No 28--2009 EERSTE SESSIE, VIERDE PARLEMENT
NASIONALE VERGADERING
INTERNE VRAELYS
Let Wel:
Dui vertaalde weergawe van die vraag aan.
Dui . vraag vir mondelinge beantwoording aan.
Dui . skriftelike vraag aan wat vir mondelinge beantwoording oorgeplaas is op versoek van die betrokke lid (Reël 117).
Dui . vraag vir skriftelike beantwoording aan wat nog nie beantwoord is nadat 10 werkdae verstryk het nie.
InhoudsopgaweMinister van Basiese Onderwys ... 919, 928, 959, 960 Minister van Binnelandse Sake... 929, 932, 933 Minister van Energie... 921, 922, 939 Minister van Finansies ... 928 Minister van Gesondheid... 919, 920, 929, 936, 937 Minister van Hoër Onderwys en Opleiding ... 932 Minister van Handel en Nywerheid ... 922, 923, 927 Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ... 933 Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling ... 920, 921, 923, 926, 937, 958 Minister van Kuns en Kultuur ... 927, 958 Minister van Landbou, Bosbou en Visserye... 920, 921, 935, 938 Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming ... 924, 925 Minister van Maatskaplike Ontwikkeling... 937 Minister van Menslike Nedersettings ... 925 Minister van Mynwese... 921, 931 Minister van Openbare Ondernemings... 925, 932 Minister van Openbare Werke ... 932 Minister van Polisie ... 926, 927, 928, 933, 940 Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en -evaluering asook Administrasie in die Presidensie ... 923, 935, 959 Minister vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake... 922, 935, 940 Minister vir die Staatsdiens en Administrasie ... 922 Minister van Toerisme... 930 Minister van Vervoer... 925, 927, 930, 934, 939 Minister van Waterwese en Omgewingsake... 924, 929, 930, 931, 935, 936 Minister van Wetenskap en Tegnologie ... 934 Opsomming van vrae vir skriftelike beantwoording ... 940
VRAE VIR SKRIFTELIKE BEANTWOORDING
Hoeveel openbare skole hul primêre vlak van onderrig in ander moedertale as Engels en Afrikaans onderrig;
of haar departement enige studie gelas het of enige ander studies uit ander bronne oorweeg het wat dui op die impak van primêre vlak moedertaalonderrig op prestasie in sekondêre onderrig waar onderrig in .ander taal as die moedertaal plaasvind; so nie, waarom nie; so ja, wat die bevindinge was;
of die huidige taalbeleid deur dié bevindinge toegelig word; so ja, op watter wyse? NW2760A
Hoeveel (a) skole wat nie model C-skole is nie oor sportvelde beskik en (b) hiervan sedert 1994 gebou is? NW2761A
Of liggaamlike opvoeding en/of sport in die algemeen deel is van die kurrikulum by staatskole; so nie, (a) waarom nie en (b) wanneer dit . standaarddeel van die kurrikulum sal uitmaak; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2762A
Of hy sy departement se prestasie ten opsigte van die Staatsdienskommissie se verslag oor nie-nakoming van die Staatsdiensregulasie wat die Senior Bestuursdiens (SBD) verplig om alle belange jaarliks te verklaar, nagegaan het; so nie, waarom nie; so ja, (a) hoeveel van hulle nie hul belange verklaar het nie en (b) wat die (i) name en ii range van die nie-nakomende lede van die SBD is;
of senior bestuurders wat versuim het om te verklaar, van wangedrag aangekla is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of hy gevind het dat sekere senior bestuurders versuim het om hul belange te verklaar weens die feit dat hulle enige sakebelange met enige departement wou verdoesel; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige ondersoek gedoen sal word om korrupsie in sy departement uit te roei; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2778A
Mnr L Ramatlakane (Cope) vra die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
Of hy sy departement se prestasie ten opsigte van die Staatsdienskommissie se verslag oor nie-nakoming van die Staatsdiensregulasie wat die Senior Bestuursdiens (SBD) verplig om alle belange jaarliks te verklaar, nagegaan het; so nie, waarom nie; so ja, (a) hoeveel van hulle nie hul belange verklaar het nie en (b) wat die (i) name en ii range van die nie-nakomende lede van die SBD is;
of senior bestuurders wat versuim het om te verklaar, van wangedrag aangekla is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of hy gevind het dat sekere senior bestuurders versuim het om hul belange te verklaar weens die feit dat hulle enige sakebelange met enige departement wou verdoesel; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige ondersoek gedoen sal word om korrupsie in sy departement uit te roei; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2779A
Mnr L Ramatlakane (Cope) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Vissery:+
Of sy haar departement se prestasie ten opsigte van die Staatsdienskommissie se verslag oor nie-nakoming van die Staatsdiensregulasie wat die Senior Bestuursdiens (SBD) verplig om alle belange jaarliks te verklaar, nagegaan het; so nie, waarom nie; so ja, (a) hoeveel van hulle nie hul belange verklaar het nie en (b) wat die (i) name en ii range van die nie-nakomende lede van die SBD is;
of senior bestuurders wat versuim het om te verklaar, van wangedrag aangekla is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy gevind het dat sekere senior bestuurders versuim het om hul belange te verklaar weens die feit dat hulle enige sakebelange met enige departement wou verdoesel; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige ondersoek gedoen sal word om korrupsie in haar departement uit te roei; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2780A
Of die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) beperkinge stel ten opsigte van die aantal mediese studenteposte wat elke jaar beskikbaar is; so ja, (a) wat die beperking is, (b) wanneer die huidige beperking vir die eerste keer ingestel is en (c) wat die redes vir die beperking is;
of sy departement enige samesprekings met die RGBSA gehou het om die beperking op mediese studenteposte op te hef; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer dié samesprekings plaasgevind het en (b) wat die resultaat van die samesprekings was;
of hy sal toelaat dat die privaatsektor mediese studente as dokters oplei; so nie, waarom nie; so ja, op watter tydstip hulle toegelaat sal word om mediese studente op te lei? NW2881A
Of die omset van Alexkor in die afgelope 10 jaar met ongeveer 80% gedaal het; so ja, waarom;
of die maatskappy se werksaamhede in diamantmynbou enige winste toon; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is ? NW2909A
