No 1--2009 SESDE SESSIE, DERDE PARLEMENT
NASIONALE VERGADERING
INTERNE VRAELYS#
Let Wel:
Dui vertaalde weergawe van die vraag aan.
Dui 'n vraag vir mondelinge beantwoording aan.
Dui 'n skriftelike vraag aan wat vir mondelinge beantwoording oorgeplaas is op versoek van die betrokke lid (Reël 117).
Inhoudsopgawe
President van die Republiek ... 2, 4, 6 Adjunkpresident ... 7 Minister van Arbeid... 10, 11,16, 17 Minister van Behuising ... 3, 8, 20 Minister van Binnelandse Sake ... 10, 11, 21, 22 Minister van Buitelandse Sake ... 4, 6 Minister van Finansies... 9, 10 Minister van Gesondheid... 20 Minister vir Intelligensie ... 8 Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling... 12, 13 Minister van Korrektiewe Dienste ... 6 Minister van Kuns en Kultuur ... 18 Minister vir Landbou en Grondsake... 5, 14 Minister van Maatskaplike Ontwikkeling ... 3, 4, 9 Minister van Minerale en Energie... 3, 9, 15 Minister van Omgewingsake en Toerisme... 5, 14, 15, 16, 17, 18 Minister van Onderwys ... 2, 5, 11, 18, 21
Vrydag, 6 Februarie 2009 2 Minister vir Openbare Ondernemings... 7, 8, 14 Minister van Openbare Werke ... 9, 22 Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering ... 8, 10, 11, 19, 20 Minister van Veiligheid en Sekuriteit ... 5, 6, 11, 12, 13, 17 Minister van Verdediging ... 7, 10 Minister van Vervoer... 2, 4, 18, 19 Minister van Waterwese en Bosbou... 21, 22 Minister van Wetenskap en Tegnologie... 11
VRAE VIR SKRIFTELIKE BEANTWOORDING
Of haar departement rekord hou van skoolgeld wat aan staatskole betaal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die totale bedrag is wat die afgelope twee jaar betaal is;
of haar departement oor 'n beleid beskik wat die jaarlikse verhoging in skoolgeld reguleer; so nie, waarom nie, so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1A
Of die kantoor van die President 'n onthaal vir sokkerlegendes gehou het; so ja, hoe dié legendes gekeur is;
of die Suid-Afrikaanse Sokkerfederasie (SAFA) of die Departement van Sport en Ontspanning by die keuringsproses betrokke was; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die maatstawwe vir die keuring van sokkerlegendes etniese groepe en ras in oorweging neem; so ja, wat die statistieke is ten opsigte van sokkerlegendes wat volgens ras gekeur is? NW2A
Of 'n oudit en/of ondersoek deur KPMG by die SA Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) gedoen is of gedoen word; so ja, wat die redes vir sodanige oudit en/of ondersoek is;
of die verslag van dié oudit en/of ondersoek aan die publiek beskikbaar gestel sal word; so nie, waarom nie; so ja, wanneer? NW3A
Wat (a) die tekort in elke provinsie aan (i) maatskaplike werkers en (ii) kinder- en jeugsorgwerkers is, (b) die departement doen om dié getal te verminder, (c) die bykomstige uitwerking van die tekorte in elke geval is, (d) die tekorte in Januarie 2008 was en (e) watter maatstawwe vir die toewysing van maatskaplike werkers en kinder- en jeugsorgwerkers gebruik word;
of daar spesifieke tekorte aan (a) maatskaplike werkers en (b) kinder- en jeugsorgwerkers in deur geweldgeteisterde gebiede is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in watter gebiede? NW5A
Hoeveel kinderhuise by sy departement geregistreer is en (b) waar hulle geleë is;
of sy departement (a) dit oorweeg of (b) deur enige kinderhuis genader is om die elektrisiteits- en waterrekeninge van sodanige tehuise te subsidieer of ten volle te betaal; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy departement dit oorweeg om die betrokke rolspelers ten opsigte van dié saak te betrek; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW6A
Hoeveel rehabilitasiesentrums vir dwelmmisbruik gedeeltelik of ten volle deur die Staat beheer word;
of sy departement dit oorweeg om die getal sodanige staatsrehabilitasiesentrums te vermeerder;
watter (a) provinsies en (b) munisipaliteite die hoogste aanvraag na rehabilitasiesentrums vir middelmisbruik het wat ten volle of gedeeltelik deur die Staat beheer word? NW7A
Of die Regering ter wille van besparing olie direk van olieprodusente koop en nie van handelaars nie; so nie, waarom nie? NW8A
a Hoeveel huise die Regering in die boekjaar i 2006-07, ii 2007-08 en iii 2008-09 in die Wes-Kaap gebou het, b watter koste in elk van die boekjare aan dié bouprojekte verbonde was, c hoeveel mense in dié huise gehuisves word en di wat die huidige agterstand met behuisingsvoorsiening in die Wes-Kaap is en ii die gemiddelde wagperiode vir individue is om staatsbehuising te ontvang? NW9A
a Hoeveel i slaggate sy departement in die boekjaar aa 2006-07, bb 2007-08 en cc 2008-09 herstel het op paaie wat onder sy departement se toesig val, ii motorongelukke in die boekjaar aaa 2006-07, bbb 2007-08 en ccc 2008-09 direk deur dié slaggate veroorsaak is en iii mense in dié ongelukke aa beseer en bb oorlede is en b wat sy departement se begroting vir die herstel van paaie in dié onderskeie boekjare was?
