No 3--2008 VYFDE SESSIE,DERDE PARLEMENT
NASIONALE VERGADERING
VRAELYS
LET WEL: 1. +Dui vertaalde weergawe van die vraag aan.
+Dui 'n vraag vir mondelinge beantwoording aan.
VRAE VIR MONDELINGE BEANTWOORDING
MAATSKAPLIKE DIENS EN LANDSBESTUURGroep 2
Of daar 'n instroming van Keniaanse vlugtelinge as gevolg van die onrus in daardie land is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO636A
a Watter maatreëls haar departement beoog om aan die aandrang op die totstandkoming van 'n nasionale onderwysevaluasie-en ontwikke­lingseenheid aandag te gee en b watter ander strategieë oorweeg word om die professsionele ontwikkeling van onderwysers te verbeter? NO868A
Waaromsulke hoë vakaturesyfers in al die staatsdepartemente voorkom;
of haar departement inisiatiewe of stelsels ingestel hetom die vakaturesyfer in staatsdepartemente akkuraat te kan bepaal; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; so nie, waarom nie;
of sy vasgestel het wie daarvoor verantwoordelik is dat dié probleem nie hanteer is nie; so nie waarom nie; so ja, wie verantwoordelik is;
of enige stappe teen die verantwoordelike persoon of persone gedoen is; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NO914A
Of die Regering 'n Nasionale Gesondheidversekeringstelsel as 'n ideale meganisme beskou om behoorlike gesondheidsdiens te verskaf; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO864A
Mev I Mars (IVP)--Binnelandse Sake.+ [Teruggetrek]
Watter afsluitingstrategieë daar in haar departement betreffende die Uitgebreide Openbare Werke-program ten opsigte van Werk (a) vir Water, (b) met Vuur en (c) vir Vleilande bestaan? NO877A
Of sy die bevindings van die ondersoek na en die verslag oor die paspoortskandaal, waarin 10 000 geldige blanko Suid-Afrikaanse paspoorte verlede jaar in Brittanje ontdek is, aan die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake gaan vrystel of voorlê;
waarom sy, ten spyte van die ondersoek wat sy na die paspoortskandaal ingestel het, tot dusver nie die bevindings aan die Parlement voorgelê of dit openbaar gemaak het nie? NO919A
Of die bevindings van die ministeriële taakspan, dat 'n aansienlike persentasie studente na graad nege die skool verlaat, 'n nadelige uitwerking op studente se onderwys en opleiding van vaardighede het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wat haar standpunt in dié verband is, (b) waarom dié ongesonde verskynsel voorkom en (c) watter stappe haar departement gaan doen om leerders tot die einde van hul skoolloopbaan in die stelsel te hou? NO870A
Wat sy departement se massamobiliserings-en kommunikasieplan is ten opsigte van die mandjie dienste wat beskikbaar is vir dié wat dit nodig het om te verseker dat hulle kennis dra van die reeks dienste wat aangebied word en weet hoe om toegang tot dié dienste te kry? NO874A
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister van Onderwys:+
Of sy, in die lig van die wye debat wat ontstaan het oor haar departement se voorgestelde skool-eed, enige stappe sal doen om behoorlike oorlegpleging met lede van die publiek en ander rolspelers oor dié kwessie te verseker; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NO916A
Of haar departement 'n plan het om die krisis aangaande die styging van gelde by tersiêre instellings op te los; so ja, wanneer sodanige plan in werking gestel sal word; so nie, of haar departement beoog om stappe in dié verband te doen; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe;
Mnr B M Solo (ANC) vra die Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering:+
In watter mate munisipaliteite (a) die implementering van hulpbehoewende (i) beleidsrigtings en (ii) registers ter ondersteuning van behoeftiges en (b) die bekendmaking van behoeftiggesinde beleidsrigtings nagekom het? NO902A
a Hoeveel maatskaplike werkers i sy departement moet aanstel ten einde aa die Kinderwet, Wet 38 van 2005, en bb die Older Persons Act, Wet 13 van 2006, in werking te stel en ii tans aangestel is en b wat gedoen word om die tersaaklike getal maatskaplike werkers aan te stel;
of sy departement se huidige begroting voldoende is; so nie, watter bykomende bedrag nodig is;
of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NO782A
Mev P de Lille (OD) vra die Minister van Binnelandse Sake:+