Me D Carter (Cope) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye:+
Of sy ingelig is oor die probleme wat die KwaZulu-Natalse landboudepartement al jare lank teister; so ja, of sy enige stappe gedoen het om beslissend op te tree teen korrupsie, vermorsing en wanbeheer, wat daar hoogty vier; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy ondersoek gedoen het of voornemens is om ondersoek in te stel na die omstredenheid aangaande die skorsing van die hoof- uitvoerende beampte naam verstrek; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2910A
Of windenergie na verwagting 400 MW aan die netwerk moet lewer sodra die tariewe vir die invoer van hiernieubare energie Refits en die verwante kragaankoopooreenkoms PPA afgehandel is; so ja, waarom die bydrae slegs 400 MW is as windenergie minstens 2 000 MW of meer kan lewer;
wanneer die proses moontlik gemaak gaan word? NW2914A
Of die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika Nersa verskillende tariewe ingestel het vir tegnologieë wat op die programme van maatskappye gerig is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, waarop die diverse tariewe gegrond is;
of dié tariewe op . vergelyking met tariewe in die buiteland gebaseer is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2915A
Hoeveel regters van die hooggeregshowe voltydse navorsers het toegewys is; wat aan hulle of hy beoog om poste vir navorsers vir alle regters in te stel; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of hy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NW2916A
Me C M P Kotsi (Cope) vra die Minister van Energie:+
Of Eskom . taakspan saamgestel het om seker te maak dat daar aan die vereistes van . sekere smelter (naam verstrek) voldoen word en dat dit nagekom sal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of dié taakspan daarin geslaag het om genoegsame elektrisiteit vir die smelter te verseker; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy enige maatreëls in werking gestel het om te seker te maak dat Eskom sal daarin slaag om aan die vereistes van die smelter te voldoen; so nie, waarom nie; so ja, watter maatreëls? NW2918A
Me C M P Kotsi (Cope) vra die Minister van Handel en Nywerheid:+
Of hy . ondersoek na die ineenstorting van. sekere smeltoond (naam verstrek) in Coega gelas het; so nie, waarom nie; so ja, (a) wie in dié ondersoekspan sal dien, (b) wat die span se verwysingsraamwerk is en (c) wanneer die verslag bekend gemaak sal word? NW2919A
Me C M P Kotsi (Cope) vra die Minister van Handel en Nywerheid:+
Of . oudit gedoen is van die totale bedrag geld wat direk en indirek toegewys is om . sekere smelter (naam verstrek) in Coega op te rig; so nie, waarom nie; so ja, watter bedrag bestee is;
of hy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NW2920A
Of sy departement enige uitstaande of onvoltooide projekte het wat ander departement regstreeks raak; so ja, (a) watter projekte, (b) watter departemente geraak word, (c) waarom hulle (i) uitstaande of (ii) onvoltooid is, (d) watter finansiële koste (i) sy departement en (ii) ander departemente vanweë die uitstaande of onvoltooide projekte aangegaan het, (e) watter ander projekte vanweë die uitstaande of onvoltooide projekte geraak is en (f) wanneer elke uitstaande of onvoltooide projek voltooi sal word? NW2922A
Mev P de Lille (OD) vra die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake:+
Of, met verwysing na . sekere dokument (besonderhede verstrek), die Sekgopo­gemeenskap, Wyk 10, Munisipaliteit van Groter Letaba, Mopani-distrik, Limpopo se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vir die boekjaar 2007-08, tot stand gebring sal word; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat die oponthoud was en (b) wanneer daarmee begin sal word;
watter bystand sy departement bied aan individue en gemeenskappe met (a) voorstelle oor gemeenskapsgerigte ontwikkelings en (b) griewe teen die raad;
waarom . sekere persoon (naam verstrek) ondanks vertoë tot verskillende regeringsfere in verband met sy griewe nog geen bystand ontvang het nie;
of hy die instel van maatreëls ter versekering van verhoogde verantwoordbaarheid van regeringsamptenare in die toekoms beoog; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2923A
Die Leier van die Opposisie (DA) vra die Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en -evaluering asook Administrasie in die Presidensie+
Of daar enige kriteria is waarvolgens klagtes aan die Presidensiële blitslyn as afgehandel aangedui kan word; so nie, waarom nie; so ja, wat dié kriteria is;
of sy ministerie stelsels en strukture ingestel het of van voorneme is om stelsels en strukture in te stel om (a) te verseker dat klagtes op . bekwame en doeltreffende wyse afgehandel word en (b) die sukses van die blitslyn doeltreffend te meet; so nie, waarom nie; so ja, wat dié stelsels en strukture is;
watter prosesse gebruik word om operateurs vir die Presidensiële blitslyn te werf;
of daar vereis word dat die operateurs oor enige vaardighede beskik; so nie, waarom nie; so ja, of enige opleiding aan die blitslynpersoneel voorsien is; so nie, waarom nie; so ja, watter opleiding? NW2925A
a Watter koste direk met die beheerfunksies van elk van die rade of beheerstrukture van sy departement se instellings verband hou en b watter persentasie van die totale omset of inkomste die koste vir beheer oor dié instellings was? NW2926A
Of enige lede van rade of bestuurstrukture wat deur hom aangestel is minder as 6% van raadsvergaderings in die boekjaar 2008-09 bygewoon het; so ja, (a) watter lede, (b) watter persentasie van vergaderings hulle bygewoon het, (c) op watter raad of rade hulle gedien het en (d) watter stappe gedoen is om hul bywoning van raadsvergaderings te verbeter? NW2927A
Dr A Lotriet (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
Of sy departement kragtens die Nasionale Taalbeleidraamwerk . taaleenheid op die been gebring het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2928A
Dr A Lotriet (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
a Hoeveel howe vir inheemse tale ingestel is en b watter i howe inheemse tale gebruik en ii tale in elk van die gemelde howe gebruik word;
of . evaluering oor die projek vir inheemse tale in howe gedoen is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2929A
Mev A T Lovemore (DA) vra die Minister van Waterwese en Omgewingsake:+