Dr C P Mulder (VF Plus) vra die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling:
a Met verwysing na haar antwoord van 21 Julie 2006 op vraag 442 en van 6 Junie 2006 op mondelinge vraag 177, watter armoedegradering of "poverty measure" die Regering as amptelike maatstaf gebruik om armoede te bepaal, b wat die totale koste verbonde was aan die proses om die armoedegradering vas te stel en c watter impak dit op haar departement se werk in verband met maatskaplike toelaes gehad het? NW11A
Dr P W A Mulder (VF Plus) vra die Minister van Buitelandse Sake:
Of die Regering steeds betaal vir die verblyf en ander koste wat met die verblyf van .sekere persoon (besonderhede verstrek) as presidensiële gas verband hou; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) tot op watter datum die Regering die koste sal dra en (b) wat die totale sodanige koste tot op hede vir hom, sy familie en gevolg beloop;
of sy en/of haar departement in enige amptelike gesprek met die regering van Haïti getree het om vas te stel of die omstandighede vir sy terugkeer gunstig is volgens die voorwaardes wat sy in haar antwoord op vraag 478 van 19 Mei 2006 gestel het; so nie, waarom nie; so ja, of daar enige vordering gemaak word;
of die Regering . keerdatum daargestel het tot wanneer die gemelde persoon as presidensiële gas gehuisves sal word; so ja, wat dié datum is; so nie, waarom nie? NW12A
Dr P W A Mulder (VF Plus) vra die President van die Republiek:
Wat die totale bedrag is wat die Regering vanaf 1 Januarie 2008 tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is in Zimbabwe en hier plaaslik ten opsigte van die bemiddelingsproses tussen die MDC en ZANU-PF bestee het;
of SADC en die Afrika-Unie enige finansiële bydrae tot die aanbied van die onderhandelingsproses gelewer het; so nie, waarom nie; so ja, wat hul onderskeie bydraes was;
van watter begroting die koste vir dié proses verhaal is? NW13A
Met verwysing na haar antwoord op vraag 1990 van 23 November 2007, hoeveel (a) Afrikaans-enkelmediumskole, (b) Afrikaans-parallelmediumskole en (c) Afrikaans­dubbelmediumskole daar aan die begin van (i) 1994 en (ii) 2009 was;
a hoeveel Afrikaans-dubbelmediumskole sedert 1994 na Engels-mediumskole verander het, b in watter provinsies die skole is en c waarom die Afrikaans­dubbelmediumskole sedert 1994 na Engels-mediumskole verander het? NW14A
Wat die totale regskoste is wat die Staat tot op datum vir 'n sekere persoon (naam verstrek) betaal het;
of hy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NW15A
Of haar departement die grondoudit waarna haar departement se 2007-08 jaarverslag verwys, voltooi het; so nie, (a) waarom nie en (b) wanneer dit na verwagting voltooi sal wees; so ja, hoeveel (i) landbougrond daar is, (ii) van die landbougrond (aa) kommersiële landbougrond is, (bb) vir bestaansboerdery gebruik word en (cc) in die besit van (aaa)(aaaa) swart eienaars, (bbbb) wit eienaars, (cccc) bruin eienaars en (dddd) Indiër eienaars is en (bbb)(aaaa) swart boere, (bbbb) wit boere, (cccc) bruin boere en (dddd) Indiërboere is, (iii) wanneer die oudit voltooi is, (iv) deur wie die oudit onderneem is, (v) watter partye betrokke by die landbou en grondsake by die opstel van die grondoudit betrek is en (vi) wat die totale koste van die oudit was;
of sy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NW16A
a Teen watter bedrag die Hoëveldpark-natuurreservaat tussen Potchefstroom en Klerksdorp aangekoop is, b in watter jaar dit aangekoop is, c watter bedrag tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is aan die natuurreservaat bestee is en d waarvoor die geld aangewend is;
of daar enige personeel vir die reservaat aangestel is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) hoeveel, (b) in watter poste hulle aangestel is en (c) watter vergoeding aan elke pos verbonde is;
of daar enige wild in die reservaat aangehou word; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter soort wild en (b) hoeveel van elke wildsoort;
of hy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NW17A
Of die Regering die aanbevelings van die Jali-kommissie aanvaar het; so nie, waarom nie; so ja, of al die aanbevelings aangaande vonnisvermindering met betrekking tot aangehoudenes wat voor die kommissie getuig het in werking gestel is; so nie, waarom nie, so ja, wanneer? NW18A
Of die Regering . verklaring deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering op Menseregtedag steun wat die afskaffing van strafbaarheid vir homoseksualiteit bepleit; so nie, waarom nie;
of haar departement die gevolge op die Regering se reputasie oorweeg het indien dié verklaring nie gesteun word nie; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die gebrek aan kapasiteit in Suid-Afrika se ambassade vir die Verenigde Nasies enige betrekking op die Regering se besluit gehad het om nie die verklaring te steun nie; so ja, (a) wat die aard van die kapasiteitsprobleem is, (b) in hoeverre Suid-Afrika se deelname aan die aanneem van ander verklarings ingeperk is en (c) watter planne ingestel is om dié probleem aan te pak? NW19A
Of, met betrekking tot die aankondiging deur die Regering in Desember 2008 van bystand aan Zimbabwe (besonderhede verstrek), die Regering sodanige bystand verleen het; so ja, (a) waarom die bystand verleen is in die afwesigheid van .werkende regering van nasionale eenheid in Zimbabwe, (b) watter regeringsamptenaar sodanige bystand gemagtig het, (c)(i) waaruit dié bystand bestaan het en (ii) wat die waarde van dié bystand in rand is en (d) aan watter owerhede of liggame in Zimbabwe dié bystand verleen is;
of enige ooreenkomste aangegaan is of besluite geneem is aangaande wie die bystand gaan ontvang; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat die tersaaklike besonderhede is en (b) hoe die Regering navolging van dié ooreenkomste of besluite moniteer?
