Gehalte onderwys in die klaskamer
Die Gautengse Provinsiale Regering het hom verbind tot die bevordering van gehalte-onderwys en om vaardighede te lewer. Om dit te doen moet ons seker maak dat elke leerder goed doen en ons instellings verlaat met die nodige kennis, vaardighede en kwalifikasies wat hul die beste kans van sukses in hul volwasse lewens kan gee.
Vanaf Januarie 2010 sal die regering begin om al die onderwysers in graad 1 - 3 met die standaard lesplanne vir geletterdheid en gesyferdheid te voorsien. Later in die jaar sal leerders in hierdie grade werkboeke kry om hul te help met geletterdheid en gesyferdheid.
Dit is die begin van 'n nuwe ondersteuningsprogram vir primêre skole wat daarop gemik is om seker te maak alle kinders slaag wiskunde en Engels teen die tyd dat hulle graad 7 verlaat. Om skoolhoofde, onderwysers en ouers te help om te weet hoe goed hul leerders vaar, sal alle kinders jaarliks getoets word in geletterdheid en gesyferdheid in graad 3 en graad 6.
Hierdie toetse sal ook die Departement van Onderwys, skoolhoofde en die skoolbeheerliggaam help om programme te implementeer om swak presterende skole te verbeter.
Ouers kan hul kinders help deur elke dag:
te luister na hoe jou kind lees vir 10 minute eenvoudige somme met jou kind te doen vir 10 minute jou kind help oefen om te skryf vir 10 minute seker te maak dat jou kind betyds op skool is en homself/haarself goed gedra.
Dit is ook belangrik vir ouers om skoolvergaderings by te woon en jou kind se onderwyser een keer 'n kwartaal te ontmoet en jou kind se vordering te bespreek.
President Jacob Zuma het 'n beroep op almal van ons gedoen om die onderwys 'n prioriteit te maak vir almal. Hy het ook 'n beroep op skoolhoofde, ouers, onderwysers en leerders gedoen om wat hy noem die nie-onderhandelbare vir onderwyste respekteer en te implementeer: "Onderwysers moet betyds in die klas wees om les te gee met die korrekte handboek en geen mishandeling van leerders nie; leerders moet betyds in die klas wees om te leer, respekvol wees teenoor hul onderwysers en teenoor mekaar en hul huiswerk doen," sê President Jacob Zuma.