Of (a) water wat vir huishoudelike gebruik voorsien word, (b) grys water wat deur watersuiweringsaanlegte gestort word en (c) rivierwater wat in die algemeen deur gemeenskappe vir huishoudelike doeleindes gebruik word op . gereelde grondslag ontleed word om die aanwesigheid en vlak van Kriptosporidium oösiste te bepaal; so nie, waarom nie, in elke geval; so ja, wat die tersaaklike besonderhede van sodanige ontleding in elke geval is? NW2930A
Mev A T Lovemore (DA) vra die Minister van Waterwese en Omgewingsake:+
Of . hersiene weergawe van die Nasionale Waterhulpbronstrategie in Januarie 2010 bekend gemaak gaan word; so nie, (a) waarom nie en (b) wanneer dit bekend gemaak gaan word; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of . proses van oorlegpleging met belanghebbendes deel van die ontwikkeling van die hersiene strategie gaan uitmaak; so nie, waarom nie; so ja, wanneer die oorlegplegingsproses . aanvang gaan neem;
a watter staatsdepartemente by die ontwikkeling van die hersiene strategie betrokke gaan wees en b wat die i grondrede vir en ii besonderhede van die betrokkenheid van elke departement is? NW2931A
Mev A T Lovemore (DA) vra die Minister van Waterwese en Omgewingsake:+
Of sy enige maatreëls getref het om (a) omgewingsvoetspore aan te moedig wat dié van koolstof, water en rommel insluit en (b) die toenemende afname in omgewingsvoetspore as .meganisme om die selfregulering van die omgewing aan te moedig; so nie, (i) waarom nie en ii wanneer dié benadering aangeneem gaan word; so ja, aa watter sektore aaa tans geteiken word en bbb in die toekoms geteiken gaan word en bb wat die besonderhede van haar departement se betrokkenheid gaan wees? NW2932A
Mev A Steyn (DA) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming:+
Met verwysing na sy antwoord op Vraag 967 op 10 September 2009, watter bedrag in elke provinsie vir (a) stedelike eise en (b) landelike eise uitbetaal is;
of al die eisers ten volle betaal is; so nie, (a) waarom nie, (b) watter bedrag in elke geval uitstaande is en (c) hoeveel eise nog in elke provinsie afgehandel moet word? NW2933A
Mev A Steyn (DA) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming:+
Of sy departement, met verwysing na sy antwoord op Vraag 1382 op 29 Oktober 2009, in die boekjaar 2008-09 die totale bedrag aan huurgeld van die huurders van plase in staatsbesit ontvang het; so nie, (a) waarom nie, (b) watter (i) bedrag en (ii) persentasie van die totale verskuldigde bedrag ontvang is en (c) watter stappe teen huurders gedoen is wat nie hul betalings doen nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2934A Of, met verwysing na sy antwoord op mondelinge Vraag 233 op 4 November 2009, enige van die uitsettings (a) op staatsgrond of (b) as gevolg van grondherstel plaasgevind het; so nie, wat die posisie in elke geval is; so ja, (i) hoeveel uitsettings in elke geval en (ii) watter stappe sy departement in elke geval gedoen het om te verseker dat die plaasbewoners huise ontvang?
Mev A Steyn (DA) vra die Minister van Landelike Ontwikkeling en
Grondhervorming:+
Met verwysing na die R5,2 miljoen wat aan die vestiging van sy Adjunkminister se kantoor bestee is, hoeveel aan (a) kantoormeubels, (b) skryfbehoeftes (c) personeelsalarisse, (d) kantoorhuur en (e) ander vermelde items bestee is? NW2936A
a Wat die name van die persone en organisasies is wat aan die einde van die vorige Minister se ampstermyn geskenke ontvang het en b watter geskenke gegee is? NW2937A
Watter bedrag van die R7,7 miljoen (besonderhede vertrek) aan die huidige waarnemende hoof- uitvoerende beampte van . sekere maatskappy (naam verstrek) ten opsigte van (a) die beëindiging van kontrakte en (b) afskeidingsuitbetaling toegeken is? NW2938A
a Wat die totale getal kilometers is wat in elke provinsie ooreenkomstig roete-afstand i oor die geheel en ii geëlektrifiseerd deur spoorlyne beslaan word en b hoeveel bykomende afstand i in die boekjare aa 2005-06, bb 2006-07, cc 2007-08 en dd 2008-09 en ii gedurende die tydperk 1 April 2009 tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, beslaan is? NW2939A
wat die totale getal treinstasies in elke provinsie is? NW2940A
Of die SA Polisiediens (SAPD) sielkundige voorligting aan polisie-offisiere in aktiewe diens voorsien; so nie, waarom nie; so ja, van watter aard dié bystand is;
of SAPD-lede van dié bystand bewus is; so nie, waarom nie; so ja, hoe dit aan die offisiere oorgedra word;
hoeveel offisiere in elke provinsie oor die afgelope drie boekjare sielkundige voorligting ontvang het;
of verpligte sielkundige voorligting vir lede wat in traumatiese voorvalle betrokke was, beskikbaar is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2942A
Hoeveel (a) monsters rakende seksuele misdade teen (i) vroue en (ii) kinders in die afgelope drie boekjare na die Forensiese Wetenskaplaboratorium gestuur is en (b) in elke geval binne i een maand, ii twee maande, iii drie maande, iv ses maande en v een jaar of langer afgehandel is? NW2943A
Me M Smuts (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
Of . sekere landdros (naam verstrek) verdere uitstelling geweier en . sekere saak (besonderhede verstrek) afgewys het omdat die staatsaanklaer nie gereed was om voort te gaan nie; so ja, waarom die staatsaanklaer nie gereed was om voort te gaan nie;
of . senior staatsaanklaer ontbied is om die omstandighede in dié verband te verduidelik; so ja, wat die besonderhede van die verduideliking was;
of die Direkteur van Openbare Vervolgings in Grahamstad geweier het om die staatsaanklaer vry te laat wat die saak aanvanklik aangevoer het; so ja, waarom? NW2944A
Me M Smuts (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
Of die kontrakte van die distrikgeneeshere (a) gekanselleer of (b) beperk word; so ja, i waarom en ii wat die finansiële implikasies in dié verband is;
of dokters die fooie van deskundige getuies betaal word wat gebaseer word op die tyd wat hul bestee aan wag of die gee van hul deskundige opinie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2945A
Me M Smuts (DA) vra die Minister van Handel en Nywerheid:+
Of die Mededingingskommissie met die die Prokureursorde van SA en banke skakel weens . klagte (besonderhede verstrek) ten einde te versoek dat die (a) Prokureursorde by regsfirmas ingryp wat onderneem het om hoegenaamd nie teen .bank op te tree nie, mits hulle op die bank se vervoerpaneel bly en (b) banke hierdie of soortgelyke dele van klousules van hul ooreenkomste met regsfirmas sal verwyder; so nie, waarom nie in elke geval; so ja, (i) watter vordering in elke geval gemaak is en (ii) wat die posisie met betrekking tot sodanige praktyke is;
