Nuwe mariene bewaringsarea (MBA) sal noodsaaklike beskerming te weeg bring.
Die twintigste mariene bewaringsarea langs die Suid Afrikaanse kuslyn sal hierdie week geproklameer word deur Marthinus van Schalkwyk, Minister van Omgewingsake en Toerisme, soos vandag aangekondig.
Die nuwe Stilbaai Mariene Bewaringsarea is 'n belangrike toevoeging tot die Suid Afrikaanse netwerk van MBAs. Dit sal die nodige beskerming verleen aan verskeie mariene en getyrivier habitatte wat belangrik is vir oorbenutte visssoorte en ander inheemse spesies. Die beperkte area is gelee langs 'n beskermede landelike gebied en dit sal help om die natuurlike kuslyn teen die bedreiging van klimaatsverandering teen te werk, het Minister van Schalkwyk gesê.
Die minister se aankonding val saam met Nasionale Mariene Week wat hierdie jaar gevier sal word vanaf 13 tot 17 Oktober. Die tema vir die viering is Klimaatsveranderinge en die impak op ons oseane, kuslyne en lewens. Dit is gerig op die bewusmaking van klimaatsverandering en die impak wat dit het op ons marienebronne en die kuslyn.
Volgens Van Schalkwyk sal die nuwe Stilbaai MBA verskeie mariene habitate insluit. Dit sluit in 'n groot sanderigebaai aan die oostekant, kleinerige rotsagtige baaie aan die weste kant met die mond van die Goukourivier tussenin.
Dit is merkwaardig dat die hele Goukougetyrivier in die MBA gelee is wat beter beskerming aanbied. Te danke aan die insluiting van albei die getyrivier en die mariene areas in die MBA sal dit spesies soos kabeljou wat in altwee areas voorkom, beter beskerm.
Historiese visvyvers is ook in die MBA ingesluit en hulle is 'n voorbeeld van hoe die oorspronklike inwoners visgevang het. Die dorp van Stilbaai en sy mense is afhanklik van toegang tot die see en die getyrivier. Daar is 'n geproklameerde vissershawe wat deur kommersiele vissers en sporthengelaars gebruik word.
Van Schalkwyk het gese dat die Stilbaai MBA sal algemene beskerming aanbied teen visvang en aasversameling in ongeveer 75 persent van die Goukou getyrivier en 20 vierkante kilometers van die see area. Die marine gebiede bestaan uit twee beperkte sones, naamlik Skulpiesbaai beperkte sone in die weste en groter Geelkrans beperkte sone in die ooste. Hierdie beskerming sal lei tot die herstel van die oorbenutte visspesies, en hulle volhoubare benutting buite die beperkte sones. Inheemse spesies en hulle omgewing sal ook beskerm word in die see en getyrivier.
Die oorblywende dele van die MBA bestaan uit gekontroleerde sones waar visvang toegelaat kan word. Die gekontroleerde sone van die getyrivier strek van die mond opwaarts tot net bokant die Olive Grove dam (omtrent twee kilometers noord van die brug), waar sportvisvang sowel as aasversameling (net op die oostelike bank) toegelaat sal word. In die mariene gekontroleerde area van ongeveer 12 vierkantige kilometer wat langs die mond van die geryrivier lê sal sport visvang asook kommersiele lynvisvang toegelaat sal word, maar nie treilvisvang nie.
Die proklamering volg na verskeie konsultasies met die gemeenskappe en ander belanghebbendes oor 'n periode van meer as twee jaar. Hulle kommentaar, voorstelle en bekommernisse is gedurende die proses in aanmerking geneem, wat gelei het tot die finale sonering van die MBA.
Navrae:
