In April het julle oorweldigend gestem vir nasionale eenheid en versoening. Julle het gestem sodat saamgestaan kan word in 'n volkskontrak, om werk te skep, om armoede te beveg en 'n beter lewe vir almal te bou.
Julle het in groot getalle op ondubbelsinnige wyse jul vertroue in die regering gestel om aan die begin van hierdie die tweede dekade van vryheid julle te lei en met jul toekoms te vertrou.
Ons sal julle nie teleurstel nie
Teen 2014 gaan ons armoede met die helfte verminder deur ekonomiese ontwikkeling, bestaanssekerheid, grondhervorming en verbeterde huishoudelike en gemeenskapsbates. Ons gaan ook werkloosheid met die helfte verminder deur werk te skep; deur vaardigheidsontwikkeling, hulp aan kleinsake-ondernemings, en geleenthede daar te stel vir mense om hul eie besighede te vestig en volhoubare gemeenskapsprojekte op die been te bring. Ons beoog om vaardighede te ontwikkel wat deur die ekonomie benodig word, vermoëns te skep en hulpbronne regoor die gemeenskap beskikbaar te stel wat, deur ons onderwysstelsel, mense sal aanmoedig om werk te skep vir hulself.
In die Vrystaat belowe ons om meer en beter te vermag deur onder meer op die volgende te fokus.
Ontwikkeling van doeltreffende plaaslike besture wat omgee
Die Provinsiale Regering gaan 'n omgewing tot stand bring waar ekonomiese geleenthede geskep en uitgebrei word tot voordeel van ons mense.
In September 2004 gaan ons die Uitgebreide Openbare Werkeprogram regoor die provinsie bekendstel. Dit is 'n arbeidsinstensiewe program wat meer volhoubare werksgeleenthede vir ons mense sal skep, veral vir vroue en werkloses. Dit sal veral fokus op nodale punte wat deur die Nasionale Kabinet geïdentifiseer is.
Ons gaan, in vennootskap met Plaaslike Owerhede, die Openbare Werkeprogram aanwend om die plaaslike ekonomieë te stimuleer deur middel van die Munisipale Infrastruktuurtoelae deur integrering van uitsette na IDPs en die LED-strategieë van munisipaliteite, en sodoende basiese gehaltedienste te kan lewer.
Binne die volgende drie maande gaan ons:
die Landelike Behuisingsplan bekendstel wat eenduisend landelike huise in die nodale punte van Thabo Mofutsanyana en Thaba 'Nchu sal voorsien.
maatskaplike bewegings, nie-regerings- en gemeenskapsgebaseerde organisasies mobiliseer vir deelname in wykkomitees om uitvoering te gee aan die volkskontrak om armoede en werkloosheid teen te werk;
Op hierdie wyse gaan ons die Departement versterk om te sorg dat:
dat voortdurend terugvoering gekry word vangemeenskappe en belanghebbendes oor die regering se dienslewering.
besluite van die regering en Uitvoerende Raad doelmatig geïmplementeer word;
Hierdie is 'n dringende taak om uit te voer, veral in die lig daarvan dat dit kan dien as 'nvroeë waarskuwingstelsel om tekortkominge aan te dui in die implementering van ons programme.
Bou van vennootskappe vir 'n Volkskontrakom werk te skep en armoede te beveg
In vennootskap met ons maatskaplike vennote, arbeid, die private sektor, en burgerlike instellings, kan onseffektief saamwerk om werk te skep en armoede in die Vrystaat te beveg.
Met dit ten doel gaan ons binne die volgende driemaande wyd konsulteer met alle belanghebbendes om 'n program van aksie in werking te stel.
Ons verbind onsself as provinsiale regering om vir dievolgende dekade, in samewerking met gemeenskappe en ons vennote, ons kant te bring om 'n Volkskontrak te sluit om 'n beter Suid-Afrika tot stand te bring.
Die Vrystaatse Provinsiale Regering gee om vir sy mense. Ons provinsie se mense gee om vir mekaar.
PREMIER:
gemeenskapsontwikkelingswerkers identifiseer en oplei;
ons beleid oor armoede, invordering en kredietbeheer hersien sodat behoeftige mense vrygestel kan word van verpligtinge; toesien dat die Uitvoerende Komitee aan die Uitvoerende Raad verslag doen binne drie maande na die implementering van hierdie dringende taak;
die reikwydte en doelmatigheid van gratis voorsiening van dienste van gehalte in die provinsie meet en bespoedig.
