeling van die OBA op 'n plooibare en verantwoordelike wyse sal plaasvind, veral wat die institusionele en organisatoriese ontwikkeling van die OBA betref. Dit word genoodsaak deur die onsekerhede binne sekere beleidsraamwerke (soos byvoorbeeld faktore wat die prysbeleid vir die vordering op die storting van afvalwater beïnvloed), die komplekse herstrukturering van die DWW&B, die stigting van WGVs en die versekering dat die OBAs en WGVs bevoeg is om sekere bestuursfunksies van waterhulpbronne oor te neem. Hierdie Voorstel laat genoeg buigsaamheid toe en bied ruimte vir deelname deur alle sleutel rolspelers sodat verantwoordelike organisatoriese ontwikkeling kan plaasvind.
Die werk wat tot dusver deur die DWW&B: Wes-Kaap onderneem is om die funksionele organisering van waterhulpbron bestuursaktiwiteite binne die grense van die WBG te vestig, asook die deurlopende berekening van die koste verbonde aan die betrokke aktiwiteite, sal tot die voorgestelde OBA se voordeel strek. Die oorplasing van funksies, die sekondering en oorplasing van personeel, operasionele bystand aan die OBA en die bestuur van die finansiële vloei tussen die OBA en die DWW&B sal reeds deur hierdie aanvoorwerk aangehelp word.
Skedule 4 van die Nasionale Waterwet gee breë riglyne ten opsigte van die funksionering van die voorgestelde OBA Bestuursraad, sowel as riglyne vir goeie finansiële bestuur en verslaglewering. Die OBA Bestuursraad sal hierdie riglyne in die grondwet moet vervat sodat die doelwitte van die Nasionale Waterwet daarin weerspieël word. 'n Praktiese operasionele beleid en prosedurestelsels, wat 'n menslike hulpbronbeleid en 'n finansiële en inligting-bestuurstelsel insluit, moet ontwikkel word. Die OBA sal moontlik eksterne kundiges moet inkontrakteer om te help met die ontwikkeling van hierdie beleid en stelsels. Dit sal nie moontlik wees om die bestaande stelsels van die DWW&B te gebruik nie, aangesien dit met die oog op ander doelwitte ontwerp is. Die operasionele stelsels van die OBA, veral die inligtings-en finansiële bestuurstelsels, moet op so 'n wyse ontwerp word dat dit die uitsette lewer wat die DWW&B vir doeleindes van monitering en ouditering benodig. Bestaande DWW&B operasionele praktyke en die vereistes van die Nasionale Waterwet moet in ag geneem word wanneer sulke nuwe stelsels ontwerp word.
Laastens kan genoem word dat daar voldoende kennis en vaardighede binne of naby aan die Breede WBG bestaan om die OBA gedurende sy tydperk van ontwikkeling by te staan. Daar is gevestigde organisasies en instellings wat die nodige tegniese ondersteuning kan bied wanneer die OBA daardie bedryfsaktiwiteite uitvoer waaarvoor verantwoordelikheid aanvaar is. Verdere inligting in hierdie verband word in die voorafgaande afdeling 3.4.1 gegee.
Die verifiëring van die registrasie van watergebruik behoort teen die tyd wat die OBA gestig word, afgehandel te wees. Die Nasionale Waterhulpbronstrategie behoort ook dan in plek te wees, wat regsgeldigheid sal verleen aan die amptelike beraming van toedeelbare water in die Breede WBG. Hierdie beraming sal aan die OBA 'n goeie aanduiding van sy inkomstebasis gee.
Die OBA sal deurgaans sensitief teenoor die behoeftes van watergebruikers moet bly om sodoende te verseker dat watergebruikers gewillig is om die vorderings vir waterhulpbronbestuur te betaal. Die voorgestelde verteenwoordigende bestuurstruktuur moet ruimte laat vir alle watergebruikers om 'n aandeel te hê aan die werksaamhede van die OBA, asook om die hulle in te lig oor die noodsaaklikheid van die aktiwiteite waarvoor hulle betaal.
n Differensiële vorderingstelsel moet so gou as moontlik ingestel word. Gedifferensiëerde vorderings, wat op gemiddelde waterverbruik gebaseer is en deur middel van die registrasie-en faktureringsproses bestuur word, word reeds vir besproeiing toegepas. Die moontlike onderskeid tussen die vorderings op grondwater en oppervlakwater moet verder ondersoek word. Die infasering van waterhulpbron bestuursvorderings vir alle opkomende boere - en nie slegs dié wat aan staatswaterskemas behoort nie - moet ook aandag geniet.