of hy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NW2946A
Of hy of sy departement enige stappe doen om te verseker dat . nasionale eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) daargestel word; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter stappe gedoen word, (b) teen watter datum die eenheid (i) daargestel en (ii) ten volle in werking sal wees en (c) wat die verdere tersaaklike besonderhede is;
of hy enige (a) stappe en (b) opleiding sal bekendstel om te verseker dat meer polisiekantore en lede van die SA Polisiediens aan die Wet op Gesinsgeweld, Wet 116 van 1998, voldoen; so nie, waarom in elke geval nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede in elke geval is? NW2947A
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister van Kuns en Kultuur:+
Of haar departement oor enige beleid rakende die voorsiening van bystand en/of ondersteuning vir feesgeleenthede en verwante gebeurtenisse vir afgestorwe kunstenaars beskik; so nie, waarom nie; so ja, of haar departement by die feesvierings of verwante funksies ter ere van wyle Miriam Makeba betrokke was; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy beoog om haar departement se beleid in dié verband in die toekoms te verander; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2948A
Of . sekere persoon (naam verstrek) (a) BBP-beskerming of (b) polisie-beskerming ontvang; so ja, (i) wat die omvang van die beskerming is, (ii) hoeveel lyfwagte aan hom toegewys is, iii wat die koste per maand vir dié beskerming beloop, iv wat die totale koste van beskerming vir hom oor die afgelope twaalf maande beloop waarvoor inligting beskikbaar is en v waarom hy beskerming ontvang? NW2949A
Of . ondersoek geloods gaan word na die beweerde jaagvoorval van . sekere persoon (naam verstrek) soos in die media op 2 November 2009 (afskrif voorsien) berig is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die gemelde persoon gejaag het; so ja, wat die spoedoortreding was;
of hy beboet gaan word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of hy enige uitstaande boetes gehad het toe hy afgetrek is; so ja, wat die totale (a) waarde, (b) bedrag, (c) datum en (d) spoedoortredings behels;
of hy gearresteer is; so nie, waarom nie? NW2950A
Hoeveel (a) Valke daar tans is en (b) werknemers wat Valke is oor rekenaars beskik;
of die ondersoekspanne op dieselfde wyse soos onder die Skerpioene beman word en funksioneer; so nie, (a) waarom nie en (b) hoe hulle tans gestruktureerd is;
of vorige sake van die Skerpioene veilig bewaar word; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat die tersaaklike besonderhede is en (b) hoeveel sake van die Skerpioene deur die Valke afgehandel is;
of die salarisstrukture van voormalige ondersoekers en werknemers van die Skerpioene wat na die Valke oorgeplaas is, verander het; so ja, wat die tersaaklike besonderhede in elke geval is;
of die salaris van enige voormalige werknemers van die Skerpioene wat na die Valke oorgeplaas is, verminder is; so ja, (a) hoeveel, (b) watter persentasie van oorgeplaaste werknemers se salarisse verminder is, (c) met watter bedrag dit verminder is en (d) om watter rede? NW2951A
Of die Nasionale Tesourie enige voorstelle oorweeg het aangaande die verhoging in belasting om die SA Uitsaaikorporasie te finansier; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of hy beoog om maatreëls in te stel om die doeltreffende administrasie van sodanige belasting te verseker; so nie, waarom nie; so ja, watter maatreëls? NW2952A
Of enige planne bestaan om te verseker dat die werkboeke vir graad 1- tot graad 7-leerders a op i die aangewese tyd en ii aangewese plek verskaf word en b se i gehalte geskik is en ii die hoeveelheid voldoende is met spesifieke verwysing na die aa aanskaffings­proses, bb verspreidingsplanne en cc die tersaaklike tydraamwerke ten einde die projek suksesvol af te handel; so nie, waarom nie; so ja, watter planne in elke geval? NW2953A
Me E More (DA) vra die Minister van Gesondheid:+
a Wat die bevindings van die studie oor die produksiekapasiteit van opleidingsinstellings is wat sy departement gedoen het, b watter onderwysinstellings in die studie vervat is, c watter vordering sedert die bekendmaking van die verslag gemaak is om die situasie ten opsigte van menslike hulpbronne te verbeter? NW2954A
Me E More (DA) vra die Minister van Gesondheid:+
Of daar . ooreenkoms met enige land vir die opleiding van dokters is; so ja, (a) watter land, (b) wanneer die ooreenkoms in werking getree het, (c) hoeveel studente begin studeer het ten opsigte van elke jaar sedert die begin van die ooreenkoms en ii gegradueer het, (d) by watter instellings hulle onderrig ontvang het en (e) in watter taal;
of enige beperkings geplaas is op die studente met betrekking tot (a) vryheid van beweging of (b) ander menseregte binne die land van opleiding; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
a wat die koste van opleiding vir elke dokter is en b wie vir die opleiding in elke geval betaal? NW2955A
Me E More (DA) vra die Minister van Gesondheid:+
Of die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels, Wet 54 van 1972, by alle metrorade of distriksrade toegepas word; so nie, (a) waarom nie en (b) watter metrorade of distriksrade nie die Wet toepas nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of daar enige minimum vereistes vir die toepassing van die Wet bestaan; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter vereistes en (b) wat die (i) werklike en (ii) optimale getal inspekteurs is wat metrorade of distriksrade het? NW2956A
a Met verwysing na haar antwoord op Vraag 1299 op 14 Oktober 2009, wat die bevindinge van die tugverhore van die i oortreder en ii hoof van die kantoor is, b watter strafmaatreël aan elke amptenaar oorhandig is en c wat die i name en ii ampsbenoemings van die departementele amptenare is wat die verhoor gelei het;
of die uitkoms van die verhoor aan die (a) publiek en (b) ander personeel by dié kantoor gekommunikeer sal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2957A