Die totstandbrenging van 'n Provinsiale Regering wat omgee
Ons moet sorg dat alle mense van die Vrystaat, met inbegrip van die armes en kwesbares - kinders, jongmense, vroue, bejaardes, en mense met gestremdhede - ten volle in staat gestel word om hul grondwetlike regte uit te oefen en die waardigheid van hul vryheid geniet.
Die jaar 2004 is die jaar van die Gesin en van Kinders. Deur ons programme in die provinsiale regering wil ons die lewensgehalte van gesinne versterk en verbeter.
Die Morele Herlewingsbeweging gaan in die provinsie versterk word om seker te maak dat gemeenskappe bemagtig word om deel te neem aan die volkskontrak om 'n mensgerigte samelewing wat omgee tot stand te bring.
Ons sal sorg dat vroue en kinders beskerm word teen alle vorms van mishandeling en vernedering.
Ons gaan die opleiding van pleegmoeders en aanneemouers versnel om seker te maak dat daar vir ons jongmense en kinders gesorg word.
Voorsiening van Omvattende Sorg en Hulp aan Kwesbare Skoolgaande Kinders deur hierdie boekjaar vervoer te voorsien aan daardie kinders wat tot 21 km ver moet reis om by die skool te kom, asook om die koshuisprogram uit te brei om 'n groter getal hoërskoolkinders te akkommodeer.
die instelling van 'n uitgebreide Skoolvoedingsprogram om te sorg dat skoolkinders ten minste een maaltyd per dag kry.
die instelling van 'n subsidie op skooluniforms en skoene vir kinders wat dit nie kan bekostig nie. Dit behoort byvoordele te hê vir Klein en Medium Entrepreneurs en sal deel uitmaak van ons Swart Ekonomiese bemagtigtingsprogram.
hersiening van alle skoolgelde vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. Ons moet 'n geleentheid biedaan kinders om op skool te bly al is hul ouers ook werkloos.
MIV en VIGS, TB, Malaria, Diabetes, Hipertensie, Asma en ander siektes die stryd aan te sê.
Ons gaan die nuwe Geïntegreerde Noodsentrum met die tolvryenommer 10177 bekendstel. Hierdie sentrum is die eerste van sy soort en sal gekenmerk word deur vinnige reaksie.
Goeie staatsbestuur en administrasie n Deernisvolle regeringsdiens aan mense op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak is gebiedend noodsaaklik. Openbare verteenwoordigers moet toeganklik wees en mense moet bewus wees van hul regte. Om in ons doelstellings te slaag wat betref die uitwissing van armoede en werkloosheid benodig ons 'n toegewyde kader van staatsamptenare, wat in staat is om gehalte dienste te lewer aan die mense van die provinsie.
Daar is nie plek vir lui, afwesige staatsamptenare nie.
Daar is ook nie plek vir korrupte en gierige staatsamptenare nie.
Ons sal korrupsie en bedrog uitroei.
Die Departement van die Premier gaan 'n doelmatige en doeltreffende koördineringsmeganisme by die hartsentrum van die regering gereed kry.
Ons uitdaging op hierdie gebied is die voorsiening van primêre gesondheidsorg en om meer mense toegang te gee tot 'n gehalte gesondheidsdiens. Hierdie is 'n voortdurende en lewenslange uitdaging.
As regering is ons verplig om gratis basiese gesondheidsorg aan kinders en bejaardes te voorsien. Mense op landelike gebiede - plaaswerkers, werkloses moet ook baat vind by 'n betroubare en toeganklike gesondheidsorgstelsel.
Binne die volgende drie maande:
gaan ons die Provinsiale Plan om Provinsiale Gesondheid te Bevorder onthul.
Hierdie plan sal verseker dat ons voorkombare siektes soos TB, malaria, diabetes, hipertensie en asma beveg. Ons gesondheids-bevorderingsplan sal sorg dat ons veral aandag gee aan voorkoming asook om mense op te voed oor 'n voorkomende lewenswyse.