Die begroting vir die OBA se tiende bestaansjaar lyk oor die algemeen haalbaar en vergelyk goed met die jaarlikse omset van 'n groot plaaslike WGV soos die Sentraal-Breede WGV. Daar moet egter gesorg word dat water vir individuele gebruikers bekostigbaar bly. Die invloed van gedifferensieerde vorderingstelsels, asook die gesamentlike uitwerking van waterhulpbron bestuursvorderings en waterhulpbron ontwikkelingsvorderings op watergebruikers, moet egter noukeurig gemonior word.
Maatskaplike lewensvatbaarheid
Openbare deelname en ondersteuning van kapasiteitsbou moet na die voorlegging van die finale Voorstel en die stigting van die OBA voortgesit word. Die OBA behoort, na stigting, verantwoordelikheid vir hierdie prosesse te aanvaar. Deur hierdie aktiwiteite aan beplanningsinisiatiewe soos opvanggebied bestuursbeplanning te koppel, sal die entoesiasme van deelnemers versterk word.
Die bou van doeltreffende verhoudings ten opsigte van samewerkende bestuur sal van kritiese belang vir die werksaamhede van die OBA wees. Goeie verhoudings met plaaslike en distriksmunisipaliteite binne die Breede WBG is veral belangrik as gevolg van die toenemende mandaat van plaaslike owerhede om ontwikkelings goed te keur. Provinsiale en nasionale staatsdepartemente ondersoek tans ook maniere om die implementering van hulle mandate op plaaslike owerheidsvlak binne goed-deurdagte ontwikkelingsraamwerke te fasiliteer. Geïntegreerde ontwikkelings-beplanning op plaaslike owerheidsvlak sal waarskynlik al hoe meer belangrik word, veral aangesien plaaslike owerhede die verantwoordelikheid het om waterdienste ontwikkelingsplanne, waarin plaaslike waterbehoeftes aangespreek word, saam te stel. Die plaaslike en provinsiale beplanningsprosesse sal juis aangewend word om strategiese hulpbronnewat maatskaplike en ekonomiese ontwikkelingsbehoeftes aanspreek, soos water, te bestuur.
Die OBA moet nie probeer om die verantwoordelikheid vir sosio-ekonomiese beplanning te aanvaar nie, maar eerder saam met die betrokke staatsliggame werk wat daarvoor verantwoordelik is. Die OBA sal 'n duidelike mandaat ontvang om waterhulpbronne volgens die definisies van die Nasionale Waterwet te bestuur, en sal aktief met 'n wye verskeidenheid van staatsdepartemente en -liggame moet skakel. Deur al die watergebruikers en belangegroepe by die OBA se werksaamhede te betrek, kan 'n bydrae gelewer word tot die bestaande proses wat poog om hulpbronne, behoeftes en beplanning in die belang van al die mense van die Wes-Kaap, veral dié van die Breede WBG, te bestuur en aan te spreek.
Implementeringsplan vir die stigting van die OBA
Na die indiening van die finale Voorstel aan die DWW&B se Direktoraat: Opvanggebiedsbestuur vir die goedkeuring daarvan, ontstaan daar 'n wagtydperk van 'n aantal maande. Alle tekens dui daarop 'n minimum van 9 maande vir die goedkeuringsproses toegelaat moet word. Hierdie wagtydperk en die verskillende stappe wat die goedkeuringsproses volg, word in die implementeringsprogram hieronder ingesluit.
Die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep sal gedurende die wagtydperk met die Adviserende Komitee (wat nog saamgestel moet word) oor die samestelling van die OBA Bestuursraad skakel. 'n Afsonderlike voorlegging sal vir hierdie doel opgestel word en die lede van die OBA Verwysingsgroep sal die geleentheid gegun word om hul opinie oor die ledesamestelling van die OBA Bestuursraad te formuleer.
