Ek wil graag vanaand begin deur u almal te vra om op te staan en 'n minuut stilte te hou vir een van Afrikaans se grootste en geliefdste kunstenaars wat Suid-Afrika vandag 'n week gelede verloor het: Tolla van der Merwe. Tolla was werklik 'n bobaas storieverteller en grapmaker, 'n kultuurbate en volksbesit, 'n alombeminde boorling van die Wes-Kaap. Sy dood laat ''n leemte in die vermaaklikheidswSreld en in baie van ons harte agter wat nog lank gevoel sal word.
Dames en here, baie dankie vir die uitnodiging om as gasspreker by die 25-jarige vieringe van die Afrikaanse Taalmuseum op te tree. Was ek tien jaar gelede gevra of ek vieringe van die Afrikaanse Taalmuseum sou bywoon, en boonop nog 'n toespraak lewer, was die antwoord: "Nay, Nog, Never, Nie,". In ons taal beteken dit "Nooit". Maar ek het sedertdien in die politiek en die samelewing geleer dat daar niks soos "Nooit" is nie.
Ek wil vanaand so 'n bietjie afwyk van die normale toespraak en vertel van my eie geskiedenis. My voorouers het in die 17de eeu hier aangekom. Die Morkels is Afrikaners. Hulle het rugby en krieket vir Suid-Afrika gespeel. Hulle het hulle in Beaufort-Wes gevestig. My oupa se pa is daar gebore. My oupa was die eerste Perdewedren Kommissaris in die dertigerjare. Hy was 50 jaar lank ouderling in die kerk, Chris Barnard se pa voorgestel in die NG Kerk op Beaufort-Wes. Chris en Marius, en my pa en susters het saam grootgeword in dieselfde straat !
As klein seuntjie op Beaufort-Wes het ek net Afrikaans gepraat, nooit Engels nie. Ons was bruin Afrikaners. Na 1948 is ons deur wit Afrikaners onderdruk. Die Groepsgebiedewet het ons voorouers gedwing om na Kaapstad te trek. Afrikaans is beskou as die taal van die onderdrukker.
U mag vra wat my laat verander het? 'n Toespraak van Tom Langley (KP) oor die reg van die Afrikaner. Ek het net na hom gepraat en gesS: Ek is ook 'n Afrikaner. Bruin, maar Afrikaner. Dit is in die Hansard opgeneem en was ook in baie nuusblaaie.
Ons onderdruktes het ons kinders na Engelse skole gestuur. Alhoewel ons as ouers in die huis Afrikaans met mekaar gepraat het, het ons Engels met ons kinders gepraat.
Om terug te keer na vanaand se vieringe...Dit is 'n eer vir my om u toe te spreek as Premier van die Wes-Kaap, 'n provinsie waarvan die meeste inwoners Afrikaans praat - bykans 60 persent.
Maar daar word vandag nie net Afrikaans gepraat nie. Daar word ook baie oor Afrikaans gepraat. Reeds van die begin van die negentigerjare af is die "de jure" en "de facto" posisie van Afrikaans 'n groot besprekingspunt in veral die Afrikaanse pers. Daar is kommer omdat baie meen dat die status van Afrikaans aan die afneem is op regeringsvlak, in die regswSreld, in die onderwys, in die uitsaaiwSreld en op handels- en tegnologiese gebied. Baie Suid-Afrikaners voel sterk dat Engels besig is om die openbare %n private sektore te domineer. Miskien voel baie van u vanaand hier ook so.
Dames en here, ek dink ons stem almal saam dat dit sekerlik die plig van elke Afrikaanssprekende is om te verseker dat Afrikaans sy status behou. Maar ons, as Afrikaanse moedertaalsprekers, moet daarteen waak om nie die taal te isoleer van ander taal-omgewings nie. Op di% wyse sal ons Afrikaans op die ou end van die geleentheid ontneem om by te dra tot nasie-bou in Suid-Afrika.
Dr. Frederik Van Zyl Slabbert het gesS daar is 'n gevaar dat Afrikaans en sy sprekers die taal opnuut kan isoleer. Dit sal gebeur as die beskerming daarvan bedryf word op die vlak van een wat 'n beter Afrikaan wil wees as die ander, of 'n uitbie ry oor wie nou eintlik die beter draer van waardes is.
Een van die doelstellings van Suid-Afrika se nuwe taalbeleid is om kantlyntale (gemarginaliseerde tale) uit te brei en te moderniseer. Die Grondwet verplig ons om dit te doen. Ons is dit ook aan onsself verskuldig as lands- en wSreldburgers - ongeag ons kleur, ras of kultuuragtergrond - om die gebruik van ons tale te bevorder. So sal ons die status van die taal %n die spreker verhoog.