Met verwysing na haar antwoorde op Vraag 91 vir mondelinge beantwoording op 16 Augustus 2006 en Vraag 34 vir mondelinge beantwoording op 7 Maart 2007, (a) wanneer die Van Zyl Slabbert­verslag deur die Kabinet oorweeg gaan word en (b) wat die gepaste tyd is om die beoogde aanbevelings van dié verslag met die Kabinet te bespreek? NO772A
Watter program haar departement daargestel het om die geld te bestee wat vir die opknapping van watergehalte en -infrastruktuur opsygesit is;
of haar departement 'n oudit gedoen het van die opknapping van watergehalte en -infrastruktuur; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO878A
Me P Tshwete (ANC) vra die Minister van Kuns en Kultuur:+
Of sy departement oor enige planne beskik om Suid-Afrika se artefakte tydens die geleentheid van die Sokkerwêreldbekertoernooi in 2010 te vertoon; so nie, waarom nie; so ja, watter planne? NO939A
Of die land 'n watertekort-of 'n waterbesoedelingskrisis in die gesig staar; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, watter stappe haar departement doen om iets aan dié saak te doen? NO920A
Of daar in gasheerstede enige planne ingestel is om 'n blywende erfenis na a.oop van die 2010 Fifa-wêreldbekersokkertoernooi te verseker; so nie, waarom nie; so ja, watter planne? NO904A
Of die beweerde huidige binnegevegte tussen sekere sportadministrateurs 'n nadelige invloed op (a) transformasie van die betrokke sportkodes en (b) spanprestasies het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (i) wat die tersaaklike besonderhede is en (ii) wat gedoen word om die situasie reg te stel? NO908A
Of die inwerkingstelling van gemeenskapsdiens vir verpleegsters 'n aanvang geneem het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO865A
Wat die impak van onenigheid is op die werking van die plaaslike organisatoriese komitee LOC ter voorbereiding van 'n suksesvolle Wêreldbekersokkertoernooi in 2010;
of sy departement enige stappe gedoen het om die werksverhouding tussen lede van die LOC te verbeter; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NO912A
Hoeveel (a) vroue en (b) kinders vir die doel van mensehandel na Suid-Afrika gebring is onder die voorwendsel dat hulle werk aangebied sal word? NO619A
Of haar departement enige stappe gaan doen om die gemeenskap van die dorpie Tshivhuyini in die Makhado-munisipaliteit van toegang tot gesondheidsdienste te voorsien aangesien daar geen kliniek is nie; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe;
of sy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NO866A
Wanneer wetgewing insake die instelling van 'n enkele staatsdiens in die Parlement ter tafel gelê sal word;
of sy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NO913A
Of sy departement beplan om jaarlikse gebeure soos die (a) Jazzfeeste en (b)(i) Rand-en (ii) Koninklike Feeste te roteer sodat elke provinsie die ekonomiese voordeel daaruit kan trek; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO911A
Of sy enige stappe gedoen hetom geneeshere vir die landelike gemeenskappe te werf; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter stappe en b watter vordering in dié verband gemaak is;
of haar departement enige ander planne het om sodanige uitdagings die hoof te bied; so nie, waarom nie; so ja, watter planne? NO867A
Of Suid-Afrika formeel deur die Verenigde Koninkryk meegedeel is dat Suid-Afrikaners wat na die VK reis visums sal benodig, na aanleiding van die onthulling van die onwettige aktiwiteite van reisigers in dié lande; so ja, (a) waarom dié vereiste ingestel is, (b) wanneer dit van krag sal wees en (c) wat die voorgestelde koste vir so 'n visum is? NO915A
Met verwysing van haar antwoord op Vraag 1990 op 13 Desember 2007, hoeveel (a) Afrikaans-enkelmediumskole, (b) Afrikaans­parallelmediumskole en (c) Afrikaans-dubbelmediumskole daar aan die begin van (i) 1994 en (ii) 2008 was;
Of die deurlopende onrus op die kampus van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat weens die integrasie van koshuise 'n manifestering is van die voortgesette steun deur sekere afdelings van die studentegemeenskap vir koshuise wat op grond van ras geskei is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; so nie, of die onrus 'n uitdrukking is van organisatoriese probleme by die koshuise; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO869A
