NASIONALE VERGADERING
INTERNE VRAELYS#
LET WEL:
Dui vertaalde weergawe van die vraag aan.
Dui 'n vraag vir mondelinge beantwoording aan.
QDui 'n skriftelike vraag aan wat vir mondelinge beantwoording oorgeplaas is op versoek van die betrokke lid (Reël 117).
Inhoudsopgawe
Adjunkpresident ... 245Minister van Behuising ... 244Minister van Finansies ... 239, 241Minister van Gesondheid ... 243, 244Minister van Handel en Nywerheid ... 244Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling . 240, 241, 244Minister van Korrektiewe Dienste ... 239, 243
Minister van Kuns en Kultuur ... 242
Minister vir Landbou en Grondsake ... 246
Minister van Maatskaplike Ontwikkeling ... 245
Minister van Omgewingsake en Toerisme ... 239
Minister van Onderwys ... 239
Minister vir Openbare Ondernemings ... 240, 242, 243Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering ... 241Minister vir die Staatsdiens en Administrasie ... 239, 241Minister van Veiligheid en Sekuriteit ... 240, 242, 244, 245Minister van Vervoer ... 242, 245Minister van Waterwese en Bosbou ... 244, 245Opsomming van vrae vir skriftelike beantwoording ... 246
VRAE VIR SKRIFTELIKE BEANTWOORDING
Of 'n sekere persoon (naam verstrek) al die voorwaardes van sy vonnis nagekom het wat die Randburgse Landdroshof op of ongeveer 16 April 2003 hom opgelê het (besonderhede verstrek); so nie, watter stappe sy departement in dié verband gedoen het? N865A
Of hy of enige persoon in sy ministerie enige diensverskaffers genader het om die geleenthede rondom die aanbieding van sy begrotingspos op 18 Mei 2007 te borg; so ja, (a) watter diensverskaffers, (b) wat die aard van die versoek was, wat die reaksies van die diensverskaffers was en (d) watter (i) bedrag geld of ii ander borgskap op dié wyse bekom is;
of die wyse waarop die borgskappe bekom word ingevolge die Tesourie­regulasies toegelaat word; so nie, watter stappe hy doen om toe te sien dat die regulasies nagekom word; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1009A
Hoeveel (a) Suid-Afrikaners in elke jaar sedert 1994 in die buiteland gestudeer het en b buitelandse studente in elke jaar sedert 1994 in Suid-Afrika gestudeer het? N1015A
Of die nuwe belastingopgawevorm wat pas vrygestel is ook in Afrikaans en die ander nege inheemse landstale beskikbaar sal wees; so nie, waarom nie; so ja, wat die totale koste vir die druk van die vorms in al die landstale is? N1016A
Mnr W D Spies vra die Minister van Onderwys:
a Hoeveel onafhanklike tersiêre opleidingsinstellings daar in Suid-Afrika geregistreer is as 'n i kollege, ii akademie en iii universiteit, b hoeveel buitelandse i kolleges, ii akademies en iii universiteite in Suid-Afrika geregistreer is en c in watter opsigte dié instellings onderhewig is aan bemagtigingsvoorskrifte en -wette;
of haar departement sedert 1997 geweier het dat sekere grade en kursusse by enige onafhanklike (a) kollege, (b) akademie en (c) universiteit aangebied mag word; so ja, (i) watter grade en kursusse in elke geval en (ii) wat die rede hiervoor is;
a op watter gebied en b ingevolge watter wetgewing en/of regulasies onafhank­like akademiese instellings meer vryheid as openbare instellings geniet? N1017A
Of 'n sekere persoon (naam verstrek) ooit in die kantoor van Mariene en Kusbestuur gewerk het; so ja, wat sy posisie was;
of hy geskors is; so ja, (a) wanneer en (b) waarom? N1019A
Of enige nie-Suid-Afrikaanse burgers gedurende die tydperk (a) 2002-03 en (b) 2004-05 opleiding van die SA Instituut vir Bestuursontwikkeling (Samdi) ontvang het; so ja, (i) hoeveel persone sodanige opleiding ontvang het, (ii) wat die duur van elke opleidingsprogram was, (iii)(aa) wat die koste van die opleiding was en (bb) wie die koste van sodanige opleiding gedra het en (iv)(aa) hoeveel persone verteenwoordigers van buitelandse regerings was en (bb) watter regerings hulle verteenwoordig het? N1020A
Of hy of die Nasionale Kommissaris enige brief van 'n sekere persoon naam verstrek ontvang het wat die onaanvaarbare toestande by die Helderberg korrektiewe inrigting beskryf;