Gedurende hierdie tydperk kan daar voortgegaan word om die kapasiteit van waterhulpbronkomitees en forums in die Breede WBG uit te bou deur hierdie prosesse byvoorbeeld te laat aansluit by aktiwiteite soos opvanggebied bestuursbeplanning of die lewering van kommentaar op die Nasionale Waterhulpbronstrategie. Die DWW&B: Wes-Kaap sal, totdat die OBA gestig is, die verantwoordelikheid vir hierdie aktwiteite in die Breede WBG moet aanvaar.
Die OBA sal formeel gestig word sodra die Minister van Waterwese en Bosbou die Adviserende Komitee se voorstel vir die samestelling van die OBA Bestuursraad ontvang het en sodra die finale Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede Waterbestuursgebied goedgekeur is.
Die eerste en mees belangrikste stap in die stigtingsproses, is die aanstelling van 'n Bestuursraad. Een van die eerste take van die nuwe OBA Bestuursraad sal die verkiesing van 'n voorsitter wees, wie die verantwoordelikhede wat in skedule 4 van die Nasionale Waterwet omskryf is, moet aanneem. Die nuutverkose voorsitter sal 'n vergadering tussen die Bestuursraad en senior beamptes van die DWW&B: Wes-Kaap uitroep sodat 'n werksverhouding tussen die twee partye gevestig kan word. Dit sal ook wenslik wees om 'n Uitvoerende Bestuurskomitee, wat uit sommige of al die lede van die Bestuursraad en senior beamptes van die DWW&B bestaan, saam te stel. Dit sal sin maak om aanvanklik eers die volle Bestuursraad te betrek sodat die lede kennis kan opdoen oor die DWW&B se werkswyse en van die praktiese uitdagings wat waterhulpbronbestuur bied.
Die verteenwoordiging deur die DWW&B behoort ten minste die Opvanggebiedsbestuurder vir die Breede WBG in te sluit. Die OBA Bestuursraad en die Uitvoerende Bestuurskomitee kan verdere verteenwoordiging deur individue of organisasies aanvra wanneer nodig.
Die aanvanklike take van die OBA Bestuursraad, na verkiesing van 'n voorsitter, sal die volgende insluit: $ Ontwikkeling van 'n grondwet wat op skedule 4 van die Nasionale Waterwet en die algemende doelwitte van die Wet geskoei is.
Ontwikkeling van 'n menslike hulpbronbeleid. Hierdie beleid kan aanvanklik in breë terme gestel word, maar moet posbeskrywings vir die eerste beoogde aanstellings of oorplasings insluit. Die dienste van 'n kenner op die gebied van menslike hulpbronne sal moontlik benodig word om te verseker dat die beleid aan nasionale arbeidswetgewing en die beste praktyke ten opsigte van menslike hulpbronbestuur, voldoen.
Aktivering van kommunikasiekanale tussen die OBA, die DWW&B, OBKs, Opvanggebied/Geografiese Loodskomitees, Forums, WGVs en staatsliggame. Insette van die DWW&B sal in hierdie opsig van groot waarde wees, aangesien sulke kommunikasiekanale reeds bestaan. Die bestaande kanale sal aangepas moet word om in die behoeftes van die OBA, as 'n nuwe en ontwikkelende statutêre liggaam, te voorsien, terwyl die doelwitte van die DWW&B: Wes-Kaap steeds nagekom moet word.
Ontwikkeling van die eerste besigheidsplan vir die Breede-Overberg OBA. Hierdie plan moet binne die eerste ses maande na die verkiesing van die OBA Bestuursraad voltooi word. Die besigheidsplan moet verkieslik ook in plek wees voordat die eerste personeelaanstellings gemaak word, aangesien 'n tydperk van 6 maande nodig sal wees om deeglike voorbereidings te tref vir die eerste aanstellings en sekonderings.