Of enige funksies benewens die bestuur van die marienekultuur nog steeds na die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oorgedra gaan word; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of (a) enige nuwe funksies oorgedra is en (b) die oordrag van sodanige funksies vanaf haar departement na Mariene- en Kusbestuur (MKB) sedert 1 Januarie 2009 begin het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede in elke geval is;
of . beleidsdokument of meningskrif deur die MKB opgestel word waarin betoog gelewer word vir die omskakeling daarvan in .agentskap; so ja, wie magtiging vir die projek gegee het; so nie, wat die posisie in dié verband is;
of die aangeleentheid op . ander wyse deur Mariene- en Kusbestuur hersien word; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; so nie, of enige entiteit buite die MKB gekontrakteer is om die beleidsdokument of meningskrif op te stel; so ja, (a) watter entiteit en (b) wat die koste van die projek is? NW2958A
of enige van die bogemelde rioolstortingsplekke . kennisgewing van voorneme ontvang het om . lasgewing te gee ingevolge artikel 53 van die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998, gebaseer op enige nie-nakoming gedurende die onderskeie oudits uitgewys; so nie, wat die posisie in dié verband is, in elke geval; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is, in elke geval;
of daar ten opsigte van elk van die gemelde rioolstortingsplekke, by die laaste oudit bewys gelewer is dat die storting van afval gedoen word volgens die riglyne deur die Waternavorsingskommissie (besonderhede verstrek) voorgeskryf; so nie, (a) waarom nie en (b) hoe dit reggestel sal word;
wat die tersaaklike statistieke rakende nakoming was? NW2959A
Of hy van mening is het dat die vlugte wat vir die tydperk van die Fifa­wêreldbekersokkertoernooi in 2010 geskeduleer is, voldoende is; so nie, (a) watter moontlike knelpunte uitgewys is, (b) watter stappe gedoen is om die knelpunte aan te pak en (c) wat die verdere tersaaklike besonderhede is? NW2960A
a Watter persentasie van toeriste wat Suid-Afrika besoek het i meer as een keer en ii meer as tien keer hierheen gereis het en b watter persentasies op die toeriste van toepassing is wat meer rande as die gemiddelde toeris bestee? NW2961A
Of enige direkteursposte sedert 1 Januarie 2009 tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is by Mariene en Kusbestuur (MKB) gevul is sonder dat die poste geadverteer is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, waarom dié poste nie geadverteer is nie;
of enige poste vir nuwe direkteurs gevul is sonder dat dit geadverteer is; so ja, (a) watter poste en (b) wat die naam van die persoon is wat in elke geval in die pos aangestel is;
of enige griewe aan die adjunkdirekteur-generaal van MKB gerig is vir die wyse waarop dié poste gevul is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
wat die (a) name en (b) betiteling van al die persone is wat op die keuringspaneel vir dié poste was? NW2962A
In die lig van die getal aansoeke ingevolge die Mineral and Petroleum Resources Development Act (MPRDA), Wet 28 van 2002, vir die verskeie lisensies en permitte soos deur die MPRDA voorsien word, (a) wat die name van die (i) maatskappye, (ii) wettige entiteite en/of (iii) individue is aan wie lisensies en/of permitte vir die tydperk 31 Oktober 2008 tot 1 November 2009 toegestaan is om bedrywighede uit te voer waarvoor . permit en/of lisensie vereis word, (b) wat die aard van die lisensies en/of permitte is wat aan bogenoemde maatskappye, wettige entiteite en/of individue ingevolge die onderskeie afdelings van die MPRDA toegestaan is en (c) op watter datum elk van die aangevraagde lisensies en/of permitte uitgereik is? NW2963A
a Wat die name van die i maatskappye, ii regsliggame en/of iii persone is aan wie lisensies en/of permitte gedurende die tydperk 31 Oktober 2008 tot 1 November 2009 afgewys is en b wat die naam van die i naaste dorp en/of stad en ii provinsie is waarin haar departement bedrywighede ontbloot het wat sonder die vereiste lisensie en/of permit plaasvind;
of waterpermitte in enige spesifieke geval van haar departement verkry is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige stappe deur haar departement gedoen is om . einde aan dié onwettige bedrywighede te bring; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW2964A
Of die Peak-steengroef in Eersterivier . Omgewingsbestuurprogramverslag (OBPV) het; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer dit goedgekeur is, (b) wanneer die steengroef vir die eerste keer met sy bedrywighede begin het, (c) in watter jaar bedrywighede na verwagting gestaak sal word, (d) hoeveel keer sedert Januarie 2008 inspekteurs van haar departement die myn besoek het en (e) wat die datum van elke besoek was;
of enige voorskrifte weens nie-navolging van sake rakende die OBPV sedert die aanvang van bedrywighede teen die myn uitgevaardig is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
wat die OBPV se bepalings aangaande steengroefoperateurs se beheer oor (a) geraas en (b) stof is? NW2965A
Hoeveel oproepe deur sy departement se Operation Re Ya Patala-blitslyn se (i) tolvrye en ii faksnommers ontvang is (besonderhede verstrek), (b) aan hoeveel van dié oproepe aandag gegee is, (c) watter bedrag aan diensverskaffers terug betaal is na aanleiding van die oproepe wat deur die blitslyn ontvang is, (d) aan hoeveel diensverskaffers nog geld geskuld word, (e) watter bedrag nog aan diensverskaffers geskuld word teen (i) een maand, (ii) drie maande en iii ses maande en f wanneer dié geld betaal sal word?NW2966A
Of die poskantoor wat in die binnestad van Johannesburg afgebrand het aan die Regering behoort; so ja, wat die oorsaak van die vuur was;
of die sekuriteitspersoneel teenwoordig was toe die vuur begin het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2967A
Wat die (a) besonderhede van elke kontrakbreuk deur . bepaalde maatskappy (naam en besonderhede verstrek) en (b)(i) redes en (ii) koste van elke kontrakbreuk behels;
of sy departement steeds enige sake met die gemelde maatskappy doen; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wat die koste van elke kontrak beloop en (b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is;
of daar enige kontrakte is waarvoor die gemelde maatskappy steeds verantwoordelik is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2968A
a Wie die lede van die oorgangs- en toesighoudingskomitee en die ses tegniese spanne was wat aangestel is om die beweging van die verdere onderwys- en opleidingsinrigtings na sy departement te monitor, b watter begroting vir hul werk toegewys is en c wat die i tydraamwerke en ii spertye vir die indien van die verslae is? NW2969A