of enige maatreëls getref is om die bewerings te ondersoek; so nie, waarom nie; so ja, a watter maatreëls en b wat die uitslag van die ondersoek was? N1023A
Of enige pos vir 'n senior superintendent in die polisiekantoor in Chatsworth, KwaZulu-Natal, in (a) 2005 en (b) 2006 teruggetrek is; so ja, (i) waarom die pos teruggetrek is en (ii) hoeveel (aa) mense om die pos aansoek gedoen het en (bb) aansoekers op die kortlys geplaas is;
of dieselfde pos weer geadverteer is; so ja, (a) waarom en (b) wie die lede van die onderhoudspaneel was? N1024A
Dr S M van Dyk (DA) vra die Minister vir Openbare Ondernemings:
Of die privatisering van die SA Lugdiens oorweeg word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1029A
Dr S M van Dyk (DA) vra die Minister vir Openbare Ondernemings:
Of die departement se reis-en verblyfuitgawes vanaf die boekjaar 2006-07 tot die boekjaar 2007-08 van R8 m tot R14 m toegeneem het; so ja, (a) op watter grondslag dié uitgawes bereken word, (b) vir watter vermelde doeleindes dié uitgawes in die boekjaar 2006-07 aangegaan is en (c) vir watter doeleindes die bykomende bedrag van R6 m vir reis en verblyf vir die boekjaar 2007-08 begroot is;
watter gedeelte van die reis-en verblyfuitgawes in die boekjaar 2006-07 toegewys is aan uitgawes wat deur die Direkteur-generaal van die departement aangegaan is? N1030A
Dr S M van Dyk (DA) vra die Minister vir Openbare Ondernemings:
Of daar onlangs 'n omsendbrief oor veiligheid op vliegtuie van die SA Lugdiens (SAL) ten opsigte van langafstandvlugte aan SAL-vlugkapteins gestuur is; so ja, of daar in dié omsendbrief beweer word dat (a) vlugpersoneel waarskuwings­ligte op vliegtuie saboteer deur die drade van waarskuwingsligte uit te trek, wat 'n kortsluiting kan veroorsaak, (b) 'n kombers op 'n sekere vlug gebruik is om waarskuwingsligte te bedek en (c) dié sabotasie 'n tweede ''Helderberg-ramp'' kan veroorsaak; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1031A
Of, met betrekking tot die verslag van die Ouditeur-generaal oor die Rekening vir die Verhaling van Kriminele Bates (Cara) vir die tydperk 1 April 1999 tot 31 Maart 2005, haar department diegene geïdenti.seer het wat verantwoordelik was vir die (a) laat indiening van .nansiële state, (b) dokumentasie wat nie ingedien is nie, (c) 'n register van vaste bates wat nie in stand gehou is nie, d 'n formele risiko-ontleding wat nie gedoen is nie en e die nie-nakoming van Tesourie-regulasies; so nie, waarom nie; so ja, wie daarvoor verantwoordelik is;
of enige stappe teen die skuldiges gedoen is; so nie, waarom nie in elke geval; so ja, watter stappe;
of 'n behoorlike register van bates sedertdien bygehou is; so nie, waarom nie;
of 'n moniteringstelsel ingestel is om die deponering van geld en die lewering van eiendom deur die curator bonis te moniteer; so nie, waarom nie; so ja, met betrekking tot die boekjare (a) 2005-06 en (b) 2006-07, (i) wat die totale waarde beloop van (aa) geld, (bb) eiendom wat uit die nakoming van beslagleggingsbevele verkry is en (c) eiendom wat deur Cara toegewys is en ii watter aa wetstoepassingsagentskappe en bb instellings dié toewysings ontvang het? N1032A
Of, met verwysing na die verslag van die Ouditeur-generaal oor die Rekening vir die Verhaling van Kriminele Bates (Cara) vir die tydperk 1 April 1999 tot 31 Maart 2005, die tersaaklike dokumente betreffende die (a) goedgekeurde strategiese plan, (b) goedgekeurde begroting en (c) ministeriële goedkeuring vir die stigting van die Eenheid vir die Verhaling van Kriminele Bates (Caru) sedertien voorsien is; so nie, (i) waarom nie in elke geval en (ii) wanneer dié dokumente voorsien sal word;
hoeveel vergaderings die Komitee oor die Verhaling van Kriminele Bates vanaf 31 Maart 2005 tot 30 April 2007 gehou het;
of haar departement enige stappe teen dié komitee gedoen het omdat hulle slegs een keer gedurende die tydperk 1 April 1999 tot 31 Maart 2005 byeengekom het; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe;
