Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie4 van 2000
GOEDGEKEUR OP 2 FEBRUARIE 2000][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 16 JUNIE 2003]Tensy anders aangedui
Engelse teks deur die President onderteken soos gewysig deur
Wysigingswet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 52 van 2003
Tweede Wysigingswet op Regterlike Aangeleenthede 55 van 2003
WET Om gevolg te gee aan artikel 9 gelees met item 23 van Bylae 6 by die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, om onbillike diskriminasie en teistering te voorkom en verbied; om gelykheid te bevorder en onbillike diskriminasie uit te skakel; om haatspraak te voorkom en verbied; en om voorsiening te maak vir verwante aangeleenthede.
Aanhef Die bestendiging van demokrasie in ons land vereis die uitwis­sing van sosiale en ekonomiese ongelykhede, veral dié wat siste­mies van aard is, wat in ons geskiedenis verwek is deur kolonialisme, apartheid en patriargie, en wat vir die groot meer­derheid van ons mense pyn en lyding veroorsaak het;
Alhoewel beduidende vordering gemaak is in die herstrukture­ring en transformasie van ons gemeenskap en sy instellings, bly sistemiese ongelykhede en onbillike diskriminasie ingeburger in sosiale strukture, praktyke en houdings, en dit ondermyn die aspirasies van ons konstitusionele demokrasie;
Die basis vir die progressiewe regstelling van hierdie toestand lê in die Grondwet wat, onder andere, die waardes handhaaf van menswaardigheid, gelykheid, vryheid en sosiale geregtigheid in 'n verenigde nie-rassige en nie-seksistiese gemeenskap waar almal kan floreer;
Suid-Afrika het ook internasionale verpligtinge ingevolge bin­dende verdrae en gebruiklike internasionale reg op die gebied van menseregte wat gelykheid bevorder en onbillike diskrimina­sie verbied. Hierdie verpligtinge sluit dié in wat gespesifiseer word in die Konvensie vir die Uitwissing van Alle Vorme van Diskriminasie teen Vroue en die Konvensie vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie;
Artikel 9 van die Grondwet maak voorsiening vir die verorde­ning van nasionale wetgewing om onbillike diskriminasie te voorkom of te verbied en die verwesenliking van gelykheid te bevorder;
Dit impliseer die bevordering, deur spesiale geregtelike of ander maatreëls, van histories agtergeblewe individue, gemeens­kappe en sosiale groepe wat van hulle grond en middele onteien is, wie se menswaardigheid ontneem is en wat steeds lei onder die gevolge daarvan;
Hierdie wet streef om die oorgang te vergemaklik na 'n demok­ratiese gemeenskap, verenig in sy diversiteit, gekenmerk deur menseverhoudinge wat sorgsaam en ontfermend is, en gelei deur die beginsels van gelykheid, billikheid, regverdigheid, sosiale vooruitgang, geregtigheid, menswaardigheid en vryheid,
WORD DAAR DERHALWE, deur die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika, soos volg bepaal:--
INHOUDSOPGAWE
HOOFSTUK 1
Woordomskrywings, Oogmerke, Vertolking, Leidende Beginsels en Toepassing van Wet
Woordomskrywings2Oogmerke van Wet3Vertolking van Wet4 Leidende beginsels5 Toepassing van Wet
HOOFSTUK 2
Voorkoming, Verbod en Uitwissing van Onbillike Diskriminasie, Haatspraak en Teistering
Voorkoming van en algemene verbod op onbillike diskrimi­
nasie 7 Verbod op onbillike diskriminasie op grond van ras 8 Verbod op onbillike diskriminasie op grond van geslag 9 Verbod op onbillike diskriminasie op grond van gestremd­
heid 10 Verbod op haatspraak 11 Verbod op teistering 12 Verbod op die verspreiding en publikasie van onregverdig diskriminerende inligting wat onregverdig diskrimineer
HOOFSTUK 3
Bewyslas en Bepaling van Billikheid of Onbillikheid
Bewyslas 14 Bepaling van billikheid of onbillikheid 15 Haatspraak en teistering nie onderhewig aan bepaling van billikheid nie
HOOFSTUK 4
Gelykheidshowe
Gelykheidshowe en voorsittende beamptes [Art 16 vervang deur art 1 van Wet 52 van 2002 miv 15 Januarie 2003.] 17 Klerke van gelykheidshowe
Getuies 19 Reëls en hofverrigtinge 20 Instel van geregtelike stappe ingevolge die Wet 21 Magte en funksies van gelykheidshof 22 Assessors 23 Appèl en hersiening
HOOFSTUK 5
Bevordering van Gelykheid
Algemene verantwoordelikheid om gelykheid te bevorder
Plig van Staat om gelykheid te bevorder
Verantwoordelikheid van persone wat in die staatsdomein werksaam is om gelykheid te bevorder
Sosiale verbintenis van alle persone om gelykheid te bevor­der
Spesiale maatreëls om gelykheid te bevorder ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid
Illustratiewe lys van onbillike praktyke in sekere sektore
HOOFSTUK 6
Algemene Bepalings en Implementering van Wet
Regulasies
Implementering van Wet [Art 31 vervang deur art 3 van Wet 52 van 2002 miv 15 Januarie 2003.]
HOOFSTUK 7
Hersiening van Wet, Kort Titel en Inwerkingtreding
Totstandbrenging van Gelykheidshersieningskomitee
Magte, funksies en ampstermyn van Gelykheidshersienings­komitee
Voorskriftelike beginsel oor MIV/VIGS, nasionaliteit, sosio­ekonomiese status en gesinsverantwoordelikheid en -status
Kort titel en inwerkingtreding
Hoofstuk 1
WOORDOMSKRYWINGS, OOGMERKE, VERTOLKING, LEIDENDE
BEGINSELS EN TOEPASSING VAN WET (arts 1-5)
Woordomskrywings
In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, geld die vol­
Departement" beteken die Departement van Justisie en Grond­wetlike Ontwikkeling;
die Staat" sluit in--
enige staatsdepartement of administrasie in die nasio­nale, provinsiale of plaaslike sfeer van regering;
enige ander amptenaar of instelling--
ii in die uitoefening van 'n bevoegdheid of uitvoering van 'n mag kragtens die Grondwet of 'n provinsiale grondwet; of ii in die uitoefening van 'n openbare bevoegdheid of uitvoering van 'n openbare funksie kragtens enige wetgewing of ingevolge die gewoontereg of tradisie;
diskriminasie" beteken enige optrede of versuim, met inbegrip van 'n beleid, wet, reël, praktyk, voorbehoud of situasie wat direk of indirek--
laste, verpligtinge of nadele oplê op; of voorregte, geleenthede of voordele weerhou van, enige persoon, op een of meer van die verbode gronde;
familiestatus" beteken lidmaatskap van 'n familie en die sosiale, kulturele en geregtelike regte en verwagtinge wat met sodanige status gepaard gaan;
familieverantwoordelikheid" beteken verantwoordelikheid vir 'n klaer se gade, lewensmaat, afhanklike, kind of ander lede van sy familie ten opsigte van wie die lid vir sorg en steun verantwoordelik is;
gelykheid" sluit in die volle en gelyke genot van regte en vryhede soos beoog deur die Grondwet, en sluit de jure en de facto gelykheid in, asook gelykheid ten opsigte van uitkom­ste;
gelykheidshof" beteken 'n hof beoog in artikel 16, gelees met artikel 31, en sluit in enige verwysing na "hof';
Grondwet" beteken die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996);
grondwetlike instelling" beteken enige van die relevante instellings ter onderskraging van 'n grondwetlike demokrasie waarna in Hoofstuk 9 van die Grondwet verwys word, en sluit die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad in;
hierdie Wet" sluit enige regulasie in wat kragtens hierdie Wet gemaak is;
huwelikstaat" sluit in die staat of toestand van alleenlopend, getroud, geskei, weduwee of wewenaar of in 'n verhouding wees, met 'n persoon van dieselfde of die teenoorgestelde geslag, van verbintenis tot wedersydse steun in die verhou­ding;
klaer" beteken enige persoon wat beweer dat hierdie Wet oor­tree is en wat ingevolge die Wet regstappe doen;
klerk van die gelykheidshof" beteken 'n klerk van 'n gelyk­heidshof wat ingevolge artikel 17, gelees met artikel 31, aan­gestel of aangewys is, en sluit enige verwysing na "'n klerk' in;
Kommissie vir Geslagsgelykheid" beteken die Kommissie vir Geslagsgelykheid waarna in artikel 187 van die Grondwet verwys word;
Minister" beteken die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling;
MIV/VIGS-status" sluit in die werklike of vermoedelike teen­woordigheid in 'n persoon se liggaam van die Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) of simptome van Verworwe Immuniteitsgebreksiekte (VIGS), asook enige ongunstige aannames gegrond op hierdie status;
nasionaliteit" beteken etniese of nasionale oorsprong en sluit in praktyke wat geassosieer word met xenofobie en ander ongunstige opvattings van diskriminerende aard maar sluit nie regte en verpligtinge in wat normaalweg met burgerskap vereenselwig word nie;
ouderdom' sluit in die benadeelde omstandighede en kwes­baarheid wat persone verduur op grond van hulle ouderdom, veral gevorderde ouderdom;
persoon" sluit 'n regspersoon, 'n nie-regspersoon, 'n groep of 'n kategorie van persone in;
regulasie" beteken 'n regulasie ingevolge hierdie Wet;
respondent" beteken enige persoon teen wie regstappe gedoen word ingevolge hierdie Wet;
sektor" beteken enige sektor waarna in artikel 29 verwys word, en sluit die sektore in wat in die Bylae uiteengesit word;
sosio-ekonomiese status" sluit in 'n sosiale of ekonomiese toe­stand, of beskouing as synde van so 'n toestand, van 'n per­soon wat benadeel is deur armoede, lae indiensneming of 'n gebrek aan of lae vlak van opvoedkundige kwalifikasies;
verbode gronde" is--
ras, geslagtelikheid, geslag, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, gestremdheid, kerkverband, gewete, geloof, kultuur, taal en geboorte; of enige ander grond waar diskriminasie gebaseer op daar­die ander grond--
sistemiese benadeling veroorsaak of voortsit;
ii menswaardigheid ondermyn; of iii 'n nadelige uitwerking het, van 'n ernstige aard ver­gelykbaar met diskriminasie op 'n grond in paragraaf a, op 'n persoon se gelyke genot van regte en vryhede.