Dames en here, as u saam met my terugdink, is dit presies hoe die status van Afrikaans verhoog is. Met die vorige eeuwisseling was daar geen letterkunde in Afrikaans nie. Die taal was arm aan woordeskat. Toe die Afrikaners in 1948 aan die bewind gekom het, het hulle Afrikaans ontwikkel tot 'n taal wat vandag as onderrigmedium gebruik word in tersiSre instellings soos die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria, Potchefstroom en Bloemfontein. Met di% soort toewyding is gewys wat ook vir ander taalgroepe in die toekoms vermag kan word.
Dit is veral op di% gebied wat Afrikaans 'n belangrike rol kan speel. Afrikaanssprekendes moet daarna streef om nie net die status van die taal te behou nie, maar moet ook ander kantlyntale (gemarginaliseerde tale) in die land help ontwikkel deur hulle eie ondervinding met taalgroepe te deel.
Afrikaans as geskrewe taal is vanjaar 125 jaar oud. Afrikaans as amptelike taal is 75 jaar oud. Afrikaans geniet nie meer die status, die bevoorregting, en met alle respek gesS, die gepamperlang wat dit destyds as een van net twee amptelike tale geniet het nie.
Maar is dit nie juis hierdie bietjie bedreiging wat die taal laat blom het tot wat hy vandag is nie? Dames en here, daar is geen keer aan Afrikaans nie. Die taal groei welig soos goudgeel gousblomme na geil re ns in Namakwaland. Dit is 'n taal sonder brieke. Dit is 'n taal wat besig is om oor te kook. Dit floreer as advertensietaal, praattaal, grapvertel-taal, singtaal, skryftaal, webbladtaal, kunsfeestaal, noem maar op. Jongmense koop weer CD's met Afrikaanse musiek. Die Afrikaanse literatuur op die winkelrakke is van wSreldgehalte. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees - 'n viering van Afrikaans - het vanjaar die Grahamstad-fees as die grootste kultuurfees in Suid-Afrika verbygesteek. Dit is asof Afrikaans die hartklop van Afrika begin aanvoel het en die kontinent se warm bloed ook nou deur di% taal pols. Ons beleef 'n Afrikaanse renaissance in die volle sin van die woord.
Afrikaans se waarde as reklametaal kan ook nie vandag onderskat word nie. Dit is hoofsaaklik te danke aan die koopkrag van die Afrikaanse mark. Volgens navorsing sal 32,3% van die huishoudelike uitgawes in Suid-Afrika vanjaar deur Afrikaanssprekendes wees, teenoor die 27,9% van Engelssprekendes. Afrikaanses sal ook meer as die ander taalgroepe bestee aan behuising, vervoer, versekering en vakansies.
Navorsing oor Spaans in Amerika, Vlaams in Belgi en Frans in Kanada het bewys dat die kans om 'n kli nt te lok, beter is in die moedertaal. Bemarkers wat hulle sout werd is, sal besef dat reklame in Afrikaans die hartsnare van 'n reuse verbruikersmark kan roer. Die Afrikaanse trek lankal nie meer kaalvoet oor die Drakensberg nie. Hy dra duur Italiaanse skoene en ry met 'n luukse vierwielaangedrewe voertuig die berg uit. Moet hom nie die heel tyd soos 'n tweedeklasburger behandel nie. Praat met hom in sy eie taal !
Dames en here, ons bring vandag hulde aan al die taalvaders en -moeders, die kunstenaars, organisasies, stigtings en liefhebbers van Afrikaans wat deur die jare die taal bevorder het; Maar die meeste aan die praters van die taal - die mense wat in Afrikaans bid, lag, huil, vloek, swaarkry, partytjie hou, liefhet en wiegeliedjies sing.
Ons gee erkenning aan die waardevolle rol wat die Afrikaanse Taalmuseum in die uitbou van die taal gespeel het.
Ons dink ook aan prof. Johan Combrink wat op 25 Julie verlede jaar oorlede is. Sy stem is stil, maar sy ryke taalerfenis leef voort. Sy passie vir die taal bly vir ons 'n inspirasie. Prof. Combrink was die eerste voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee wat op 14 April verlede jaar gestig is. Prof. Isabel Cilliers is intussen in sy plek as voorsitter aangestel.
Die komitee is kragtens die Wes-Kaapse Provinsiale Taalwet ingestel. Daarna is dit kragtens die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad erken. Dit beteken dat die Taalkomitee 'n tweeledige funksie het. Dit het 'n mandaat van die provinsie om taalbedrywighede in die Wes-Kaap te monitor, te bevorder en te adviseer. Dit het ook 'n mandaat van PANSAT om as sy provinsiale subkomitee te dien.
Afrikaans is een van drie amptelike tale in die Wes-Kaap. Die ander is natuurlik Engels en Xhosa. Die Wes-Kaapse regering het vroe r vanjaar meer as R600 000 aan die Taalkomitee oorhandig om die gebruik van al drie amptelike tale te bevorder, die gelyke status van die tale te monitor en veeltaligheid aan te moedig.