of die interne ouditfunksie van haar departement sedert 31 Maart 2005 'n a interne oudit van Cara en b formele risiko-evaluering gedoen het; so nie, waarom nie; so ja, wat die resultate is? N1034A
Of die kontrak vir die verskaffing van 'n heffingsinspeksiediens (besonderhede verstrek) aan 'n sekere maatskappy (naam verstrek) volgens 'n openbare tenderproses toegeken is; so nie, waarom nie; so ja, (a) in watter uitgawe van die Staatstenderbulletin die (i) tender geadverteer is en (ii) suksesvolle tender aangekondig is, (b) hoeveel tenders ontvang is, (c) van wie hulle ontvang is en d vir watter bedrag daar in elke geval getender is;
of sy department in kennis gestel is dat (a) 'n kriminele klag van bedrog teen genoemde maatskappy vir bedrog ten opsigte van 'n soortgelyke kontrak by die Ekurhuleni metropolitaanse munisipaliteit aanhangig gemaak is en (b) daar gevind is dat die maatskappy die Stad Tswhane ten opsigte van 'n sekere tender (besonderhede verstrek) probeer mislei het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (i) op watter gronde bogenoemde tender aan die vermelde maatskappy toegestaan is en (ii) wat die redes is waarom sy department geen stappe teen die maatskappy ten opsigte van bogenoemde oortredings gedoen het nie? N1035A
Of die eerste ontwerp van Suid-Afrika se plan van aksie wat teen die end van Junie 2007 aan die Afrika-portuuroorsigmeganisme (APOM) se vennote in Ghana voorgelê sal word, goedgekeur is; so nie, waarom nie;
of dié dokument sedertdien heropgestel is; so nie, waarom nie; so ja, of die Nasionale Beheerraad (NBR) van die APOM (a) gedurende dié proses geraadpleeg is en (b) die heropgestelde dokument goedgekeur het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
Wat was die persentasie van vakatures in die Nasionale Tesourie op 1 April a 2004, b 2005, c 2006 en d 2007 op i hoogs geskoolde produksievlakke 6-8, ii hoogs geskoolde toesighoudende vlakke 9-11, iii bestuursvlak, iv senior bestuurs-of gelykstaande vlak en v topbestuurs-of gelykstaande vlak;
of daar in sy departement enige transformasiedoelwitte met betrekking tot a etniese verskeidenheid en b geslag is; so nie, waarom nie; so ja, wat dié doelwitte is;
of dié transformasiedoelwitte 'n negatiewe uitwerking op die vul van vakatures gehad het; so nie, om watter redes dié vakatures nie gevul word nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die Nasionale Tesourie ten spyte van dié vakatures sy doelwitte bereik het soos uiteengesit in in sy begrotingsprogram vir (a) 2004, (b) 2005 en (c) 2006 tot 1 April 2007; so nie, waarom nie; so ja,
of die Nasionale Tesourie oorweeg het om met dié vakante poste weg te doen; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1037A
Wat was die persentasie van vakatures in sy departement op 1 April (a) 2004,
, (c) 2006 en (d) 2007 op (i) hoogs geskoolde produksievlakke 6-8, ii hoogs geskoolde toesighoudende vlakke 9-11, (iii) bestuursvlak, (iv) senior bestuurs-of gelykstaande vlak en (v) topbestuurs-of gelykstaande vlak;
of daar in sy departement enige transformasiedoelwitte met betrekking tot (a) etniese verskeidenheid en (b) geslag is; so nie, waarom nie; so ja, wat dié doelwitte is;
of dié transformasiedoelwitte 'n negatiewe uitwerking op die vul van vakatures gehad het; so nie, om watter redes dié vakatures nie gevul word nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy departement ten spyte van dié vakatures sy doelwitte bereik het soos uiteengesit in in sy begrotingsprogram vir (a) 2004, (b) 2005 en (c) 2006 tot 1 April 2007; so nie, waarom nie; so ja, of sy departement oorweeg het om met dié vakante poste weg te doen; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1038A
In die lig van die onlangse aankondiging deur die SA Polisiediens van planne om die werwing en opleiding van nuwe SAPD-lede te verhoog ten opsigte van die elk van die afgelope drie jaar (a) wat die (i) optimale en (ii) werklike toewysing van SAPD-opleiers is, (b) wat hul vlak van vaardighede en ondervinding is en c wat die huidige verhouding van SAPD-opleier tot leerders is;