voorgeskrewe" beteken voorgeskryf deur 'n regulasie kragtens hierdie Wet;
voorsittende beampte" beteken 'n voorsittende beampte van 'n gelykheidshof beoog in artikel 16, gelees met artikel 31;
teistering" beteken ongevraagde gedrag wat volhardend of ern­stig is en wat kleineer, verneder of 'n vyandige of intimide­rende omgewing skep, of bereken is om te onderwerp deur daadwerklike of 'n bedreiging van nadelige gevolge, en ver­band hou met--
geslagtelikheid, geslag, seksuele oriëntasie, of n persoon se lidmaatskap of vermoedelike lidmaatskap van 'n groep wat gekenmerk word deur een of meer van die verbode gronde of 'n eienskap wat met so 'n groep geassosieer word.
Datum van inwerkingtreding van art 1: 1 September 2000.
Oogmerke van Wet
Die oogmerke van hierdie Wet is--
om wetgewing wat deur artikel 9 van die Grondwet vereis word, te verorden;
om gevolg te gee aan die letter en gees van die Grondwet, veral--
die gelyke genot van alle regte en vryhede deur elke per­soon;
ii die bevordering van gelykheid;
iii die waardes van nie-rassigheid en nie-seksisme vervat in artikel 1 van die Grondwet;
die voorkoming van onbillike diskriminasie en besker­ming van menswaardigheid soos beoog in artikels 9 en 10 van die Grondwet;
die verbod op die verkondiging van haat gegrond op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens, wat neerkom op aanhit­sing om leed te veroorsaak soos beoog in artikel 16 (c)van die Grondwet en artikel 12 van hierdie Wet;
om voorsiening te maak vir maatreëls vir die uitwissing van onbillike diskriminasie, haatspraak en teistering, veral op grond van ras, geslag en gestremdheid;
om voorsiening te maak vir prosedures om te bepaal in welke omstandighede diskriminasie onbillik is;
om voorsiening te maak vir maatreëls om die publiek op te voed en openbare bewustheid te verhoog van die belangrik­heid van die bevordering van gelykheid en die oorkoming van onbillike diskriminasie, haatspraak en teistering;
om regsmiddele te voorsien vir die slagoffers van onbillike diskriminasie, haatspraak en teistering en persone wie se reg op gelykheid geskend is;
om maatreëls neer te lê vir die vooruitgang van persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is;
om die verdere nakoming van internasionale verpligtinge aan te help, insluitend verdragsverpligtinge ingevolge, onder andere, die Konvensie vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie en die Konvensie vir die Uitwissing van Alle Vorme van Diskriminasie teen Vroue.
Datum van inwerkingtreding van art 2: 1 September 2000.
Vertolking van Wet
Enige persoon wat hierdie Wet toepas, moet die bepalings daarvan vertolk om gevolg te gee aan--
die Grondwet, waarvan die bepalings insluit die bevorde­ring van gelykheid deur wetgewende en ander maatreëls met die oog op die vooruitgang van persone wat deur vroeëre of huidige onbillike diskriminasie benadeel is;
die Aanhef, oogmerke en leidende beginsels van hierdie Wet, om daardeur die gees, strekking en oogmerke van hierdie Wet te vervul.
Enige persoon wat hierdie Wet vertolk kan gedagtig wees aan--
enige relevante wet of praktykskode ingevolge 'n wet;
die internasionale reg, veral die internasionale ooreen­komste waarna in artikel 2 verwys is, en internasionale gewoontereg;
vergelykbare buitelandse reg.
Enige persoon wat hierdie Wet toepas of vertolk moet die konteks van die dispuut en die doel van hierdie Wet in ag neem.
Datum van inwerkingtreding van art 3: 1 September 2000.
Leidende beginsels
In die beslegting van enige geding wat ingevolge hierdie Wet ingestel word, moet die volgende beginsels geld:
Die spoedige en informele afhandeling van sake, wat deelname van die partye tot die verrigtinge aanhelp;
toegang tot geregtigheid vir alle persone in relevante reg­terlike en ander forums vir die beslegting van geskille;
die gebruik van regstellende en herstellende maatreëls gepaard met maatreëls van 'n weerhoudende aard;
die ontwikkeling van spesiale vaardighede en vermoëns by mense wat hierdie Wet toepas ten einde die doeltref­fende implementering en administrasie daarvan te verse­ker.
In die toepassing van hierdie Wet moet die volgende in erkenning en in aanmerking geneem word:
Die bestaan van sistemiese diskriminasie en ongelyk­hede, veral ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid in alle sfere van die lewe as gevolg van vroeëre en huidige onbillike diskriminasie, veroorsaak deur kolonialisme, die apartheid-stelsel en patriargie; en die behoefte daaraan om op alle vlakke maatreëls te tref om sodanige diskriminasie en ongelykhede uit te wis. [Datum van inwerkingtreding van subart : 1 September 2000.]
Toepassing van Wet
Hierdie Wet bind die Staat en alle persone.
As enige teenstrydigheid ontstaan ten opsigte van 'n aange­leentheid wat in hierdie Wet behandel word en die bepalings van enige ander wet, behalwe die Grondwet of 'n Wet van die Parlement wat uitdruklik hierdie Wet wysig, moet die bepalings van hierdie Wet geld.
Hierdie Wet is nie van toepassing nie op enige persoon op wie, en vir sover as, die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) toepassing het.
Datum van inwerkingtreding van art 5: 1 September 2000.
Hoofstuk 2
VOORKOMING, VERBOD EN UITWISSING VAN ONBILLIKE
DISKRIMINASIE, HAATSPRAAK EN TEISTERING (arts 6-12)
Voorkoming van en algemene verbod op onbillike diskriminasie
Nóg die Staat, nóg enige persoon mag onregverdig diskrimineer teen enige persoon.
Datum van inwerkingtreding van art 6: 1 September 2000.