Of . sekere persoon (naam verstrek) steeds beskerming deur die SA Polisiediens sal ontvang; so ja, (a) vir hoe lank en (b) wat die koste van sodanige beskerming per maand beloop? NW21A
a Wat sy departement se reaksie is na die onlangse aankondiging in die media deur twee maatskappye name verstrek dat die aflewering van die A400M Airbus militêre vervoervliegtuie met ongeveer drie jaar vertraag sal wees en b hoe dit sy departement en die SA Lugmag SALM sal raak;
of die SALM oor enige gebeurlikheidsplanne beskik (a) weens die laat aflewering van die A400M en (b) ingeval die kontrak gekanselleer word; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
wat die totale bedrag is wat tot dusver aan die projek bestee is? NW23A
In die lig van die onlangse aankondiging in die media deur twee maatskappye (name verstrek) rakende die vertraging van ongeveer drie jaar met die lewering van die A400M Airbus militêre vragvliegtuie, wat die uitwerking op Denel en die SA Verdedigingsverwante Nywerheid (SADRI) ten opsigte van (a) die voorgenome vervaardiging van onderdele vir die vliegtuie en (b) die voorsienbare finansiële gevolge gaan wees? NW24A
Of sy departement . kontrak met . private huurmaatskappy en/of enige ander maatskappy aangegaan het om . vliegtuig en/of vliegtuie te huur vir die uitvoer van ontplooiings vir vredebewaring en/of vredeshandhawing; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die (a) besonderhede van (i) die kontrak en/of kontrakte en (ii) die maatskappy is met wie die kontrak of kontrakte aangegaan is, (b) koste van die individuele kontrak of kontakte beloop en (c) onderskeie tydperke is waarvoor die kontrak of kontrakte aangegaan is;
of sy departement die tydperk van bogenoemde kontrak of kontrakte gaan verleng nadat elke kontrak of kontrak verval het; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die departement . alternatief en meer lonende reëling gaan bedink om dié funksie uit te voer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW25A
Of die Presidensie enige koerant- of radio-advertensises oor die veldtog vir morele herlewing geplaas het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a)(i) in watter koerante en (ii) met watter radiostasies en (b) wat die (i) totale koste en (ii) doel van die advertensies was;
of enige terugvoer as gevolg van dié advertensies van die publiek ontvang is; so ja, (a) watter terugvoer en (b) watter stappe haar kantoor as gevolg van die terugvoer gedoen het? NW26A
Of die huidige hoof van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) en sy voorgangers sekuriteitsklaring ondergaan het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of alle personeel in diens van die Departement van Intelligensie en Sekuriteit (DIS) .sekuriteitsklaring gedoen het toe hulle by die NIA ingeskakel is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW27A
Dr S M van Dyk (DA) vra die Minister vir Openbare Ondernemings:+
a Hoeveel lede van die Suid-Afrikaanse Lugdiens-kajuitpersoneel gedurende die afgelope vyf jaar tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is i in hegtenis geneem, ii aangekla is van en iii geskors is vir vermeende dwelmhandel en b wat die tersaaklike besonderhede in elke geval is? NW28A
Hoeveel van die land se 281 munisipaliteite (a) gratis basiese elektrisiteit aan huishoudings voorsien en (b) nog steeds versuim om gratis basiese elektisiteit aan huishoudings in hul regsgebied te voorsien;
wat die redes is dat dié munisipaliteite nie in staat is om elektisiteit aan huishoudings te voorsien nie? NW31A
Wat die totale bedrag is wat in 2008 ten opsigte van die Munisipale Infrastruktuur Toekenning (MIG) aan munisipaliteite (a) toegewys is en (b)(i) bestee en (ii) nie bestee is nie? NW32A
Of munisipaliteite toegelaat word om onthale aan die einde van die jaar te hou; so nie, waarom nie; so ja, of enige raadsbesluite vir dié onthale goedgekeur is; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter munisipaliteite sodanige besluite goedgekeur het, (b) wat die besonderhede is van elke besluit wat goedgekeur is, (c) watter munisipaliteite onthale aan die einde van die jaar gehou het en (d) hoeveel elke munisipaliteit aan sy onthaal aan die einde van die jaar bestee het? NW34A
Of haar departement . sekere televisieprogram (naam en besonderhede verstrek) gemagtig het; so nie, wie die program gemagtig het; so ja, (a) wat die doel met die magtiging van die program is, (b) hoeveel (i) elke televisiekanaal betaal is om die reeks uit te saai en (ii)(aa) daarvoor begroot is en (bb) aan die program bestee is, (c) uit watter begroting die bedrag toegeken is en (d) wat die uitsaaitermyn vir die program is? NW35A
Of enige vordering gemaak is om uitvoering te gee aan die aanbevelings soos uiteengesit in die parlementêre verslag wat op 12 September 2006 (besonderhede verstrek) deur die Portefeuljekomitee oor Openbare Werke ter tafel gelê is; so nie, (a) waarom nie en (b) wanneer stappe gedoen sal word om dié aanbevelings ten uitvoer te bring; so ja, (i) watter (aa) maatskappye genader is om met die projekte te help, (bb) plaaslike maatskappye betrokke is en (cc) departemente lede het wat op die komitee dien en (ii) wat die geraamde koste van die program is? NW36A
Of, in die lig van die aankondiging deur 'n sekere maatskappy (naam verstrek) dat die myn dit oorweeg om sy werksaamhede in Boksburg te staak, haar departement enige stappe gedoen het om te verseker dat die rehabilitasie van die mynhope, spoorlyn en ander terreine wat operasioneel is (a) voldoende befonds is, (b) aan die gang is en (c) dat dit voortgesit sal word totdat dit afgehandel is; so nie, waarom nie, in elke geval; so ja, wat die tersaaklike besonderhede in elke geval is? NW37A
Of die riglyne om ongeskiktheid ten opsigte van ongeskiktheidstoelaes te bepaal in die afgelope twaalf maande verander het; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer dit verander het, b wat die veranderinge is en c op watter wyse die betrokke assessore ingelig is? NW38A
Of sy departement enige ondersoek ingestel het oor 'n geval van bedrog oor ongeskiktheidstoelae teen 'n sekere persoon (besonderhede verstrek); so ja, (a) wat die bevindings van sodanige ondersoek was; (b) wanneer dit beskikbaar sal wees, (c) watter pogings aangewend word om enige geld te verhaal wat as gevolg van bedrog uitbetaal is en (d) wanneer kriminele klagtes ingedien sal word; so nie, of hy sodanige ondersoek oorweeg; so nie, waarom nie; so ja, wanneer? NW39A