of enige prestasiehersienings/toetse gedoen word om te verseker dat dié nuwe SAPD-lede voldoende opleiding ontvang; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
a wat die gemiddelde wagtydperk vir die uitreiking van 'n serti.kaat van aanstelling is en b wat die agterstand in verband met die uitreiking van dié serti.kate in elk van die afgelope drie jaar is? N1039A
Of enige boete opgelê sal word aan die kontrakteur van die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (eNavis) wat in gebreke gebly het om 'n volledige operasionele diens ingevolge die kontrak te lewer; so nie, waarom nie; so ja, wat dié boete gaan behels;
of die kontrak die betaling insluit van R30 per transaksie soos deur hom aangekondig; so ja, (a) hoe dié transaksiegeld bepaal is en (b) wat dié geld oor die volgende 12 maande in terme van inkomste vir (i) sy departement en (ii) die kontrakteur sal meebring;
of 'n sekere kontrak (naam verstrek) op bekwame wyse met betrekking tot die a bodproses, b ontwikkelingsproses, c projekbestuursproses, d toepas­singsproses en e .nansieringsproses bestuur is; so nie, of hy 'n onafhanklike oudit van die kontrak sal instel; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1040A
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister van Kuns en Kultuur:+
a Watter maatskappy jaarliks die SA Span vir Uitvoerende Kunste kies om aan die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles, Kalifornië, VSA, deel te neem en b wie dié maatskappy aangestel het;
of genoemde maatskappy staatsondersteuning geniet; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is:
a hoe die gelde om deel te neem, vasgestel word en b wat die gelde per deelnemer is? N1041A
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister vir Openbare Ondernemings:+
a Hoeveel lokomotiewe van Suid-Afrika tans buite ons grense gebruik word, b hoe lank hulle uit Suid-Afrika gaan wees en c wat die gevolg daarvan vir Suid-Afrika is;
of Suid-Afrika vir dié ooreenkoms betaal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die betrokke vergoeding is? N1042A
a Wat die huidige geraamde getal Suid-Afrikaners is wat aan i tipe I-, ii tipe II-en iii tipe III-diabetes ly, b hoe dié syfers bepaal word en c wat die geraamde getal Suid-Afrikaners is wat gedurende die jongste vermelde tydperk van drie jaar tot en met die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is aan diabetes-verwante siektes gesterf het;
of enige studies gedoen is om die getal mense vas te stel wat weens diabetes a blind geword het en b ledemate verloor het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1043A
a Hoeveel gevangenes tans in die onderskeie sentrums by die Korrektiewe Sentrum Modderbee aangehou word en b hoeveel i geneeshere en ii verpleegkundiges daar in elke sentrum is om die gevangenes te versorg;
of sy departement van mening is dat daar genoeg mediese personeel is vir die voorsiening van toereikende mediese gesondheidsorg soos ingevolge artikel 12 van die Wet op Korrektiewe Dienste, Wet 111 van 1998, vereis word; so nie, of sy departement enige stappe doen om die aantal personeellede aan te vul; so nie, waarom nie; so ja, wanneer dié stappe in werking gestel gaan word? N1045A
Of 'n verhoorafwagtende aangehoudene (naam verstrek) by die Korrektiewe Sentrum Modderbee op of omstreeks 16 Mei 2007 gesterf het; so ja, (a) wat die oorsaak van sy dood was en (b) wanneer dié toestand by hom gediagnoseer is;
of dié persoon voor sy dood gehospitaliseer is; so nie, waarom nie; so ja, (a) wan­neer, (b) by watter hospitaal/hospitale en (c) watter behandeling hy ontvang het;
of dié persoon enige medikasie vir sy toestand ontvang het; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter medikasie en (b) vir hoe lank voor sy dood? N1046A