Verbod op onbillike diskriminasie op grond van ras
Ingevolge artikel 6 mag geen persoon op grond van ras onbillik diskrimineer teen enige persoon nie, met inbegrip van--
die verspreiding van enige propaganda of idee wat die rasse­meerderwaardigheid of -minderwaardigheid van enige per­soon verkondig, met inbegrip van aanhitsing van of deel­name aan enige vorm van rassegeweld;
die betrokkenheid by enige aktiwiteit wat daarop gemik is, of tot gevolg het, dat eksklusiwiteit op grond van ras bevorder word;
die uitsluiting van persone van 'n bepaalde ras of groep krag­tens enige reël of praktyk wat op die oog af wettig is maar in werklikheid gemik is op eksklusiewe beheer deur 'n bepaalde rassegroep;
die verskaffing of volgehoue verskaffing van minderwaardige dienste aan enige rassegroep, vergeleke met dié van 'n ander rassegroep;
die weiering van toegang tot geleenthede, insluitend toegang tot dienste of kontraktuele geleenthede vir dienslewering teen betaling, of die versuim om stappe te doen om redelike voorsiening te maak vir die behoeftes van sodanige persone.
Verbod op onbillike diskriminasie op grond van geslag
Behoudens artikel 6, mag geen persoon op grond van geslag onbillik teen enige ander persoon diskrimineer nie, met inbegrip van--
geweld gegrond op geslag;
vroulike genitale mutilasie;
die sisteem wat verhoed dat vrouens familie-eiendom erf;
enige praktyk, insluitend 'n tradisionele, gewoonteregtelike of godsdienstige praktyk, wat die waardigheid van vrouens aantas en die gelykheid tussen mans en vrouens ondermyn, insluitend die ondermyning van die waardigheid en welsyn van 'n meisiekind;
enige beleid of optrede wat die toegang van vrouens tot grondregte, finansiering en ander hulpbronne onbillik beperk;
diskriminasie op grond van swangerskap;
beperking van vrouens se toegang tot maatskaplike dienste of voordele, soos gesondheid, opvoeding en maatskaplike welsyn;
die weiering van geleenthede, insluitend toegang tot dienste of kontraktuele geleenthede vir die lewering van dienste teen betaling, of versuim om stappe te doen om die behoeftes van sulke persone redelik te akkommodeer;
sistemiese ongelykheid van toegang tot geleenthede vir vrouens as gevolg van die verdeling van arbeid op grond van geslag.
Verbod op onbillike diskriminasie op grond van gestremdheid
Behoudens artikel 6, mag geen persoon op grond van gestremd­heid onbillik teen enige ander persoon diskrimineer nie, met inbegrip van--
die weiering of terugtrekking vanaf enige gestremde persoon, van enige helpende of instaatstellende fasiliteit wat nodig is vir daardie persoon se funksionering in die gemeenskap;
oortreding van die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde se praktykskode of regulasies ten opsigte van omgewingstoe­ganklikheid;
versuim om hindernisse uit die weg te ruim wat gestremde persone onbillik beperk in die genot van gelyke geleenthede, of versuim om stappe te doen om die behoeftes van sulke persone redelik te akkommodeer;
Verbod op haatspraak
Behoudens die voorbehoud in artikel 12, mag geen persoon, teen enige persoon, woorde gebaseer op een of meer van die verbode gronde publiseer, propageer, verkondig of oordra nie, wat redelikerwys vertolk kan word as sou dit 'n duidelike bedoeling hê--
om kwetsend te wees;
om skadelik te wees of om skade aan te stig;
om haat te bevorder of te propageer.
Sonder benadeling van enige siviele regsmiddele ingevolge hierdie Wet, kan die hof, ooreenkomstig artikel 21 (n) en waar toepaslik, enige saak wat te doen het met die publikasie, propagasie, verkondiging of oordrag van haatspraak soos beoog in subartikel , verwys na die Direkteur van Open­bare Vervolging wat jurisdiksie het oor die instelling van strafsake ingevolge die gemene reg of relevante wetgewing.
Verbod op teistering
Geen persoon mag enige persoon aan teistering onderwerp nie.
Verbod op die verspreiding en publikasie van inligting wat onregverdig diskrimineer
Geen persoon mag--
enige inligting versprei of uitsaai;
enige advertensie of kennisgewing publiseer, wat redelikerwys vertolk of redelikerwys begryp kan word as sou dit 'n duidelike bedoeling hê om teen enige persoon te diskrimi­neer nie: Met die voorbehoud dat bona fide betrokkenheid by artistieke skepping, akademiese en wetenskaplike navorsing, bil­like en akkurate verslagdoening in die openbare belang, of publi­kasie van enige inligting, advertensie of kennisgewing ooreenkomstig artikel 16 van die Grondwet, nie deur hierdie artikel belet word nie.
Hoofstuk 3
BEWYSLAS EN BEPALING VAN BILLIKHEID OF ONBILLIKHEID (arts 13-15) 13 Bewyslas
As die klaer 'n prima facie-saak van diskriminasie uitmaak--
moet die respondent bewys, aan die hand van die feite voor die hof, dat die diskriminasie nie plaasgevind het soos beweer is nie; of die respondent moet bewys dat die optrede nie op een van die verbode gronde gebaseer is nie.
As die diskriminasie wel plaasgevind het--
op 'n grond in paragraaf (a) van die omskrywing van "verbode gronde", dan is dit onbillik, tensy die respon­dent bewys dat die diskriminasie billik is;
op 'n grond in paragraaf (b) van die omskrywing van "verbode gronde", dan is dit onbillik--
as een of meer van die omstandighede wat in para­graaf (b) van die omskrywing van "verbode gronde" uiteengesit is, bewys is; en ii tensy die respondent bewys dat die diskriminasie bil­lik is.
Bepaling van billikheid of onbillikheid
Maatreëls vir die beskerming of bevordering van persone of kategorieë van persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is, of die lede van sodanige groepe of kategorieë van persone, is nie onbillik nie.
Om te bepaal of die respondent bewys het dat die diskrimi­nasie billik is, moet die volgende in ag geneem word:
Die konteks;
die faktore waarna in subartikel verwys word;
of die diskriminasie redelik en regverdigbaar onderskei tussen persone aan die hand van objektief bepaalbare kri­teria, eie aan die betrokke aktiwiteit.
Die faktore waarna in subartikel (b) verwys word, sluit die volgende in:
Of die diskriminasie menswaardigheid aantas of waars­kynlik sal aantas;
die uitwerking of waarskynlike uitwerking van die diskri­minasie op die klaer;
die posisie van die klaer in die gemeenskap en of hy of sy ly onder patrone van benadeling, of aan 'n groep behoort wat ly onder sodanige patrone van benadeling;
die aard en strekking van die diskriminasie;
of die diskriminasie sistemies van aard is;
of die diskriminasie 'n geoorloofde doel het;
of en in hoeverre die diskriminasie sy doel bereik;
of daar minder beperkende en minder nadelige maniere is om hierdie doel te bereik;
of en in hoeverre die respondent sodanige stappe gedoen het as wat in die omstandighede redelik is om--
aandag te gee die benadeling wat voortspruit uit of verbonde is aan een of meer van die verbode gronde; of ii diversiteit te akkommodeer.
Haatspraak en teistering nie onderhewig aan bepaling van billikheid nie
Artikel 14 is nie van toepassing op gevalle van haatspraak en teis­tering nie.
Hoofstuk 4
GELYKHEIDSHOWE (arts 16-23) 16 Gelykheidshowe en voorsittende beamptes
Vir die doeleindes van hierdie Wet, maar onderhewig aan artikel 31--
is elke Hoë Hof 'n gelykheidshof vir die gebied van sy jurisdiksie;
kan enige regter, behoudens subartikel , skriftelik deur die Regterpresident aangewys word as voorsitter van die gelykheidshof van die gebied ten opsigte waarvan hy of sy 'n regter is;
die Minister moet, na oorleg met die hoof van 'n admini­stratiewe gebied omskryf in artikel 1 van die Wet op Landdroshowe, 1944 (Wet 32 van 1944), deur kennisge­wing in die Staatskoerant--
een of meer landdroshowe aanwys as gelykheid­showe vir die betrokke administratiewe gebied;
ii die jurisdiksiegebied van elke gelykheidshof bepaal, wat kan bestaan uit enige aantal distrikte, sub-dis­trikte of ander jurisdiksiegebiede wat ingevolge arti­kel 2 van die Wet op Landdroshowe, 1944 geskep is;
iii die jurisdiksiegebied van elke gelykheidshof vergroot of verklein;
een of meer plekke binne die jurisdiksiegebied van elke gelykheidshof aanwys vir die hou van gelyk­heidshofsittings;
enige kennisgewing ingevolge hierdie paragraaf terugtrek of wysig: Met dien verstande dat enige verrigtinge hangende voor 'n gelykheidshof, wat nie teen die tyd van publikasie van 'n kennisgewing in die Staatskoerant soos beoog in hier­die paragraaf, afgehandel is nie, deur daardie hof afge­handel moet word asof sodanige kennisgewing nie gepubliseer is nie; en
d die hoof van 'n administratiewe gebied soos beoog in paragraaf c moet, behoudens subartikel 2, skriftelik enige landdros of addisionele landdros aanwys as voorsit­ter van die gelykheidshof.
