Geagte Dames en Here,
Wanneer 'n persoon die geleentheid soos hierdie gegun word, is die versoeking groot om op die verlede klem te lS in plaas van die toekoms. Ons geleenthede as 'n provinsie en as 'n land, lS in die hede en die toekoms, en sal ek daarom die uitdaging aanvaar om aan die sake aandag te skenk wat ons huidiglik konfronteer en 'n paar sieninge te lug in terme van die pad vorentoe.
Toe die ANC aan bewind gekom het, is daar onmiddelik begin met die proses van rekonsiliasie en nasiebou begin.
Dit was belangrik dat ons onsself as eerstens Suid Afrikaners moes sien en nie as Swart, Blank , Kleurling en Indiers nie. Hierdie identiteite is nie noodwendig verdeeld nie. Hulle het vooruitstrewende elemente wat sekerlik deel kan vorm van ons nasiebou proses.
Die bogenoemde beteken nie dat ons ons primere identiteite moet opsS nie, maar dat ons saamstem dat te midde van ons diversiteit , ons nog steeds strewe na algemene doelstellings van 'n geen ras, geen geslag en demokratiese samelewing vir 'n beter lewe vir almal.
Die Konstitusie maak voorsiening vir die raamwerk om almal se regte te beskerm, maar op n unieke Suid-Afrikaanse manier, het Seksie 185 en 186 van ons Konstitusie voorsiening gemaak vir die daarstelling van die Kommissie van die Regte van Kulturele, Christelike en Taalwetenskaplike gemeenskappe.
Ons moet dus verseker vir n konstitionele meganisme vir die beskerming van die regte van die minderhede.
Nietemin, hierdie regte moet erken word, uitgeoefen en bevorder word in die raamwerk van 'n bre r nasionale eenheid.
Maar dit sal n fout (omgekeerde) wees sou ons die herontwerp apartheid-tipe uitsluiting modelle vir bestuur op verskeie vlakke.
Ons stem saam dat die konsepte hierbo genoem 'n belangrike basis is vir die bou en versterking van ons prestasies. Nooit ooit moet ons weer toelaat dat ons land met neigings van meerderheid/minderheid en van sosiale ongelykheid verval word nie.
Ons leuse moet wees vir gelykheid, sosiale geregtigheid en menslike waardigheid, aangesien hierdie kritiese waardes deel is van ons konstitutionele demokrasie.
Wat baie duidelik vir almal moet wees, is die feit dat ons sedert 1994 as Suid-Afrikaners, gesamentlik n konstitutionele bestel sowel as n wye reeks van beleid- en instutionele reelings ingestel het om dit te versterk.
Elkeen (en almal) is geakkommodeer en die voorwaardes is geskep vir die bou van 'n voorspoedige, geen ras en geen geslag Suid Afrika.
Nietemin, baie moet nog gedoen word in die strewe om alle materiale ongelykhede uit te wis, veral in armoede, onkunde en siektes.
Natuurlik het die land baie behaal en grootskaalse suksesse bereik in die oorgang van die apartheid era na demokrasie, maar dit sal ontydig wees om te aanvaar dat rassisme in Suid Afrika nie dood is nie.
Die strewe van die mense van Suid Afrika is gemik na die stig van n menslike en mense-verenig ingelig deur Ubuntu (Ek is omdat jy is). Ons moet ook aanvaar dat die eliminasie van armoede van lewensbelang is vir die herstel van die waardigheid van ons mense.
Dit is as gevolg van die spook van armoede en die impak op ons poging om die grense van rassisme te verskuif, dat ons almal nou moet saamstaan om 'n ekonomie te bou wat radikaal die lewens van die massas te verander wie nog steeds die bitterheid van rasse-diskriminasie en ekonomiese uitsluiting ondervind.
Rassisme lewe nog aan in Suid-Afrika en die rasseverdeling, ongelykheid en nadele van die verlede vorm nog deel van die karakter van ons gemeenskap.
Hoe kan ons dan nou handel met die uitdaging wat ons nou in die gesig staar?