a Hoeveel skandeermasjiene deur haar departement aangekoop is en b wat die koste van elke skandeermasjien beloop;
of enige maatreëls ingestel is om te verseker dat dié masjiene by die verskillende punte bedryf word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige van dié masjiene nie te alle tye gebruik word soos daar beplan is nie; so ja, watter stappe sy gedoen het? NW2970A
Of alle kantore van haar departement vir mense met gestremdhede toeganklik is; so nie, (a) waarom nie en (b) watter stappe gedoen is om dié probleem te herstel; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2971A
Of sy die voordele van elektroniese stemmery in die algemene verkiesings oorweeg het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NW2972A
a Hoeveel Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland gevange gehou word op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, b hoeveel van dié persone weens handel in dwelms skuldig bevind is en c in elke land van gevangehouding, hoeveel van dié wat aan dwelmhandel skuldig bevind is i mans en ii vroue is;
of die moontlikheid bestaan dat enige van hulle hul straftermyn in Suid-Afrika sal uitdien; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, hoeveel? NW2974A
In watter mate die ekonomiese venootskapsooreenkomste wat tussen die Europese Unie (EU) en sommige lidlande van die (a) Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die (b) Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) onderteken is (i) . uitwerking op streeksintegrasie in die substreek het, (ii) die verdeling van inkomste onder lidlande van Sadu raak en (iii) toekomstige diplomatieke en ekonomiese verhoudinge tussen Suid-Afrika en SAOG en/of lande van Sadu raak? NW2975A
a Hoeveel i gelisensieerde en ii ongelisensieerde jaggewere in die afgelope jaar in gewelddadige misdade gebruik is, b wat die mees gebruikte kaliber vuurwapen is wat in gewelddadige misdade gebruik is en c wat die mees gewilde oorsprong van dié vuurwapens is;
of hy die verlies aan inkomste vir die jag-en plaastoeristesektor oorweeg het weens die a inwerkingstelling van ongehoorde administratiewe rompslomp vir plaaslike en buitelandse jagters, b herlisensiëring van gewere en c inwerkingstelling van die administratiewe rompslomp vir buitelandse jagters;
of enige stappe oorweeg word om vuurwapeneienaars met gelisensieerde vuurwapens wat nagelaat het om hul vuurwapens te herlisensieer toe te laat om weer vuurwapens kragtens die nuwe Wet te lisensieer; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW2976A
a Wie die inwerkingstelling van die strafpunt-bestuurderslisensiestelsel sal bestuur, b wanneer dié stelsel amptelik in werking sal tree, c watter gedeelte van die begrote bedrag tot dusver bestee is en d wat vir die toekoms vir dié stelsel begroot word? NW2978A
Of . analise gedoen is met betrekking tot die toestand van gereedheid van die Gautrein vir die Fifa-sokkerwêreldbekertoernooi in 2010; so nie, waarom nie; so ja, wat die gevolgtrekkings is;
of alternatiewe opsies oorweeg word indien die gemelde trein nie gereed sou wees nie; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
op daar enige begrotingsimplikasies is om te verseker dat die trein vir die Fifa­sokkerwêreldbekertoernooi in 2010 gereed is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2979A
Me M R Shinn (DA) vra die Minister van Wetenskap en Tegnologie:+
Of sy voornemens is om die mediese en landbou- navorsingsrade onder die beheer van haar departement te plaas; so nie, waarom nie; so ja, of onderhandelings met die tersaaklike regeringsdepartemente . aanvang geneem het; so nie, waarom nie; so ja, a watter vordering gemaak is en b wat die verdere tersaaklike besonderhede is? NW2980A
Me M R Shinn (DA) vra die Minister van Wetenskap en Tegnologie:+
a Watter inisiatiewe deur haar departement onderneem word om die vervaardiging van entstof aan te dryf ten einde beide i menslike en ii dieresiektes te bekamp, b watter entstowwe voorkeur kry, c watter entiteit vir die vervaardiging van die entstowwe verantwoordelik is en d onder watter departementele begrotings elke geval resorteer? NW2981A
Me M R Shinn (DA) vra die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye:+
Of die moratorium op nuwe aansoeke vir die registrasie van plaagdoders ofswamdoders opgehef is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
a wat die status van die agterstand in nuwe aansoeke om registrasie is, b by watter ondersoekeenheid die agterstand plaasvind, c wat die oorsaak van die agterstand is en d watter stappe ter regstelling van die situasie gedoen word? NW2982A
Mnr M Swart (DA) vra die Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en - evaluering asook Administrasie in die Presidensie:+
Met verwysing na sy antwoord op Vraag 1425 op 20 Oktober 2009, (a) wat die name van die voormalige politieke hoofde is wat in die boekjaar 2008-09 verlofuitbetalings ontvang het en (b) wat die tersaaklike bedrae in elke geval is? NW2983A
Mev M Wenger (DA) vra die Minister vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake:+
Wat die aanvaarbare tydperk is vir . munisipale bestuurderspos om vakant te bly? NW2985A
Mev M Wenger (DA) vra die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake:+
Of daar enige redes is waarom die munisipale bestuurder van die Thaba Chweu­munisipaliteit nie kragtens die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998, die drie vakatures wat op 21 en 22 September 2009 ontstaan het, afgekondig het nie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die redes is;
Waarom, met verwysing na haar antwoorde op Vraag 1528 op 3 November 2009 en Vraag 60 op 28 September 2009, sy slegs die name van 38 myne genoem het wat sonder waterlisensies bedryf word terwyl die geraamde getal myne wat sonder waterlisensies werk 104 is;
of sy die a name en b liggings sal verskaf van die oorblywende myne wat sonder waterlisensies bedryf word en nie in antwoord op Vraag 60 genoem is nie; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2988A
Wat (a) is die (i) naam, (ii) ligging, (iii) datum van aanvang en (iv) beskrywing van elke projek wat deur . sekere raadgewende maatskappy (naam verstrek) bestuur is, b is die bedrag wat tot dusver in elke geval aan die gemelde maatskappy uitbetaal is, c is die name van die alternatiewe projekuitvoerders wat oorweeg is vir elke projek wat deur die gemelde maatskappy bestuur is om tot die finale slotsom te kom oor watter liggaam die projekte sal bestuur en d is die prosedures wat gevolg is met die seleksie van projekuitvoerders vir elk van dié projekte;