Of sy enige maatreëls ingestel het ten opsigte van (a) alkohol­en drankmisbruik by leerders, (b) die tekort aan opvoeders, (c) infrastruktuur soos mure en plafonne wat inval, (d) swak stormwaterpype, (e) die Tweede Kans-program vir matrikulante en (f) rassisme in skole; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO871A
Sedert 1 Januarie 2007, (a) aan hoeveel onderwysers tugmaatreëls opgelê is en (b) hoeveel onderwysers afgedank is omdat hulle hul pligte nie behoorlik uitgevoer het nie of dit afgeskeep het? NO917A
Watter vordering gemaak is om toe te sien dat ons skole veilig en beskermd is;
of daar 'n a program en b tydraamwerk is om die rondawels en modder-skoolgeboue in die landelike gebiede uit te wis; so nie, waarom nie; so ja, i wat die tersaaklike besonderhede is, ii hoeveel skole in landelike gebiede steeds sodanige strukture het en iii wanneer die program afgehandel gaan wees;
of daar 'n program is om leerders in landelike gebiede te vervoer; so nie, waarom nie; so ja, hoe doeltreffend dié program is;
of plaasskole by dié vervoerprogram ingesluit is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO872A
Of die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) sy taak ten opsigte van bestaansveiligheidsbedrog voltooi het; so nie, wat die tydraamwerke vir voltooiing in die (a) openbare en (b) private sektor is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO875A
Op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, (a) watter provinsies dubbelterapie (i) begin toepas het en (ii) nog nie begin toepas het nie, (b) wat die redes hiervoor is en (c) watter stappe sy doen om die toepassing van dié beleid te bespoedig? NO918A
Of die direktoraat wat verantwoordelik is vir sentums vir vroeë kinderontwikkeling VKO gereed is om die registrasie van 1 000 nuwe terreine te fasiliteer; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die opleidingsagentskappe van VKO-onderwysers oor die kapasiteit beskik om die beoogde inname van nuwe kwekelinge te behartig; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO876A
Me T E Lishivha (ANC) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
Watter vordering daar met die voorsiening van waterkwota ten opsigte van sanitasie gemaak is? die gratis basiese NO879A
a Hoeveel vakatures daar in die openbare sektor vir i geneeshere en ii verpleegsters was op die jongste datum waarvoor inligting beskikbaar is en b watter bepaalde stappe sy gedoen het om die getal geneeshere en vepleegsters te verhoog wat beskikbaar is om in Suid-Afrika te werk deur i vertragings met die goedkeuring van aansoeke van buitelands gekwali.seerde beroepslui te verminder en ii die getal beskikbare plekke vir die opleiding van geneeshere te vermeerder? NO921A
Me P Bhengu (ANC) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
Of die doelwit wat gestel is vir die wegdoening van die emmer­sanitasieselsel in informele gebiede teen die voorgenome datum van Desember 2007 bereik is; so nie, waarom nie; so ja, watter provinsies nog nie die beoogde doelwit gehaal het nie? NO880A
Of, in die lig van ontwikkelinge wat tot die goedkeuring van die entstof teen servikale kanker gelei het, haar departement enige planne het om dié entstof beskikbaar te stel; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter planne en (b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is? NO906A
Mnr W D Spies (VF Plus) vra die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie:
Hoeveel (a) buitelandse burgers tans in die Staatsdiens werksaam is en (b) seniorvlak-en juniorvlakposte dié werkers beklee;
of daar 'n voorgeskrewe beperking op die tydperk is waarvoor dié werkers in die Staatsdiens mag werk; so nie, waarom nie; so ja, wat die tydperk is? NO938A
Mev L S Chikunga (ANC) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
Of daar, in die lig van die feit dat water te Mpuluzi in Mpumalanga afgesny word, enige stappe gedoen sal word om seker te maak dat die mense hul ses kiloliter gratis water ontvang; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe;
of daar enige toekomsplanne bestaan om te verseker dat hulle'n konstante watervoorraad sal hê om die ekonomie 'n hupstoot te gee; so ja, watter planne? NO881A
