Departement van Openbare Werke, Kieswet 30, toespraak deur Minister Alec Erwin voor die Nasionale Vergadering
Opsomming
Effektiewe Staatsbeheerde Ondernemings (SO) is van kardinale belang vir enige ontwikkelende land. Die kompleksiteit en dinamika van die globale ekonomie, krag van market en groei van globale beleggingspatrone bied uitdagings aan alle state wat die strategiese doel van ekonomiese groei nastreef. Dienooreenkomstig het ons besluit om staatsbesit in sleutel-areas van die ekonomie te steun as 'n strategiese doelwit.
Die SO moet dus finansieël lewensvatbaar wees om bronne in nasionale en internasionale kapitaalmarkte te mobiliseer. Onderwyl die staat in die aanvanklike fase die SOs kan kapitaliseer en in ander spesifiek gedefinieërde omstandighede deur sy eie finansiële bates en kapitaalmarkte aanvul. Dit verg 'n sterk balansstaat en die vermoë om met private kapitaal in vennootskap te tree.
Operasionele effektiwiteit is nog 'n mikpunt vir die SOs. Dít verg bestuurs-, menslike hulpbron- en tegnologiese kapasiteit wat op dieselfde vlak as 'n beste praktyk funksioneer. Saam kan die SO 'n reuse-impak op die ekonomie hê deur middel van beleggings, menslike hulpbronne en ontwikkelingsprogramme.
Sover die staat die ware nut van diamante in Suid-Afrika wil steun is dit duidelik dat Alexcor die ideale voertuig is om dit reg te kry. Alexcor het egter twee bykomstige rolle om te vertolk en albei is belangrik vir ontwikkelings redes. Die eerste hiervan is 'n kommersiële voertuig wat die gemeenskap van die Richtersveld betrek by hul eie ontwikkeling. Die tweede is 'n onlangse, maar in effek, gelyksoortige objektief en dit sal die basis skep vir die rasionalisasie van Namakwaland se diamantvelde. Die onsekerheid oor grondeise het Alexcor egter in 'n baie netelige finansiëele operasionele posisie geplaas. Tyd is op 'n premie, anders sal ons geen keuse hê om seker aktiwiteite te staak en van ander ontslae te raak nie.
Infraco is gestig om te verseker dat ons 'n essensiële kommunikasie-ruggraat skep. Dit is geensins meer moontlik om in die globale kennis-ekonomie van vandag te kompeteer sonder lae koste bandwydte wat ook betroubaar en oor die algemeen, beskikbaar is nie. Daar is sake-ondernemings wat 'n bestaansreg in ons ekonomie sou hê indien die koste verbonde aan bandwydte nie so hoog was nie. Suid-Afrika se ekonomiese groei bly gekortwiek deur gebrekkerige en duur bandwydte.
Denel n Bedrag van R400 miljoen is verkry deur die afsetting van bates wat nie as essensieël beskou word nie. Die afsetting van Denel se oorblywende bates wat nie essensieël is nie, sal in die 2007/08 finansiële jaar geskied. Die verdere konsolidasie van Denel bly 'n sleutel-objektief en my department, Denel en die Departement van Verdediging werk ten nouste saam in dié verband. Wat verdedigingskontrakte aanbetref is 'n aantal kontrakte met plaaslike industrieë aangegaan, insluitend die Hoefyster Infanterie Gevegsvoertuig kontrak en die ontwikkeling van die vyfde generasie A-Darter missiel. Die opgradering van die Oryx word ook beplan. Die bykomstige kontrakte onder die A400M beleid skep oor die algemeen geleenthede vir die lugvaartbedryf.
In terme van die toekoms sal Denel die vestiging van vervaardigingsbronne wat 'n katalisator vir die oordra van vervaardigingstegnologië en kennis kan wees, na die breë vervaardigingsektor steun.
Eskom het aangekondig dat sy R150 biljoen beleggingsprogram oor die volgende vyf jaar sal plaasvind. Teen Junie vanjaar, wanneer kragstasies wat tydelik toegemaak is weer sal werk, sal Eskom 'n kapasiteit hê wat 38 00 MW sal oorskrei. Dit sal Eskom in staat stel om die kragbehoeftes van die winter hoogseisoen, wat op sowat 36 300 MW geskat word, te haal. My department sal voortgaan om die program wat energie wil uitbou te moniteer en die sekuriteit van energievoorraad se status dop te hou. Ons voer tans samesprekings met Eskom, DME en Nersa om 'n verslag saam te stel wat die stelsels monitor.