Watter makroekonomiese veranderlikes die belastingbeleid in die lig van die heersende ekonomiese vooruitsig beïnvloed;
of die behoeftes van enige bepaalde sektor van die ekonomie voorrang geniet; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige stappe gedoen sal word om die belastingbestel te rasionaliseer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die voorspelling van inkomste uit belasting aangepas is; so nie, waarom nie; so ja, hoe? NW40A
Watter vordering gemaak is om die noukeurigheid van die Sensus 2011-telling te verseker;
of enige spesifieke stappe gedoen sal word om die noukeurigheid van die tellery in informele nedersettings te verseker; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW41A
Met betrekking tot die inwerkingstelling van die Tweede Wysigingswet op Pensioenfondse, Wet 39 van 2001, hoeveel surplustoedelingskemas (a) goedgekeur en (b) steeds uitstaande is;
of enige spesifieke stappe gedoen word om dié fondse waarvan die skemas nie voorgelê is nie, verantwoordelik te hou; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW42A
a Wat die totale koste is van die advertensie wat op Maandag 26 Januarie 2008 deur sy departement in . sekere nuusblad naam verstrek geplaas is en b wat die doel met die plasing van die advertensie was? NW45A
Of enige van die streekkantore probleme ondervind met die verspreiding van identiteitsdokumente wat nie afgehaal is nie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, ten opsigte van elke streekkantoor, (a) hoeveel steeds nie afgehaal is nie, (b) hoe lank reeds dit nie afgehaal is nie en (c) watter stappe gedoen is of gedoen sal word om te verseker dat aansoekers hul identiteitsdokumente ontvang? NW48A
Of . sekere maatskappy (naam verstrek) . subkontrakteur vir die kontrak van die frigat/korvet-konsortium was; so ja, of, met betrekking tot die eerste twee skepe wat afgelewer is, die werk van die gemelde maatskappy dienooreenkomstig met die spesifikasies van die vermelde subkontrak geouditeer en as bevredigend aanvaar is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede van die oudit en dié uitkoms is;
of enige boetes opgelê is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige regstellende stappe gedoen is; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW49A
Mnr S E Opperman (DA) vra die Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering:+
Of enige munisipaliteite teen 31 Desember 2008 nie gekonsolideerde finansiële state ingedien het nie; so ja, (a) hoeveel, (b) watter munisipaliteite en (c) wat hul finansiële prestasie in die boekjaar 2006-07 was? NW51A
Mnr S E Opperman (DA) vra die Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering:+
Of daar enige munisipaliteite is wat tans met agterstande te kampe het ten opsigte van die (a) voorsiening van drinkbare water, (b) uitwissing van die emmerstelsel en (c) elektrifisering van huishoudings in gemeenskappe wat onder hulle ressorteer; so ja, (i) watter munisipaliteite, (ii) wat die agterstand in elke geval is en (iii) wanneer sy departement beplan om die bestaande agterstande in te haal? NW52A
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister van Onderwys:+
Hoeveel (a) wit, (b) gekleurde, (c) Indiër- en (d) swart leerders in 2008 in elke provinsie (i) hulle matriekeksamen geslaag het en (ii) matriekvrystelling gekry het? NW54A
Me A M Dreyer (DA) vra die Minister van Wetenskap en Tegnologie:+
Of die Nasionale Navorsingstigting (NNS) die stand van die universiteitsrekenings van studente wat vir meesters- en doktorsgrade geregistreer is, moniteer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW55A
Of daar (a) 'n gedragskode is wat die optrede van amptenare tydens besoeke aan sakeondernemings (besonderhede verstrek) bepaal en (b) 'n stel reëls aangaande die uitreiking van waarskuwings en boetes is; so nie, waarom nie; so ja, of hy in elke geval vir me A M Dreyer, LP, van 'n afskrif sal voorsien; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW56A
Of haar departement oor enige inligting beskik rakende hoeveel Suid-Afrikaners tans oorsee (a)(i) werk of (ii) woon; so nie, waarom nie; so ja, hoeveel, in elke geval en (b) wat die ontleding volgens land is van Suid-Afrikaners wat oorsee werk of woon? NW57A
Of enige kriminele aanklagte teen . bepaalde Divisie-kommissaris vir Beskermings­en Sekerheidsdienste ingedien is met betrekking tot sy beweerde betrokkenheid by .motorongeluk (naam en besonderhede verstrek); so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die vermelde kommissaris met enige interne tugverhore te kampe het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die uitslag van die vermelde kommissaris se bloedalkoholtoets beskikbaar is; so nie, (a) waarom nie en (b) wanneer die uitslag beskikbaar gaan wees; so ja, wat die uitslag was;
om watter rede die vermelde kommissaris nie geskors is tot die uitslag van die ondersoek nie;
of enige vordering met betrekking tot dié geval gemaak is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW59A
Of daar enige beperkings op . beampte van die BBP-beskermingseenheid se regte is om (a) die wettige spoedbeperking te oorskry en (b) waarskuwingsligte en/of sirenes te gebruik; so nie, waarom nie; (i) so ja, (i) wat die tersaaklike besonderhede is en (ii) watter maatstawwe beskikbaar is om te bepaal of beamptes in bepaalde gevalle wettig of onwettig die spoedbeperking oorskry het en/of waarskuwingsligte en sirenes gebruik het? NW60A
Of, met verwysing na . sekere voorval (besonderhede verstrek), enige offisiere van die BBP-eenheid as gevolg van die voorval ondersoek word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
a waarom videobeeldmateriaal van die voorval deur die offisiere in beslag geneem is en b volgens watter regsbepaling die offisiere opgetree het toe die beeldmateriaal in beslag geneem is;
of met enige van die beeldmateriaal gepeuter is of dit verander is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, volgens watter regsbepaling? NW61A
Met verwysing na die beskerming wat deur die BBP-beskermingseenheid verskaf word, (a) hoeveel in die afgelope vyf jare tot en met die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is per provinsie aan die verskaffing van beskerming bestee is, (b) wat die aantal voertuie bepaal tot . BBP-konvooi toegewys word, (c) hoeveel elke jaar aan dié voertuie bestee is en (d) hoeveel geloofbare inligting oor die afgelope jare ontvang is dat sommige beskermde persone wel bedreigings van . ernstige aard die hoof moes bied om betekenisvolle beskerming te regverdig?
Wat die totale bedrag is wat die Staat tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is ten opsigte van . sekere persoon (naam verstrek) se regskoste betaal het;
of dié persoon . verbintenis aangegaan het om die regskoste terug te betaal; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, onder watter omstandighede die koste terugbetaal sal word? NW63A
Dr J T Delport (DA) vra die Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
Wat die vakaturesyfer vir personeel in die Direktoraat van Spesiale Operasies (DSO) in elke (a) salaris- en (b) beroepsvlak was ten tyde van die eenheid se integrasie by die SA Polisiediens;
of daar 'n toename in die getal bedankings van personeel uit die DSO was sedert die bekendmaking dat die eenheid teen Junie 2008 ontbind sal word; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of daar enige planne ingestel is betreffende die staatsaanklaers en forensiese ondersoekbeamptes wat deel van die DSO was maar wat nie ná die ontbinding van die DSO na die SAPD oorgeplaas is nie; so nie, waarom nie; so ja, watter planne?
Dr J T Delport (DA) vra die Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:+
Of sy departement van private sekuriteitsmaatskappye gebruik maak; so ja, hoeveel geld in 2008 op sodanige maatskappye bestee is;
of dié maatskappye op . kontraktuele grondslag gebruik word; so ja, (a) hoeveel kontrakte sy departement in 2008 in dié verband toegeken het, (b) met watter maatskappye dié kontrakte onderteken is, (c) vir watter doel elke kontrak onderteken is en (d) wat die waarde van elke kontrak was;
of daar . behoefte in sy departement bestaan om van . private sekuriteitsmaatskappy in plaas van staatssekuriteit gebruik te maak; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW66A
In elke provinsie, ten opsigte van elk van die afgelope drie jare tot en met die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is (a)(i) hoeveel en (ii) watter soort vuurwapens (aa) gesteel of (bb) afgeneem is, (cc) verloor en/of verlê is deur lede van die SA Polisiediens en (b) hoeveel van dié vuurwapens teruggevind is;
hoeveel (a) SAPD-lede wat vanweë aftrede of om enige ander rede die diens verlaat het, nog nie sedert 30 April 2006 tot en met die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is hul amptelike vuurwapen teruggegee het nie en (b) vuurwapens die munisipaliteite in elke provinsie tans besit;
of munisipaliteite (a) enige vuurwapens vir vernietiging aan die SAPD ingehandig het en (b) vuurwapens as verlore en/of gesteel aan die SAPD gerapporteer het; so ja, (i) watter munisipaliteite en (ii) hoeveel vuurwapens in elke geval ingehandig is;
of die SAPD enige inspeksie oudit uitgevoer het; so nie, waarom nie; so ja, wat die bevindings van elke oudit was? NW67A
Met betrekking tot (a) regskoste en ander verwante koste en (b) werklike eise wat direk aan eisers betaal is, hoeveel geld die SA Polisiediens gedurende die tydperk 1 Januarie 2008 tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is in gedingvoering in elke provinsie betaal het;
of (a) die verslag tans behoorlik hersien is en (b) enige van dié aanbevelings uitgevoer is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW68A
Dr S M van Dyk (DA) vra die Minister vir Landbou en Grondsake:
Of, met betrekking tot . sekere grondeis (besonderhede verstrek) en met verwysing na haar antwoord op vraag 1751 op 2 Desember 2008, die eis deur die eiser en/of die Staat teruggetrek of herroep gaan word; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer dit sal gebeur, (b) watter prosedures die Staat gaan volg om die eis amptelik te herroep en (c) wanneer dit in die Staatskoerant aangekondig sal word;
of die Staat steeds van voorneme is om die plaas te koop; so ja, wanneer; so nie, of die eienaar dus die plaas in die ope mark kan verkoop; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) watter magtigingsdokument(e) die Staat aan die eienaar sal voorsien en (b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is? NW69A
Dr S M van Dyk (DA) vra die Minister vir Openbare Ondernemings:
Of hy . aktuaris sal aanstel om die skuldbrief-ruiltransaksie (besonderhede verstrek) van 31 Maart 2001 tussen Transnet en die Transnet-pensioenfonds te ondersoek om vas te stel met hoeveel die fonds se bates en inkomste tot en met Januarie 2006 benadeel is; so nie, waarom nie; so ja, wanneer;
a waarom Transnet se Tweede Vastevoordeelfonds TTVVF nie ingevolge die Wet op Pensioenfondse, Wet 24 van 1956, geregistreer is nie, b waarom die Raad van Trustees nie die reëls van die fonds verander het soos op 30 Mei 2003 onderneem is nie, c waarom die verklaring op 21 Julie 2004 in die Parlement dat die TTVVF se pensioenverhoging volgens 70% van die VPIX bereken sou word nie in werking gestel is nie en d wat die opbrengs van die verkoop van die MTN-aandele in 2006 was;
of die totale opbrengs van die verkoop van die MTN-aandele in 2006 in die TTVVF
inbetaal is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW70A
Me H Weber (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
Of die mediese afvalverbrandingsoond wat deur 'n sekere maatskappy (naam verstrek) bedryf word na aanleiding van 'n omgewingsimpakstudie oor 'n omgewingsmagtiging beskik; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige artikel 20-permit kragtens die Wet op Omgewingsbewaring, Wet 73 van 1989, aan dié perseel toegestaan is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of 'n permit kragtens die Wet op Voorkoming van Lugbesoedeling, Wet 45 van 1965, aan dié perseel toegestaan is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaaklike besonderhede is? NW71A
Mnr M Swart (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
Of sy departement enigsins bekommerd is oor die voorgestelde Vele Steenkool­mynprojek wat grens aan die Limpopo Shashe-Oorgrensbewaringsgebied; so nie, hoe daar tot dié gevolgtrekking gekom is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy departement aan die omgewingsprosesse deelgeneem het wat met die moontlike toekenning van mynregte by dié plek verband hou; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW72A