Watter vordering gemaak is aangaande wetgewing oor onwettige uitsettings, veral wat plaaswerkers betref;
of wetgewing oor uitsettings nog tydens dié termyn van die Parlement afgehandel sal word; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer en (b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is? NO882A
Of sy 'n verklaring sal doen oor die SA Uitsaaikorporasie se hantering van die geskil oor die verlies van die Premier-sokkerliga se televisieregte om sokker uit te saai? NO922A
Watter vordering daar gemaak is met die gebruik van alternatiewe vorms van energie in die huisvestigingsprogram? NO883A
Of daar, in die lig van die uitfasering van die People's Housing Process, meganismes ingestel word om kontinuiteit te verseker insake (a) bystandverlening aan armes wat boumateriale betref en (b)(i) kapasiteitsvermeerdering en (ii) vaardigheidsontwikkelingprogramme; so nie, waarom nie; so ja, (aa) watter meganismes en (bb) wat die verdere tersaaklike besonderhede in elke geval is? NO884A
Of dreinering van suur uit myne tot die besoedeling van waterbronne bydra; so nie, hoe sy tot dié gevolgtrekking gekom het; so ja, wat die omvang van die probleem is;
of enige stappe gedoen word om toe te sien dat mynowerhede die waterlisensiëringprosedures volg; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NO923A
Of haar departement in kennis gestel is van politieke ingrypings in behuisingontwikkelingsprojekte op plaaslike regeringsvlak; so ja, watter maatreëls daar is om aan sodanige ingrypings aandag te skenk? NO885A
Of haar departement die instelling van wetgewing oorweeg om die vermenigvuldiging van informele nedersettings teen te werk; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO886A
a Watter munisipaliteite gedurende die boekjaar 2006-07 bygestaan is ooreenkomstig die R180 miljoen wat begroot is om die akkreditasie van munisipaliteite te versnel en te steun, b watter tipe bystand verleen is en c wat die resultaat van sodanige bystand was;
of enige munisipaliteite akkreditasie as gevolg van sodanige bystand ontvang het; so nie, a waarom nie en b wanneer hulle na verwagting akkreditasie sal ontvang; so ja, watter munisipaliteite? NO924A
Of, in die lig van die opname wat in 2007 deur die Nasionale Huisbouersregistrasieraad oor huisdefekte in die Oos-Kaap vir die tydperk van 1994 tot 2004 gedoen is, haar departement maatreëls ingestel het om te verseker dat 'n regstellende program van stapel gestuur word, gegewe dat begrotingstoekennings hiervoor gemaak is; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter maatreëls en (b) aan hoeveel huise in die Alfred Nzo-munisipaliteit aandag gegee is, spesi.ek in die Mount Frere-en Mount Ayliff-gebiede? NO887A
Of provinsies enige sukses behaal om aan die behuisingsprojekte wat geblokkeer is, aandag te gee; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO890A
Wat die beredenering agter die verskuiwing van hoofstroomkursusse weg van die Vistakampus na die Nelson Mandela-Metropolitaanse Universiteitskampus is in die lig van die feit dat armer studente nou geld vir reiskoste moet opdok? NO891A
Of enigevan die afgehandelde en/of huidige behuisingsprojekte energiedoeltreffende praktyke beoefen; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter projekte en (b) watter praktyke geïnkorporeer word;
of enige skenker.nansiering vir dié doeleinde ontvang is; so ja, (a) van wie, (b) watter bedrag en (c) vir watter doeleinde;
of die .nansiering bestee is; so nie, waarom nie;
of enige van die energiedoeltreffende praktyke gemoniteer en geëvalueer is om die werklike resultate vas te stel; so nie, waarom nie; so ja, wat die resultate was? NO925A
Watter planne daar is om die baie besige Port Elizabeth-kantoor te verbeter noudat die internskappe aan die einde van Februarie 2008 verstryk het? NO892A
Of sy onlangs met navorsers byeengekom het om die tekortkominge in die navorsing oor mikrobisiedes en entstowwe te bespreek; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat haar departement se standpunt is rakende opmerkings wat deur sommige van die navorsers gemaak is dat wêreldnavorsers oor die aannames rakende MIV verkeerd is en (b) wat die implikasies van dié erkenning vir ons MIV-en Vigs-programme is?