Of die departement, in ooreenstemming met Resolusie 61/225 wat op 20 Desember 2006 deur die Nasionale Vergadering van die Verenigde Nasies aangeneem is, 'n nasionale beleid oor die voorkoming, behandeling en versorging van diabetes aangeneem het; so nie, wanneer sodanige beleid afgehandel sal word; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die departement in enige van die afgelope drie jaar 'n veldtog oor diabetesbewustheid ge.nansier het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die departement beplan om 'n bewustheidsveldtog vir Wêreld-diabetesdag op 14 November 2007 te organiseer en te .nansier; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1047A
Of enige gesondheidinstellings deur stakings, sloerstakings of werk-volgens-die­boek as 'n gevolg van die dispuut tussen die Staat en verskeie vakbonde aangaande loononderhandelings geraak is; so ja, watter instellings en b wat die omvang van die ontwrigting van gesondheidsdienste as gevolg van dié optrede was;
of enige stappe teen dié betrokke gesondheidspersoneel gedoen is; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe;
of die departement enige gebeurlikheidsplanne uitgewerk het om die onwrigting van pasiëntesorg as gevolg van stakings te minimaliseer; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1049A
Mnr L K Joubert Ontwikkeling:+ (DA) vra die Minister vir Justisie en Staatkundige a Wat die getal i poste en ii vakatures vir aanklaers in die aanklaersdiens is en b hoeveel nuwe aanklaers deur dié diens i in 2006 en ii gedurende die tydperk 1 Januarie 2007 tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is in diens geneem is? N1050A
Me H Weber (DA) vra die Minister van Behuising:+
Of haar departement voldoen het aan sy kwota van indiensneming van 2% persone met gestremdhede ingevolge die Employment Equity Act, Wet 55 van 1998; so nie, a waarom nie en b watter persentasie van haar department se personeel persone met gestremdhede uitmaak;
of sy enige stappe gaan doen om werk te maak van dié tekort; so nie, waarom nie; so ja, a watter stappe en b wanneer dié tekort uitgewis gaan wees? N1051A
Me H Weber (DA) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
Of haar departement voldoen het aan sy kwota van indiensneming van 2% persone met gestremdhede ingevolge die Employment Equity Act, Wet 55 van 1998; so nie, a waarom nie en b watter persentasie van haar department se personeel persone met gestremdhede uitmaak;
of sy enige stappe gaan doen om werk te maak van dié tekort; so nie, waarom nie; so ja, a watter stappe en b wanneer dié tekort uitgewis gaan wees? N1052A
Me H Weber (DA) vra die Minister van Handel en Nywerheid:+
Of sy departement voldoen het aan sy kwota van indiensneming van 2% persone met gestremdhede ingevolge die Employment Equity Act, Wet 55 van 1998; so nie, a waarom nie en b watter persentasie van sy department se personeel persone met gestremdhede uitmaak;
of hy enige stappe gaan doen om werk te maak van dié tekort; so nie, waarom nie; so ja, a watter stappe en b wanneer dié tekort uitgewis gaan wees? N1053A
Of enige proses aan die gang is om die behandelings te omskryf wat mediese fondse ooreenkomstig voorgeskrewe minimum voordele moet betaal ten einde sekerheid omtrent dié voordele te skep; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1054A
Mnr M Waters (DA) vra die Minister van Veiligheid en Sekuriteit:+
Of enige kinders deur mense verkrag is wat voorheen aan verkragting skuldig bevind is in a 2004, b 2005, c 2006 en d gedurende die tydperk 1 Januarie 2007 tot en met die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is; so ja, hoeveel in elke geval;
a hoeveel van die oortreders meer as twee keer skuldig bevind is en b vir watter misdade hulle in elke geval skuldig bevind is? N1055A
Mnr M Waters (DA) vra die Minister van Veiligheid en Sekuriteit:+
Of enige vordering gemaak is met die inhegtenisneming van verdagtes vir die moord op 'n sekere polisiebeampte (naam verstrek); so nie, waarom nie; so ja, (a) hoeveel persone in hegtenis geneem is en (b) wanneer hulle in die hof sal verskyn? N1056A