of die direkteur-generaal by die seleksieproses vir enige van dié projekte betrokke was; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2989A
a Watter loodsgebiede vir akwuakultuurprojekte geïdentifiseer is, b watter prosesse met die seleksie van dié gebiede gevolg is, c wat die totale begroting is wat tot op datum aan die Mariene Akwuakultuurprogram toegeken is en d wat die uiteensetting volgens elke loodsgebied is;
of daar . beleid is om vennote vir die loodsgebiede (a) uit te nooi, (b) te keur en (c) te selekteer; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige vennote vir enige van die loodsgebiede (a) uitgesonder, (b) uitgenooi, (c) gekeur en (d) geselekteer is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye by dié program betrokke is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2990A
Of pasiënte wat van openbare gesondheidsinstellings gebruik maak, op dieselfde voorgeskrewe minimumvoordele (VMV) geregtig is waarop private mediese pasiënte geregtig is; so nie, (a) waarom nie en (b) watter voordele nie aangebied word nie; so ja, wat die gemiddelde wagtydperk vir elke voordeel in (i) openbare en (ii) private gesondheidsinstellings is;
of enige kosteberekening gedoen is van die koste verbonde aan die voorsiening van VMVe aan openbare gesondheidsorgpasiënte; so nie, waarom nie; so ja, teen watter bykomende koste? NW2991A
Of enige studies om die skadelike effek wat alle dwelms, insluitend alkohol en tabak, op verbruikers het, onderneem is; so nie, (a) waarom nie en (b) wanneer so . studie onderneem sal word; so ja, wat die (i) bevindings van die studie en (ii) rangskikking van alle dwelms volgens die skadelike effek daarvan is;
of sy departement oorweeg om alle dwelms volgens die skadelike effek daarvan op die verbruiker te klassifiseer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2992A
Of sy stappe gedoen het of sal doen om te verseker dat (a) die SA Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SAAMS) die korrekte sosiale toelae aan die korrekte persoon toeken en (b) verkwistende uitgawes binne SAAMS uitgeskakel word; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe in elke geval;
of sy enige stappe om te verseker dat (a) bedrog hokgeslaan word en (b) geld verhaal word, ingestel het of sal instel; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW2994A
Of haar departement in enige van die vermelde provinsies van die tydelike werkverskaffingsdienste en/of arbeidsmakelaars gebruik gemaak het; so ja, (a) waarom, (b) hoeveel poste deur tydelike werkverskaffingsdienste in die boekjaar (i) 2006-07, (ii) 2007-08 en (iii) 2008-09 in elke provinsie gevul is, (c) watter persentasie van die totale personeelsterkte die tydelike werkverskaffingsdienste in elk van dié jare bygedra het en (d) hoeveel geld aan tydelike werksverskaffingsdienste in elke jaar bestee is? NW2995A
Of haar departement veiligheidsoorde of beskermingshuise aan slagoffers van gesinsgeweld, veral vroue en kinders, verskaf; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; so nie, of sy enige stappe gedoen het om sodanige veiligheidsoorde of beskermingshuise te verskaf; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW2996A
Mev P C Duncan (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
Waarom dit so lank geneem het om die Nasionale Beleidsriglyne oor die Bemagtiging van Slagoffers om ontwikkel en van stapel te stuur nadat die Program vir die Bemagtiging van Slagoffers as deel van die Nasionale Misdaads­voorkomingstrategie in 1998 begin is;
of die Program vir die Bemagtiging van Slagoffers landelike gemeenskappe doeltreffend betrek en bedien, ondanks die beperkte getal eenstopsentrums; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of daar enige departementele inisiatiewe in werking gestel is om uitgebreide dekking van die program in alle gebiede te verseker; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2997A
Of enige geld van die AgriSEB-fonds aan enige organisasie betaal is ten einde AgriSEB se databasis vir ontluikende boere te ontwikkel; so ja, (a)(i) aan watter organisasie en (ii) hoeveel uitbetaal is en (b) waarom dit noodsaaklik was om die projek te onderneem;
of die kontrak na . tenderproses toegeken is; so nie, hoe die besluit geneem is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of . geskrewe kontrak tussen haar departement en die organisasie die projek voorafgegaan het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die organisasie sy kontraktuele verpligtinge nagekom het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wanneer die projek (i) . aanvang geneem het en (ii) afgehandel is en (b) wat die uitkoms van die projek is? NW2999A
Of geld van die AgriSEB-fonds aan enige organisasie uitbetaal is om . beskouing omtrent die voerperseelindustrie te onderneem; so ja, (a)(i) aan watter organisasie en ii hoeveel uitbetaal is en b waarom die onderneming van dié projek as noodsaaklik beskou is;
of die kontrak ná . tenderproses toegeken is; so nie, hoe die besluit geneem is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of .geskrewe kontrak tussen haar departement en . organisasie aangegaan is vóór dié organisasie met die projek begin het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; en of dié organisasie sy kontraktuele verpligting nagekom het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wanneer die projek (i) . aanvang geneem het en (ii) afgehandel is en (b) wat die projek se resultaat is? NW3000A
Of geld uit die AgriSEB-fonds aan enige organisasie om . ontleding en voorspelling van landbouindustrie- en landboubemarkingsinligting te doen, uitbetaal is; so ja, (a) aan watter organisasie die geld uitbetaal is, (b) hoeveel uitbetaal is, (c) waarom dit nodig geag is om dié projek te onderneem, (d) wanneer die projek begin het, (e) wanneer dit afgehandel is en (f) wat die projek se resultaat was;
of die kontrak ná . tenderproses toegeken is; so nie, hoe die besluit geneem is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of . geskrewe kontrak tussen haar departement en die organisasie, voordat laasgenoemde met die projek begin het, aangegaan is; so nie, waarom nie; so ja,
of die organisasie al sy kontraktuele verpligtinge nagekom het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW3001A