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister van Kuns en Kultuur:+
a Watter vordering die Nasionale Taaldiens in sy departement ten opsigte van die ontwikkeling en instelling van 'n nasionale taalbeleid gemaak het, b watter stappe gerig is op die instelling van 'n nasionale taalbeleid met verwysing na die beoogde Taalwetsontwerp en c wanneer dié wetsontwerp afgehandel gaan wees? NO926A
Of alle provinsiale departemente gereed is om die beleid van dubbelterapie toe te pas; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO899A
Of sy en haar departement enige maatreëls sal instel om te verseker dat prysvasstelling onder maatskappye nie weer plaasvind nie; so nie, waarom nie; so ja, watter maatreëls;
of daar,benewens die regsproses wat deur die Mededingings­kommissie ingestel is, enige planne is om maatskappye te beboet wat aan prysvasstelling skuldig bevind word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO900A
Waarom nóg sy nóg die adjunkminister die vergadering van die Komitee oor Openbare Rekenings op Woensdag, 20 Februarie 2008 bygewoon het om die jaarverslag te bestudeer en die strategiese ingrypingsproses te bespreek wat daarop gemik is om werk te maak van die situasie in haar departement en dit reg te ruk, ondanks die feit dat haar departement 'n derde agtereenvolgende ouditafwysing van die Ouditeur-generaal in die jaarverslag 2006-07 ontvang het? NO927A
a Wat die lede van die metropolisie se stand van gereedheid in die stryd teen misdaad in die gasheerstede is ter voorbereiding vir die 2010 Fifa-wêreldbekersokkertoernooi en b wat dit gedurende dié geleentheid sal wees? NO903A
Of sy die laekostebehuisingsprojek Kleinskool in Nelson Mandela­baai besoek het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wanneer en (b) watter versekerings op daardie tydstip gegee is rakende oplossings vir die probleme wat die inwoners ondervind het;
of daar nou aandag geskenk is aan die probleme in dié gemeenskap; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO930A
Of vordering met die toepassing van die Regering se skoolsportbeleid gemaak is; so nie, (a) waarom nie en (b) watter (i) uitdagings geïdenti.seer is and (ii) suksesse sover behaal is; so ja, watter vordering?
Of sy departement voornemens is om swart ekonomiese bemagtiging in sy programme te verbeter of in te stel; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die uitdagings is? NO940A
Of die afwesigheid van 'n direkteur-generaal 'n negatiewe uitwerking op die prestasie van haar departement het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wanneer dié pos gevul sal word en (b) wat die redes is dat die pos steeds nie gevul is nie? NO932A
Me N D Mbombo (ANC) vra die Minister van Kuns en Kultuur:+
a Wat die sperdatum vir die oplossing van die probleme tussen die Ncome-en Bloedrivier-museums is en b wat tot dusver in dié opsig gedoen is? NO941A
Of die program om die nasionale simbole in al die sektore van ons land gewild te maak, effektief was; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO942A
Mnr M Swart (DA) vra die Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering:+
Of, in die lig van die opskorting van R513 miljoen van die Munisipale Infrastruktuurtoekenning (MIG) se oordragte na munisipaliteite in die boekjaar 2006-07 volgens artikel 19 van die Division of Revenue Act,Wet 5 van 2002, sy departement enige teenmaatreëls teen die voortdurende onderspandering van MIG-fondse deur munisipaliteite geneem het of sal neem; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NO933A
Watter vordering sy departement gemaak het met die oprigting van monumente, biblioteke en gemeenskapsentrums in die landelike gebiede? NO943A
Of hy, in die lig van die Ouditeur-generaal se derde agtereenvolgende verwerping van die SA Plaaslike Regeringsvereniging se boekhouding vir die boekjaar 2006-07 en dié vereniging se nie-nakoming van die beslissings van die Komitee oor Openbare Rekenings, die departement se oordrag van fondse na die organisasie vir die boekjaar 2008-09 gaan terughou totdat daar behoorlik van sy .nansies boekgehou word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO935A
Of sy departement beoog om die belasting op staatseiendom ingevolge die regulasies rakende die Municipal Property Rates Act, Wet 6 van 2004, te beperk; so nie, waarom nie; so ja, (a) waarom en (b) teen watter koers?
Of die deelname van die Parlement by die opstel van die Suid-Afrikaanse verslag aan die Kommissie oor Geslagsgelykheid van die Verenigde Nasies noodsaaklik is; so nie, waarom nie; so ja, waarom die verslag aan die VN voorgelê word sonder dat die Parlement vooraf geraadpleeg is?