Slegs 'n regter, landdros of addisionele landdros wat 'n oplei­dingskursus as voorsittende beampte van 'n gelykheidshof voltooi het--
voor die datum van inwerkingtreding van artikel 31; of soos beoog deur artikel 31 ,en wie se naam ingesluit is in die lys soos beoog in subartikel (a), mag ingevolge subartikel as sodanig aangewysword.
Die Regterpresident en die hoofde van administratiewe gebiede moet--
met die beskikbare hulpmiddels alle redelike stappe doen om minstens een voorsittende beampte aan te wys vir elke gelykheidshof binne sy of haar jurisdiksiegebied; en sonder vertraging die Direkteur-Generaal van die Depar­tement verwittig van enige regter, landdros of addisio­nele landdros wat 'n opleidingskursus afgelê het soos deur artikel 31 en beoog, of wat ingevolge subarti­kel aangewys is.
Die Direkteur-Generaal van die Departement moet 'n lys saamstel en byhou van elke regter, landdros en addisionele landdros wat--
n opleidingskursus soos beoog in artikel 31 en vol­tooi het; of aangewys is as voorsittende beampte van 'n gelykheids­hof soos beoog in subartikel .
n Voorsittende beampte moet die funksies, pligte en magte uitvoer wat kragtens hierdie Wet of enige ander wet aan hom of haar toegewys is.
Klerke van gelykheidshowe a Behoudens subartikel 2 en die wette wat die staatsdiens reël, kan die Direkteur-Generaal van die Departement, vir elke gelykheidshof, een of meer beamptes in die Departe­ment aanstel of aanwys, of een of meer persone op die voorgeskrewe wyse en op die voorgeskrewe voorwaardes aanstel, as klerke van die gelykheidshof, wat in die alge­meen die hof waaraan hulle verbonde is moet bystaan in die uitvoering van die hof se funksies, en wat die funksies wat voorgeskryf mag word, moet uitvoer.
b As 'n klerk van 'n gelykheidshof vir welke rede ook al nie in staat is om as sodanig op te tree nie, of as 'n klerk nie ingevolge paragraaf a vir 'n gelykheidshof aangestel of aangewys is nie, kan die voorsittende beampte, ongeag subartikel 2, enige bevoegde beampte in die Departe­ment aanwys as klerk vir so lank as wat die genoemde klerk nie in staat is om op te tree nie, of totdat 'n klerk ingevolge paragraaf a aangestel of aangewys word, na gelang van die geval.
Slegs 'n beampte of persoon beoog in subartikel 1a wat 'n opleidingskursus as klerk van 'n gelykheidshof afgelê het--
voor die datum van inwerkingtreding van artikel 31; of soos beoog deur artikel 31 ,en wie se naam ingesluit is in die lys soos beoog in subartikel , mag ingevolge subartikel (a) as sodanig aangestel ofaangewys word.
Die Direkteur-Generaal van die Departement moet 'n lys saamstel en byhou van elke beampte of persoon wat--
n opleidingskursus soos beoog in artikel 31 voltooi het; of aangewys is as voorsittende beampte van 'n gelykheids­hof ingevolge subartikel (a).
Die Direkteur-Generaal kan, behoudens sodanige voorwaar­des as wat hy of sy mag bepaal, enige bevoegdheid wat deur hierdie artikel aan hom of haar verleen word, skriftelik dele­geer aan 'n beampte in diens van die Departement, maar sal nie daardeur ontneem word van die bevoegdheid wat so gedelegeer is nie, en kan enige besluit van die gedelegeerde in die uitoefening van sodanige bevoegdheid, wysig of ter­syde stel.
Getuies
Die bywoning van getuies en die betaling van getuiegelde in sake wat uit die toepassing van hierdie Wet voortspruit, moet op die voorgeskrewe wyse deur die Minister bepaal word.
Behalwe waar hierdie Wet anders bepaal, geld die bepalings, met die nodige wysigings soos vereis deur die konteks van gelykheidshowe, van die Wet op Landdroshowe, 1944 Wet 32 van 1944, en die Wet op die Hooggeregshof, 1959 Wet 59 van 1959, en die reëls wat kragtens hierdie wette gemaak is, asook die reëls wat kragtens die Wet op die Reëlsraad vir Geregshowe, 1985 Wet 107 van 1985 gemaak is, vir sover hierdie bepalings van toepassing is op--
die aanstelling en funksies van beamptes;
die uitreiking en betekening van prosesstukke;
die uitvoering van uitsprake of bevele;
die oplegging van straf vir nie-nakoming van hofbevele, vir belemmering van die uitvoering van uitsprake of bevele, en vir minagting van die hof;
jurisdiksie, behoudens subartikel , en vir sover geen ander bepaling in die regulasies kragtensartikel 30 van hierdie Wet gemaak is nie.
Alle verrigtinge voor die hof moet in 'n oop hof gevoer word, behalwe vir sover die hof anders mag beveel in die belang van die administrasie van geregtigheid.
aBehoudens paragraaf b, belet niks in hierdie Wet 'n landdroshof wat as gelykheidshof sit om 'n bevel te gee soos beoog in artikel 212, waarvan die geldwaarde die jurisdiksie van 'n landdroshof oorskry nie, in welke geval die bevel op die voorgeskrewe manier vir bekragtiging voorgelê moet word aan 'n regter van die Hoë Hof wat jurisdiksie het.
b Die werking van paragraaf a, ten opsigte van die bekragtiging van 'n bevel, word opgeskort totdat enige appèl soos beoog in artikel 23 afgehandel is.
Instel van geregtelike stappe ingevolge die Wet
Geregtelike stappe ingevolge hierdie Wet mag ingestel word deur--
enige persoon wat in eie belang optree;
enige persoon wat optree namens 'n ander persoon wat nie self kan optree nie;
enige persoon wat optree as 'n lid van, of in die belang van, 'n groep of klas van persone;
enige persoon wat in die openbare belang optree;
enige vereniging wat in die belang van sy lede optree;
die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, of die Kom­missie vir Geslagsgelykheid.
n Persoon wat ingevolge hierdie Wet geregtelike stappe wil instel, moet op die voorgeskrewe wyse die klerk van die gelykheidshof in kennis stel van sy of haar voorneme om dit te doen.
a Die klerk van die gelykheidshof moet, binne die voorge­skrewe tydperk vanaf die ontvangs van sodanige kennis­gewing, die saak na 'n voorsittende beampte van die betrokke gelykheidshof verwys, en dié moet, binne die voorgeskrewe tydperk, besluit of die saak in die gelyk­heidshof verhoor moet word, en of dit verwys moet word na 'n ander toepaslike instelling, liggaam, hof, tribunaal of ander forum hierna alternatiewe forum genoem wat, na die mening van die voorsittende beampte, die saak meer toepaslik sal kan behartig ingevolge daardie alterna­tiewe forum se bevoegdhede en funksies.
b As die voorsittende beampte besluit dat die saak in die gelykheidshof verhoor moet word, moet die voorsittende beampte die saak verwys na die klerk van die gelykheids­hof, wat binne die voorgeskrewe tydperk vanaf sodanige verwysing 'n verhoordatum aan die saak moet toeken.
Voordat die voorsittende beampte besluit om 'n saak soos beoog deur subartikel te verwys, moet hy of sy alle rele­vante omstandighede in ag neem, insluitend die volgende:
Die persoonlike omstandighede van die partye en veral van die klaer;
die fisieke toeganklikheid van enige alternatiewe forum wat oorweeg word;
die behoeftes en wense van die partye en veral van die klaer;
die aard van die voorgenome verrigtinge, en of die uit­slag van die verrigtinge op hierdie gebied van die reg die ontwikkeling van geregtelike presedent en van die reg­sleer kan meebring;
die menings van die betrokke amptenaar by enige alter­natiewe forum wat oorweeg word.
a As die voorsittende beampte besluit dat die saak na 'n alternatiewe forum verwys moet word, moet hy of sy op die voorgeskrewe manier beveel dat die klerk van die gelykheidshof die saak moet oorplaas na die alternatiewe forum wat in die bevel genoem word.
b Wanneer 'n bevel soos beoog in paragraaf a gegee word, kan die voorsittende beampte enige kommentaar aanheg wat hy of sy onder die aandag van die alternatiewe forum wil bring.