Aanstelling van 'n Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) of 'n Bestuurder: Tegniese Dienste. Voordat hierdie aanstelling gemaak word, moet tyd ingeruim word vir die voorbereiding van 'n minimum netwerk van stelsels en prosedures. Die OBA Bestuursraad sal moet besluit of 'n HUB onmiddellik aangestel moet word en of daar eers 'n laer vlak aanstelling gedoen moet word, sodat voorbereidings getref kan word vir die uiteindelike aanstellling van die HUB binne 12 tot 18 maande nadat die OBA gestig is. Die onmiddellike aanstelling van 'n HUB kan die posbekleër miskien die geleentheid bied om sy/haar stempel vanuit die staanspoor op die organisasie af te druk, maar daar bestaan ook goeie motivering om eers 'n Bestuurder: Tegniese Dienste aan te stel. Hierdie redes is onder andere die volgende:
Meer tyd word toegelaat vir die werwing van 'n HUB met wye ondervinding.
Die Bestuurder: Tegniese Dienste kan die geleentheid gegee word om die huidige personeel van die DWW&B te leer ken en sy/haar vermoë in die uitvoer van 'n verskeidenheid bestuursaktitwiteite bewys.
So 'n aanstelling sal die DWW&B die geleentheid bied om personeel wat tans aan die Breede WBG toegewys is, na die OBA te sekondeer, met die huidige Opvanggebiedbestuurder as waarnemende HUB. Hierdie rëeling sal noue samewerking tussen die OBA en DWW&B op operasionele gebied tot gevolg hê. Soos voorheen aangedui sal die kanale van verslagdoeni ning tussen gesekondeerde personeel aan die een kant en die DWW&B en OBA Bestuursraad aan die ander kant, sorgvuldig deurdink moet word.
Aanstelling van sekretariële personeel. Sekretariële personeel sal veral van hulp wees met die neem van notules by vergaderings van die OBA Bestuursraad en die vergaderings van die Uitvoerende Bestuurskomitee, sowel as met die voer van korrespondensie en die uitvoer van logistieke take soos die reël van vergaderings. Sekretariële personeel kan ook as skakel tussen die OBA, watergebruikers en belangegroepe dien.
Die eerste take van die Uitvoerende Bestuurskomitee sal die volgende insluit:
Deurlopende onderhandeling wat die oorplasing en sekondering van personeel betref. Hierdie aanbevelings sal weereens deur die DWW&B en die OBA Bestuursraad goedgekeur moet word.
Koördinering van operasionele ondersteuning aan die nuwe OBA. $ Formulering van aanbevelings oor die posbeskrywings van die eerste aanstellings en sekonderings na die OBA. $ Maak van aanbevelings vir die eerste besigheidsplan van die OBA.
Die eerste aanstelling tot die OBA, ongeag dit dié van 'n HUB of 'n tegniese dienste bestuurderis, moet verkieslik 'n kantoor binne die Breede WBG (by 'n plek wat deur die OBA Bestuursraad aangewys is) betrek. Die noue samewerking tussen hierdie persoon en die DWW&B sal help om hom/haar te vergewis van die DWW&B se aktiwiteite en om operasionele uitdagings te identifiseer.
Indien daar aanvanklik 'n tegniese dienste bestuurdeaangestel word, sal die aanstelling van 'n HUB waarskynlik hoogstens een jaar later gefinaliseer word. Dit sal beteken dat 'n HUB nie later as 18 maande na die stigting van die OBA Bestuursraad aangestel word nie.
Daar word voorgestel dat vorderings vir waterhulpbronbestuur gedurende die eerste jaar deur die DWW&B: Wes-Kaap ingevorder word. Van jaar twee af kan reëlings getref word dat die OBA hierdie verantwoordelikheid oorneem. Vorderings kan ook moontlik deur agente soos WGVs of Overberg Water ingevorder word. Na die eerste bedryfsjaar behoort die personeel van die OBA instaat te wees om die invordering van gelde te koördineer. Wanneer die OBA verantwoordelikheid aanvaar vir invordering van gelde, sal die toepaslike fondse na die DWW&B oorgeplaas word om die koste verbonde aan die departement se waterhulpbron bestuursaktiwiteite in die Breede WBG te verhaal.