Mnr M Swart (DA) vra die Minister van Minerale en Energie:+
Wat die huidige stand van sake is betreffende die Vele Steenkoolmynprojek wat aan die Limpopo Shashe - Oorgrensbewaringsgebied grens;
of die Departement van Omgewingsake en Toerisme oor dié voorgestelde projek geraadpleeg is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW73A
Mnr I F Julies (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
Of daar, sedert die sluiting van die perlemoenvisbedryf op 1 Februarie 2008, 'n verslag ten opsigte van die stand van die bron deur die wetenskaplike werkgroep wat navorsing doen oor perlemoen uitgereik is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
a wanneer hy sy vorige besluit om die perlemoenvisbedryf te sluit, sal hersien en b watter bewyse hy sal oorweeg ten einde tot 'n gevolgtrekking te kom? NW74A
Me H Weber (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
Of, met verwysing na die feit dat die navorsingsvaartuig "RV Polarstern" vanaf Kaapstad na die suidelike oseaan vertrek het, sy departement .beleidsbesluit geneem het oor die mariene bemestingseksperiment wat die bemanning van dié vaartuig voornemens is om uit te voer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of dié eksperiment in stryd is met die Konferensie van die Partye (COP) Nommer 9 van die Konvensie oor Biologiese Diversiteit, waarvan Suid-Afrika . ondertekenaar is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy departement finansieël mariene bemestingseksperimente bygedra het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW76A
Me H Weber (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
Wat (a) die name van alle (i) provinsiale parke en (ii) private reservate is wat aan nasionale parke grens en (b) die naam van die nasionale park is waaraan hulle in elke geval grens;
of jag toegelaat word in enige van dié (a) provinsiale parke en (b) private reservate waar daar geen grensheining tussen dié gebiede en die nasionale park is nie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in watter (i) provinsiale parke en/of (ii) private reservate? NW77A
Of daar in 2009 enige stappe gedoen sal word om olifante in parke wat deur Sanparke bestuur word, uit te dun; so nie, hoe daar tot dié gevolgtrekking gekom is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy departement tot dusver enige planne ten opsigte van die bestuur van olifante van provinsiale owerhede ontvang het; so nie, waarom nie; so ja, watter owerhede planne voorgelê het;
of enige van die planne ten opsigte van die bestuur van olifante wat tot dusver van provinsiale owerhede ontvang is die uitdunning van olifante ingesluit het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW78A
a wat die motivering was dat die toelae aan die TMDM uitbetaal is en nie aan ander munisipaliteite nie, b hoe groot die toelae was, c wat die verwagte resultate is en d wie die diensverskaffer is?NW79A
Of die prestasiebestuur van die Toerisme, Gasvryheid en Sport Onderwys-en Opleidingsowerheid (Theta) aan sy departement se telkaart-proses gekoppel is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
met verwysing na die aanwysers in die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NSDS) in die 2007-08-jaarverslag van Theta, (a) watter aanwysers minder as 100% behaal het wanneer prestasie teenoor teikens gemeet word en (b) wat die rede is waarom sommige aanwysers geen persentasie toon nie;
a wat die bedrag is van die jongste twee bonusse wat aan die hoof- uitvoerende beampte van Theta betaal is en b op watter datums dit betaal is? NW80A
Mnr A H Nel (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
a Wat die totale bedrag beloop het wat deur die onlangse eenmalige verkoop van olifantivoor ingesamel is, b watter entiteit dié geld ontvang het en c hoe die geld wat van die verkope ingesamel is, toegewys sal word;
of die toewysing openbaar gemaak sal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of enige geld uit dié verkope aan die immuun-voorbehoedingsprogramme vir olifante toegewys sal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of sy departement tans enige immuun-voorbehoedingsplanne vir olifante steun; so nie, waarom nie; so ja, watter planne? NW81A
Watter totale bedrag toegewys is aan projekte wat deur die kamer aangevoor is vir die boekjare (a) 2006-07, (b) 2007-08 en (c) 2008-09 ten opsigte van elk van die kamers wat onder die Toerisme, Gasvryheid en Sport Onderwys-en Opleidingsowerheid (Theta) ressorteer;
a watter totale getal projekte deur die diskresionêre fonds van bogenoemde owerheid gefinansier is vir die boekjare aa 2006-07 en bb 2007-08 en ii gedurende die huidige boekjaar tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, b wat die aard van elke sodanige projek was en c wie die diensverskaffer in elke geval was? NW82A
Hoeveel dossiere gedurende die tydperk 1 April 2008 tot en met die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, in elke provinsie verlore gegaan het of gesteel is;
of enige van dié verhore op enige vorm van dissiplinere optrede uitgeloop het; so nie, waarom nie; so ja, (a) hoeveel, (b) wat die besonderhede van elke optrede was en (c) waaruit dit bestaan het? NW83A
Mnr I F Julies (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
Of daar georganiseerde werkswyses is waarvolgens Mariene en Kusbestuur met nywerheidsverenigings in die verskillende visserysektore in aanraking kom; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW84A
Mnr I F Julies (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
a Wat die huidige stand van die beleid oor die oordrag van visvangregte is, b waarom dit so lank geneem het om dié beleid af te handel en c wanneer die beleid na verwagting afgehandel sal wees? NW85A
Mnr C M Lowe (DA) vra die Minister van Omgewingsake en Toerisme:+
a Wanneer die prestasiehersieningsproses vir langtermyn houers van visvangregte in die onderskeie visbedrywe 'n aanvang sal neem, b wanneer dit na verwagting afgehandel sal word en c wat die redes vir die vertraging in dié proses is;