Taal is 'n basiese mensereg. Die visie van die Wes-Kaapse Taalkomitee is om al die inwoners van die provinsie deur taal te bemagtig, hul menswaardigheid deur respek vir mekaar se tale te versterk, en veeltaligheid te bevorder.
Die Taalkomitee se doelwit is om die gelyke gebruik van al drie amptelike tale te monitor, en die ontwikkeling van die voorheen gemarginaliseerde tale van die Wes-Kaap te ondersteun.
Hiervoor gebruik die Taalkomitee twee uitgangspunte: die grondwetlik verskanste taalregte van al die inwoners van die Wes-Kaap, en die Batho Pele-beginsel, wat beteken "die mense eerste".
Die beginsel van veeltaligheid is belangrik wanneer regte en dienslewering in ag geneem word. Ons bevorder veeltaligheid in die Wes-Kaap met die wete dat taalverskeidenheid deel vorm van ons erfenis. Weet u dat tot 21 tale daagliks in die Wes-Kaap gepraat word? Di% ryk taalverskeidenheid in die provinsie laat ruimte vir kreatiwiteit en innovasie, en verhoed 'n bleek eenvormigheid. Ons glo taalverskeidenheid is 'n hulpbron en nie 'n probleem nie. Dit is 'n intellektuele, kulturele en ekonomiese bate.
Dames en here, deur veeltaligheid te bevorder, wil ons al die mense in die Wes-Kaap aanmoedig om nie net hul eie taal met trots te praat en kontak met hul moedertaal te behou nie. Ons wil inwoners ook aanmoedig om respek te hS en verdraagsaam te wees teenoor ander se tale; om ander tale aan te leer en te gebruik, en genot daaruit te put.
Om meer doelgerig te kan werk en die groot taaluitdagings van die Wes-Kaap te kan aanpak, is die Taalkomitee in verskeie subkomitees verdeel. Die subkomitees spits hulle toe op fokusgebiede soos die onderwys, die private en openbare sektore, biblioteke, uitgewers, die media en gesondheidsorg.
Een van di% subkomitees werk op die oomblik aan 'n konseptaalbeleid vir die Wes-Kaap. Dit sluit in die opstel van 'n beleid oor die ontwikkeling van gemarginaliseerde inheemse tale in die provinsie.
Dames en here, die Taalkomitee wy hom verder daaraan toe om te verseker dat Afrikaans, saam met Engels en Xhosa, gelyke status in die Provinsiale Regering geniet. Alle provinsiale departementshoofde en die Speaker van die Wes-Kaapse Parlement is hieroor skriftelik ingelig. Daar is ook met die Direkteur-generaal van die Wes-Kaap hieroor vergader.
Een van die gebiede waar ons probleme ondervind, is Xhosa-sprekende pasi nte wat sukkel om in provinsiale hospitale en klinieke te kommunikeer. Die Taalkomitee kyk hierna.
Om veeltaligheid aktief in die Wes-Kaap te bevorder, het die Taalkomitee verlede jaar drie beurse ter waarde van R10 000 elk vir nagraadse studie by 'n Suid-Afrikaanse universiteit of technikon beskikbaar gestel. Dit was vir verdere studie in taaldiens, taal- of geletterdheidsonderrig of taalontwikkeling. Die studie moes op een of meer van die Wes-Kaap se amptelike tale fokus.
Die Taalkomitee hou ook aanstaande maand 'n reeks dinkskrums met 360 meningsvormers in die provinsie. Deelnemers aan die dinkskrums sal oor taalaangeleenthede in hul werksomgewing kan praat, en idees uitruil oor moontlike maniere om die drie amptelike tale billik te hanteer. Die dinkskrums word van 11 tot 15 September gehou en val saam met die viering van Erfenisdag.
Verder is 'n taalpraktisyn aangestel om 'n omvattende databasis saam te stel. Dit is 'n basis van alle persone, organisasies, instellings, toerusting en fasiliteite wat met taalaangeleenthede in die Wes-Kaap te doen het. Almal in die provinsie sal toegang tot di% databasis hS.
Dames en here, die Wes-Kaapse regering is ernstig oor sy taalbeloftes. Ons is veral ernstig oor die bevordering van Afrikaans. Ons erken Afrikaans as die taal wat naas Zoeloe deur meer Suid-Afrikaners verstaan word as enige ander amptelike taal. Afrikaans is 'n kaleidoskoop-taal wat in die kleure van 'n kleuterskoolkind se kryte geskryf word - soms ignoreer sy sprekers die lyne, maar ten minste gaan hulle kreatief te werk en kleur almal opgewonde in aan wat beloof om 'n meesterstuk te wees. Ek is trots om Afrikaans te praat !
Baie dankie.
Uitgegee deur die Kantoor van die Premier