Ons gaan die ARV-program in elke distrik van die provinsie bekendstel. In elke distrik sal 'n plek wees waar die bekendstelling plaasvind. Die eerste pasiënt het medikasie op 15 Junie 2004 by die Bongani Hospitaal in Welkom ontvang en teen die einde van die kalenderjaar sal 'n bekendstelling plaasvind in elke distrik.
As 'n regering wat omgee is ons daartoe verbind om vennootskappe te bou met ander belanghebbendes om 'n volkskontrak te sluit wat ons in staat sal stel om
Vaardigheidsontwikkeling vir 'n ekonomie wat beter presteer
Ons gaan die vier gevestigde kolleges vir Verdere Onderwys en Opleiding versterk ten einde die dringende behoefte aan vaardighede in die arbeidsmark aan te pak.
Die verbetering van Leerlingskapprogramme is daarop gemik om die werkloses en veral jeug met die nodige vaardighede toe te rus om hulle in staat te stel om deel te word van die hoofstroom van ekonomiese ontwikkeling in hierdie land. Alle leerlingskapsinisiatiewe, tesame met die Uitgebreide Openbare Werkeprogam, sal die nodige menslike hulpbronne voorsien om ekonomiese geleenthede vir jongmense, vroue en werkloses uit te brei.
n Vaardigheidsdatabasis van graduandi in die onderskeie vakdissplines sal opgestel word.
Om die ekonomie te laat groei
Die Vrystaatse ekonomie sal vir die volgende dekade tot in die jaar 2014 stukrag vanuit die volgende sektore verkry:
Toerisme
Goudjuweliersvervaardiging
Infrastruktuurontwikkeling
Die regering moet sorg dat baie mense toegang tot ekonomiese geleenthede kry omdat die regering beleggings aanmoedig van openbare fondse in arbeidsintensiewe projekte.
Die Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer en die Departement van Plaaslike Regering en Behuising sal verdere besonderhede verskaf oor infrastruktuurbeleggings en -ontwikkeling en oor die Program vir Uitgebreide Openbare Werke.
Ontwikkeling van Toerisme
Ons is verheug dat Suid-Afrika die gasheer gaan wees van die 2010 FIFA Wêreldbekertoernooi vir sokker. Dit is duidelik dat Afrika se tyd aangebreek het.
Die jaar 2010 gaan sonder twyfel geweldige ekonomiese geleenthede in die breë meebring vir Swart Ekonomiese Bemagtiging in die toerismebedryf.
Die provinsiale regering gaan, in samewerking met plaaslike regering en die private sektor, sorg dat ons maksimum voordeel put uit die 2010 Wêreldbeker asook seker maak dat Swart Ekonomiese Bemagtiging in die breë die hoofbegunstigde sal wees uit die aanbieding van hierdie toernooi in die Vrystaat.
Die LUR vir die Departement van Toerisme, Omgewings- en Ekonomiese Sake sal aan die hoof staan van 'n Ekonomiese Ontwikkelings- en Werkskeppingsgroep van die Provinsiale Uitvoerende Raad om ondersoek in te stel na:
ekonomiese geleenthede vir die eienaars van toerisme produkte;
n impakstudie te onderneem om beleggingsgeleenthede te evalueer met toerisme as ekonomiese dryfveer;
raad te gee oor arbeidsintensiewe infrastruktuurbelegging en ontwikkeling en oor 'n betroubare en veilige paaienetwerk in die provinsie.
Die Vrystaatse Regering beoog om in September vanjaar 'n Vrystaatse Toerisme-owerheid in die lewe te roep om die provinsie effektief as 'n toeristebestemming te bemark.
Verhoogde landbouproduksie is die sleutel tot ekonomiese groei n Verhoging in die uitvoer van verwerkte landbouprodukte is net so belangrik; so ook die veiligheid van boere regoor die provinsie.
Ons sal voorkeur gee aan die verbetering van die lewensomstandighede van plaaswerkers. Ons sal voorkeur gee, in ons gesprekke met ons maatskaplike vennote, met werkgewers en arbeidsleiers, aan hierdie dringende saak.
Die Departement van Landbou gaan mettertyd 'n program onthul wat sal sorg dat almal baat sal vind by en toegang sal kry tot die Landbou Kredietstelsel soos aangekondig deur die President in sy Staatsrede.