Oor die volgende periode sal PBMR begin bou aan die Pilot Fuel plant by Pelindaba en vooruitgang maak met die goedkeuring vir die konstruksie van die eerste kragstasie in die Wes-Kaap.
Internasionale belang sal toenemend groei en plaaslik het Sasol aangedui dat hulle samesprekinge met PBMR voer oor 'n aantal prosedures vir die aanwending van hitte. Goeie vooruitgang is gemaak om Eskom se PWR program se beplanning in lyn te bring met ons Generasie IV planne. Dit sal die lokalisering van sleuteltegnologieë uitbou om sodoende Suid-Afrika in staat te stel om mee te ding en venootskappe te stig in die nuwe era van kernkrag.
Nuwe afdelings sal binne Eskom geskep word om met kernkrag te woeker en ook beter ingeneurskapasiteit en navorsingskapasiteit met die departemente van Minerale en Energie, en Wetenskap en Tegnologie en NECSA te vergemaklik. Thulani Gcabashe sal die projekspan lei wat ook met Eskom se Raad en die Departement van Openbare Ondernemings sal skakel om dié reusetaak te vermag.
Die primêre fokus is nou om die befondsingsbehoeftes en die herkapitalisering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se omdraai-strategie te finaliseer, wat SAL in staat sal stel om op sy balansstaat staat te maak. Sekere kosmetiese omskakelings van sy struktuur is egter noodsaaklik. Dit is hoofsaaklik dat die vereenvoudiging van SAL se korporatiewe struktuur, om nuwe vennote in te bring en om van nie noodsaaklike aktiwiteite ontslae te raak. Daar word reeds met die unies gekonsulteer.
Alhoewel die maatskappy 'n beduidende 30% belang in houtbalke vir saagdoeleindes het, is dit slegs vir 2,5% van die bedryf se ekonomiese impak verantwoordelik, en 3.5% van werkverskaffing. Die kabinet het dit goedgekeur dat die laaste pakket van Safcol, die Komatilandwoude, van ontslae geraak moet word.
In 2006/07 het die Raad van Direkteure 'n vyfjaar beleggngsplan van R64,5 biljoen van stapel gestuur. Hierdie vyfjaar rollende plan is in 2007/08 nagesien en dit beloop nou R78 biljoen. Die belegging was daarop gemik om aktiwiteite te verhoog wat yster en koolsteen aanbetref en hawens se infrastruktuur te verbeter van Durban na Johannesburg.
In samewerking met die Raad is ons besig om die raamwerk vir 'n vennootskap te skep om die werking van 'n nuwe houer-vrag terminal te verseker. Die terminaal is tans onder konstruksie by die Ngqura hawe en ons sal meer detail voortaan aankondig.
Gesamentlike projekte
Die reuse groei in die globale behoefte vir kapitaalgoedere skep probleme met verskaffing. Deur middel van die Competitive Supplier Development Programme (CSDP) stel ons dit ten doel om die ontwikkeling van Suid-Afrika se vervaardigingsektor te steun.
Ons moet ons voorsieningskanale veilig maak vir belangrike toerusting en die beste manier om dit reg te kry is om plaaslike kapasiteit te verseker. Dit sal egter internasionaal kompeterend moet wees in terme van koste en kwaliteit. 'n Gesamentlike poging tussen JPF, die Departement van Onderwys, Departement van Arbeid en die verband-houdende SETAs en ons SOs is reeds aan die gang en daar sal kursusse, kolleges en gegradueerdes aangedui word wat met die berdyf sal kan meeding in terme van opleiding by ons SO alvorens dieslukes in die bedryf getoets word.
Die ontwikkeling van 'n pyplyn na Phalaborwa word ondersoek.
Die Afrika Projek sal sekere sleutel geleenthede identifiseer op die vasteland waar die SO in Suid-Afrika met die ontwikkelingsproses kan help.