By ontvangs van 'n bevel soos dié waarna in subartikel verwys is, moet die klerk van die gelykheidshof die saak oor­dra en die partye tot die saak op die voorgeskrewe manier van die oordrag in kennis stel.
By ontvangs van 'n saak wat aan hom oorgedra is, moet die betrokke alternatiewe forum die saak spoedig afhandel inge­volge sy bevoegdhede en funksies.
As die alternatiewe forum waarna in subartikel verwys is--
nalaat om die saak binne 'n redelike tydperk in die omstandighede af te handel; of nie in staat is om die saak tot bevrediging van een of albei partye by te lê nie, en op versoek van een of albei partye, moet die alternatiewe forum die saak op die voorgeskrewe wyse terugverwys na die gelykheidshof waarvandaan dit oor­geplaas is, vir beregting binne die voorgeskrewe tydperk vanaf die datum waarop dit na die gelykheidshof terugge­stuur is.
Die Staat en grondwetlike instellings moet, so ver as redelik moontlik, enige persoon bystaan wat ingevolge hierdie Wet geregtelike stappe wil instel, onder andere deur te verseker dat die persoon verwys word na die toepaslike amptenaar vir die nodige optrede om die betrokke saak te bevorder.
Magte en funksies van gelykheidshof
Die gelykheidshof waarin geregtelike stappe ingestel word ingevolge of kragtens hierdie Wet moet op die voorgeskrewe wyse ondersoek instel om te bepaal of onbillike diskrimina­sie, haatspraak of teistering, na gelang van die geval, plaasge­vind het soos beweer.
Ná die ondersoek kan die hof 'n bevel gee wat in die omstan­dighede gepas is, met inbegrip van--
n tussentydse bevel;
n verklarende bevel;
n bevel wat van 'n skikking tussen die partye tot die geding 'n hofbevel maak;
n bevel vir die betaling van skadevergoeding ten opsigte van enige bewese geldelike verlies, insluitend toekom­stige verlies, of ten opsigte van die betrokke aantasting van waardigheid, pyn en lyding of emosionele en geeste­like lyding as gevolg van die onbillike diskriminasie, haatspraak of teistering;
nadat menings van die partye aangehoor is of, in die afwesigheid van die respondent, die menings van die klaer in die saak, 'n bevel vir die betaling van skadever­goeding in die vorm van 'n toekenning aan 'n gepaste liggaam of organisasie;
n bevel wat onbillik diskriminerende praktyke belet of bepaal dat spesifieke stappe gedoen word om die onbil­like diskriminasie, haatspraak of teistering stop te sit.
n bevel wat spesifieke geleenthede en voordele wat in die omstandighede onbillik weerhou is, tot die beskik­king van die betrokke klaer stel;
n bevel vir die uitvoer van spesiale maatreëls wat aandag gee aan die betrokke onbillike diskriminasie, haatspraak of teistering;
n bevel ten opsigte van die redelike akkommodasie van 'n groep of klas van persone deur die respondent;
n bevel dat 'n onvoorwaardelike apologie gemaak word;
n bevel wat vereis dat die respondent onderwerp word aan 'n oudit van spesifieke beleid of praktyke soos deur die hof bepaal;
n gepaste bevel van 'n weerhoudende aard, insluitend die aanbeveling aan die toepaslike owerheid om die lisensie van 'n persoon terug te trek;
n bepaling wat vereis dat die respondent gereelde vorde­ringsverslae ten opsigte van die uitvoering van die hof se bevel voorlê aan die hof of aan die relevante grondwet­like instelling.
n bevel wat die klerk van die gelykheidshof gelas om die saak voor te lê aan die Direkteur van Openbare Vervol­ging wat jurisdiksie het oor die moontlike instel van 'n strafsaak ingevolge die gemene reg of relevante wetge­wing;
n gepaste kostebevel teen enige party tot die verrigtinge;
n bevel om aan enige bepaling van die Wet gehoor te gee.
n Bevel wat ingevolge hierdie Wet deur 'n gelykheidshof gemaak is, het, waar toepaslik, die werking van 'n bevel wat daardie hof in 'n siviele geding gemaak het.
Die hof kan, gedurende of ná 'n ondersoek--
sy sorg oor enige verrigtinge voor die hof vir verdere ondersoek verwys na enige relevante grondwetlike instel­ling, veral in die geval van volgehoue oortreding van of versuim om gehoor te gee aan 'n bepaling van hierdie Wet of in die geval van sistemiese onbillike diskrimina­sie, haatspraak of teistering;
enige verrigtinge voor die hof verwys na enige relevante grondwetlike instelling of gepaste liggaam vir bemidde­ling, versoening of onderhandeling.
Die hof het al die aanvullende bevoegdhede wat nodig is vir of redelik saamgaan met die uitvoering van sy funksies en die uitoefening van sy bevoegdhede, insluitend die bevoegdheid om tussentydse bevele of interdikte toe te staan.
In enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet, kan die hof, op versoek van enige van die partye, of uit eie beweging as die voorsittende beampte dit beskou as in die belang van gereg­tigheid, die bystand ontbied van een of twee persone wat geskik en beskikbaar is en gewillig mag wees om te sit en as assessors op te tree.
Assessors wat ingevolge subartikel aangestel is, word, behoudens subartikel , beskou as lede van die hof vir doel­eindes van hierdie Wet.
Enige regsaangeleentheid wat vir beslissing by die betrokke verrigtinge geopper word, en enige kwessie of 'n aangeleent­heid wat beslis moet word 'n feite- of regsaangeleentheid is, moet op die voorgeskrewe manier deur die voorsittende beampte beslis word.
Ten opsigte van alle feite-aangeleenthede is die bevinding of beslissing van die meerderheid van die lede van die hof die bevinding of beslissing van die hof, en in die geval van een assessor, geld die bevinding of beslissing van die hof.
a As 'n assessor, in enige stadium voordat die betrokke ver­rigtinge afgehandel is, sterf, of na die oordeel van die voorsittende beampte nie meer in staat is om as assessor op te tree nie, of weens enige rede afwesig is, of opdrag gegee is om homself of haarself te onttrek, of homself of haarself onttrek het, kan die voorsittende beampte, in die belang van geregtigheid en na rype oorweging van die argumente wat deur die partye tot die geding of hulle regsverteenwoordigers voorgelê is--
gelas dat die verrigtinge voortgesit word voor die oor­blywende lid of lede van die hof;
ii gelas dat die verrigtinge van voor af begin; of iii as 'n assessor afwesig is, die verrigtinge uitstel ten einde die assessor se teenwoordigheid te bekom.
b Die voorsittende beampte moet redes aanvoer vir enige bevel waarna in subparagraaf i of ii verwys word.
a 'n Voorsittende beampte wat deur assessors bygestaan word by 'n ondersoek waar 'n bevel gegee word teen 'n party tot die verrigtinge moet die redes vir sy of haar oor­deel aanteken--
as daardie party tot die verrigtinge nie deur 'n regs­verteenwoordiger bygestaan word nie; en ii as die voorsittende beampte meen dat die betrokke assessors duidelik 'n foutiewe bevinding kon gemaak het.
Die klerk van die gelykheidshof moet so gou as wat prak­ties is, daardie redes en die oorkonde aan die betrokke appèlhof voorlê vir hersiening op die voorgeskrewe wyse.
Die appèlhof het die bevoegdheid om die genoemde bevindings te bekragtig of om ten opsigte van sodanige bevinding enige gepaste bevel te gee wat, na die mening van die appèlhof, in die omstandighede gegee moes gewees het.
Enige persoon wat gekrenk is deur 'n bevel wat ingevolge of kragtens hierdie wet deur 'n gelykheidshof gemaak is kan, binne die voorgeskrewe tydperk en op die voorgeskrewe wyse, teen sodanige bevel appelleer by die Hoë Hof wat juris­diksie het of by die Hoogste Hof van Appèl, na gelang van die geval.
Op appèl kan die Hoë Hof of die Hoogste Hof van Appèl, na gelang van die geval, na goeddunke 'n bevel gee oor die aan­geleentheid.
Nieteenstaande subartikel , kan enige persoon wat gekrenk is deur 'n bevel wat deur 'n gelykheidshof gegee is, behoudens die reëls van die Grondwetlike Hof, direk na die Grondwetlike Hof appelleer.
In die geval dat voorsittende beamptes teenstrydige beslis­sings maak in aangeleenthede ten opsigte van paragraaf (b)van die omskrywing van "verbode gronde", kan die Minister 'n bepaalde saak vir beslissing na die Hoogste Hof van Appèl of die Grondwetlike Hof verwys.
aAs 'n voorsittende beampte in 'n landdroshof 'n bepaling maak ten opsigte van 'n grond van diskriminasie waarna in paragraaf b van die omskrywing van "verbode gronde" verwys is, moet die bepaling, na afhandeling van die verrigtinge en op die voorgeskrewe wyse, aan die Hoë Hof wat jurisdiksie het voorgelê word vir hersiening.
Die betrokke Hoë Hof moet, na oorweging van die aange­leentheid, 'n bepaling maak ten opsigte van die grond waarna in subartikel (a) verwys word, en kan daarna na eie goeddunke enige bepaling ingevolge hierdie Wet maak.
Die werking van subartikel (a) word opgeskort totdat enige appèl wat deur hierdie artikel beoog word, afgehan­del is.
Hoofstuk 5
BEVORDERING VAN GELYKHEID (arts 24-29) 24 Algemene verantwoordelikheid om gelykheid te bevorder
Die Staat het 'n plig en verantwoordelikheid om gelykheid te bevorder en te verwesenlik.
Alle persone het 'n plig en verantwoordelikheid om gelyk­
heid te bevorder. [Datum van inwerkingtreding van art 24: moet geproklameer word.]
Plig van Staat om gelykheid te bevorder
Die Staat moet, waar nodig, met die bystand van die rele­vante grondwetlike instellings--
bewustheid van fundamentele regte ontwikkel ten einde 'n klimaat van begrip, wedersydse respek en gelykheid te bevorder;
maatreëls tref om programme te ontwikkel en in werking te stel ten einde gelykheid te bevorder; en waar nodig of gepas--
aksieplanne ontwikkel om aandag te gee aan enige onbillike diskriminasie, haatspraak of teistering;
ii wetgewing verorden wat daarop gemik is om gelyk­heid te bevorder en 'n raamwerk van wetgewing te skep ooreenkomstig die oogmerke van hierdie Wet;
iii praktykskodes ontwikkel om gelykheid te bevorder soos beoog in hierdie Wet, en riglyne ontwikkel, met inbegrip van kodes ten opsigte van redelike akkom­modasie;
interne meganismes ontwikkel om aandag te gee aan klagtes van onbillike diskriminasie, haatspraak of teistering;
vi inligtingsveldtogte voer om hierdie Wet te populari­seer.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en ander rele­vante grondwetlike instellings kan, benewens enige ander verpligting, ingevolge die Grondwet of enige wet, enige ander komponent wat ressorteer onder die definisie van Staat of enige persoon versoek om inligting te verskaf oor enige maatreëls ten opsigte van die verwesenliking van gelykheid, insluitend, waar toepaslik, oor wetgewende en uitvoerende optrede en nakoming van wetgewing, praktykskodes en pro­gramme.
Benewens die magte en funksies van die grondwetlike instel­lings is hierdie instellings ook bevoeg om--
klaers by te staan met die instel van verrigtinge in 'n gelykheidshof, veral klaers wat benadeel is;
sake te ondersoek en aanbevelings te maak soos bepaal deur die hof ten opsigte van volgehoue oortredings van hierdie Wet of gevalle van onbillike diskriminasie, haats­praak of teistering wat deur die gelykheidshof na hulle verwys is;
op die voorgeskrewe manier by die Departement gereelde verslae te versoek oor die aantal sake en die aard en uit­slag daarvan.
Alle Ministers moet met die beskikbare hulpmiddels maat­reëls instel wat gemik is op die verwesenliking van gelykheid in hulle gebiede van verantwoordelikheid deur--
enige vorm van onbillike diskriminasie of die voortset­ting van ongelykheid in enige wet, beleid of praktyke waarvoor daardie Ministers verantwoordelik is, uit te wis; en op die voorgeskrewe wyse gelykheidsplanne voor te berei en ten uitvoer te bring, waarvan die inhoud 'n tydraam­werk moet insluit vir die uitvoering van sodanige planne, geformuleer in oorleg met die Minister van Finansies.
a Die gelykheidsplanne moet, binne twee jaar na die inwerkingtreding van hierdie Wet, voorgelê word aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wat op die voorge­skrewe wyse daaraan moet aandag gee.
b Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moet die Kommissie vir Geslagsgelykheid raadpleeg wanneer hy handel met die planne wat in paragraaf a beoog word.
Datum van inwerkingtreding van art 25: moet geproklameer word.
Verantwoordelikheid van persone wat in die staatsdomein werksaam is om gelykheid te bevorder
Dit is die verantwoordelikheid van enige persone wat direk of indirek met die Staat kontrakteer of openbare bevoegdhede uit­oefen om gelykheid te bevorder deur--
gepaste gelykheidsplanne, kodes, regulerende meganismes en ander gepaste maatreëls in te stel vir die doeltreffende bevordering van gelykheid in die sfeer van hulle werksaam­hede;
gelykheidsplanne, kodes, regulerende meganismes wat deur hulle ontwikkel is, toe te pas en die toepassing te monitor; en gereeld aan die relevante moniterende owerhede of instel­lings verslag te doen, soos deur die regulasies bepaal mag word, waar van toepassing.
Datum van inwerkingtreding van art 26: moet geproklameer word.
Sosiale verbintenis van alle persone om gelykheid te bevorder
Ingevolge artikel 26, moet alle persone, nie-regeringsorgani­sasies, gemeenskapsgebaseerde organisasies en tradisionele instellings in hulle verhoudings met ander liggame en in hulle openbare aktiwiteite gelykheid bevorder.
Die Minister moet regulasies ten opsigte van hierdie Wet ont­wikkel, en ander Ministers kan regulasies ten opsigte van ander Wette ontwikkel, wat vereis dat maatskappye, beslote korporasies, vennootskappe, klubs, sportorganisasies, korpo­ratiewe entiteite en verenigings, waar toepaslik, op 'n wyse wat proporsioneel is tot hulle grootte, hulpmiddels en invloed, ten opsigte van maatreëls om gelykheid te bevorder, gelykheidsplanne voorberei of voorgeskrewe praktykskodes nakom of verslag doen aan 'n liggaam of instelling.
Datum van inwerkingtreding van art 27: moet geproklameer word.
Spesiale maatreëls om gelykheid te bevorder ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid
As daar in die vervolging van enige oortreding bewys word dat onbillike diskriminasie op grond van ras, geslag of gestremdheid 'n rol gespeel het in die pleeg van die oortre­ding, moet dit beskou word as 'n verswarende omstandig­heid vir doeleindes van vonnisoplegging.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moet, by sy ver­slag waarna verwys word in artikel 15 van die Wet op die Menseregtekommissie, 1994 (Wet 54 van 1995), 'n raming insluit van die mate waarin onbillike diskriminasie op grond van ras, geslag en gestremdheid in die Republiek voortbe­staan, en van die uitwerking daarvan, asook aanbevelings oor wat daar omtrent die probleme gedoen kan word.
a Die Staat, instellings wat openbare funksies verrig en alle persone het, in die besonder, 'n plig en verantwoordelik om--
diskriminasie op grond van ras, geslag en gestremd­heid uit te wis;
ii gelykheid ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid te bevorder.
b In die uitvoering van die pligte en verantwoordelikhede waarna in paragraaf a verwys is, moet die Staat, instel­lings wat openbare funksies verrig en, waar toepaslik en relevant, regs- en nie-regsinstellings--
wette, beleid en praktyke oudit met die doel om alle diskriminerende aspekte daarvan uit te wis;
ii toepaslike wette verorden, progressiewe beleid ont­wikkel en praktykskodes instel ten einde diskrimina­sie op grond van ras, geslag en gestremdheid uit te wis;
iii uitvoerbare aksieplanne instel vir die bevordering en verwesenliking van gelykheid ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid, en iv voorkeur gee aan die uitwissing van onbillike diskri­minasie en die bevordering van gelykheid ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid.
Lys van voorbeelde van onbillike praktyke in sekere sektore
Sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van die bepalings van hierdie Wet, is die Bylae by hierdie Wet bedoel om sekere praktyke te illustreer en te beklemtoon wat onbil­lik is of mag wees, wat wyd verspreid is, en waaraan aandag gegee moet word.
Die Staat moet, waar toepaslik, verseker dat wetgewende en ander maatreëls getref word om aandag te gee aan die prak­tyke waarna in subartikel 1 verwys word.
Datum van inwerkingtreding van subart : moet geproklameer word.
Die Minister moet, op aanbeveling van die Gelykheidshersie­ningskomitee, voortdurend bepaal hoe relevant die praktyke is wat in die Bylae vervat is, vir die doel van die uitbreiding, verstelling, verandering of wysiging van die lys van praktyke in die Bylae.
Die doel van die Bylae is ook om 'n illustratiewe lys te verskaf van praktyke wat onbillike diskriminasie is of mag wees, ten einde--
aandag te gee aan hierdie praktyke, en hulle uit te wis; en persone te help om hulle ervaringe en praktyke te inter­
Die illustratiewe lys van praktyke in die Bylae is nie afdoende nie, en moet voortdurend deur die Gelykheidshersieningsko­mitee oorweeg en hersien word.
Hoofstuk 6
ALGEMENE BEPALINGS EN IMPLEMENTERING VAN WET (arts 30-31)
Regulasies
Die Minister kan, en waar die omstandighede vereis, moet, regulasies maak ten opsigte van--
die prosedures wat gevolg moet word by of ten aansien van 'n ondersoek ingevolge hierdie Wet, insluitend die wyse waarop verrigtinge ingestel moet word, die verwy­sing van aangeleenthede soos beoog in artikel 20, en die verhoor van dringende sake;
die vorm van enige aansoek, magtiging, sertifikaat, ver­lof, kennisgewing, bevel, proses, register of subpoena wat gedoen, gegee, uitgereik, toegestaan of gehou is inge­volge of kragtens hierdie Wet, en enige ander vorm wat vereis word in die uitvoering van die bepalings van hier­die Wet;
die toestaan van regshulp op die Staat se onkoste in gepaste sake in oorleg met die Regshulpraad;
die verskyning in die hof van persone namens die partye tot die verrigtinge, wat geskikte persone mag insluit bui­ten prokureurs of advokate;
die aanstelling, bevoegdhede, pligte en funksies van 'n klerk van 'n gelykheidshof;
die bywoning van getuies in sake voortspruitend uit die toepassing van hierdie Wet, en die betaling van getuie­gelde;
die bevestiging van hofbevele afkomstig van landdro­showe wat as gelykheidshowe sit soos beoog in artikel 19 (a);
die prosedure wat gevolg en die kriteria wat toegepas moet word by die aanwysing en registrasie van persone uit die gemeenskap wat geskik en beskikbaar is om in elke gelykheidshof as assessors diens te doen;
die metode wat gevolg moet word ten opsigte van die toewysing van assessors ten opsigte van verrigtinge inge­volge of kragtens hierdie Wet;
die faktore wat deur 'n gelykheidshof in ag geneem moet word by die besluit of assessors ontbied moet word in die toepassing van geregtigheid;
die rol van voorsittende beamptes en die prosedure wat gevolg moet word in gevalle waar 'n gelykheidshof deur assessors bygestaan word;
die onttrekking van assessors en die prosedure wat gevolg moet word in die geval van sodanige onttrekking;
n gedragskode vir sodanige assessors, en die meganismes vir die toepassing van die gedragskode, insluitend die aanspreeklikheid van 'n assessor as enige bepaling van die gedragskode deur hom of haar oortree word;
die instelling van 'n meganisme om te handel met enige grief of klag deur of teen 'n assessor;
die opleiding van assessors;
die betaling van toelaes aan assessors;
enige ander aangeleentheid wat voorgeskryf moet word ten einde die diens van assessors in die gelykheidshowe te reguleer;
die prosedures wat gevolg moet word by of ten aansien van appèlle of hersienings soos beoog in artikel 23;
die verslae soos beoog in artikels 25 (c) en 26(c) en die gelykheidsplanne soos beoog in artikel 25 (b) en (a)en artikel 27 ;
die vertaling van hierdie Wet in die amptelike tale en die verspreiding daarvan soos beoog in artikel 31 (b);
die bevoegdhede en funksies van die Gelykheidshersie­ningskomitee soos beoog in artikel 33;
enige aangeleentheid wat deur regulasie ingevolge hier­die Wet voorgeskryf moet of mag word;
enige ander aangeleentheid wat voorgeskryf moet word ten einde die oogmerke van hierdie Wet te verwesenlik.
Enige regulasie wat ingevolge hierdie artikel gemaak is en wat uitgawes vir die Staat kan meebring moet in oorleg met die Minister van Finansies gemaak word.
n Regulasie wat kragtens hierdie artikel gemaak is kan bepaal dat enige persoon wat 'n bepaling daarvan oortree of ver­suim om gehoor te gee daaraan, aan 'n misdryf skuldig is en by skuldigbevinding onderhewig is aan 'n boete of tronkstraf van nie meer as 12 maande nie.
aEnige regulasie wat ingevolge hierdie artikel gemaak is, moet 30 dae voor publikasie daarvan in die Staatskoerant in die Parlement voorgelê word as die Parlement dan in sitting is.
b As die Parlement nie in sitting is soos in paragraaf abeoog nie, moet die regulasies 30 dae voor publikasie daarvan in die Staatskoerant aan die Speaker van die Par­lement voorgelê word.
Die regulasies wat gemaak word ingevolge hierdie artikel, en in die besonder subartikel (a) met betrekking tot die prosedure by 'n ondersoek, moet, sover as moontlik, verseker dat die toe­passing van die Wet eenvoudig, billik en bekostigbaar is.
Implementering van Wet
Ongeag artikel 16 mag geen geding in enige hof ingestel word tensy 'n voorsittende beampte en een of meer klerke beskikbaar is nie.
Ten einde volkome uitvoering te gee aan hierdie Wet en die Wet so toeganklik as moontlik te maak--
en om uitvoering te gee aan subartikel , kan regters, landdroste of addisionele landdroste, na gelang van die geval, en klerke na wie in subartikel verwys is--
aangewys word as voorsittende beamptes; en ii aangestel of aangewys word as klerke; respektiewelik, vir een of meer gelykheidshowe;
die Minister moet binne twee jaar na die inwerkingtre­ding van hierdie Wet, die Wet in al die amptelike tale beskikbaar stel.
Die Direkteur-Generaal van die Departement moet, met die beskikbare hulpmiddels van die Departement, alle redelike stappe doen om te verseker dat 'n klerk vir elke hof in die Republiek beskikbaar is.
Die Hoofregter moet, in oorleg met die Regterlike Dienskom­missie en die Landdrostekommisie, die inhoud ontwikkel van opleidingskursusse met die oog op die opbou van 'n toe­gewyde en ervare groep opgeleide en gespesialiseerde voorsit­tende beamptes met die doel om as voorsitters op te tree by hofverrigtinge soos wat in hierdie Wet beoog word--
deur voorsittende beamptes op te lei ten opsigte van die sosiale konteks; en eenvormige norme, standaarde en prosedures neer te lê wat deur voorsittende beamptes nagekom moet word in die uitvoering van hulle funksies en pligte en die uitoefe­ning van hulle magte.
Die Hoofregter moet, in oorleg met die Regterlike Dienskom­missie, die Landdrostekommisie en die Minister, die oplei­dingskursusse wat in subartikel beoog word, implementeer.
Die Direkteur-Generaal van die Departement moet 'n oplei­dingskursus vir klerke van gelykheidshowe ontwikkel en implementeer met die oog op die opbou van 'n toegewyde en ervare groep opgeleide en gespesialiseerde klerke, vir die doel van die uitvoering van hulle funksies en pligte soos wat in hierdie Wet beoog word--
deur klerke op te lei ten opsigte van die sosiale konteks; en eenvormige norme, standaarde en prosedures neer te lê wat deur klerke nagekom moet word in die uitvoering van hulle funksies en pligte.