a wat die naam van die maatskappy is wat die tender gewen het om dié proses uit te voer en b wat die waarde van dié proses is;
of die Adjunkdirekteur-generaal van Mariene en Kusbestuur by die toekenning van dié
tender betrokke was; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW86A
Of sy departement by die ondersteuning van . sekere natuurreservaat (besonderhede verstrek) betrokke is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
wie die bestuursowerhede van dié reservaat is;
of dié reservaat onder die beskerming van die Ramsar-konvensie oor Vleilande val; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW87A
Of sy beoog om . kommissie van ondersoek aan te stel om die matriekeksamens van 2008 te ondersoek ten opsigte van die (a) vertraging met die bekendmaking van die matriekuitslae, b verlore eksamenuitslae en c bewerings dat dié uitslae verhoog is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW88A
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister van Kuns en Kultuur:+
Of hy die bevindings van die forensiese oudit na die Robbeneiland-museum wat in 2008 gedoen is, bekend sal maak; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW89A
Of die SA Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) enige van die ondersoeke na die stortvloed vliegtuigongelukke wat oor 'n tydperk in 2008 voorgekom het en waarin meer as 30 persone gesterf het, voltooi het; so nie, wanneer ondersoeke na verwagting afgehandel sal word; so ja, (a) hoeveel ondersoeke tot op hede voltooi is en (b) wat die oorsake van dié ongelukke was;
of die bevindinge van dié ondersoeke (a) in die Parlement ter tafel gelê en (b) aan die publiek bekend gemaak sal word; so nie, waarom nie; so ja, wanneer? NW90A
Of tenders vir die aankoop van passasiers- en toerbusse vir die volgende drie jaar tot 2011 ooreenkomstig die goedgekeurde kapitaalbegrotingsplan van die SA Spoorpendelkorporasie (SASPK) uitgestuur is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a)(i) aan wie en (ii) vir hoeveel (aa) toerbusse en (bb) sleepwaens die tenders toegeken is en (b) wat die waarde van elke tender was;
of enige plaaslike busvervaardigers vir óf produksie óf montering oorweeg is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW91A
a Watter prosesse gevolg word wanneer . kredietkaarttipe rybewys hernu en die ou rybewys aan die lisensiëringsowerheid oorhandig word, b hoe lank die ou rybewys behou word voor dit vernietig word en c watter maatreëls ingestel is om die beveiliging van dié ou rybewyse te verseker;
of daar enige diefstal van dié ou rybewyse plaasgevind het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) waar en (b) hoeveel rybewyse in elke geval gesteel is? NW92A
Of Metrorail enige spesiale treine of spoorwaens uitsluitlik vir die gebruik van toeriste of plaaslike besoekers op die Kaapstad-Simonstad roete tersyde gestel het (a) gedurende die hoogtepunt van die toeristeseisoen en (b) vir die Fifa­sokkerwêreldbekertoernooi in 2010; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of, in die lig van die roete se natuurskoon, aandag aan die vensters, sigbaarheid, oopmaak en sitplekstruktuur om die gebruik van kameras en video-opnemers te vergemaklik, gegee is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of spesiale beveiliging vir dié diens verskaf sal word, soos inspekteurs en spoorwegpolisieoffisiere om tariefontduikers, misdadige optrede en algemene bandelose gedrag van passasiers wat toegang tot dié treine sou kon verkry te voorkom; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW93A
a Wanneer 'n tender sekere besonderhede verstrek rakende die bestuur van veldtogte, bemarking en b kommunikasiebedrywighede vir Vervoermaand in Oktober in die Staats­tenderbulletin geadverteer is, hoeveel aansoeke vir die tender ontvang is, c wie die aansoekers was, d wat die waarde van elk van die tenders was, e wie die suksesvolle aansoeker was en f vir watter tydperk die tender toegeken is? NW94A
Of hy enige stappe gedoen het teen munisipaliteite wat nie daarin geslaag het om teen die sperdatum emmertoilette finaal uit te faseer nie; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter stappe en (b) teen watter munisipaliteite? NW96A
Of sy departement enige stappe gedoen het om te verseker dat munisipaliteite in hoë risiko provinsies gereeld watertoevoer vir cholera-besmetting toets; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter stappe, (b) watter munisipaliteite hul water getoets het en (c) hoe gereeld hulle dit gedoen het;
of enige munispaliteite enige bewyse van cholera in hul watertoevoer gevind het; so ja, a watter munisipaliteite, b wanneer die cholera-besmetting eers ontdek is en c watter stappe in dié verband gedoen is? NW97A
Hoeveel dokters wat in die buiteland gekwalifiseer het in elk van die afgelope vyf jaar tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is in (a) staatshospitale en (b) staatsklinieke aangestel is? NW98A
a Wat die naam van die hoof- uitvoerende beampis wat in diens geneem is om alle bepaalde openbare hospitale in KwaZulu-Natal te bestuur, b wanneer hy/sy in diens geneem is, c wat sy/haar kwalifikasies is en d wat sy/haar vorige i posisie en ii salaris is tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is;
of hy/sy op enige stadium . prestasiebonus gedurende sy/haar tydperk in dié posisie ontvang het; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW99A
Of haar departement gedurende die tydperk 1 Januarie 2008 tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is .advertensie geplaas het (a) in koerante, (b) in tydskrifte, (c) op die radio en (d) op die televisie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in elke geval, (i) in watter (aa) koerante en (bb) tydskrifte, (ii) op watter (aa) radiostasies en (bb) televisiekanale dit verskyn het en (iii) wat die (aa) koste beloop het en (bb) doel van die plasing van die advertensie was;
of reklame deur haar departement beperk is of beperk gaan word vanaf die dag waarop die verkiesing aangekondig word tot die dag waarop die uitslae van die verkiesing bepaal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW100A