In die afgelope 10 jaar het ons beweeg van die afsku van die internasionale gemeenskap na 'n blink voorbeeld van hoe om mededingende belange te beslis sonder om oor te gaan na oorlog, geweld en onderdrukking van mense.
Mpumalanga, ongelukkig, het en ondervind nog steeds insidente van rassisme wat onaanvaarbaar is in die nasionale strewe na rekonsiliasie en nasiebou.
Ons erken dat insidente van ru menslike regte, geweld soos die verf van 'n persoon met silver verf, plase ontneem, ondraaglike arbeidspraktyke ens., is maar net n paar simptome van n dieper kern.
Nietemin, dit sal net deur gesamentlike pogings en samewerking wees dat ons sal kan begin om n nuwe omgewing te vestig waarin al die strewe van ons mense bereik sal kan word.
As die Premier van Mpumalanga, het ek by 'n vorige geleentheid 'n afvaardiging van die Afrikanerbond ontmoet.
Ek was verheug om te verneem dat die Afrikanerbond nie 'n konserwatiewe agenda het wat net voorsiening maak vir die Afrikaner gemeenskap nie, maar wat ook die belange van alle Suid Afrikaners op die hart dra.
Die Mpumalanga Provinsiale Regering waardeer die sentimente van die Afrikanerbond ten opsigte van samewerking en vennootskap. Ek was besonder beindruk dat die Arikanerbond met al die vaardighede waaroor lede beskik, bereid is om te belS in ons ontwikkeling en armoedeverligtingsprogramme.
Die inwoners van ons Provinsie benodig ontwikkeling op verskeie vlakke soos byvoorbeeld mannekragontwikkeling, klein entrepreneur ontwikkeling, landbouontwikkeling, jeugontwikkeling, en so voorts.
Ek glo dat ons 'n gesonde Suid-Afrikaanse nasie kan bou deur gesamentlike bevordering, "inter-alia", die volgende in Mpumalanga:
Integriteit, wedersydse respek en 'n gesindheid van toegeneentheid;
Verantwoordelike burgerskap;
Werksetiek;
Onderlinge liefde vir die vaderland;
Respek vir die omgewing;
Gelukkige gesinslewe;
Gelukkige jeug; en n Kultuur van demokrasie.
Een aspek wat ek graag wil beklemtoon, is dat rassisme in Suid-Afrika met wortel en tak uitgeroei moet word.
Ons kan nie en sal nie hierdie euwel toelaat om goeie verhoudings in ons provinsie te vernietig nie. Ons is gedetermineerd om die voortdurende skending van die waardigheid van veral die minderbevoorregte en weerlose mense in ons provinsie te stuit.
Ons moet hierdie monster in ons daaglikse lewe, in die werksplekke en veral op die plase uitskakel.
Die regering beskou die Afrikanergemeenskap as 'n belangrike komponent en deel van ons land en gemeenskap en is baie gemotiveerd deur die verbintenis gesluit deur die afvaardiging wat my besoek het. Dit is duidelik dat julle 'n rol wil speel in nasiebou en rekonsiliasie.
Kom ons maak die gesamentlike geveg teen rassisme ons eerste prioriteit. Ons moet besef dat ons sonder hierdie vennootskap geen vordering sal maak nie en die ontwikkelingsooreenkoms sal ondermyn.
Ten slotte, wil ek graag 'n aanhaling maak uit die gedig "Gebed om die Gebeente" deur DJ Opperman.
Dit is 'n gebed tot God deur 'n vrou wie se seun, Gideon Scheepers, 'n rebel was wat vermoor is en wie se ligaam nooit gevind is nie. 'n Pleidooi deur 'n Afrikanermoeder vir samewerking en wedersydse respek tussen alle Suid-Afrikaners.
Ek haal aan:
Dat ons as een groot nasie in die gramadoelas met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel, en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas ewig u sonlig vang en mekaar toespieel."
Ek glo werklik dat, met die goeie voornemens en verbintenisse gesluit deur die Afrikanerbond, 'n stewige grondslag vir ontwikkeling, nasiebou en rekonsiliasie gesluit sal word.