Of die Geïntegreerde Navorsingsplan vir Elektrisiteit met langtermyn­verligtingscenario's vir Suid-Afrika in lyn gebring is; so nie, waarom nie; so ja, hoe sy tot dié gevolgtrekking gekom het;
wat die a name, b betiteling en c aanstellingsvlak van al die persone is wat opdrag ontvang het om . geïntegreerde navorsingsplan vir elektrisiteit op te stel;
of die plan deur enige groep buiten die opstellers daarvan nagegaan is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW3002A
Of enige effekte deur die paaie- of spooragentskap deur middel van . veiling ingesamel is; so nie, waarom nie; so ja, (a) waarom dit gedoen is en (b) wat (i) die waarde in elke geval was en (ii) die verdere tersaaklike besonderhede is? NW3003A
Of haar departement rekords van oorlaaide voertuie insamel, byhou en opdateer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede in dié verband in elke provinsie vir die afgelope drie jaar is;
of die statistieke van boetes en strafopleggings wat vir oorlaaide voertuie uitgereik word deur sy departement ingesamel, bygehou en opgedateer word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede in dié verband in elke provinsie vir elk van die afgelope drie jaar is? NW3004A
a Wat is die geraamde i getal kilometers van onderhoudsagterstande vir aa tolpaaie en bb nie-tolpaaie en ii bedrag wat nodig is om dié agterstande uit die weg te ruim en b watter strategiese planne sy departement ingestel het om dié agterstande uit die weg te ruim? NW3005A
Wat (a) die beraamde (i) getal kilometers spoorlyn is waar agterstande rakende instandhoudingswerk bestaan en (ii) bedrag is wat nodig is om dié agterstande uit te wis en (b) strategiese planne sy departement ingestel het om dié agterstande uit te wis? NW3006A
Of daar enige planne is om Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika se passasiersgelde te verhoog; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer en (b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is? NW3007A
Of daar sedert die aanstelling in hul poste vir die (a) President en (b) Adjunkpresident enige nuwe voertuie aangekoop is; so ja, in elke geval, (i) waarom, (ii) wat die (aa) fabrikaat en (bb) model van die voertuig was, (iii) hoeveel elke voertuig gekos het, iv watter toebehore bo die voertuig se aankoopprys ingesluit is en v wat die koste van sulke toebehore beloop het; so nie, of die (a) President en (b) Adjunkpresident enige bestaande voertuie geërf het; so ja, in elke geval, (i) wat die (aa) merk en (bb) model van elk van dié voertuie was en (ii) hoe oud elke voertuig is? NW3008A
Of (a) sy departement en (b) die SA Plaaslike Regeringsorganisasie (Sapro) by die kontrolering van die kwalifikasies van huidige ampsbekleërs van munisipaliteite betrokke is; so nie, waarom nie, in elke geval; so ja, hoe? NW3009A
OPSOMMING VAN VRAE VIR SKRIFTELIKE BEANTWOORDING NOG NIE
BEANTWOORD NIE
Mnr D A Kganare (Cope) (bl 431)--Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering- en evaluering asook Administrasie in die Presidensie.+
Me L D Mazibuko (DA) (bl 644)--Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en - evaluering asook Administrasie in die Presidensie.+
Dr L L Bosman (DA) (bl 645)--Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en - evaluering asook Administrasie in die Presidensie.+
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 840)--Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en -evaluering asook Administrasie in die Presidensie.+
Mev N W A Michael (DA) vra die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
Of haar departement vervoer aan (a) regters, (b) regters in waarnemende hoedanigheid, (c)
magistrate of (d) enige ander vermelde regsamptenare voorsien; so ja, (i) aan hoeveel amptenare in elke kategorie, (ii)(aa) aan wie dié vervoer voorsien is en (bb) wanneer, (iii) wat die fabrikaat en model van die voertuig is wat aan elke persoon voorsien is, (iv) wat die koste vir (aaa) elk van dié voertuie en (bbb) bykomstighede of toebehore beloop en (v) op watter datum elke voertuig aangeskaf is? NW2827A
Of hy of sy departement met tersaaklike aandeelhouers en departement in aanraking is om die toestand van vervalle, toegegroeide en vernielde gewilde toeriste besienswaardighede soos die plek in KwaZulu-Natal waar Nelson Mandela gevange geneem is, die Heldeakker, die Lugmagmonument en die geskiedkundige forte in Gauteng aan te pak; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat die aard van sodanige wisselwerking is en (b) wat die tersaaklike besonderhede is?
Of maatskaplike werkers vir die J aangewys is; so ja, hoeveel; so nie, J Serfontein-nywerheidskool in Queenstown of sy enige stappe doen om maatskaplike werkers by die skool aan te wys; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW2859A
Me M R Shinn (DA) vra die Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en - evaluering asook Administrasie in die Presidensie.+(Oorplasing op 13 November 2009)
a Op watter departemente en IKT-programme sy aksieprogram vir IKT-projekte in staatsdepartemente tydens die laaste vier maande van die boekjaar in die besonder gerig is, b watter sperdatums vir lewering in elke geval vasgestel is, c hoe die sperdatums met die aanvanklike sperdatums vir lewering vergelyk en d watter boetes opgelê sal word indien die sperdatums nie gehaal word nie;
of enige van die geteikende programme die jaareinde sperdatums vooruitloop; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW2863A
Hoeveel onderrigure voor die 2009-verkiesing verloor is weens onderwysers van . bepaalde vakbond (naam verstrek) wat in die aanloop tot die verkiesing . veldtog gevoer het?NW2906A
VRAE VIR MONDELINGE BEANTWOORDING WAT OORSTAAN VEILIGHEID EN SEKURITEIT GROEP 1
VRAE WAT OORGEDRA WORD VAN SKRIFTELIKE NA MONDELINGE
BEANTWOORDING IN OPDRAG VAN DIE BETROKKE LID (RE.L 117)
MAATSKAPLIKE DIENSTE Groep 2
VRAE WAT OORGEDRA WORD VAN SKRIFTELIKE NA MONDELINGE BEANTWOORDING IN OPDRAG VAN DIE BETROKKE LID (RE.L 117)
LANDSBESTUURGROEP 3
VRAE WAT OORGEDRA WORD VAN SKRIFTELIKE NA MONDELINGE BEANTWOORDING IN OPDRAG VAN DIE BETROKKE LID (RE.L 117)
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 101)--Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en -evaluering asook Administrasie in die Presidensie.+ [Skriftelike Vraag No 1199]
VRAE WAT OORGEDRA WORD VAN SKRIFTELIKE NA MONDELINGE BEANTWOORDING IN OPDRAG VAN DIE BETROKKE LID (RE.L 117)