Of haar departement gedurende die tydperk 1 Januarie 2008 tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is .advertensie geplaas het (a) in koerante, (b) in tydskrifte, (c) op die radio en (d) op die televisie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in elke geval, (i) in watter (aa) koerante en (bb) tydskrifte, (ii) op watter (aa) radiostasies en (bb) televisiekanale dit verskyn het en (iii) wat die (aa) koste beloop het en (bb) doel van die plasing van die advertensie was;
of reklame van haar departement opgeskort is of opgeskort sal word van die dag waarop die verkiesing aangekondig is tot wanneer die uitslae van die verkiesing vasgestel is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
Of sy departement gedurende die tydperk 1 Januarie 2008 tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is .advertensie geplaas het (a) in koerante, (b) in tydskrifte, (c) op die radio en (d) op die televisie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in elke geval, (i) in watter (aa) koerante en (bb) tydskrifte, (ii) op watter (aa) radiostasies en (bb) televisiekanale dit verskyn het en (iii) wat die (aa) koste beloop het en (bb) doel van die plasing van die advertensie was;
of advertering van sy departement ingekort is of ingekort sal word vanaf die dag waarop die verkiesing afgekondig word tot die dag waarop die verkiesingsuitslae bepaal is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW102A
Of haar departement gedurende die tydperk 1 Januarie 2008 tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is .advertensie geplaas het (a) in koerante, (b) in tydskrifte, (c) op die radio en (d) op die televisie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in elke geval, (i) in watter (aa) koerante en (bb) tydskrifte, (ii) op watter (aa) radiostasies en (bb) televisiekanale dit verskyn het en (iii) wat die (aa) koste beloop het en (bb) doel van die plasing van die advertensie was;
of reklame deur haar departement beperk is of beperk gaan word vanaf die dag waarop die verkiesing aangekondig word tot die dag waarop die uitslae van die verkiesing bepaal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW103A
Me D van der Walt (DA) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
Of haar departement gedurende die tydperk 1 Januarie 2008 tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is .advertensie geplaas het (a) in koerante, (b) in tydskrifte, (c) op die radio en (d) op die televisie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in elke geval, (i) in watter (aa) koerante en (bb) tydskrifte, (ii) op watter (aa) radiostasies en (bb) televisiekanale dit verskyn het en (iii) wat die (aa) koste beloop het en (bb) doel van die plasing van die advertensie was;
of advertering van haar departement ingekort is of ingekort sal word vanaf die dag waarop die verkiesing afgekondig word tot die dag waarop die verkiesingsuitslae bepaal is; so nie , waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW104A
Of haar departement gedurende die tydperk 1 Januarie 2008 tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is .advertensie geplaas het (a) in koerante, (b) in tydskrifte, (c) op die radio en (d) op die televisie; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in elke geval, (i) in watter (aa) koerante en (bb) tydskrifte, (ii) op watter (aa) radiostasies en (bb) televisiekanale dit verskyn het en (iii) wat die (aa) koste beloop het en (bb) doel van die plasing van die advertensie was;
of advertensies deur haar departement ingekort is of ingekort sal word vanaf die dag waarop die verkiesing afgekondig tot die dag waarop die verkiesingingsuitslae bekend gemaak word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW105A
Of die Verkiesingskommissie onlangs sy webwerf opgegradeer het om dit versoenbaar te maak; so ja, (a) watter bedrag oorspronklik vir dié doel begroot is, (b) watter bedrag in werklikheid bestee is en (c)(i) van wie tenderaansoeke ontvang is om die werk te doen, (ii) wat die bedrag van elk van die tenders was, (iii) aan wie is die tender uiteindelik toegeken is en (iv) wat die hoofoorwegings was waarvolgens die kontrak uiteindelik toegeken is?
Watter stappe sy departement by Marievale Village in Springs, Gauteng, doen om te verseker dat (a) verdere agteruitgang van die geboue en infrastruktuur voorkom word, b huurgeld van alle inwoners ingevorder word, c instandhouding van die huise nie aan die inwoners oorgelaat word nie en d instandhouding van die paaie, kragtoevoer, water en sanitêre stelsels ooreenkomstig 'n vasgestelde program gedoen word;
wat tans die omstandighede in alle ander militêre, voormalige militêre en ander dorpies in staatsbesit is? NW107A
Of tenders vir die vervanging van die huidige identiteitsdokument met die Home Affairs National Identification System (Hanis) geadverteer is; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer, (b) in watter publikasies die advertensies geplaas is, (c) wat die sluitingsdatum is, (d) wat die verwagte koste gedurende die aanwendingsperiode sal wees en (e) hoe lank dit na verwagting sal neem om alle bestaande identiteitsdokumente te vervang;
of die proses volgens voorgeskrewe prosedure geskied het en so sal voortgaan; so nie, a waarom nie en b wat die tersaaklike besonderhede in verband met enige afwykings was; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of haar departement, voordat die tenders aangevra is, enige belanghebbende partye genader het of deur hulle genader is; so ja, wat die (a) rede vir sulke toenaderings was, b aard van sulke besprekings was, c met watter maatskappye die besprekings gevoer is, d waar die maatskappy in elke geval geregistreer is en e wat die BEE­komponent is? NW108A
Wat haar departement in die Bosbokrand-gebied gedoen het, met die uitsondering van die
Of die probleem van cholera in Limpopo en Mpumalanga met die gehalte van drinkwater verband hou; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW110A