Gedurende die tydperk 1 Januarie 2004 tot 31 Desember 2006, (a) hoeveel misdade gepleeg is deur persone wat op borgtog was toe die oortreding begaan is, (b) ten opsigte van dié misdade, wat was die (i) aard van die misdaad, (ii) geslag en ouderdom van die slagoffer en (iii) geslag en ouderdom van die oortreder en (c) wat die aard van elk van die vorige oortredings is wat deur die oortreder begaan is? N1057A
Met verwysing na die SA Polisiediens se getaldoelwitte soos voorgeskryf deur die Employment Equity Act, Wet 55 van 1998, watter a .sieke en b biologiese kriteria die SAPD gebruik om ras te bepaal;
of mense toegelaat word om hul rasseklassi.kasie te verander indien hulle as blank geklassi.seer is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1058A
Of alle departemente hul (a) mini-dwelmmeesterplan aan die Sentrale Dwelm­owerheid teen 1 April 2007 ingedien het en (b) verslae oor hoe operasionele planne toegepas is teen 31 Maart 2007 ingedien het; so nie, (i) watter departemente versuim het om dit te doen, (ii) wat die redes vir die oponthoud was, (iii) wanneer hulle dit uiteindelik ingedien het in elke geval en (iv) watter stappe hy van voorneme is om te doen om nie-nakomende departemente te verplig om gehoor te gee? N1059A
Of sy verwag dat Kabinetministers skriftelike vrae binne 'n redelike tydraam­werk sal beantwoord; so nie, waarom nie; so ja, of sy a enige stappe sal doen teen Kabinetsministers wat versuim om dit te doen en b sal verseker dat hulle parlementêre vrae beantwoord; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? N1060A
Mev J A Semple (DA) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
Of ontsouting deel is van haar departement se strategie om die waterskaarste teen te werk; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, a waar ontsouting toegepas word en b wat die koste-implikasies daarvan is;
of haar departement 'n studie onderneem het om vas te stel hoe suksesvol dié aanlegte ten opsigte van waterproduksie is; so nie, waarom nie; so ja, a wat die resultate van die studie is en b hoe die waterkwaliteit vergelyk;
of enige nuwe aanlegte deur haar departement beplan word; so nie, waarom nie; so ja, a waar, b wat die geraamde koste is en c wanneer hulle voltooi sal word? N1061A
Mev J A Semple (DA) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
Of enige stappe gedoen sal word om te voorkom dat onbehandelde riool die Kamfersdam in Kimberley in die Noord-Kaap besoedel; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter stappe en (b) wanneer dit gedoen sal word? N1062A
Mev J A Semple (DA) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
Of .uoried by die drinkwater in Suid-Afrika gevoeg word; so nie, waarom nie; so ja, a in watter gebiede, b waarom dié gebiede gekies is en c wat die voordele is om .uoried by die drinkwater te voeg;
of daar enige planne is om in die toekoms ander gebiede in te sluit; so nie, waarom nie; so ja, a watter gebiede en b wanneer dit sal plaasvind? N1063A
Of hy ingelig is oor grootskaalse verskille in die registrasie-en lisensiegelde van voertuie in al die provinsies; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy departement dié aangeleentheid ondersoek het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of oorweging daaraan geskenk is om dié gelde regdeur die land te standaardi­seer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1064A
Dr A I van Niekerk (DA) vra die Minister vir Landbou en Grondsake:+
Of die Landbank 'n moratorium geplaas het op die beslaglegging en verkoop van bates waar uitspraak gelewer is teen voorheen benadeelde individue of groepe wat kliënte van die Landbank is; so ja, (a) op wie se gesag dié moratorium ingestel is, b wat die besonderhede van die moratorium is en c wat die .nansiële uitwerking van dié moratorium op die Landbank is? N1065A
OPSOMMING VAN VRAE VIR SKRIFTELIKE BEANTWOORDING
VRAE NIE BEANTWOORD TEEN SPERDATUM
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 15)--President van die Republiek.+
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 15)--President van die Republiek.+
Ontwikkeling.+
Ontwikkeling.+
Ontwikkeling.+
Ontwikkeling.+
Ontwikkeling.
Ontwikkeling.
Staatkundige
Staatkundige
Toerisme.+