Die Minister moet, soos voorgeskryf, 'n verslag in die Parle­ment ter tafel lê oor die inhoud en implementering van die opleidingskursusse waarna in subartikels en verwys word.
Hoofstuk 7
HERSIENING VAN WET, KORT TITEL EN INWERKINGTREDING (arts 32-35)
Totstandbrenging van Gelykheidshersieningskomitee
Die Minister moet, onmiddellik na promulgasie van hierdie Wet, by wyse van kennisgewing in die Staatskoerant, 'n Gelykheidsher­sieningskomitee tot stand bring en lede aanstel, wat bestaan uit--
n senior regsamptenaar met gepaste kwalifikasies;
die Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie;
die Voorsitter van die Kommissie vir Geslagsgelykheid;
n verteenwoordiger van die burgerlike gemeenskap;
n deskundige op die gebied van menseregte, veral die reg op gelykheid;
n lid van die Nasionale Vergadering;
n lid van die Nasionale Raad van Provinsies. [Datum van inwerkingtreding van art 32: 1 September 2000.]
Magte, funksies en ampstermyn van Gelykheidshersieningskomitee
Die Gelykheidshersieningskomitee--
moet die Minister adviseer oor die werking van hierdie Wet;
moet die Minister adviseer oor wette wat gelykheid raak;
moet gereeld verslae aan die Minister voorlê oor die wer­king van die Wet, waarin daar ingegaan word daarop of die oogmerke van die Wet en die Grondwet bereik is, en moet aanbevelings maak oor enige wysigings tot die Wet wat nodig is om die werking daarvan te verbeter;
d het die ander bevoegdhede en funksies soos beskryf.
Die Gelykheidshersieningskomitee kan by sy vergaderings sy sake en verrigtinge na eie goeddunke behartig.
Lede van die Gelykheidshersieningskomitee waarna in arti­kel 32 (a), (d) en (e) verwys is, word vir 'n tydperk van vyf jaar aangestel en mag na verstryking van hulle ampstermyn heraangestel word.
Die ander bepalings en voorwaardes van aanstelling van lede van die Gelykheidshersieningskomitee is soos voorgeskryf.
Die administratiewe werk verbonde aan die uitvoering van die funksies van die Gelykheidshersieningskomitee moet uit­gevoer word deur amptenare wat deur die Direkteur-Gene­raal van die Departement aangewys is.
Die lede van die Gelykheidshersieningskomitee is geregtig op sodanige vergoeding, toelaes en ander voordele as wat deur die Minister in oorleg ment die Minister van Finansies bepaal mag word.
Datum van inwerkingtreding van art 33: 1 September 2000.
Voorskriftelike beginsel oor MIV/VIGS, nasionaliteit, sosio­ekonomiese status en gesinsverantwoordelikheid en -status
Gedagtig aan die oorweldigende bewyse van die belang, invloed op die gemeenskap en verband met sistemiese bena­deling en diskriminasie op grond van MIV/Vigs status, sosio­ekonomiese status, nasionaliteit en gesinsverantwoordelik­heid en -status--
moet die Minister spesiale oorweging skenk aan die insluiting van hierdie gronde in paragraaf (a) van die omskrywing van "verbode gronde";
moet die Gelykheidshersieningskomitee, binne een jaar, ondersoek instel en die nodige aanbevelings by die Minister maak.
Niks in hierdie artikel--
raak die gewone jurisdiksie van die howe om geskille te beslis wat bygelê kan word deur regstoepassing op hier­die gronde nie;
verhoed 'n klaer om op enige van hierdie gronde 'n geding in 'n geregshof in te stel nie;
verhoed 'n hof om te beslis dat enige van hierdie gronde kragtens paragraaf (b) van die omskrywing van "verbode gronde" is, of inbegrepe is by een of meer van die gronde wat in paragraaf (a) van die omskrywing van "verbode gronde" uiteengesit word nie.
Kort titel en inwerkingtreding
Hierdie Wet heet die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, 2000, en tree in werking op 'n datum wat die President deur proklamasie in die Staatskoerant bepaal sal word.
Verskillende datums kan bepaal word ten opsigte van verskil­lende bepalings van hierdie Wet.
Bylae I
ILLUSTRATIEWE LYS VAN ONBILLIKE PRAKTYKE IN SEKERE SEKTORE (art 29)
Arbeid en indiensneming
Die skep van kunsmatige hindernisse in die pad van gelyke werksgeleenthede deur die gebruik van sekere wer­wings- en keuringsprosedures.
Die aanwending van praktyke vir die benutting, ontwik­keling, bevordering en behoud van menslike hulpbronne wat diskrimineer teen persone van groepe wat in die ver­bode gronde geïdentifiseer word.
Versuim om die beginsel van gelyke vergoeding vir gelyke werk te eerbiedig.
Voortsetting van disproporsionele inkomsteverskille voortspruitend uit vorige onbillike diskriminasie.
Opvoeding
Onbillike uitsluiting van leerders uit opvoedingsinstel­lings, met inbegrip van leerders met spesiale behoeftes.
Onbillike weerhouding van studiehulp, beurse, of enige ander vorm van bystand van leerders van bepaalde groepe wat in die verbode gronde geïdentifiseer word.
Versuim om diversiteit in opvoeding sover redelik en uit­voerbaar te akkommodeer.
Gesondheidsorgdienste en -voordele
Onderwerping van persone aan mediese eksperimente sonder hulle ingeligte toestemming.
Onbillike weerhouding of weiering van toegang van enige persoon tot gesondheidsorg-fasiliteite of versuim om gesondheidsorg-fasiliteite vir enige persoon toegank­lik te maak.
Weiering om mediese noodbehandeling te gee aan per­sone of bepaalde groepe wat in een of meer van die ver­bode gronde geïdentifiseer word.
Weiering om redelike gesondheidsdienste aan bejaardes te verskaf.
Huisvesting, akkommodasie, grond en eiendom
Arbitrêre uitsetting van persone op een of meer van die verbode gronde.
Uitsondering op grond van ras en sosiale stand.
Onbillike diskriminasie in die voorsiening van huisver­bande, lenings of geldelike bystand op grond van ras, geslag of ander verbode gronde.
Versuim om die spesiale behoeftes van bejaardes redelik te akkommodeer.
Versekeringsdienste
Onbillike weiering op een of meer van die verbode gronde om 'n versekeringspolis aan enige persoon beskikbaar te stel.
Onbillike diskriminasie in die voorsiening van verseke­ringsverwante voordele, fasiliteite en dienste.
Onbillike benadeling van 'n persoon of persone, inslui­tend die onbillike en onredelike weiering om aan per­sone dienste te lewer bloot op grond van MIV/VIGS status.
Pensioene
Onbillike uitsluiting van enige persoon van lidmaatskap van 'n aftreefonds of van ontvangs van enige voordele van die fonds op een of meer van die verbode gronde.
Onbillike diskriminasie teen lede of begunstigdes van 'n aftreefonds.
Vennootskappe
Bepaling op 'n onbillik diskriminerende wyse van wie gevra moet word om 'n vennoot in die betrokke ven­nootskap te word.
Die oplê van onbillike en diskriminerende bepalings of voorwaardes waarkragtens 'n persoon gevra of toegelaat word om 'n vennoot te word.
Beroepe en liggame
Die oplê van voorwaardes wat toegang tot die beroep deur persone van histories benadeelde groepe onbillik beperk.
Onbillike beperking of weiering van toegang van lede tot voordele of fasiliteite op grond van 'n verbode grond.
Verskaffing van goedere, dienste en fasiliteite
Onbillike weiering of versuim om die goedere of dienste te voorsien of om die fasiliteite beskikbaar te stel aan enige persoon of groep van persone op een of meer van die verbode gronde.
Die oplê van bepalings, voorwaardes of praktyke wat die gevolge van vorige onbillike diskriminasie of die uitslui­
c Onbillike beperking van toegang tot kontraktuele geleen­thede vir die verskaffing van goedere en dienste.
Klubs, sport en verenigings
Onbillike weiering van 'n persoon se aansoek vir lidmaat­skap van die vereniging of klub op grond van enige van die verbode gronde.
Onbillike weiering of beperking van 'n lid se toegang tot enige voordeel wat die vereniging of klub aanbied.
Versuim om diversiteit te bevorder in die kies van ver­teenwoordigende spanne.
