Kunswerke bied dikwels dieper en meer verhelderende antwoorde op die mense se kwelvrae as al ons ander vorme van gesprek daaroor. Ewe dikwels stuur kuns-gebeurtenisse net sulke verhelderende simboliese boodskappe uit.
Om verstaanbare redes is daar baie kwelling in sekere Afrikaans- sprekende gemeenskappe oor die toekoms van Afrikaans. Die politieke raamwerk waarbinne Afrikaans homself oor die afgelope sestig tot sewentig jaar bevind het, het dramatiese verander. Die Afrikaanse taal-saak het in al daardie jare baie na aan die hart van die politieke saak geklop. Die status en die welvaart van die taal is ten nouste gekoppel aan die besit en uitoefening van politieke mag.
Die Afrikaanse openbare lewe dra die afgelope tyd swaar aan die kommer-las oor die toekoms van die taal. Oral is daar bekommerde en soms beswaarde gesprekke oor wat van die Afrikaanse taal en kultuur word. Die gesprekke word in en deur die pers gevoer, in politieke forums, op kultuur-verhoe, in onderwyskringe en deur die algemene publiek.
Kyk 'n mens egter na wat op die gebied van die Afrikaanse letterkunde aangaan, vind jy veel rede tot opgewondenheid oor wat besig is om met Afeur. In plaas van donker wolke, me aanbreek van 'n helder nuwe daeukkie gelede was die koerante en tydskrfite vol oor die verskynintwee-en-sewentigjarige Kleurlingmtterkundige prys verower, een daarvan die Eugene Marais-prys - 'n toekenning met 'n sterk tradisionele inslag in die Afrikaanse letterkunde. Die verskying van 'n sterk en belangrike werk deur iemand soos Scholtz getuig daarvan dat Afrikaans se wereld verbreed en groei, en dat die toekoms van die taal en letterkunde geanker eid.
Nog 'n voorbeeld van die opwindende en vernuwende dinge wat besig is om in Afrikaans te gebeur, is die onlangse stigting uwe Afrikaanse letterkundige vereniging. Die inisiatief vir die stigting daarvan het oorspronklik gekom vanaf 'n groep swart Afrikaanse skrywers, en tesame met hulit kollegas het daar nou 'n insle organisasie tot stand gekom. Dege instellings is die taalgemeenig om ferm beslag te gee aan die feit dat die gesamentlike belange van al sy sprekers gedien en nagestreef word.
En vandag is ons hier bymekaar om nog so 'n gbeurtenis te vier in die teken van die nuwe groei en ontwikkeling van Afrikaans, naamlik Matthews se boek, Deur die oog van 'n naa.
Laat ons in die eerste plek geluk se aan die skrywer. Die publikasie van 'n boek is altyd svan 'n kind. Dit is 'n gebeurtenis van vreugde en trots. En ons il hier byeen vandag om Matthews wens, en om te deel in die vreugde wat hy tereg kan ervaar by hie
Ook Tafelberg-uitgewers verlukwensinge. 'n Publikasie is 'n vennootskap tussen skrywer en uitgewer, en daar is vele redes om op 'n besondere wyse trots te voel op die produk van hierdie vennootskap.
Nie slegs het Matthews prikkelende en interessante leestof gelewer met die skryf van hierdie boek nie; die simboliek en betekenis van die verskyning daarvan spreek ewe hard.
Diegene wat graag die voorstelling maak dat Afrikaans in 'n vyandige omgewing bestaan, hoef nou net na hierdie boek verwys te word. Hier het ons 'n ANC premier, 'n African, 'n man wat ses tale praat - en hy verkies om in Afrikaans te dig en te publiseer.
Die verskyning van hierdie boek het dus betekenis wat veel verder strek as die toekoms van Afrikaans. Dit dra 'n betekenisvolle boodskap van versoening en nasie-bou. Alhoewel die meeste van ons sterk identifiseer met een van die baie Suid-Afrikaanse tale, kan ons ook ons tale deel; om na mekaar uit te reik; om ons diepste gevoelens en hoogste aspirasies met mekaar te deel; om respek en begrip vir mekaar te betoon.
Deur mekaar se tale aan te leer en te gebruik, gee ons erkenning aan die menswees wat ons met mekaar deel, en bou ons die nuwe Suid- Afrikaanse nasie.
Ons staan reeds saam om te werk aan 'n beter lewe vir almal. Laat ons ook met mekaar praat in die verskillende tale van ons land.
